The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by postlink.saldanha, 2022-01-15 04:41:54

JOHAN-WELMANS-memo

JOHAN-WELMANS-memo

JOHAN WELMANS MEMO FOTO HERDENKINGS BIOGRAFIE

16 Oktober 1951 - 2021 (70 Jaar)

Opgedra aan my oorlede ouers Lucas Johannes Welmans en Johanna Chrisstina (Jansen van Vuuren) Welmans
INHOUD/INDEX

i) Inhoud en Voorwoord
ii) Welmans familie geskiedenis
iii) My Oupa’s, Ouma’s, Ouers en Familie
iv) My grootword en skool jare
v) Na skool en omwentelings jare
vi) Politieke loopbaan
vii) Liefde vir Sport
viii) Jarelange vriende
ix) My gesin en familie
x) Spesiale en betekenisvolle mense in my lewe
xi) My uitrede uit die politiek en aftrede
xii) My aftrede en liefde vir die Weskus
xiii) Huldeblyk aan familie en vriende met Rus in Vrede
xiv) Slotsom en einde.

Voorwoord

Ek stel hierdie Memo Foto Herdenkings Biografie saam vir myself, familie en
vriende wat sou belangstel. Die Biografie vertoon fotos met my eie memo’s soos
wat ek my lewe van geboorte tot nou toe ervaar het asook die talle inligting wat
deur my ouers, grootouers en familie aan my oorgedra was deur die loop van my
lewe.

Ek glo in die ou gesegdes van “as jy jou eie geskiedenis ken sal jy jou eie toekoms kan
bepaal” of “as jy weet waar jy vandaan kom sal jy weet waarheen jy op pad is”

Ek dra my persoonlike Memo Foto Herdenkings Biografie op aan my oorlede
ouers Lucas en Chrissie Welmans en vir my familie en nageslagte asook almal
wat hierin sou belangstel.

Lucas Johannes Welmans (Johan)
16 October 2021

i) Welmans Lucas Johannes (Johan) Familie Geskiedenis

Johan Christiaan Welman kom aan in die Kaap De Goede Hoop, Suidpunt van Afrika in 1769 uit
Neugattersleben Duitsland-Oos as soldaat en werk by die Kaap De Goede Hoop Projek wat deur Jan van
Riebeeck aan die Suidpunt van Afrika gestig is. Hy werk later as ‘n Saalmaker.
Hy trou op 18 Augustus 1776 met Maria Margareta Patinger in die Dutch Reform Church in Drakenstein.
Daar word 9 kinders uit die huwelik gebore.

Neugattersleben in Duitsland, die afkoms dorpie van die Welman/s Familie wat hom 1776 in Suid-Afrika kom vestig het.

Johan Christiaan Welman sterf in 1817 in Graaff-Reinet waar sy boedel beredder word. Sy erfgenaam is
Johan Christiaan Welman (Junior) en die eerste Lucas Johannes Welmans in Suid-Afrika is geregistreer in
1830 in die Kaap Kolonie.

Jan van Riebeeck en Drakenstein met die ou Dutch Reform Church soos hy vandag daarna uitsien / Graaff-Reinet toentertyd
waar die eerste Welmans afstammeling in SA begrawe is.

Die familie “van” Welman kry later jare ‘n “S” by en word Welmans as gevolg van die Kaaps-Hollandse
skryfstyl van daardie tyd. Die eerste Lucas Johannes Welmans is volgens die familie geskiedenis in 1830
gedoop.

Lucas Johannes Welmans, my “oupagrootjie” wie se name ek dra vir vier geslagte, saam met my
“oumagrootjie” Susara Catharina Johanna Magdalena Welmans was baie gesiene en deftige mense en het
geboer in die Roossenekal, Middelburg gebied.

My Oupagrootjie Lucas Johannes Welmans en Oumagrootjie Welmans Die Bos poskantoor en die plaas Roossenekal.

My oupagrootjie Lucas Johannes Welmans na wie ek vernoem is in die vierde geslag, was ‘n gesiene man in
die Middelburg omgewing in die ou Transvaalse Republiek, en dit word vertel dat hy ook bevriend was met
President Paul Kruger wie hy versoek het om nie weg te “vlug” van sy volk tydens die boereoorlog nie. Hy
het ook sy seuns, waarvan my oupa Hendrik Welmans een was, versoek om ná die oorlog al die “joiners”
van plaas tot plaas te ry en met swepe af te ransel. Hy was ‘n diep Christen mens en ek besit vandag sy
familie Bybel waarin hy en my oumagrootjie self geteken het. Lucas Johannes Welmans sterf in 1931 en
word begrawe in Witbank in die destydse Transvaal.

Groot Oupa en Groot Ouma Welmans in hulle jonger dae. President Paul Kruger en die Welmans Familie Bybel.

Johannes Lodewyk Diederik Jansen van Vuuren, my oupagrootjie, en Maria Dorathea Janse van Vuuren (Muller), my
oumagrootjie en my Ma Chrissie se Oupa en Ouma, het hulleself gevestig in die Nebo Middelburg gebied.

“Oupagrootjie” Johannes Lodewyk Diederik en “Oumagrootjie” Doretia Maria Jansen van Vuuren en my Ouma Dora wat
gebore is in die 18 de Eeu

My oupagrootjie en my oumagrootjie aan my ma se kant, en ‘n oupagrootjie Muller waaroor vertel word dat hy as
gevangene geneem was in die boereoorlog en na St Helena konsentrasie kamp oorgeplaas was waar hy ook gesterf
het. Oumagrootjie Muller trou later met Jacobus Degenaar wat ‘n “joiner” in die boereoorlog was en wat die familie
met groot teenkanting baie ontstel het. Oumagrootjie Muller was ‘n nooi Bezuidenhout van die Bezuidenhout’s van

Bezuidenhouts Vallei (Bez Vally) naby Johannesburg en ouma Dora vertel hoe hulle as kinders altyd daar gekuier het
en van die baie groot huis en baie welgestelde Bezuidenhout’s.

ii) My Oupa’s, Ouma’s, Ouers en Familie

Oupa Hendrik Jacobus Welmans en Ouma Lettie Welmans (my pa se ouers)

Oupa Hendrik Welmans, Ouma Lettie en my Pa Lucas Welmans op Klipskool en die skooltjie wat voorheen met klip gebou was

Oupa Hendrik en Ouma Lettie Welmans woon op die plaas Klipskool in die Lydenburg Distrik waar my oupa geboer
het nadat hulle van Roossekal, Belfast omgewing verhuis het. Hulle het twee kinders gehad, my Pa Lucas en Tannie
Marietjie wat met Oom John du Plessis getroud was en later jare ‘n Skoolhoof op Balfour was. Daar word vertel dat
my oupa onmoontlik was op skool en dat sy ouers hom later laat tuis onderrig ontvang het. My oupa was bekend en
‘n gesiene man in die Lydenburg omgewing en baie aktief in die plaaslike boerevereniging en die politiek.
Ouma Lettie is oorlede toe ek nog op laerskool was en onthou ek hoe my ouers my nog by die skool kom haal het en
ons moes deurjaag Klipskool toe, en hoe my ma my moes verduidelik wat dit beteken as iemand dood is. Behalwe
dat ek onthou dat ouma Lettie baie liefdevol was en ons gereeld bederf het met koekies en lekkers, kan ek nie veel
meer van haar onthou nie.
Ek onthou die jare toe Oupa 05:00 soggens opgestaan het en kliphard met ouma die dag se boerdery program
bespreek het sodat ons almal dan wakker was in die plaashuis met sy plank vloere waarin hy op en af geloop het. Die
dag toe hy my saamgeneem het om te gaan draad span in die middel van die winter en hoe ek met my kaal voetjies
my toon gestamp het dat hy my huilend moes huistoe neem vir Ouma om ‘n pleister op te sit.

Tannie Marietjie en my Pa Welmans se enigste suster, Oupa, Ouma, Pa, Ma en Tannie Sannie, Oupa se suster wat 98 jaar oud
geword het en ‘n Portret van Gnl Jan Smuts

Oupa Hendrik Welmans trou jare na Ouma Lettie se afsterwe op Klipskool met my Ouma Dora Jansen van Vuuren
wat ook alleen op die familieplaas Wilgerkraal, net so 20 km van Klipskool geboer het. Die troue maak toe teoreties
my Pa Lucas en Ma Chrissie stief boetie en sussie. Die twee families was baie verbaas maar ook baie gelukkig met
hulle huwelik gewees. My Oupa het nog ‘n langslewende suster, Tannie Sannie Welmans in die Ouetehuis op Delmas
gehad wat 98 jaar oud was toe sy dood is. Oupa Hendrik Welmans was bekend in die Lydenburg en Machadadorp
omgewings as ‘n gemeenskaps Leier en was hy voorsitter van verskeie organisasies soos die Transvaalse landbou
Unie en ook sy lewe lank ‘n aktiewe lid van die ou Verenigde Party (SAPPE) en het verskeie posisies in die Party
beklee. Ek onthou nog een vakansie toe ek op die plaas gekuier het toe ek nog ‘n laerskool seuntjie was en die dag ‘n
Verenigde Party “strydag” amper soos ‘n Kerk bazaar op Belfast saam met Oupa Hendrik en Ouma Dora bygewoon
het. Oupa skryf my toe in vir die windbuks skyfskiet kompetisie by een van die vele stalletjies wat ek toe wen tot
groot trots van my oupa omdat hyself in sy jongdae ‘n Suid-Afrikaanse skud was wat ‘n goue madalje gewen het. My

prys by die prysuitdeling was toe ‘n getekende, geraamde foto van die gewese Verenigde Party Eerste Minister Gnl
Jan Smuts wat Oupa nog trotser op my gemaak het omdat hy ‘n groot Jan Smuts ondersteuner was. Oupa het ook as
Boere Vereniging Voorsitter saam met die eertydse Eerste Minister Hendrik Verwoerd die opening van die JG
Strydom tonnel by Ohrigstad bygewoon. Oupa Hendrik was ‘n uitstekende boer en het altyd vroeg opgestaan
soggens, en wanneer ons opstaan as dit lig word, het oupa al so vier koppies koffie gedrink en wou hy weet hoekom
slaap ons so laat want die son trek al water. Ons het altyd Ouma se heerlike ontbyt by die kombuistafel in die
kombuis geniet. Een van die koddigste staaltjies wat Ouma een oggend aan ontbyttafel oor Oupa vertel het was van
die buurman wat ‘n alkholis was en dat sy vrou sy drank in ‘n skottel uitgegooi het en ‘n padda daarin laat swem het,
en weer teruggegooi het in die bottel. Dit het die buurman glo laat ophou drink. Seker so ‘n halfuur later vlieg oupa
op van die ontbyttafel omdat hy naar geword het. Met sy terugkoms vra Ouma wat fout is, en oupa antwoord
verontwaardig “So ‘n verdomde padda”. Oupa Hendrik Welmans was ‘n legende en sal seker lank onthou word as
boer, gemeenskap leier, politikus en familie man.

Oom John en Tannie Marietjie du Plessis, my Pa se swaer en suster. Neef Pietie en Jannie du Plessis. Oom John, Pietie, Johan
Du Plessis en agterkleinkind

Oom John en Tannie Marietjie du Plessis het ook net twee kinders gehad, Pietie en Almarie. Oom John, wat ook vir
my ma en broer Hendrik skool gegee het, was ook vir baie jare ‘n skoolhoof by Balfour Hoërskool tot sy aftrede, en
kon hy die beste staaltjies vertel uit die ou dae en het ons as kinders altyd geterg met een of ander meisie of kêrel.
Ek onthou al die vakansies by die see wat ons as gesinne saam vakansie gaan hou het. Tannie Marietjie was altyd
baie statig as die Hoof se vrou en kon jy haar altyd deur ‘n ring trek. Oom John was die Kiesafdelings voorsitter van
die ou Nasionale Party in die kiesafdeling Heidelberg waar die voormalige Eerste Minister, Dr H F Verwoerd, die LV
was, en Oom John sy groot vertroueling was.

Neef Pietie Du Plessis in PW Botha se Kabinet en sy suster, my niggie Almarie Du Plessis/Botha/Van Heerden en haar kinders en kleinkinders.

Pietie du Plessis gaan skool op Klipskool en later op Balfour waar sy Pa skoolhoof was en waar hy ook sy matriek
gedoen het. Hy gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria Landbou en boer later op die familieplaas, Klipskool.
Hy was getroud met Jannie Vermeulen en hulle het drie kinders. Pietie stel belang in die politiek en word Lid van die
Transvaal Provinsiale Raad en later lid van die Volksraad in die Lydenburg kiesafdeling. Hy word ook later Adjunk
Minister van Landbou en toe Minister van Arbeid en Mynbou.
Pietie en Jannie is later geskei en hy is weer getroud met Annette, tot en met sy tragiese afsterwe. Hy beland as
gevolg van sy seun Johan in die moeilikheid oor geldwassery en bedank as Minister, en beland in die gevangenis vir
vier jaar, wat ek glo ook later tot sy dood aan hartversaking bygedra het.
My niggie Almarie, saam met wie ek altyd in die hoenderhokke op Klipskool gespeel het toe ons nog baie klein was,
doen haar hele skoolloopbaan op Balfour en studeer onderwys aan die Goudstad se Onderwys Kollege. Sy gee
onderwys op Balfour en sy trou met Chris Botha, haar oud onderwyser van Std 9. Hulle het twee dogters uit die

huwelik, Marisa en Judy. Chris sterf ook tragies aan ‘n hartaanval in sy veertigs in skool ure. Almarie word daarna ‘n
sakevrou en besit ‘n boekwinkel op Balfour Sy trou later weer met ‘n sakeman, Martin van Heerden, wat kort daarna
ook aan hartversaking sterf. Vandag woon sy in Louis Trichardt waar haar ouste dogter wat ook onlangs aan ‘n
hartsiekte oorlede is, en wie se man en haar kleinkinders ook nog daar woon.

Pa Lucas Johannes Welmans 1917 – 2012 Broer H J Welmans (Hendrik) L J Welmans (Johan)

My Pa Lucas Johannes Welmans gaan skool op Roossenekal in die Belfast omgewing waar my oupa Hendrik Welmans
geboer het. Hy stel ook belang in boerdery en verlaat skool om te gaan boer. Hy boer later vir Willie Enslin wat ‘n
baie groot boer op Roossenekal was. Hy het baie staaltjies vertel van die wilde Stoltz en Murry families met wie hy as
jong man in die omgewing bevriend was, en byna met een van die dogters getrou het. Hy vertel dat toe hy nog daar
gekuier het, hy verplig was om saam met die pa en broers mampoer te drink of anders kry jy ‘n loesing. Hy vertel ook
hoe dieselfde Stoltz en Murry broers een dag die Apostolies, terwyl hulle op hulle plaas by die rivier gedoop het, met
sambokke gaan verjaag het dat hulle hul klere daar agter gelaat het. Hy het sy lewe lank as landbou beampte vir die
Staat gewerk en was ‘n baie hardwerkende en lojale staatsamptenaar met sterk beginsels. So het een van sy “base”
eendag gevra dat hy ‘n Nasionale Party lidmaatskap kaart moet teken om bevordering te kan kry en hy het vir die
“baas” in duidelike terme gesê waar hy daardie bloukaart moes indruk. Hy het ook later jare op Giyani, waar hy die
Suprintendent van werke was, saam met die Gazankulu Ministers gebraai in die opelig op ‘n koppie, en toe die drank
begin trek het die een Minister lastig elke keer hard in sy gesig kom praat. Pa Lucas het ook toe in geen onduidelike
taal vir hom gesê: “Sien jy daardie sterretjies, as jy weer so in my gesig praat gaan jy oor daardie sterretjies val”. Pa
Lucas met sy stil en deurdenkende geardheid, maar baie ferm en verantwoordelik, sal altyd my “HERO” bly tot ons
weer ontmoet.

Die Welmans en du Plessis familie’s op Pa Lucas se 70 Ste verjaarsdag funksie. My Broer Hendrik, sy vrou Susan
Welmans en hulle dogters Antoinette en Colette. Lukas Johannes Welmans en sy Pa Lukas Johannes Welmans,
agterkleinkinders van oupa Hendrik Welmans se broer Lukas Johannes Welmans, facebook vriende wat ek graag nog
persoonlik wil ontmoet.

My Pa Lucas en my Ma Chrissie ken mekaar sedert hulle kinderjare as bure en hy trou met haar op negentien jarige
ouderdom; hy was agt jaar ouer as sy. Daar word drie seuns uit die huwelik gebore – ek, Hendrik en ons oorlede
Boetie wat aan geelkors dood is as baba. My broer Hendrik en Susan het twee dogters met ses keinkinders en een
agter kleinkind tot vandag. (Sien verdere inligting onder die Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans hoofstuk)

Oupa en Ouma (my ma se ouers) Oupa Johannes Lodewyk Diederik Jansen van Vuuren en
Ouma Maria Dorathea Jansen van Vuuren.

Oupa en Ouma Jansen van Vuuren op hule troudag en later jare saam met hulle kinders Judie, Marie, Chrissie (my Ma) en
Johan (Boetie) op die plaas “Eensaam.” Ouma Dora en my Ma Chrissie toe sy nog klein was en Boetie ‘n baba was en Ouma
Dora Jansen van Vuuren, later Welmans, in haar tagtiger jare op die plaas Wilgerkraal.

Oupa Johannes Lodewyk Diederik Jansen van Vuuren (Hans) en Ouma Dorathia Maria (Dora) het eers op die familie
plaas “Eensaam” in die Nebo distruk geboer waar hulle vier kinders Judie, Marie, Chrissie (my Ma) en Johan (Boetie)
gebore is. Die plase in die Nebo gebied word deur die destydse regering opgekoop as trust gebied. Oupa Hans Jansen
van Vuuren verkoop aan ene Geelbooi die plaas Eensaam vir twee streepsake vol geld wat hy met ‘n donkie daar
aangebring het, en daarná koop Oupa die plaas Wilgerkraal in die Machadadorp distrik waarop hy in 1951 oorlede en
begrawe is. Hy is kort voor my geboorte oorlede en sou ek hom baie graag wou ken. Ouma Dora tree later weer in
die huwelik met my ander Oupa Hendrik Welmans en hulle woon op die plaas Wilgerkraal tot en met beide se
afsterwes.

Omdat ek eers na Oupa Hans Jansen van Vuuren se dood gebore was het ek nie baie kennis oor hom nie, behalwe
dat hy ‘n opregte Christen en ‘n saggeaarde, hardwerkende Oupa was. Ek het toe ek klein was gereeld vakansies op
die plaas Wilgerkraal by oupa Hendrik enoOuma Dora Welmans gaan kuier en onthou ek die lekker plaaskos wat
ouma Dora op die koolstoof gemaak het en hoe ek vir die plaasvolk Sondae uit my sondagskool lesse in hulle Kerkie
gaan preek het.

Ek onthou ook die vakansies op die plaas nadat my Pa Lucas my soontoe geneem het en die uittog van 200 km terug
saam met Oupa en Ouma in die ou Fargo bakkie. Dit was omtrent ‘n uittog en ervaring van daardie tyd. Ons is vroeg
oggend en nog donker wakker gemaak, nadat daar al twee dae voor die tyd gepak en padkos voorberei is. Ek ry voor
in die Fargo bakkie saam met Oupa en Ouma. Die eerste stop was by die Goedehoop poskantoor vir pos, dan by Neef
Pietie-hulle op Klipskool vir koffie, die volgende was Lydenburg om gou geld by die Bank te trek, daarna ry ons tot op
Origstad waar ons dan langs die pad middagete padkos geniet; ons stop dan weer by die Strydom Tonnel om bene te
rek en drink weer koffie net onder die berg by die padkaffee, daarna ry ons Tzaneen toe waar ons toe gewoon het en
kom dan eers so ongeveer 16:00 daaraan nadat ons amper die hele dag op die pad was vanaf Wilgerkraal tot
Tzaneen vir die sowat 240 km. Oupa en Ouma was nooit gejaag nie, daarom dat hulle ook so lank geleef het. Later
koop Pa Lucas ‘n Toyota bakkie vir hulle toe die ou Fargo begin probleme gee. Oupa Hendrik kon nie die Toyota
uitspreek nie en noem hom toe sommer die “Tokio” bakkie omdat dit ‘n Japan produk was. Ek onthou Ouma Dora as
kind wat ‘n kwaai ouma was met ‘n baie sagte hart. Die keer toe ons nog baie klein was en sy vir my en niggie Elize
beveel het om nie in die plaasdam te gaan speel nie want die “watermeit” gaan ons vang, en toe ons dit eendag wel
doen, hoe sy ons pak gegee het al hardlopende en huilend terug huis toe. Dan onthou ek ook die eiers in die hoender
hokke wat ons gaan uithaal het en die gesig was en tande borsel in die watervoor wat van die spruit af dam toe
geloop het langs die huis verby. Die kleipotte waarin water uit die spruit gestoor was wat so koud soos yskas water
was. Die keer toe ek en niggie Elize saam met haar met die perdekar gaan pos haal het by die Goedehoop
poskantoortjie so agt km van die plaas af. Hoe ons altyd ouma se half-droë perskes van die droograk gesteel het en
die lekker vars plaas melk, plaas botter, gebakte brood en vyekonfyt. Ja, ook die kere as ons saam met oupa en ouma
Mashadadorp toe gery het met ‘n kas vol hoedereiers, plaasbotter, room, droë perskes en allerhande plaas produkte
om te verkoop aan Abdul se “Mashadadorp Stores” wat gewoonlik ‘n ruil transaksie was vir kruideniersware en alle
huislike benodighede. Dieselfde winkel waar oupa en ouma my en Rina heen geneem het om ‘n eetstel te kies as ‘n
trou geskenk.

Oupa Hans Jansen van Vuuren en Pa Lucas Welmans op die plaas Eensaam / Oupa Hans Jansen van Vuuren se Begrafnis brief
1951 /Ouma Dora en skoonseuns Adriaan Greyling, Herklaas van der Merwe, Lucas Welmans en Johan (Boetie) Jansen van
Vuuren en klein kinders Hendrik Welmans en Sias Greyling na oupa Hans se begrafnis op Wilgerkraal. / Die skoonseuns baie
jare later: Pa Lucas, Boetie, Oom Johan Prins (Tannie Judie se tweede man) en voor Oom Herklaas van der Merwe.

Oupa Hendrik en Ouma Dora Welmans op die plaas Wilgerkraal ook saam met hulle getroue bediende Anna / Ouma Dora op
haar 80ste verjaarsdag saam met haar oorlewende kinders, Boetie Jansen van Vuuren, Judie Prins en my Ma Chrissie

Welmans.

Boetie en Lettie Jansen van Vuuren se troue en ek (Hofknapie) my niggie Elize (Blommemeisie) / Boetie Jansen van Vuuren
trou weer nadat Lettie oorlede is met Martie en sy twee seuns Johan en Jannie was Strooijonkers

Johannes Lodewyk Diederik Jansen van Vuuren (Boetie) was die jongste kind as laat lammetjie ná sy drie susters
Judie, my Ma Chrissie en Marie, en was heelwat jonger as hulle. Hy gaan skool op Goede Hoop en werk na skool in
die Myn op Springs. Hy trou met Lettie waar ek en my niggie hofknapie en blommemeisie was en daar word twee
seuns, Johan en Jannie uit die huwelik gebore. Dit is baie hartseer dat eers Johan (selfmoord) en Jannie (hartaanval)
beide reeds oorlede is op baie jong ouderdomme.
Boetie word later bevorder as Skofbaas in die myn en verhuis na Evander waar hy vandag nog woon. Hy trou etlike
jare ná Lettie, wat beroerte gehad het en vir wie hy lank versorg het tot haar afsterwe, se dood met Martie met wie
hy nogsteeds baie gelukkig getroud is. Hulle het beide al afgetree en woon nogsteeds op Evander in dieselfde huis.
Albei was baie aktief in die sport “boks”, waarvan Boetie die President van die Mpumalanga Boksraad was en Martie
op die bestuur.

Tannie Judie Greyling/Prins / Sias Greyling (kleinkind) / Oom Adriaan en Tannie Judie Greyling en Oom Johan en Tannie Judie

Prins op hulle troudag.

Tannie Judie is ‘n opgeleide verpleegster van beroep, wat sy gevolg het tot op haar aftree ouderdom. Sy was getroud
met Adriaan Greyling en hulle het ‘n seun, Sias gehad wat, nadat hulle geskei het toe vir lank op die plaas by Ouma
Dora gebly het totdat sy Pa Adriaan hom later kom haal het. Hy gaan deur baie moeilike tye by sy Pa en veral sy
stiefma en loop weg Pretoria toe waar hy homself inskryf by die SA Spoorweë en kwalifiseer hom later as ‘n “Fitter
and Turner”. Hy werk later as Verkeersbeampte by die Pretoria Stadsraad waar hy in ‘n baie ernstige ongeluk aan
diens betrokke was en word later medies “geboard”. Hy was getroud met Vivian (wat ná die ongeluk van hom skei),
met drie seuns en koop vir hom eiendom in Booysens, Pretoria-Wes waar hy ook later ‘n huis vir sy afgetreede ouers,
Tannie Judie en Oom Johan Prins bou wat albei daar gewoon het tot en met hulle afsterfwes.

Ma Chrissie Welmans 1925 - 2016 Hendrik Welmans en Johan Welmans Ma Chrissie en Ouma Dora

Ma Chrissie trou met Pa Lucas op dieselde dag as Tannie Judie en Oom Adriaan op die plaas. Ek, my broer Hendrik en
oorlede Boetie is uit hulle huwelik gebore. Oorlede Boetie sterf as baba met die geelkoors pandemie. My ma, die
“YSTER VROU”, was altyd ‘n voorbeeld vir ons en al was sy nie ‘n drukkies mens nie kon jy altyd haar liefde vir jou
aanvoel. Ek dink ek het baie van my sport en politieke belangsteling by haar geërf. Sy het my in tennis grootgemaak
asook my debat toesprake op skool gehelp skryf. Ma Chrissie was ‘n persoon met baie leiers eienskappe en het ‘n
groot rol in ons huis en in my lewe gespeel. Dit was vir my ‘n besonderse voorreg om haar by my te kon hê tot op
haar laaste lewensdag. Sy was altyd maar ‘n ma; al was ek sestig jaar oud was sy nogsteeds bekommerd oor my en
het my nogsteeds ondersteun. “STIL, DAAR GAAN ‘N VROU VERBY”; My Ma, my ENGEL in die HEMEL.
My Broer Hendrik, nege jaar ouer as ek, word groot op Bosbokrant en gaan skool op Sabie; daarná op Tzaneen en
Merensky Hoërskool terwyl ons nog op Letsitele gewoon het. Hy verlaat skool en sluit hom by die SA Vloot in
Simonstad aan. Hy was toe nog baie jonk en baie ver van die huis af, veral in die sestiger jare. Ons gesin het baie
verlang en vir hom gaan kuier in die Kaap, wat ons toe etlike dae per kar in daardie tyd geneem het. Hy kry die
geleentheid in die Vloot om ‘n radar kursus in Engeland te gaan doen op een van die eerste oorlogskepe in Suid-
Afrika. Hy werk later as Tegnikus nadat hy met lof sy kurses by die SA Poskantoor geslaag het as gevolg van sy radar
kennis en opleiding in die vloot. Hy vestig hom ook op Letsitele waar hy ‘n pos kry en woon saam met ons op die
plaas Berlyn. Hendrik trou later met Susan Vermeulen wat op Tzaneen sentrale gewerk het en hulle het twee
dogters, Antoinette en Colette uit die huwelik. Hendrik werk as Tegnikus op Letsitele tot en met sy aftrede en hy en
Susan gaan vestig hulle op Graskop en later by Colette en haar man Jimmy, albei onderwysers op Ellisras. Hulle woon
in hule eie geboude huis op dieselfde erf as sy kinders en verpleeg hy Susan wat ‘n beroete gehad het vir etlike jare
tot en met haar dood. Vandag woon hy in Upington waar Jimmy en Collette, sy kinders, onderwys poste aanvaar het.

Oorlede Tannie Marie van der Merwe Marie de Kock en Elize Engelbrecht (kinders)

Tannie Marie van der Merwe (Jansen van Vuuren), my Ma Chrissie se jongste suster, het saam groot geword en skool
gegaan op die plaas Eensaam in die Nebo distruk. Tannie Marie trou met Oom Herklaas van der Merwe wat as klerk
by die Magistraat Kantoor op Nebo gewerk het. Hulle het twee dogters uit die huwelik, Marie en Elize.

Oom Herklaas, wat ook Strop van der Merwe genoem was, het as vlieënier in die Derde Wêreld oorlog gedien en ‘n
madalje verwerf waaroor hy nooit wou praat nie. Hy studeer in die regte en word ‘n Magistraat in Pietersburg
(Polokwane), Buchom naby Dendron, Kuruman en later in Kimberly Hoof Magistraat in die Noord-Kaap. Hy was baie
bekwaam en word ook deur die Staat gestuur om een van die eerste terroriste sake in Suid-Wes Afrika (Namibië) te
verhoor. Tannie Marie, soos ek onthou, was ‘n baie vredeliewende mens wat baie omgegee het vir haar gesin en
ander mense. Ek onthou hoe sy in die apartheids jare skelm met die Indiër bure bedags gekuier het as Oom Strop by
die werk was en hoe sy my en Elize bederf het (met roomys as die Roomyskar verby kom) as ons daar gekuier het.

Tannie Marie word gediagnoseer met knie kanker terwyl hulle op Buchom gewoon het en sterf later aan die kanker
wat verspei het. My niggie Marie was in die hoërskool en koshuis op Pietersburg en Elize, wat nog op laerskool was,
kom bly by ons op Letsitele totdat haar Pa jare later weer gertrou het.

Oom Strop, wat baie lief was vir sy dop, ontmoet Tannie Mona Vercueuil wat in haar pa se drankwinkel op Dendron
gewerk het en hulle trou later en twee seuns, Vercueuil (mediese dokter) en Hercules (ingeneur in Australia), word
uit die huwelik gebore. Ons familie van Ouma Dora en Oupa Hendrik Welmans was ‘n baie hegte familie en het ons
altyd gereeld as familie op die plaas Wilgerkraal saamgekuier, veral met Kersfees.

Johan en Rina Welmans (Kleinkinders) saam met Ouma Dora op Oupa Hendrik Welmans se Begrafnis / Hendrik en Marie
(Klienkinders) op Johan, Elize se seun se troue/ Ek en my niggie Elize baie jare later / Stoffel en Marie de Kock en Hendrik en
Susan Welmans geniet die Kersfees ete op die familie plaas Welgerkraal baie jare gelede.

Ons familie eet kersete op Wilgerkraal. Die Familie Plaas Wilgerkraal waar ons as familie baie jare met Kersfees en vakansies
deur gebring het en die ou skooltjie op Goede Hoop waar van die familie soos Boetie en Sias skool gegaan het. Sias en Vivian

Pa Lucas Johannes Welmans en Ma Chrissie Welmans voor en na hulle huweliks jare.

My ouers, Lucas Johannes Welmans (Gebore 17/01/1917) en Johanna Christina Welmans (Jansen
vanVuuuren) (Gebore 09/08/1925), het skoolgegaan en opgegroei in Roossenekal/Nebo in die Middelburg
distrik. Hulle ken mekaar van kleinsaf en trou op 23 Desember 1942 op die familie plaas Eensaam. Hulle
gaan beide skool as bure op die plaas skooltjie in die distrik en Pa Lucas is 8 jaar ouer as Ma Chrissie.
Pa Lucas verlaat skool en gaan boer in die Dulstroom distrik en Ma Chrissie gaan ná skool na die
Huishoudskunde Skool op Dulstroom en verwerf haar Huishoudkunde Sertifikaat.
Na hulle huwelik begin Pa Lucas werk as landbou beampte by die ou Departement van Naturelesake in
Nebo op die plaas Jane Faire waar my broer Hendrik gebore is en word hy later verplaas na Bosbokrant. Ek
word in Sabie gebore, wat die naaste Hospitaal is aan Bosbokrant op 16 Oktober 1951. My ouers verhuis in
1956 van Bosbokrant eers na die regerings plaas Thabina naby Tzaneen en ‘n jaar later na die citrus plaas
Berlyn op Letsitele as Bestuurder waar ek my hele laerskool loopbaan by Dr Annecke Laerskool voltooi het.
Pa Lucas word bevorder as Superintendent van Werke in die oud Departement Bantoe Administrasie en
word verplaas na Giyani, die Tsonga Tuisland in 1966. Ons woon eers in Tzaneen totdat die ontwikkelings
en huise voltooi was op Giyani in 1968.
My ma werk as sekretaresse van die Direkteur Landbou op Giyani en tree saam met my pa af in 1978
waarna hulle toe in hulle aftree huis in Tzaneen gaan woon het. Hulle verhuis na Pretoria in 1984 sodat my
pa my kon help met my nuwe Beton Fabriek in Centurion. Hulle bly in Pretoria tot beide se afsterwe
onderskeidelik my pa in 2012 en my ma in 2016, en was bykans 69 jaar getroud.

Pa Lucas en Ma Chrissie voor hulle troue op die plaas Eensaam naby Nebo. / Ouma en Oupa Jansen van Vuuren, Ma Chrissie,
Boetie, Sias en Hendrik op die plaas Eensaam. Pa Lucas as Landbou beampte op Bosbokrant.

Ma Chrissie op Huishoudskool en waar sy haar Huishoudkundige Sertifikaat verwerf. Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans se
troue op die familie plaas Eensaam. Hendrik en ek as baba saam met Pa Lucas.

Ons Welmans gesin in Bosbokrant / Pa Lucas se eerste kar waarop hy baie trots was. / Die Welmans gesin en familie foto baie
jare later in Kaapstad toe ons almal vir Kersfees by Kleindogter Antoinette en haar man Henning gekuier het.

Ma Chrissie en haar agterkleinkind Aneme in die 5de geslag /Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans se 65 ste en bykans hulle 69
ste Huweliks Herdenkings en hulle gesamentlike grafsteen.

Daar was drie seuns uit die huwelik gebore waarvan ons oorlede Boetie as baba aan geelkoors oorlede is.
Ek as Lucas Johannes Welmans in die vierde geslag en my broer Henderik Jacobus Welmans wat na ons
Oupa Hendrik Welmans vernoem is dra die Welmans familie name.
Ek is die jongste kind en word gebore agt jaar (16 Oktober 1951) ná my broer Hendrik. Ek sou my oorlede
Boetie bitter graag wou geken het, ook omdat ons op fotos as babas soos ‘n identiese tweeling gelyk het.
Ons ouers was altyd deur hul lewens baie goeie en liefdevolle ouers wat altyd alles in hul vermoë gedoen
het om ons met alles wat ons nodig gehad het groot te maak.
Selfs in ons skooljare het ons altyd alles wat ons nodig gehad het gekry en nooit minderwaardig gevoel
teenoor ons maats in die boere gemeenskap omgewing waar ons groot geword het nie. Soms kan mens
net met groot waardering jouself afvra hoe hulle dit as staatsamptenare reg gekry het sonder om hulleself
te kort te doen. Daarom sal ek altyd met groot liefde, trots en waardering na my ouers opsien, wat ek
geweldig baie mis.

My oorlede Boetie wie ek baie graag sou wou ken veral omdat ek as baba so baie na hom gelyk het / My Ma en Ouma nadat
ek in Sabie gebore is op die familie plaas Wilgerkraal.

Ek toe ek nog ‘n baba was saam met my broer Hendrik / Fotos van my wat 65 jaar uitmekaar geneem is op dieselfde plek op
ons familie plaas Wilgerkraal asook van my broer Hendrik.

My oorlede Boetie en ons ouer broer Hendrik / Ek op die stoel en ons Welmans gesin in 1951

Pa Lucas, Hendrik en ek in 1951 / Ek toe ek ‘n kind was met my lang hare wat Pa Lucas glo nie wou gehad het dat dit af gesny
moet word nie, en waarvan ek vandag nog ‘n bossie blonde gesnyde hare het. / Hier speel ek met al my maatjies op
Bosbokrand met my geliefde teddiebeer in die hand.

Ek en my niggie Almarie was hofknappie en blommemeisie op Pietie en Jannie du Plessis se troue en ek en niggie Elize die
hofknapie en blommemeisie op Boetie en Lettie Jansen van Vuuren se troue. Ek en my broer Hendrik toe ons nog kinders was
op Bosbokrant en ‘n foto van Hendrik toe hy op 18 jarige ouderdom by die Vloot aangesluit het en by Simonstad in Kaapstad
gestationeer was. Hy was nog baie jonk en ons familie het baie na hom verlang.

Hendrik en Susan Welmans is getroud in die NG Kerk op Tzaneen waar ek en Meisie (Susan se suster) strooijonker en
strooimeisie was. My 21 ste verjaarsdag op Giyani saam met my Universiteits vriende en my eerste groot liefde, Mariaan
Schruder, wat saam met my op TUKKIES studeur het, en ons Welmans gesin heelwat later.

Pa Lucas en Ma Chrisie Welmans saam met ons gesin en familie

Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans na aftrede / Familie Kersfees ete op my plaas by Hammanskraal. / Pa Lucas en Ma Chrissie
en hulle agter kleinkinders

My ouers Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans was uit en uit familie mense en baie lief vir hulle kinders,
kleinkinders en familie. Hulle het gereeld kontak gehou met die familie en almal persoonlik geskakel op
hulle verjaarsdae. Hulle het in hulle jonger dae baie vir die familie gaan kuier en selfs saam met vakansie
gegaan. Ma Chrissie was baie lief vir naaldwerk en het bykans ál die kinders, kleinkinders en sommige van
ons niggies se trou rokke gemaak. Sy was ook lief vir bak en het vir almal koek en beskuit gebak en dan
praat ek nie van die heerlike gekookte etes nie, veral Sondae middae. Sy het ‘n baie goeie algemene kennis
gehad en was lief om politiek te praat en gereeld die koerant elke dag te lees en het ook nog blokkies
raaisels ingevul tot in haar laaste jare. Sy was ‘n getroue VLU lid vir meer as vyftig jaar en het gereeld pryse
op VLU byeenkomste en kongresse gewen in alle naaldwerk en gebakte items.
My Pa Lucas, gewese landbou man en boer, was ‘n tipiese handy man wat enigeiets kon doen en regmaak.
Sy geduld het ons verbaas en hy kon ure met iets sit en beplan en toets totdat hy dit reggemaak het. Sy
rustige kalm en vriendelike geaardheid het hom geliefd gemaak by mense en was hy op sy stil manier ‘n
ware leier. Hy kon met baie wyshede raad en advies gee en van sy sêgoed sal ek seker vir altyd onthou.
Pa Lucas en Ma Chrisie was baie sosiale mense wat baie graag tennis gespeel het en orals waar hulle
gewoon het aan Tennis klubs behoort en ook deelgeneem het aan die bestuur van die klubs. Hulle was ook
diep Godsdienstige mense wat gereeld op ‘n Sondag kerk toe gegaan het as hulle kon, al het hulle nie altyd
naby die kerke gewoon nie. Ma Chrissie was veral baie gelowig en het gereeld haar Bybel gelees en kon
saans vir lang ure aanmekaar bid vir elke familie lid en almal wat sy in haar gebede wou opdra. So het ek
haar baie laat aande hoor praat in haar kamer en by ondersoek gevind dat sy nogsteeds besig was met
haar aand Godsdiens. Ek glo ook dat dit ‘n manier was om ook met my oorlede pa te kommunikeer vir wie
sy baie gemis het en dat hulle na vier jaar weer kon verenig.

Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans in hul laaste lewesjare en Ma Chrissie Welmans se Broer, Seuns, Neefs en Niggies op haar
90 Ste Verjaarsdag funksie by Eagels Rest Kameelfontein Pretoria.

Die familie kuier by ons in Lynnwood Pretoria / Al die manne van ons familie en gesin bymekaar / Ma Chrissie verover al die
trofees by die VLU Lynnwood Tak in Pretoria nadat sy haar 50 ste jaar erelid balkie ontvang het. / Hendrik en Susan Welmans,
my oorlede skoonsuster met wie ek baie goed oor die weg gekom het.

Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans op hulle agter kleinkind Janice se doop / Ma Chrissie saam met al die familie op haar laaste
Kersfees viering in 2015 / Ek staan by Pa Lucas en Ma Chrissie Welmans se gesamentlike Graf by Heatherdale Pretoria.

Ma Chrissie se 90 Ste verjaarsdag saam met die familie en gesin in Kameelfontein Landgoed / Ek en Broer Hendrik saam met
ons Ma Chrissie Welmans met Kersfees in Kameelfontein / Ma Chrissie Welmans spreek die VLU funksie toe op Giyani as VLU
Tak Voorsitter en baie getroue VLU lid vir meer as 50 jaar.

Pa Lucas en Ma Chrissie se 50 ste huweliks herdenking in Silverton Pretoria en hulle 65 ste Huweliks herdenking in Lynnwood
Pretoria wat ook op die Beeld koerant se voorblad verskyn het / Hendrik en Susan Welmans se Huwelik in die NG Kerk
Tzaneen en my en Rina Welmans se Huwelik in die Universiteits Oord NG Kerk Brooklyn Pretoria.

My Skoonouers Pa Dries en Ma Anna Barkhuizen met wie ek nog steeds bevriend was na ons egskeiding tot beide se
afsterwes en ek hulle steeds respekteer het as gewese skoonouers. / Familie kuier lekker saam met ons op Giyani waar ons
gebly het tot my ouers se aftrede.

Ek hou saam met Pa Lucas, Ma Chrissie en Oom Johan Prins vakansie in Kaapstad / Ouma Chrissie en haar kleinkinders vir wie
sy baie lief was en bederf het. / Die familie kuier lekker met Kersfees by ons swembad in Northcliff Johannesburg toe ek in die
vroë tagtiger jare by die SAUK in Aukland Park Johannesburg gewerk het.

iv) My grootword en skool jare

Grootword jare in Bosbokrant nadat ek op Sabie gebore is op 16 Oktober 1951.

My ouers het hulle gaan vestig op Bosbokrant toe my Pa by Naturele Sake Departement landbou gewerk
het. Die naaste dorp was Sabie, waar ek ook op 16 Oktober 1951 gebore is in die Sabie Hospitaal. Dr Eddie
Bruwer het my in die lewe gebring en toevallig 20 jaar later word ek siek as student in Pretoria en besoek
die Mediese Sentrum in Sunnyside om ‘n dokter te sien. Ek stap sommer by die eerste spreekkamer wat
oop lyk in en daar is dit toe niemand anders as dokter Eddie Bruwer wat my 20 jaar gelede in die lewe
gebring het nie. Dr Bruwer was jare lank daarna weer ons familie huisdokter tot sy aftrede as mediese
praktisyn. My ouers was baie gelukkig op Bosbokrant en het vriende gehad wat soos familie was en gereeld
saam tennis gespeel, gekuier en selfs saam vakansies gehou het in die ou Lorenzo Marques (L M), wat die
naaste see vakansie was aan Bosbokrant. My Pa Lucas het toe ook die “Rhodesian Sweep”, amper soos die
LOTTO op Bosbokrant gewen onder ‘n skuilnaam “Lebombo”, die distrik waarin hy gereeld gaan werk en
kamp het. Ek onthou ook hoe my Pa daarmee vir ons ‘n splinternuwe kar, die groen “Opel Kapitan”, en ‘n
bal en klou sitkamerstel vir my ma gekoop het.

Ons huis op Bosbokrand en Pa se Buick word gewas deur Sambo wat baie jare daarna nog by ons as gesin gewerk het/Die
Sabie Ned Hervrmde Kerk waar ek gedoop is/ Ons Welmans gesin en ek en Hendrik op die Bosbokrant huis se stoepie. Pa
Lucas saam met sy kollegas by die Naturelesake kantoor op Bosbokrant. / Ons groen Opel Kapitan / Bosbokrant 60 jaar later
en hoe dit nou daar lyk! / Ons gesin kuier lekker by die Wiums in die Caprivi in die laat vyftiger jare.

Mapoto wat vroër jare Lorenzo Maques was / Ons Welmans gesin en Bosbokrand vriende die Malan’s en Wium’s hou gereeld
lekker saam vakansie in Lorenzo Marques (LM) by die see.

Ons en Bosbokrand vriende met vakansie in LM / Die tennis klub op Bosbokrant waar ek langs die tennisbaan groot geword
het saam met al my maatjies.

Ek onthou ook die kinder verjaarsdag parytjies by al die maatjies en die tiekies wat in die poeding weg
gesteek was. Ook toe my ouers een aand by Oom Roco de Villiers-hulle gekuier het en hy aangedring het
dat my ma Gin saam met hulle drink en die een na die ander ingegooi het, en my ma wat nie eintlik gedrink
het nie die volgende dag ‘n “hangover” gehad het en in die bed gebly het; ek wat as klein seuntjie saam
met my swart maatjie na Oom Kenny se winkel toe geloop het en toe Tannie Sankie Wium en ander
tannies my gevra het waar my ma was, het ek, wat gebrei het, geantwoord tot groot verleentheid vir my

ma, “my ma is siek, sy het teveel gien gedlink”. Dan was daar ook al die kaart speel en brug aande by oom
Dawie en die Malans en die kantoor en tennis braaivleis aande. Ek onthou toe my Pa-hulle verplaas is
Letsitele toe, al die afskeidstrane dat ons moes weggaan van Bosbokrant af. Later jare het ek besef dat dit
die regte ding was sodat ek uit die huis kon skoolgaan op Letsetele, want as ons op Bosbokrant gebly het
sou ek moes koshuis toe gaan op Sabie.

Grootword jare in Letsitele op die plaas Berlyn en Laerskool Dr Annecke

Ek woon sedert ek vyf jaar oud was op Letsitele op die “Staatsplaas”, Berlyn, waar my Pa die bestuurder was vir baie
jare. Dit was ‘n model citrus en sisal plaas met ‘n lemoen pakhuis en sisal fabriek. Ons was as gesin baie gelukkig op
Lesitele en ek glo dit is daar waar ek my wortels as menswees geskiet het. My ouers was baie geliefd en betrokke by
alle sosiale en gemeenskap klubs en organisasies met talle huisvriende – om net ‘n paar gesinne se name te noem:
Japie de Vos, Louis Grey, MannetjieThalwitzer, Bennie Bezuidenhout, Ben Vorster, Dries Loots, Horst Gubutz, Jan
Joubert, Dr Nick Smit, Dr Hans Schoeman, Hennie en John Faul, Boet Steyn, Steyn Stenekamp, Bil Eastman, Dennis
Perry, Dennis Thompson, Joe Costa, Frans Alberts, Flippie Pretoruis, Braam Smit, Hill Klinkert, Jack Aldred en Fritz
Kietzman. Almal was boere wat daar begin boer het waarvan amper almal alreeds dood is en sommige van wie se
nageslagte nogsteeds vandag daar boer.

Die plaas Berlyn was gekoop deur die Staat van Oom Dolf Coesyn, die pa van Dolf Coesyn, bekende internasionale
opra sanger wat net soos ek daar groot geword het. Later het Berlyn uitgebrei met nog bestuurders op die plaas,
soos oom Frikkie Nel oor die sitrus, my pa oor die sisal, oom Jan Louw by die lemoen pakhuis, oom Willie Phol by die
werkswinkel en die Engelsman Niel Older, die boekhouer. Dit was ‘n modelplaas, seker die beste en mooiste plaas in
die Lestsitele omgewing. Ná 1995 is die plaas eers verhuur aan ‘n plaaslike boer, Milaan Thalvitzer, en daarná aan die
ANC jeugliga oorgedra, en vandag kan jy skaars sien dat dit ooit ‘n plaas kon gewees het. Ek is baie bitter daaroor en,
behalwe vir die mooi nagedagtenis van Berlyn en Letsitele, het die getroue plaas arbeiders almal hulle werk verloor
en het die pragtige plaas met al sy huise en geboue tot niet gegaan.

Verwaarloosde Huis en Sisal fabriek vandag op Berlyn Ek en Parion (Nelson) toe ons klein was en 63 jaar later

Die verwaarloosde huis op Berlyn, Letsitele waarin ek groot geword het en wat ek in 2015 besoek het. Ek en my
Tsonga speelmaatjie Pharion op die plaas Berlyn in ons tuin waar ons altyd saam gespeel het en ons ontmoeting 63
jaar later weer op Letsitele saam met sy broer Nelson wat vir my ouers in die huis gewerk het met my besoek aan
Berlyn. Pharion was my beste maatjie op die plaas en al was ons met die apartheids jare in verskillede skole het ons
elke middag saan huiswerk gedoen en daarná gespeel. Ek onthou hoe ons “matjuva”, ‘n tsonga speletjie met klippies
in gaatjies in die grond gespeel het wat baie kompetered was; die baie kere wat ek by sy tradisionele Tsonga kleihuis
in die “village” op die plaas, waar al die plaas arbeiders gewoon het, gaan kuier het en saam pap en “marroge” geëet
het en dan te versadig was om my kos by die huis te eet tot my ma se ontsteltenis. Ons was boesem maatjies en het
ek nooit koeldrank of koekies van my ma geneem as hy nie ook kry nie. Elke Vrydag middag as my ma Tzaneen dorp
toe gegaan het om kruideniersware te koop en Hendrik by die skool te gaan haal het ons elkeen ‘n “magebox”
karretjie gekry om mee by die huis te kan speel. Ek het Tsonga net so goed as hy kon praat en hy weer Afrikaans.

Met my besoek aan Berlyn en my Tsonga maatjies bykans 50 jaar later, het die veldboodskap gou geloop en binne
enkeke ure het ek ‘n groot verwelkoming gehad van plaaswerkers uit my pa se dae. Hulle het my pa geprys vir alles
wat hy vir hulle beteken het en gekla dat die plaas vervalle geraak het en hulle nog nooit weer werk gehad het nie en
dat ek asseblief moet help en met die regering daaroor praat.

Letsitele die dorpie Letaba Boere klub en sy tennis bane Groot Letaba koppie by Letsitele

Ek besoek Letsitele in 2015 en die ou Letaba Boereklub waar my ouers aktiewe lede was en die tennisbane waarop
ek leer tennis speel het. By die tennisklub was daar elke Saterdag vanaf 13:00 georganiseerde tennis gespeel en as
die oumense skemeraand ophou speel om verder te kuier in die Klubsaal, dan het ons kinders gou ‘n paar balle
geslaan en so ook leer tennis speel – van ons het op die ou einde provinsiaal gespeel. Almal het ná die tennis in die
Klub bymekaar gekom, asook die gemeenskap en vriende wat nie tennis speel nie, en dan het almal saamgekuier tot
laat aande. Al die lede van die Letaba Boere Klub het elke Saterdag beurte gemaak deurdat die vrouens van twee
gesinne die kos voorsien het teen ‘n vasgestelde fooi en die mans kroegdiens gedoen het. Later die aand is op die
grammefoon langspeel plate gespeel en dan het almal met almal gedans tot 12:00, want daar was nooit op Sondag
gedans nie. Vir ons kinders was daar slaapgoed saamgeneem en as ons moeg raak het ons sommer met vuil voetjies
en al onder ‘n tafel uitgepass om later weer kar toe gedra te word wanneer ons ouers laataand ophou kuier het en
daarna dan soms by iemand se huis gaan “koffie” drink het.

Dr Annecke Laerskool en ek vyftig jaar later Ek by my Graad Een Klas

Ek besoek Dr Annecke Laerskool en staan ek weer voor die ingang en by my graad 1 klas 62 jaar later by die skool
waar ek my hele Laerskool loobaan voltooi het. Die Laerskool leuse was “WIL EN KAN”, ‘n leuse wat ek vandag nog
onthou. Dr Annecke Skool was so twee km van Berlyn af en toe ons kleiner was, is ons elke dag soontoe geneem en
gehaal as die skool uitkom, deur ons ouers wat beurte gemaak het. Later het ek en Billy, Martie en Hettie, al die
kinders op Berlyn, met ons fietse skool toe gery. Ek onthou hoe ek en Billy vining teen die opdraende uitgery het en
dan bo-op die bult vir Martie en Hettie gewag het omdat hulle te stadig na ons sin gery het.

Die hele Dr Annecke Laerskool op een foto Dr Annecke Laerskool Onderwysers in my Laerskool loobaan

Dr Annecke Laerskool met sowat net oor die 100 leerlinge met ‘n personeel van 5 onderwysers. Meester Pretoruis
was die Hoof en Juffrou Lettie Forback was my graad 1 Juffrou. Ek het darem nog kontak, al is dit deur facebook, met
baie van my laerskool maats.

My Std Vyf Klas Ek in ‘n Klavier konsert in die Boerklub saal Oom Strop, Elize en Marie

My St 5 Klas op Dr Annecke laerskool en ons klas onderwyser Meneer Retief Bezuidenhout. Ek neem deel aan die
Klavier konsert in die Letsitele Boeresaal saam met ons musiek juffrou Tannie Serra Schoeman. Na my ma se jongste
suster, Tannie Marie, tragiese oorlede is aan kanker, kom my niggie Elize by ons op Berlyn woon en ons gaan saam
skool by Dr Annecke Laerskool. Ek en Elize het verskriklik baie troeteldiere op die plaas gehad – behalwe vir die talle
katte en honde was daar ook nog duiwe, budgies, kapok hoenders, eende, marmotte, koenyne en nog my mak
nagapie “Jakkals” ook.

My ma in die Laeveld koerant Die van Heerdens Oon Steyn en Tannie Iris Stenekamp Ek by Die Eiland warm water bron

My ma Chrissie was baie aktief as organiseerder en stigterslid van die Bennie Bezuidenhout Junior Tennis
Kampioenskappe by die Letsitele Boereklub wat jaarliks plaas gevind het. Oom Phlip van Heerden, die Magistraat in
Tzaneen, Tannie Sophy en hulle drie dogters, ou goeie vriende uit Tzaneen se dae en vir baie jare tot albei oorlede is
in Pretoria. Ek en Emarencha het saam tennis gespeel. Oom Steyn en Tannie Iris Stenekamp, van ons talle
huisvriende op Letsitele, wat ook baie vakansies in LM, nou Maputo, saam met ons gehou het. Ek besoek Letsitele in
2015 en ons gaan tuis by die ATKV warmwater oord “Die Eiland” waar ons as kinders vir baie jare geswem en
piekniek gehou het.

Skool jare in Ben Vorster Hoërskool op Tzaneen.

My Ben Vorster Hoërskool jare in Tzaneen sal my altyd by-bly as my toekoms vormingsjare van my lewe. Dit is hier
waar ek vir die eerste keer koshuis toe moes gaan en ek onthou hoe hartseer ek elke Maandag oggend was as ek
moes skoolkoshuis toe gaan as Oom Jappie de Vos, wat beurte met my ouers gemaak het om ons koshuis toe te vat,
my oplaai. Dan weer baie gelukkig as my Ma ons Vrydae weer by die koshuis kom haal het vir naweke. Ek kon egter
later nie wag om skool toe te gaan nie met al die sport en skool aktiwiteite waaraan ek deelgeneem het, om nie eens
van my skoolmaats te praat nie, baie van hulle met wie ek vandag nog kontak het en bevriend is. Ek het veral
uitgeblink in my skool se tennis spanne waar ek van Std 6 tot Matriek in die Eerste Tennis Span gespeel het en was
ook later jare die kaptein van die span. Verder het ek as Leerlingraads lid, koshuis prefek en voorsitter van die debats
vereniging en SABRA (Die Suid Afrikaanse Buro vir rasse Aangeleenthede) gedien en sodoende aan die eiende van my
Matriek jaar het ek ook die Leierskap trofee gewen.

Die Hoërskool Ben Vorster, waar ek my hele Hoërskool loopbaan voltooi en in 1970 gematrikeleer het met die leuse
“STRY TOT OORWINING”, wat ek nog vandag as my leuse beskou.

Ek dien op die Hoërskool Ben Vorster Leerling Raad en is voorsitter van die SABRA en die Debats Vereniging en ken
vandag nog my skoollied se woorde wat by my ingesink het.

Ek dien in die Seuns koshuis as Koshuis Prefek en woon my Matriekafskeid by saam met Sandra Schoeman, wie my
ook op ons 40 jaar reunie vergesel het. Sylvia Faul en Pieter Erasmus, die Hoofmeisie en Hoofseun van ons skool, ook
by ons Matriekafskeid van 1970. Met Sylvia het ek nog kontak maar Pieter is later op jong ouderdom tragies oorlede.

Ek word vereer in 1998 met die “Orde van die Bul Toekenning” by Ben Vorster Hoërskool vir my prestasie as oud
leerling wat Nasionale Kleure verwerf het. Ek woon ook my 40 jaar Matriek Reunie by en is ek hier saam met skool
maats Piet de Jager, Louis Grey en Addie Eastman met wie ek ook saam grootgeword het. My eerste voertuig wat ek
besit het was ‘n Scooter waaroor ek baie trots was en waarmee ek skool toe gery het vir die twee jaar wat my ouers
in Tzaneen gewoon het.

Ek in die Hoof van Ben Voerster Hoërskool se kantoor, dieselfde kantoor van Meneer Hennie Kriek wat hoof was vir
my hele Hoërskool loobaan nadat ek dit na 54 jaar weer besoek het. Ben Vorster Hoërskool rugbyveld waar ek ook

op skool aan atletiek deelgeneem het en koshuis rugby gespeel het. Ek kuier ook later saam met twee oud Hoërskool
viende Henry Dunn en Zoon Pieterse op ons 50 jaar reunie wat ek in Dinokeng Pretoia bygewoon het.

Skool maats by die Ben Vorster 1970 Matriek Klas se 50 jaar Reunie by die Mountain Lodge in Moloto Pretoria

Skoolmaats op Ben Vorster Hoërskool na 50 jaar!

Ben Vorster Hoërskool saal waar ons elke oggend opening gehad het en die skoollied gesing het wat ek vandag nog
ken. Ek staan hier voor die skool graffiti muur en is bevoorreg om in my “Journey” op een of ander vlak met so baie
van my oud skoolmaats “VOSSIES” en op facebook nog kontak te kan hê. Die fotos wat ek onlangs bekom het is
meestal onlangse fotos hoe ons almal nou na 50 jaar lyk. Ek bring ook HULDE aan al my skoolmaats wat reeds
oorlede is. RUS IN VREDE.

Adie Eastman Braam van Deventer Sonia Rawlinson Gerhard Nel

Doris Swanepoel Francios Louw Henry Dunn Attie Youg

Hennie Weber Dirk Lombart Louise Coetzee Cobus harmse
Braantjie Hugo
Willem Combrink Francios Steyn Lura McCallum

Vonnie Thalvitzer Hennie De Vos Johann Ernst Mike van der Vyver

Jopie du Plessis Hannes Meyer Billy Eastman Sylvia Pieterse en Dalene Schoonbee

Louis Grey Willie Coetzee Rene Sirman Yvonne Shultz

Gerhard Venter Helen Boshoff Buks Fouche Pieter de Jager

June Aldred Linda Pelzer Kathy Gey Van Pituis Engela Wlliams

Emelda Moolman Peter Aldred Jannette Lombard Ben Pieterse

Diertjie Botha Susa Konig Hansie Bergman Willem Botha

Christene van Vreden Cornia James Thelma Opperman Selby Dippenaar

Frieda Zaaiman Nel Gerda Booysen Venter Annelie Kriek Raechel Kriek

Zenzo Giani Ria Bunnell Francios Kruger Lennox Dekenah

Dirk Langenvelder Joan Conradie Martie Kraamwinkel Jeanette Lombard

Nick van der Schyff Andre Beukes Sica Horn Retha Duvenhage

Peet Booysen Johan Steyn Consuelo Clayton Ettiene Ernst

Bennie van der Vyver Andre Botha Edith Clements Doreen Munro

Tinus Anderson El-Marie Pheiffer Sonja Joubert Jeanie v d Merwe(Burger) & Tjokkie

Sandra Schoeman Irma Davis Amor Botha Du Preez Annemarie van Zyl Slabbert

Gerhard Schoombee Johan Bievenhage Jan Steyn Lynette Faul

Albie Lyding Thomas Esterhuizen Charlotte Holzapfel Charles Faul

v) Na-skool en omwenteling jare
Universteits jare by UP (TUKKIES) 1971 - 1975

UP Administrasie gebou Regs Fakulitiet EK die Staatsaanklaer UP Ou Lettere en Wetenskap Geboue

Ek skryf in en studeer by die Universiteit van Pretoria (TUKKIES) as regs student in 1971 en nadat ek my
Staatsaanklaer kurses by Departement van Justusie voltooi het werk ek later as Staatsaanklaer by die Magistraat
Kantore van Kemptonpark, Giyani en Malamulele. Ek tree selfs in Malemulele op as Magistraat om sake uit te stel.
Ek studeer egter later BA Staats Wetenskappe aan UNISA nadat ek as Nasionale Party van Transvaal se Jeug
Organiseerder aangestel was en heelwat moes reis tussen kiesafdelings in die ou Transvaal. My Studente jare en
aktiwiteite op TUKKIES bly ‘n hoogtepunt in my lewe.

Huis Taaibos Mans Koshuis TUKKIES Ampfiteater UP Ouditorium TUKS Rugby

TUKS Alumni Gebou Hatfield Gallaries TUKS Jool Studente kuier by ons komune Annelien Kriel

Huis Taaibos (Es festos), my Universiteit koshuis was my tuiste vir twee jaar en die koshuislewe en ontgroening is
onvergeetbaar! Ek kuier lekker saam met my studente vriende by ons Komune in Burnett Straat, Hatfield, waar ek
gewoon het nadat ek in my tweede jaar Huis Taaibos verlaat het en by die Nasionale Party as Studente organiseerder
begin werk het. Annelien Kriel, ‘n vriend van my, Jaques Malan, wat vandag ‘n Dominee is, se meisie word Mej
Wêreld en was in Asterhof Dames koshuis. My studente jare op TUKKIES was ‘n noodsaaklike ervaring wat my altyd
sal bybly. Dit is hier waar ek die grootmens jare begin beleef het met eie verantwoordelikheid, leierskap, regte
vriende en eerste groot liefde van my lewe. Ek onthou ook die intervarsities, jool, rugby op loftus, ontgroenings jaar
en ienk konsert, Perdeby koerant, serries, broek party’s, bokjolle, massa van klasse as die dosent laat is, massa
optogte en al die baie kuiers by die “Bel” (kroeg in die Bel hotel) en al my studente vriende wat ek verewig sal
onthou.

SA Weermag (Kommando) Opleiding in Kimberly 1971

Weermag opleiding as skerpskutter by Danie Theron Krygskool Kimberley

Op parade grond, dril parades en die trein ry.

Ek doen my weermag basiese opleiding in die Komando by Danie Theron Krygskool in Kimberley as skerpskutter en
beklee die rang van korporaal en doen ook heelwat kampe daarna. My opleiding in Kimberley in die winter was erg
en ek onthou die vroeg opstaan en gevriesde eier vir ontbyt, en die keer toe iemand voor my op parade flou geword

het en ek wou help, hoe die Sersant Majoor “Piet Gorilla” vir my geskreeu het “los die bliksem laat hy vrek” en
daarna moes ek strafdril doen. Ek onthou die kampe wat ek in Desember maande moes doen en Kersfees nie by die
huis kon wees nie en moes maar diens doen vir Volk en Vaderland. Ek onthou ook die keer toe ek ‘n kamp moes
doen en die Nasionale Party my ook opdrag gegee het om in dieselfde tydperk ‘n jeugbond groep Transkei toe te
vergesel; my Kommandant wou my nie afgee nie en PW Botha, toe nog Minister van Verdedeging, het hom op sy
plek gesit en hom “overrule”. Die Kommandant het dit teen my gehou tot die einde van my Weermag diens tydperk,
al was ek bevorder tot Sersant. Die Weermag was over-all nie te sleg nie en ek glo die dissipline was baie goed en
belangrik vir my lewens ervaring, selfrespek en toekomsbeskouing, wat vandag ‘n tekortkoming by ons nageslagte is.

MY HUWELIK IN 1976

Universiteit OVS Ek en Rina voor ons troue Dames Koshuis Huis Madelief Skoon ouers Ma Anna en Pa Dries

Ek en Rina op ons troudag en ons ouers Ek en Rina saam met my ouers by die see. Rina later jare met haar seun

Ek tree in die Huwelik met Rina Barkhuizen op 18 Desember 1976 nadat ek aangestel was as die Transvaalse
Nasionale Party se Jeug en Studente Organiseerder. My Huwelik verbrokkel 9 jaar later met die vrou vir wie ek seker
die liefste was in my lewe. Sy het vir die SAUK gewerk nadat ek my eie besigheid P C Beton gekoop het en as gevolg
van botsende geaardhede wat nie kon saamsmelt nie en ‘n “derde persoon” waaroor ek nie oor gaan uitwei nie. As
gevolg van die baie teenstrydighede oor die feit dat ek as Jeug organiseerder van die NP baie uithuisig was, moes ek
bedank en ‘n pos by die SAUK aanvaar om ons huwelik te probeer red, wat ook nie suksesvol was nie. Die egskeiding
was baie hartseer maar ek glo vir ons albei was dit die regte ding om te doen. Ons het heeltemal kontak met mekaar
daarna verloor. Rina is twee keer na my weer getroud en is op die oomblik gelukkig getroud en het ‘n seun.

NASIONALE PARTY VAN TRANSVAAL

As eerste jaar student daag ek een oggend by the Nasionale Party kantoor van die kiesafdeling Rissik in
Hatfield op, wat die Universiteit van Pretoria ingesluit het, en ontmoet vir Oom Daan van der Merwe, die
LV wat later een van my politieke mentors geword het. In 1973 stel hy my aan as sy studente organiseerder
op Tukkies en word ek in 1974 deur die Nasionale Party van Transvaal as Jeug organiseerder vir Transvaal
aangestel. Ek organiseer toe die Nasionale Party Jeugbond takke oor die hele Transvaal asook studente
jeugbond takke by al die Universiteite, Onderwys Koleges en Tegnicons in Transvaal. Ek dien saam met
verskillende huidige of gewese politieke leiers, naamlik Dr Pieter Mulder (Leier van die VF+ en Adjunk
Minister van Landbou), Adv Leon Wessels (Minister en later Voorsitter van die Humanrights Commision),
Barend du Plessis (Minister van Finansies), verskeie lede van die Parlement asook Prof Theuns Elof wat die
Rektor van Pothefstroom Universiteit was. Ons was almal ook deel van die ontbinding van die ou Nasionale
Jeug Bond wat toe by die volwasse politiek ingelyf is.

Ek as NP Jeug Organiseerder en die TUKS Nasionale Jeugbond kuier by Eerste Minister John Vorster by Libertas. Studente
massa byeenkoms by die Unie Geboue wat betoog het vir die behoud van Artikel 6 Landsveilighed Wet.

“METRONOOM” die eerste NP Studente koerant op TUKKIES waarvan ek die stigterslid en Redaksie was.

Ek was ook deel van die stigtings redaksie van die Metronoom, die eerste politieke studente koerant. Hy word later
baie omstrede en ons word toe geweldig aangeval, veral deur die meer liberale pers.
GIYANI

Giyani, die gewese Tsonga “Hoofstad” van Gazankulu, in die apartheids jare waar my ouers gewoon en gewerk het
en ek vakansies as Staatsaanklaer gewerk het in die Giyani Landros kantoor. Die Naude’s en Seegerse, ons boesem
vriende was sinoniem aan Giyani en ook hier waar ek my gewese vrou Rina ontmoet het.
My ouers woon op Giyani in die Gazankulu tuisland in my skool en studente jare waar ek vakansies as aanklaer by die
Giyani en Malamulele Magistraat kantore gewerk het. Ek ontmoet ook vir Rina Barkhuizen, ‘n student by die

Universteit OVS, wie se ouers ook op Giyani gebly het en raak later verloof aan haar en trou in Pretoria in 1976.
Fanie en Suzette Naude, van ons talle huisvriende op Giyani wat vandag nog goeie vriende is selfs nadat my ouers
oorlede is. Fanie en Suzette Naude en oom Jan en Tannie Cila Seegers was van ons grootste vriende en ons woon
almal in die woonbuurt Kremetart waar almal mekaar geken het en saam tennis gespeel en tot laat aande in die
Klubsaal gekuier het. My ma was ook voorsitter van die VLU en het verskeie funksies en onthale vir die gemeenskap
gereël. Die Kommissaris, Generaal Prof Evert Potgieter wie ook vroër Rektor by die Universiteit van die Noorde was,
en sy gesin was persoonlike vriende van ons. Ek en sy seun Theuns wat by PUKKE studeer het, word boesemvriende
en jaag baie studente kattekwaad aan met vakansies toe ons altwee daar as studente werk gedoen het. Giyani was
ook een van die hoogtepunte van my lewe waar my ouers ook hegte vriedskappe gesluit het en baie staaltjies kan
oor die Giyani jare vertel word.
TZANEEN

Die pragtige tropiese dorp Tzaneen met sy prentjie mooi natuur, wat ook bekend gestaan het as die kosmandjie van
ons land met sy groot dam waar ons gewoon het en waar ek my hele Hoërskool loopbaan voltooi het.
Na my pa se aftrede koop hulle ‘n huis in Tzaneen waar hulle gewoon het tot 1985 toe hulle besluit het om na
Pretoria te verhuis om my te kom bystaan in die nuwe besigheid wat ek gekoop het. My Ma Chrissie en ons Spaniel
hond “Majas” wat ek as student in die studente komune gehad het en wat saam met my klasse bygewoon het, by
hulle eerste huis na aftrede in Tzaneen en die pragtige natuur van die Tzaneen Dam en Magoebaskloof.
SAUK

Die SAUK gebou op Pietersburg en die SAUK Hoofkantoor geboue by Auckland Park Johannesburg waar ek gewerk het. Dr Piet Meyer SAUK Voorsitter

Ek besluit om die posisie van Jeug Organiseerder van die Nasionale Party van Transvaal te laat vaar omdat daar baie
druk op my huwelik was en doen ek aansoek by die SAUK vir ‘n betrekking. Ek beklee in die SAUK eers die pos van
Organiseerder in Pietersburg by Radio Tsonga, ‘n taal waarmee ek groot geword het en wat ek as my tweede
huistaal beskou, saam met my Bestuurder Arrie Vosloo, Hein Fernandes, Isak Marais, Simon Webber en Johan
Visagie. Ek word ‘n jaar later bevorder tot Koördineerder Aktialiteit en Sport vir die sewe Swart Radio Dienste by die
SAUK in Auckland Park, Johannesburg. Ek werk saam met baie bekende kollegas wat later jare groot hoogtes in die
SAUK bereik het. As die SAUK Radio Dienste Koördineerder Aktialiteit en Sport was ek by alle afdelings van die SAUK
betrokke en werk ek saam met die volgende persone wat ek nog almal baie goed onhou. My direkte hoofde was my

Direkteur Theuns van Heerden, Manie Lubbe my Bestuurder en talle ander kollegas soos Wynand Harmse, toe
Direkteur Finansie en later hoof van die SAUK, Gerhard Viviers (sport), Heinrich Marnitz (sport) Rian Krywagen, Tok
Grobler, Roda Landman en Freek Robinsen (nuus) wie se skoonma Christene my sekretarese was, Tinus Esterhuyzen
(musiek), Leon Schuster en Maruis du Plooi (Monitor), Fanus Rautenbach, Leon van Nierob en Justus Tshungu
(programme) en Dr Piet Meyer was toe die Voorsitter van die SAUK Raad. Ek dien ook later in my SAUK tydperk op
die Publikasie Raad onder die voorsitterskap van Regter Lammie Snyman.

e
D

Dr

Wynand Harmse (Direkteur), Gerhard Viviers (sport), Heinrich Marnitz (sport), Leon van Nierob (Programme) Tinus EsterHuysen (Musiek)
Tok Grobler ( nuus) Riaan Krywagen (Omroeper) Roda Landman (nuus) Freek Robinsen (nuus) Fanus Rautenbach (programme)
Justes Tshungu (programme) Leon Shuster (monitor)

PC BETON FEBRIKANTE

PC Beton Fabrikante my beton fabriek in Lyttelton Pretoria vir 18 jaar en Marius Lategan (Bestuurder) en Nico Monteiro (Nuwe Eienaar) en Amos (Voorman)

Ek verlaat die SAUK in 1984 en koop PC Beton Fabrikante in Centurion en besit die besigheid vir 18 jaar. Marius
Lategan, wat as klank operateur in my afdeling by die SAUK gewerk het en groeie vriend, verlaat ook die SAUK en
kom werk later by my as bestuurder. Ek besit die twee fabriek persele by Lyttelton sowel as by Irene en my Pa Lucas
kom bestuur later die fabriek by Irene. Dit het baie goed gegaan met PC Beton Fabrikante en later aanvaar Maruis ‘n
goeie werk in die Weskaap en Pa Lucas tree af vir die tweede keer en ek word Stadsraadslid van Pretoria en verkoop
die fabriek na 18 jaar. Ek tree toe voltyds in die politiek as Stadsraadslid by City of Tshwane en verkoop die fabriek
aan Nico Monteiro, my goeie vriend wat soos ‘n broer vir my was en wat alreeds in sy onderwys studente jare
naweke en vakansies daar gewerk het. Nico besit PC Beten Fabrikante vandag nog en Ou Amos, wat die middelpunt
van die Fabriek was en vir wie ek baie respek het en altyd sal onthou, werk nogsteeds daar as steunpilaar van die
fabriek. Amos was vir 18 jaar my lojale voorman by PC Beton Fabrikante en het my altyd bygestaan met arbeids
probleme en ek sal hom vir ewig dankbaar bly. Ek is ook baie trots op Nico en sy vrou Anriëtte, wie PC Beton
Fabrikante se adminitasie hanteer, vir al die uitbreidings in die fabriek en hulle bou ook al betonmuur huise vandag.

PRETORIA

Pretoria met die Unie gebou, Voortrekker Monument en Loftus Versfeld die stadion van my rugby helde “BLOU BULLE”

Pretoria middestad waar ou Minitoria kantore was en Tshwane House wat dit vervang het en die Roodeplaat Dam omgewing waar ek die
wyks raadslid in Wyk 99 was.

Die huis in Lynwood met tropiese tuin Familie kuier lekker in Lynwood Simon die Grafiese Ontwerper

PRETORIA O PRETORIA, dit is hier waar ek die grootste deel van my lewe gewoon het. Vanaf 1971 toe ek Pretoria
Universiteit toe gekom het tot vandag 50 jaar later. Dit is hier waar my wortels gevestig geword het, buiten die vier
jaar in Johannesburg en twee jaar in Pietersburg toe ek by die SAUK was. My oud alma-mater van TUKKIES, Taaibos
manskoshuis, Blou Bulle en ‘n trotse stadsvader as raadslid van Tshwane vir meer as twintig jaar was verseker tye om
te onthou. Ek het in Pretoria gewoon vanaf my eerste Universiteit dag en later daar gewerk, my eie besigheid bedryf,
huis gekoop, getrou, geskei en toe myself gevestig as stadraads lid vir meer as twintig jaar. Sophy Mtsweni kom werk
by my en Rina in Pretoria as huishulp en belowe Rina na ons egskeiding dat sy vir my sal werk en mooi na my omsien.
Sy werk amper dertig jaar by my en al drie haar kinders word groot in my huis. Mona gaan in die apartheids jare
skool in Mamelodi, neem ’n taxi elke dag en voltooi haar matriek daar. Simon skryf ek persoonlik later jare na
apartheid in by Lynnwood laerskool en hy voltooi sy matriek by Menlopark Hoërskool. Vandag werk Simon, nadat hy
Onderwys studeer het, by ‘n groot besigheids onderneming as Grafiese Ontwerper en ek is baie trots op hom. Ek en
my ouers woon in Lynnwood saam en daar is Jacob gebore. Die saam bly met my ouers in Lynnwood sal ek verewig
onthou en altyd dankbaar oor wees omdat hulle nog aktief kon wees en ons saam die lewe nog kon geniet. Ma het
altyd gesê dat ons is ‘n perfekte kombinasie in die huis, sy die huishoudster, my pa die handyman en ek die
administrateur. Ons het in Lynnwood gebly todat hulle aftree-oord toe is en ek plaas toe. Ons het daarna weer
verenig in Kameelfontein toe hulle versorging na swak gesondheid nodig gehad het en albei ook later oorlede is.

My plasie by Indermine Hammanskraal.

Ek koop ná ‘n eiendoms transaksie in 2006 my eerste plasie van 42 hektaar by Indermine Hammanskraal en boer met
beeste nadat ek myself daar gaan vestig het. Louise Joubert, ‘n vriend, kom help my boer terwyl ek nog betrokke was
as stadsaadslid. Johan van der Merwe, ‘n goeie vriend, help ons om die ou huis en geboue en beeskraal op te knap
en koop ek Simmentaler beeste waarmee ons boer. Behalwe vir al die honde, katte, donkies en bietjie wild het ons

ook varke, volstruise en hoenders op die plaas gehad. Die plaas was ‘n rustige ervaring en is dit daar waar klein Johan
by my uitgekom het nadat Louis by sy pa op Louis Trichardt moes gaan werk het.
My ouers se gesondheid het albei baie agteruit gegaan, veral my pa wat sorg nodig gehad het en ek verkoop die
plaas en vestig my in Kameelfontein, Roodeplaat waar my ouers albei by my gewoon het tot albei oorlede is. Klein
Johan help my met die plot in Kameelfontein Landgoed waarop ons gewoon het en versorg albei my ouers tot hulle
afsterwes waarvoor ek hom verewig dankbaar sal wees. Indermine plaas sal ek baie lank onthou en was dit ook een
van die hoogtepunte van my lewe.

Die ou huis op die plaas met sy kenmerkende alwyn voor die huis en die aangeboude lapa Die beeskraal

Die Simmentaler beeste en volstruise Prins Charles en Prinses Diane Die huis in Kameelfontein en ons kuier in die tuin

Die Nededuitsch Hervomde Kerk (My Kerk geskiedenis in 70 jaar)

Ek is gedoop in die Ned Hervormde Kerk in Sabie en aangeneem deur Ds Geyser in die Ned Hervormde Kerk Tzaneen
waar ek op Hoërskool was. Daarná was ek by die Hervomde Kerk Pretoria Universirteit waar ek getroud is met Rina.
Ons is later by Pretoria-Oos gemeente waar ek aktief as Diaken by Dr Jaco Naude betrokke was. Ons verhuis nadat ek
SAUK Pietersburg toe verplaas was waar ek weer Diaken was by die Ned Hervorme Kerk Pietersburg. Ons word
daarna Johannesburg SAUK toe verplaas waar ek Jeug Ouderling word by die Westdene gemeente. Ek word sakeman
in Pretoria en help stig aan die afstigting van die Rietvallei Ned Herv Kerk in Elarduspark Pretoria as ouderling by Dr
Willie Kloppers en later sy vrou Dr Elsabe Kloppers wat albei later Professore geword het. Ek en my Ouers verhuis
Roodeplaat toe en word lidmate van die Montana-Oos gemeente by Ds Frikkie van Wyk. Ek tree af en verhuis
Weskus toe en is by die Weskus Ned Hervormde Kerk by Ds Jan-Harm Barkhuizen en ds Manda le Roux in
Vredenburg.

Ned Herv Kerk Sabie Ned Herv Kerk Tzaneen Ned Herv Kerk Universiteit Ned Herv Kerk Pretoria-Oos

Ned Herv Kerk Pietersburg Ned Herv Kerk Westdene Ned Herv Kerk Rietvalei Ned Hervormde Kerk Montana-Oos

Ned Herv Kerk Weskus Prof Willie Kloppers Prof Elsabe Kloppers Ds Frikkie van Wyk Ds Jan-Harm Barkhuizen

Vi) My politieke loopbaan vir 47 jaar

Die Nasionale Party van Transvaal, Konsewatiewe Party, Federale Alliansie en Demokratiese
Alliansie

Koerant berigte in die “Die Tranvaler”, die studente koerant “Die Perdeby” en my Nasional Party jeug en studente politieke jare op TUKKIES
saam met die destydse Eerste Minister John Vorster.

Nasionale Jeug Bond saam met eerste Minister John Vorster en Tannie Tinnie Vorster en toer later na die Transkei Xhoza Tuisland.

Ek word aangestel as Jeug en Studente en later Jeug Organiseerder van die Nasionale Party van Transvaal in 1973. Ek
word ‘n vertroueling en vriend van die voormalige Eerste Minister Adv John Vorster tot en met sy latere uittrede as
Staats President. Daar word groot hoogtes vir my voorspel in die Nasionale Party politiek, veral nadat ek Adv Leon

Wessels wat toe Lid van die Volksraad word, opvolg as NP jeug leier in Transvaal. Ek reël seker die grooste studente
massa betoging ooit by die Unie Geboue om die Eerste Minister John Vorster te beskerm teen die liberale aanslag
van WITS studente. Die studente daag in massas op by die Unie Gebou en los boodskappe op hulle leë lesing lokale
se deure met die boodskap “Ons is by die Unie Gebou”. Ek maak later jare ‘n besluit gebasseer op wat my hart sê en
nie my kop nie, en help stig die KP saam met Dr Treurnicht, wat my later jare duur te staan gekom het. Ek was van
kleins af relatief liberal in my denke omdat ek grootgeword het saam met swart mense en ook saamgewerk het. Ek
besef later die regse politiek het te veel “mal mense” as alliansies en ek bedank uit die KP. Ek besef vandag dat as ek
in die NP gebly het ek waarskynlik ook soos Leon Wessels, wie ek opgevolg het en Coetzee Bester, wie my opgevolg
het, ook tenminste ‘n Parlements lid sou geword het, wat my politieke loopbaan baie sou verander en verbeter het.

My politieke mentors.

Eerste Minister Adv John Vorster Daan van der Merwe LV Jackie Kruger LPR Leon Wessels LPR, LV en Minister

Die Eerste minister Adv John Vorster vir wie ek baie respek gehad het en enigiets sou doen. Ek onthou die woorde
van John Vorster met sy laaste vergadering by TUKKIES wat ek gereël en bygewoon het voordat hy oorlede is, oor
magsdeling net voor die referendum: “As ‘n volk sy mag deel sal hy geleidelik mag weggee totdat hy alles verloor
het. Dan sal Suid-Afrika nie meer die moeite werd wees nie”. Vandag sien ek wat hy bedoel het en is ek dankbaar dat
ek toe NEE gestem het. Daan van der Merwe, LP vir Rissik met wie ek baie nou saam gewerk het onder Tukkies
studente wat in die Kiesafdeling Rissik was. Jackie Kruger LPR vir Rissik, my vriend en kollega wat ook later jare my
prokureur in my besigheid was. Leon Wessels, LP vir Krugersdorp en later Minister, was my kollega in die Nasionale
Jeugbond en ek het hom ook later opgevolg toe hy as LP verkies is. Al vier genoemde politieke figure het ‘n
belangrikke politieke rol in my lewe gespeel en was my mentors in my vroeë politieke jare.

Transvaal Nasionale Jeugbond Bestuur waarvan ek en Pieter Mulder deel was. Prof Nick Stapelberg by ‘n NP kaas en wyn
funksie / Rabbit “Boys band”/ Dr AP Treurnicht Leier van die KP

Ek dien ook op die Nasionale Jeug Bond Bestuur saam met Dr Pieter Mulder, jare later Leier van die Vryheids Front
Plus. Prof Nic Stapelberg, Dekaan van die Besigheids Skool by UP en baie groot politieke vriend van my in die NP en
KP jare, sterf baie tragies aan ‘n hartaanval in daardie tyd. Ek stel die bekende en wêreldberoemde popgroep
“Rabbit” aan John Vorster voor op hulle versoek en word as eregas na al hulle konserte uitgenooi. Ek verlaat die NP
saam met Dr Andries Treurnicht en word deel van die stigtingskomitee wat die Konserwartiewe Party stig. Ek en Adv
Hennie de Vos, ‘n goeie vriend wat saam grootgeword het en vandag ‘n Regter is, speel ‘n groot rol in die stigting en
stigtings vergadering van die Konserwatiewe Party van Suid-Afrika wat later die amptelike opposisie party in Suid-
Afrika geword het. Ek het persoonlik baie respek vir Dr A P Treurnicht gehad; ‘n ware volksleier en omdat ek hom
goed geken het, het ek ook geweet dat hy nie so regs en konserwatief was as wat veral die libirale media hom
gemaak het nie. Hy was nes ek ook ‘n John Vorster ondersteuner wat baie bekommerd was oor die toekoms van ons
blanke volk onder ANC regering en vandag kan ons sien hoekom. Dr Treurnicht het ook ‘n konfederasie van State

beleid bepleit soos wat dit vandag in Europa daar uitsien waar een volk nie ondergeskik is aan die ander nie en in
vrede met elkeen se eie identiteit in Suid-Afrika kon woon en ontwikkel. Dit was ook die siening van Adv John
Vorster in sy regerings tydperk waar hy met die tuisland beleid begin het. Al fout wat begaan was is dat die destydse
regering meer toegewig met grond moes gewees het vir die Tuisland State sodat dit ekonomies lewensvatbaar was
en moes gelyke stemreg in die onafhanklike state aan almal toegestaan het.

Stigtings komitee van die Konserwatiewe Party van Suid Afrika. Ek saam met Prof Douw Steyn, Thys Lourens die Blou Bulle
Kaptein en Dr AP Treurnicht by my voorstelling as kandidaat vir die Volksraad in Pretoria Sentraal.

Ek staan as parlements kandidaat vir die KP en Prof Dow Steyn enThys Lourens, bekende rugby speler stel my voor as
kandidaat saam met Dr Andries Treurnicht, Leier van die KP. Ek staan twee keer as KP kandidaat vir die Parlement,
eers in Waterkloof teen Org Marais, Adjunk Minister van Finansies en toe later teen Gert Ooshuizen in Pretoria
Sentraal teen wie ek net-net verloor het. Gert het later jare by die ANC aangesluit en was Adjunk Miniter van Sport
vir baie jare daarna. Vandag het ons nog steeds kontak deur facebook. Ek verlaat later jare die politiek om
persoonlike redes en word deur Dr Louis Luyt omgepraat om hom te help om die Federale Alliansie te stig en word
ek voorsitter van die Party in Gauteng-Noord. Die Federale Alliansie, Die Nuwe Nasionale Party en Die Demokratiese
Party smelt saam in 2000 om die Demokratise Alliansie te stig, waarvan ek vandag nog lid is.

De Louis Luyt FA Leier en die Federale Raad Bestuur van die FA met die Nasionale Verkiesing en hier is ek saam met Dr Luyt in Pretoria.

Ek veg saam met Dr Louis Luyt, LP en Leier van die Federale Alliasie, die eerste algemene verkiesing waaraan die
Federale Alliansie deelgeneem het in 1998. My posisie as die Federale Alliansie Party voorsitter van Gauteng-Noord
en Dagbestuurslid van die Federale Raad gee my die geleentheid om ‘n DA Raadslid in die City of Tshwane Raad in
2000 se Munisipale Verkiesing te word.

Ek neem my plek in 2000 in as raadslid in die ou Tshwane Raadsaal in die ou Minitoria gebou en ook later jare in die
nuwe Raadsaal in 2016 by die nuwe Tshwane House. My vier DA Federale Leiers in my termyn onder wie ek gedien
het was Tony Leon, Helen Zille, Musi Maimane en John Steenhuizen.
Ek word die woordvoerder vir Sport, Rekreasie, Kuns en Kultuur en word sedert 2000 Skadu MMC in die DA Koukus
van die eerste City of Tshwane Demokratiese Raad, en besoek saam met mede verteenwoordigers die SA Parlement.

Tony Leon saam met Pres Nelson Madela Ek en Helen Zille DA Leier Ek, Desire v d Walt LP saam met Musi Maimane DA Leier John Steenhuisen DA Leier

Ek is bekend aan al die DA Federale leiers en werk in die afgelope 20 jaar nóú saam met Tony Leon, Helen Zille, Musi
Maimane en ook saam met John Steenhuizen, nuwe DA Leier, tot my aftrede.

EK, Rdl Gert Pretoruis saam met Rdl Jan van Zyl / Ek ontvang DA toekenings /Helen Zille DA Leier/ Ek en Spudla Ramakgopa ANC Burgermeester van Tshwane

My mentor in die Stadraads politiek was ongetwyfeld Oorlede Oom Jan van Zyl, voormalige Burgermeester van
Pretoria, vir wie ek baie respek gehad het en baie saam met hom na die Blou Bulle gaan kyk het in Loftus se
Presidents Losie. Ek ontvang later toekennings vir Uitmuntende Diens, Beste DA Wyk in Gauteng, en later ook ‘n
toekening vir Lewenslange Uitmuntende Diens in die DA. Helen Zille was nog altyd my gunsteling Federale DA Leier
vir wie ek baie respek gehad het. Ek het ook goed klaargekom met die voormalige ANC Uitvoerende Burgemeester
Sputla Ramagopa, wat my veral vir my sport kennis respekteer het en baie keer my raad gevra en gevolg het.

City of Tshwane Raadsaal Ek ‘n ontvang DA Nuus Toekening Ek saam met Raadslede vanaf 2000 en my verkiesing as Wyk Raadslid

Ek was met my aftrede een van 6 uit 42 oorblywende Raadslede wat in 2000 verkies was vir die eerste Demokratiese
City of Tshwane Raad en was nogsteeds in die DA koukus een van 92 lede, wat ‘n prestasie was om solank as 4
termyne nog te kon dien. Ek word nie die MMC Sport en Rekreasie in 2016 toe die DA in koalisie die Tshwane bewind
oorgeneem het, soos deur talle mense verwag was nie, maar bly ek steeds die DA se Sport en Rekreasie
woordvoerder. Ek het dit baie frustreurend gevind om saam met onervare MMC’s te werk wat nog nooit in enige

hoedanigheid in die portfeuje’s gedien het nie. Dit was wel een van my grootste teleurstellings in my DA politieke
loopbaan. Dit het my laat besef dat in die politiek dit nie is wat jy weet nie maar eerder wie jy ken.

My Familie ondersteun my in die 2016 verkiesing Ek, Adriana Randall MPL en Adj Minister Gert Oosthuizen DA Kandidate voor Pretoria Stadsaal en Ek en
kollega Stanley Rens by ‘n DA rally.

My familie staan my by met morele ondersteuning in die 2016 verkiesing, wat ek baie waardeer het en wat baie vir
my beteken het, veral na my Ma se dood 10 dae voor die verkiesing. Ek werk baie lekker saam met Adriana Randall,
MPL en my nuwe Kiesafdelings Leier, en ontmoet ook weer met Gert Oosthuizen, die Adjunk Minister van Sport wat
ek uit my NP jare al geken het en vir die KP teen hom in ‘n verkiesing in Pretoria Sentraal as LP gestaan het. Al die DA
Kandidate vir die 2011- 2016 Munisipale Verkiesing staan voor die Pretoria Stadsaal. Rdl Stanley Rens was nie net my
kollega in die Raad nie, maar ook my persoonlike beste vriend.

Ontvang DA toekening vir beste wyk Saam met Direkteur van Onderwys Saam met MEC’s van Gauteng Wetgewer

Tshwane Raadslede 2011 Ek en Rdl Stanley Rens Burgermeester Solly Msimanga Ek en Rdl Johan Jansen

Die City of Tswane Raad in 2011, my derde termyn as Raadslid en een van die laaste ordelike rade waarin ek gedien
het voordat die EFF ge-arriveer het. Ek en Stanley Rens, ‘n baie goeie vriend en kollega, veg saam die verkiesings
veldtog vir 2016 Munisipale verkiesing. My eerste Raadsvergadering saam met die nuwe Uitvoerende Burgemeester
Solly Msimanga nadat die DA die bewind in Tshwane oorgeneem het. Ek en kollega Johan Jansen in die Tshwane
Raads vergadering met ‘n energiedag tema in die raad.

DA Koukus 2020 in Tshwane House Raadsaal / Tshwane “State of the City” toekening / DA Rally / Die ou Tshwane Raadsaal in Sammy Marx
gebou

My laaste DA Koukus in die Stadsraad “City of Tshwane Council” 2020 voordat ek ná 20 jaar se diens as Stadsraadslid
aftree. Die Gauteng-North DA Regional Council in sitting waarvan ek ook lid was.

Nadat ek 47 jaar aktief in die politiek was met my bediening aan verskeie gemeenskappe en politieke partye vra
mense my hoe ek my politieke loopbaan ervaar het. My antwoord is: “Om ‘n Politieke Verteenwoordiger te wees is
‘n roeping om die gemeenskap te dien met geen ander byvooroordele nie as om jou medemens te help en by te
staan op alle vlakke van regerings”. As iemand my siening sou vra oor my ervaring oor politici vandag sal my
antwoord wees: “Politici, nie almal nie, maar oor die algemeen, is individuele opportuniste wat hulle gemeenskappe
en kollegas sal misbruik vir eie gewin en met hul magsbeheptheid of geldgierigheid nie omgee om “gat te kruip” of
om op enigiemand te trap om bo uit te kom nie”. Dit is ongelukkig die sulkes wat die eerbare en hardwerkende
politici in ‘n slegte lig stel. Dan is daar belange groepe en clics binne-in ‘n party vir self bevoordeling; wat my die
meeste ontstel het was dat ek altyd beskou was as te konserwatief vir die liberales en te liberaal vir die
konserwatiewes, wat ook altyd teen my getel het vir bevordering. Nou ja, hulle se politiek is politiek!

Atiwiteite as Wyks Raadslid vir Wyk 99 City of Tshwane in sedert 2016

Ek wen die 2016 verkiesing in Wyk 99 Saam met kollegas in Tshwane House raadsaal Wyk 99 verkiesing saam met DA aktiviste

In die 2016 Munisipale Verkiesing wen ek teen die verwagting in die verkiesing in ‘n ANC Wyk 99 en word tot my
verbasing hartlik ontvang deur Refilwe en ander swartdorpe se inwoners van wyk 99. Ek werk baie nou saam met
alle gemeenskapsleiers terwille van dienslewering wat ek glo my eerste priorteit was.

Rooikop pad projek saam met MEC Vadi Kospakkies vir wyk 99 DA toekening op die Gauteng kongres Tree op as Acting MMC by die Mayoral Soccer Day

Ek spit die eerste sooi van die Rooikop teerpadprojek saam met Adriana Randall MPL, en MEC Ismail Vadi van die
Gauteng Wetgewer. Ons deel kospakkies uit vir armoedige mense in my wyk en ek ontvang later die toekenning vir
die Beste DA Wyk op die 2018 DA Gauteng Kongres. Ek tree ook herhaalde kere op as “Acting MMC” as gevolg van
my jare lange ervaring in Sport.

Ek en Burgermeester Solly Msimanga Ek en Adriana Randall MPL saam met Burgermeester Solly Ek by dieTradisionele Koningshuis in
Refilwe en inspekteer paaie in my wyk saam met amptenare.

Ek en die voormalige Uitvoerende Burgermeester, Solly Msimanga, by inspeksie van die Refilwe reservoir projek en
woon ook saam met Adriana Randall MPL die DA rally by die Caledonion Stadium by. Ek besoek die Basotho Konings
Huis in Refilwe op uitnodiging vir nouer samewerking en doen pad inspeksie saam met amptenare in my wyk.

My verkiesings plakaat en manifest Ek saam met die Speaker van die Tshwane Raad Vergadering by New Town in my wyk

My verkiesingsmanifes en plakaat in 2016 toe ek as Wyksraadslid verkies is. Ek woon saam met die Tshwane Speaker
Katlego Mathebe en ‘n kollega ‘n Tswane DA werkswinkel by. Ek spreek ‘n opelug vergadering in my wyk toe.

Taemane DA Kiesafdelings bestuur Oorhandig rolstoel in Mamelodi Gemeenskaps vergadering in Leeuwfontein en sokkerspan.

Die Taemane Kiesafdelings bestuursvergadering van wie ek voorsitter was. Ek was die DA Kiesadeling voorsitter vir
Hammanskraal en Taemane Nokeng ononderbroke vir 12 jaar gewees. Ek oorhanding ‘n rolstoel aan ‘n armoedige
inwoner van Mamelodi en spreek ‘n Gemeenskapsvergadering (Kgoro) in Leeuwfontein onder ‘n boom toe. Ek het
ook my eie sokkerspan in wyk 99 en ons wen die DA streek sokker beker.

Ek en Klein Johan Ek by ‘n Gemeenskap vergadering Taemane Kiesafdeling vergadering De Wagensdrift gemeenskap vergadering

Ek en klein Johan sit verkiesings plakate op in my wyk met die verkiesing van 2016. Ek hou ‘n opelug Gemeenskaps
vergadering in Refilwe en De Wagensdrift en tree op as voorsitter by ‘n Kiesafdelings vergadering van die Taemane
Kiesafdeling. Die Taemane Kiesafdeling was baie aktief en onder leiding van ons Kiesafdeling Leier Adriana Randall
MPL met wie ek as voorsitter baie goed saamgewerk het.

Ek besoek die Ouetehuis in Refielwe Huisbesoek in Dewagensdrift Ouma Mahundla se 110de verjaarsdag Oorhandig boorgat aan plot 123 Leeuwfontein

Ek besoek die Ouetehuis in Refilwe en doen werwing in De Wagensdrift Informele nedersetting saam met ‘n
gemeenskap leier Maria Raseroka wat later ook tragies oorlede is. Ek besoek my oudste inwoner in my wyk Mama
Johanna Mahundla op haar 110 de verjaarsdag. Ek skenk en oorhandig ‘n geborgde boorgat wat ek van ‘n eienaar
van ‘n boormasjien gekry het aan die gemeenskap van plot 123 Informele Nedersetting in Leeuwfontein wat nog nie
as woongebied geproklameer was nie. Die gemeenskap het in meerderheid vir my in die 2016 verkiesing gestem.

De Wagensdrift kinders by hulle raadslid Oorhandig boeke by ‘n skool Boere ontbyt funksie in Kameelfontein Vergadering in Refilwe

Ek was geliefd by die kinders van De Wagensdrift Nedersetting vir wie ek gereeld suigstokkies uitgedeel het as ek die
Nedersetting besoek. Hulle het altyd met gebalde vuisies geskreeu Viva DA as hulle my sien. Ek en Adriana Randel
MPL oorhandig ook geborgde skryfbehoeftes aan die vier Laerskole in my wyk. Ek spreek ‘n Boere ontbytfunksie toe
by Eagles Rest in my wyk, met wie ek nou saam gewerk het en spreek ook gereelde Gemeenskap vergaderings toe in
die Refilwe Gemeenskapsaal.

DA Rally by Calledonion Staduim DA Jeugdag in Mamelodi DA Bierfees komitee wyk 99 Leewfontein Natuur Reservaat in wyk 99

Ek woon die DA rally by Calledonion stadion by om te protesteer teen die ANC regering se poging om die 104 jaar
oue stadion te vernietig vir ekomomiese ontwikkelings asook ‘n Jeugdag sokker byeenkoms in Mamelodi. Kuier saam
met die komitee wat my gehelp het met die reëlings van die DA fondsinsamelings bierfees by “Otters Lake” in my
wyk. Hino, die eienaar van “Otter Lake” in my wyk, was ‘n groot vriend en ondersteuner van my. Ek besoek die
Leeuwfotein Natuur Resevaat in verkiesingstyd in my wyk, een van my 20 stem distrikte, asook een van drie Natuur
Reservate in my wyk.

Tradisionale Vroue Dag en Mandela Dag in De Wagensdrift Verf DA Taemane Kiesafdelings kantoor John Moody Gauteng DA Leier

Ek is saam met tradisionele vrouens by ‘n Vroue Dag Viering funksie by De Wagensdrift en ook op Mandela Dag saam
met die kinders wie se dagsorg hut ons geverf het. Ek en die Taemane Kiesafdeling se aktiviste verf ook ons nuwe DA
Kiesafdelings kantoor asook die omliggende shacks van die gemeenskap. Ek en my kollega Rdl Stanley Rens het saam
met John Moodey MPL die Gauteng DA Leier, en Rika Kruger MPL die Nokeng Kiesafdeings Leier in ‘n “Tussen
Verkiesing” in Hammanskraal gehelp op die verkiesings dag.

Saam met Minister van Vervoer Fekile Mbalula Cullinan myn vergadering Pretoria middestad rally Koerant berig oor behuisings projek in my wyk

Ek saam met MMC Derik Kishendorf en die Minister van Vervoer Fekile Mbalula by die oorhandigind seremonie van
die Moloto pad aan Sanral in my wyk. In ‘n vergadering met die nuwe CEO en personeel van die Petra Cullinan
Diamond Mine oor werksgeleenthede vir inwoners van my wyk. Ek loop aan die voorpunt van die DA “Crime Rally” in
Pretoria se middestad. Die Burgermeester van Tshwane oorhandig ‘n R161 Miljoen behuising projek aan die Refilwe
Manor inwoners in my wyk wat wye nuusdekking gehad het.

Opening van Cullinan Library saam met Burgermeester Stevens Makgolapa Verwelkom gaste by Nokeng saam met die Koning van
Kwamhlangu en gemeenskap vergadering saan met Premiers kandidaat Solly Msimanga MPL.

Ek is saam met die Uitvoerende Burgemeester van City of Tshwane, Steven Mokgalala, en verskeie MMC’s by die
opening van die Cullinan Library. Ek en die Koning van Kwamhlangu by die opening van die Nokeng Flures Mine in
Rust De Winter in my wyk waar ek ook die verwelkoming gedoen het. Ek woon ook verskeie vergaderings by saam
met die DA Premiers kandidaat Solly Msimanga in die 2019 verkiesing.

DA tussenverkiesings hulp DA Bekendstellings funksie in Atterbury Teater Taemane Kiesafdelings vergadering en Jaareind funksie

Ek en my kollegas op diens by ‘n tussen verkiesing in Pretoria-Wes en woon ook saam met kollegas die DA
bekendstellingsfunksie in die Atterbury Teater by. DA Taemane Kiesafdeling se maandelikse vergadering waar ek die
voorsitter was. Taemane Kiesafdeling hou sy jaareinde funksie by ‘n lodge in my wyk.

Covid 19 kospakkies en klere oorhandigings in Refilwe, Leeuwfotein en De Wagensdridft plakkers kampe

Ek help in die DACARES veldtog om kospakkies te voorsien aan behoeftige mense in die Covid-19 tydperk in verskeie
nedersettings in my wyk saam met die “Tshwane Social Development” DA Koukus bestuur. Ek ontvang ook ou klere
van verskeie gemeenskapslede in my wyk wat ons toe kon uitdeel aan ses informele nedersettings in my wyk
gedurende die COVID-19 epandemie tydperk.

vii) MY liefde vir Sport

Liefde vir alle Sport en Tennis reeds vanaf my kinderjare.

Die tennisklub op Bosbokrant 1956 Ek en Hennie de Vos O/14 Noordland Kampioene Ek en Hennie 54 jaar later!

Ek het letterlik langs die tennisbane grootgeword met my ouers se groot belangsteling in tennis en wat gereeld op
Woensdae en Saterdae tennis gespeel het. Ek en my pel Hennie de Vos wie se ouers huisvriende was, en wat vandag
‘n Regter van beroep is, speel al van kleins af tennis en het heelwat junior toernooie as “dubbelspel partners”
gewen, asook die onder 12, 14 en 16 Verre-Noord (Noordland) Streek toernooie en het vakansies ver met fietse gery
om by die Letsitele Boereklub tennisbane te gaan oefen. Ons is vandag nogsteeds goeie vriende, net baie ouer
geword.

Ek speel tennis my hele Laerskool loopbaan deur by Dr Annecke Laerskool in verskeie tennisspanne onder afrigting
van Tannie Martie Pretorius, ons Hoof Meester Pretorius se vrou.

Ek speel ook in my Hoërskool jare tennis in die skool se eerste span en wen as die kaptein van die span die Verre-
Noord tennis skuld vir drie jaar in ‘n ry. Ek en Hennie de Vos wen onder andere ook die dubbelspel in die Bennie
Bezuidenhout Kampioenskappe op Letsitele wat jaarliks plaasgevind het en deur my ma gereël was.
Ek was ook gekies vir die Noord-Transvaal Junior Span en speel teen ander provinsies op die ou Loftus tennisane in
Pretoria onder die Noord-Transvaal tennis afrigter Frikkie Uys. Ek het ook die geleentheid gehad om saam met die
destydse vroue tenniskampioen, Annette du Plooi, te speel en loop haar jare daarna weer raak by ‘n tennis Davis
Beker toernooi in Irene waar ons albei eregaste was.

My eerste Ben Vorster Hoërskool eerste tennisspan en 1969 eerste tennis span. Ons ouers was ons gereelde toeskouers.

Nog ‘n Hoërskool tennisspan met Mnr Pipet Botha, ons tennis onderwyser vir baie jare. Ons ouers was ons gereelde
ondersteuners en toeskouers by tennis kampioenskappe en het ons soms aangemoedig van langs die tennisbane af.
Hier sien ek onder andere ook vir Oom Japie de Vos, Oom Bennie Bezuidenhout, Oom David Lotter en Tannie Cecil
de Vos langs die baan sit by die Bennie Bezuidenhout Junior Tennis Kampioenskappe wat jaarliks op Letsitele by die
Groot Letaba Boere Klub se tennisbane plaasgevind het. Oom Bennie Bezuidenhout was die Voorsitter en
Beskermheer en my ma die sekretarese asook die organiseerder van die jaarlikse toenooi.

Die Eerste Rugby span by Dr Annecke Laerskool Ek raak betrokke by Indoor Cricket Ek saam met my Wyk 99 Sokkerspan

Nog ‘n Hoërskool tennisspan met Mnr Pipet Botha ons tennis onderwyser vir baie jare. In Laerskool Dr Annecke speel
ek ook rugby met Oom Vane van Niekerk, die Stasiemeester op Letsitele, as afrigter wat ook huisvriende van my
ouers was by wie ons gereeld gaan potjiekos eet het; “opkook vleisie en artapeltjie” soos hy dit toe genoem het. Ek
raak in 1989 betrokke by Action Cricket in Pretoria en speel eers, en word toe verkies op die provinsiale bestuur. Ek
word ook ‘n sokker span eienaar in my wyk 99 waar ek die munisipale raadslid was.

Ek saam met SA Davis Beker tennisspan ICSA Uitvoerende Bestuur

Ek bevorder en ondersteun talle sportsoorte as Tshwane Sport Woordvoerder Raadslid, Visie-President van die
Tshwane Sport Raad, asook Indoor Cricket SA (ICSA) se Sekretaris Generaal vir 20 jaar. Ek word gereeld uitgenooi na
alle sport toernooie en funksies en tree ook baie op as gasspreker.

Visie-President van die Tshwane Sports Council

Die Tshwane Sportraad se President, Winston Meyer, en sy twee Visie-Presidente Johan Welmans en Lukas Tau. Die
TSC is in beheer van 46 sportkodes, 7 sportraad streke en 32 plaaslike sportrade in die Tshwane en Gauteng-Noord
Provinsiale gebied. Ek het as Visie-President baie waargeneem as President op talle sportfuksies en byeenkomste.

Ek en Winston Meyer, President van die Tshwane Sport Council saam met die bekende Sport Legende Gert Potgieter,
oud wêreldhekkies atleet Kampioen en Barry Hendricks, President van SASCOC en die Gauteng Sportraad. Ek neem
in ontvangs R500,000-00 begroting van die Tshwane Stadsraad se Community Development MMC Ntsiki Mohotho en
die Voorsitter van die Sec 79 Oversight Committee, Rdl Thabisele Vilakazi, vir die Tshwane Sportraad.

Ek hou ‘n Vergadering met Tshwane Streek 5 Sportraad Kommitee en tree op by die Tshwane Sportraad golfdag
saam met die bekende akteur David Louw. EK veg vir die behoud van die geskiedkundige “Caledonion Staduim” en
die “Arcadia Sheppards Sokker Club” wat 104 jaar oud was, saam met jeug sokkerklubs en spelers teen die ANC
stadsraad wat die geskiedkundige sokker stadion wou afbreek vir ontwikkelings. Ná die DA oorname van die
Tshwane Raad word die Caledonion stadion behou en opgradeer.

Ek tree ook op saam met die bekende Akteur en Sanger Stefan Ludik “Elvis se seun” by ‘n Sportraad funksie en woon
die Tshwane “PGA Golf Chamionship” by. Ek kyk Tennis “Davis Cup” by Irene Tennis Klub saam met Mev Mbeki,
eggenoot van Oud President Thabo Mbeki. Ons hou ‘n Tshwane Sport Council werkswinkel vir al sewe Tshwane Sport
Streeksrade.

Die Tshwane Sport Raad hou vergadering met die nuwe MMC van Sport en Rekreasie, Sakkie du Plooi, en ek ontvang
‘n Chinese Sport afvaardiging in Tshwane namens die Tshwane Sport Raad. Ek woon ook ‘n maandelikse vergadering
van die “Tshwane Sport Council” en die sigtingsvergadering van ‘n Regional Sport Council by.

Ek woon verskeie sport byeenkomse saam met Tshwane Sport Raadslede by en ek kyk gereeld krieket saam met die
Burgermeester van Tshwane, Solly Msimanga, en John Wright, die President van die Gauteng-Noord Krieketraad in
die Titans Presidents losie by Super Sport Park. Ek kyk ook rugby in die Presidents Losie op Loftus Versfeld en hier kyk
ek saam met “Vaatjie” van die TV program “Tjoks en Chops” vir die Blou Bulle by Loftus.

Ek wens Cameron van den Burg, swem sportster, geluk met sy Olimpiese Spele Goue Madalje en ontvang ek my Ere
President baadjie vir Indoor Cricket in Gauteng-Noord van Gert Potgieter, President van die destydse Gauten-Noord
Sportraad. Ek woon ook saam met Juan Kemp, die Besturende Direkteur van Petra Cullinan Diamond Mine, Max
Jordaan van SA Sport Trust, Nomsa Mabase, Uitvoerende Direkteur van Streek 5 van Tshwane en ANC Raadslid
Maleka, van Wyk 100, die oorhandiging van ‘n Multi Purpose Sport fasaliteit in Refilwe by. Ek word verkies as
President van die International Indoor Cricket Council (IICC) in Bangalore India in 2011 en maak opslae in die
plaaslike media en beklee die posisie tot 2015

Ek woon as Raadslid ‘n Jeug Sportdag by in Refilwe, asook die Suid-Afrikaanse Wêreld Bokskampioen Danie Venter se
Wêreldtitel boksgeveg in Pretoria saam met wêreldklas boksers. Ek woon ook saam met Rdl Jan Boshof en die

President van die Blou Bulle Rugby Unie, Pine Pienaar, en ander kollegas ‘n rugbywedstryd van die Blou Bulle by in
die Presidents losie by Loftus Versfeld in Pretoria.

Ek, Rdl Jan Boshoff en Rdl Gert Pretorius kyk saam met Boet Fick, Lid van die SA Rugby Raad, rugby in die President
Losie by Loftus Versveld. Ek kyk ook rugby saam met die Burgermeester van Tshwane, Solly Msimanga en Boet Fick,
SA Rugby Raadslid en ‘n lid van die Blou Bulle Rugby Raad by Loftus Versfeld, en ontvang later ‘n Bulls trui van die
Blou Bulle Raad op Loftus. Ek en lede van die Tshwane Sport Raad woon ‘n Internasionale Sport Konferensie by in
Super Sport Park in Centurion.

My Sporthelde en gunsteling Sangers

Ek is gek oor sekere sportsterre en sangers, waarvan ek baie van hulle persoonlik geken en ontmoet het en ook op
facebook nog steeds mee bevried is. Ek plaas hierdie fotos van hulle in my blad omdat almal van hulle op een of
ander manier en stadium vir my baie plesier in my lewe verskaf het en altyd my sporthelde en sanger sterre sal bly.

BLOU BULLE! Frik Du Preez Naas Botha en Buurman van Zyl Joost v d Westhuizen en Thys Lourens

Ernie Els (Golf) Dennis Shapovalov & Roger Federer (Tennis) Ryk Neethling (Swem) Johnny du Plooy (Boks) Cristiano Renaldo (Sokker)

Duncan Foure (Rabbit) Andries en Gappi Botha Thys Streicher (Bosveldklong) Snotkop Peter Vinvent

Elvis Presly Jon Bon Jovi Steve Hofmeyer Bobby van Jaarsveld Kurt Darren Johnny Cleg

Sekretaris Generaal van Indoor Cricket South Africa

ICSA Sekretaris Generaal ICSA Uitvoerende Bestuur

Ek dien 20 jaar as Sekretaris Generaal van Indoor Cricket Suid-Afrika asook die ICSA EXCO en was ook al die President
van die International Indoor Cricket Council (IICC). Ek word deel van die sport toe dit as Action Cricket in Suid-Afrika
ontstaan het uit Australië deur ene Sam Davies in 1984, en het eers self gespeel en toe later ‘n span, “FIRM”, geborg
wat een van die beste klubspanne in die land was. Ons stig toe later die National Indoor Cricket Association (NICA)
waarvan ek ‘n bestuurslid was. Ons verenig die sport met Action Cricket en word South African Indoor Cricket
Association (SAICA), en ek word gekies as spanbestuurder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Ope Mans Span vir 17
Internasionale Toetse teen Australië, New Zealand, Engeland en India waarvan ons 10 toetse gewen het. Indoor
Cricket South Africa (ICSA) word later gestig as deel van Cricket South Africa en SASCOC om deel te wees van Suid-
Afrika Sport. Ek tree uit as Sekretaris Generaal van ICSA na 20 jaar diens en na 29 jaar se betrokkenheid by Indoor
Cricket in Suid-Afrika en word vereer as erelid van die sport. Ek gaan die daaglikse betrokkenheid in die sport baie
mis en sal verseker die goeie herinneringe vir altyd onthou.

World Indoor Cricket Federation

Ek word die IICC President in 2011-2015 en dien ook as Spanbestuurder vir die SA Indoor Cricket Spanne in die
Toetse in 1996 in New Zealand, 1997 in Engeland en 1997 in Australië, waarop ek elke keer SA Nasionale kleure
ontvang het. Ek woon onderandere die WICF Wêreld Beker in Melbourne Australië by.

As die Span Bestuurder van die SA Nasionale Indoor Cricket Ope Mans spanne toer ek na verskeie lande asook met
die 17 toetse teen Engeland, New Zealand, Australië en Indië. Ek was onderandere ook by die Waka Stadion in Perth,
Australië saam met die bekende Nasionale Krieketspeler Willie Morris, wat die span se afrigter was en sy broer,
Steven die kaptein van die SA span.

ICSA 10 Jaar Feesviering

Ek ontvang ‘n toekening namens ICSA by die ICSA 10 jaar feesviering in Pretoria wat deur die MMC Moghatho van
Tshwane Sport en Rekreasie geopen is met verskeie eregaste soos Winston Meyer, die president van die Tshwane
Sport Council, Rdl Vilakazi, Voorsitter van die Sport en Rekreasie portfeulje komitee, en verskeie presidente van
ander sportkodes.

Die “FIRM”, my persoonlike span

My persoonlike Indoor Cricket klubspan, “FIRM”, wie ek en my besigheid geborg het, asook verskeie
Gauteng-Noord spanne waarvan ek die spanbestuurder was. Ek word verkies as die President van die
Gauteng-Noord Indoor Cricket Association en beklee die pos vir 14 jaar. Ek word later Ere President van
Gauteng-North Indoor Cricket.

My span “FIRM” vier hulle hoeveelste liga oorwinnig in my lapa en in oorwininings van verskeie ligas asook die
“Nastional Club Championships” van Suid-Afrika wat in Durban plaas gevind het. Die “FIRM” raak my beste vriende


Click to View FlipBook Version