The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.

100 produkte onder R100-katalogus is propvol wonderlike geskenke vir jou geliefdes se kerskous, en alles is onder R100.

Aanbod slegs geldig terwyl voorraad hou.

Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by adele, 2019-11-13 07:02:35

100 produkte onder R100

100 produkte onder R100-katalogus is propvol wonderlike geskenke vir jou geliefdes se kerskous, en alles is onder R100.

Aanbod slegs geldig terwyl voorraad hou.

Keywords: 100onderR100, Kersfees, Kersgeskenke, FamilieKersfees, Christmas, Familie, Family, BybelMedia, LigTydskrif, Liefde, Geskenke

Eerste sprokies: Rooikappie 2019

Eerste sprokies:
Rooikappie
R90,00
Lank gelede was daar ’n
pragtige meisie wat aan
die rand van ’n yslike groot
woud gebly het. Haar
verjaardagpresent van haar
ouma was ’n mooi rooi mantel
met ’n kappie. Die meisie
was baie lief vir haar mantel
en wou niks anders dra
nie. Daarom het almal haar
Rooikappie genoem. Eendag
sê Rooikappie se mamma vir
haar: “Ek het ’n paar eetgoed
en ’n bottel wyn in die
mandjie gepak. Jou ouma is
siek. Vat dit vir haar. Dit sal
haar beter laat voel.”
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Lees hierdie storie met die vrolike illustrasies verder vir jou kinders. Die taalgebruik is só
gekies dat dit kinders van 0-6 jaar se verbeelding sal stimuleer.

51

2019 Eerste sprokies: Aspoestertjie

Eerste sprokies:
Aspoestertjie
R90,00
Lank gelede was daar ’n
pragtige meisie. Sy het in ’n
huis saam met haar stiefma
en haar twee stiefsusters
gebly. Sy moes die huis
skoonmaak, en hulle het haar
Aspoestertjie genoem. Die
prins van hulle land het ’n
groot partytjie gehou. Hy wou
trou en het al die jong meisies
na die dans genooi. “Ai, ek
wens ek kan ook na die dans
toe gaan,” het Aspoestertjie
gesug.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Lees hierdie storie met die vrolike illustrasies verder vir jou kinders.
Die taalgebruik is só gekies dat dit kinders van 0-6 jaar
se verbeelding sal stimuleer.

52

Eerste sprokies: Jan en die boontjierank 2019

Eerste sprokies:
Jan en die
boontjierank
R90,00
Lank gelede was daar ’n arm
seun, Jan, wat saam met sy
ma in ’n huisie gebly het. Op
’n dag het Jan se ma nie meer
geld vir kos gehad nie. “Gaan
verkoop ons koei by die mark,”
sê sy vir Jan. By die mark het
Jan ’n slagter ontmoet. “Ek
wil graag julle koei hê,” het
die slagter gesê, “maar ek het
nie geld nie. Kom ons ruil. Ek
gee vir jou towerboontjies
wat jou so ryk soos ’n koning
sal maak, en jy gee vir my die
koei.”
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Lees hierdie storie met die vrolike illustrasies verder vir jou kinders. Die taalgebruik is só
gekies dat dit kinders van 0-6 jaar se verbeelding sal stimuleer.

53

2019 Eerste sprokies: Raponsie

Eerste sprokies:
Raponsie
R90,00
Lank gelede was daar ’n man
en sy vrou wat baie graag ’n
kind wou hê. Ná 5 jaar het
hulle steeds nie ’n baba gehad
nie. Die vrou was siek van
hartseer. Om haar te troos het
haar man vir haar ’n heerlike
slaai gemaak. Daarvoor
het hy raponsieblare in
hulle buurvrou se tuin
gaan pluk. Toe vra ’n kwaai
stem: “Hoekom steel jy my
raponsies?” Hulle buurvrou
was eintlik ’n kwaai heks!
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Lees hierdie storie met die vrolike illustrasies verder vir jou kinders. Die taalgebruik is só
gekies dat dit kinders van 0-6 jaar se verbeelding sal stimuleer.

54

Eerste sprokies: Die paddaprins 2019

Eerste sprokies: Die
paddaprins
R90,00
Lank gelede was daar ’n
prinses. Sy het graag met
haar bal naby ’n dammetjie
gespeel. Op ’n dag het haar
bal in die water geval en
tot op die bodem gesink.
Skielik sien sy ’n padda op
’n waterlelieblaar sit. “Ek kan
die bal vir jou gaan haal,” sê
die padda, “maar dan moet jy
belowe ek kan langs jou aan
tafel sit en saam met jou uit
jou goue bord eet. Ek wil ook
vanaand in jou bed slaap, op
’n sagte kussing.”
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Lees hierdie storie met die vrolike illustrasies verder vir jou kinders. Die taalgebruik is só
gekies dat dit kinders van 0-6 jaar se verbeelding sal stimuleer.

55

2019 My eerste 1000 woorde

My eerste
1000 woorde

R75,00
Met hierdie kleurvolle boek in
groot formaat kan kinders van
3-6 jaar oud met die wêreld
van woorde vertroud raak.
Elke bladsy bevat verskeie
illustrasies met woorde om te
lees.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Die kinders kan die woorde hardop sê terwyl die pragtige illustrasies ’n vrolike
leerervaring verseker.

56

Ek kan tel 2019

Ek kan tel
R75,00
Hierdie telboek in ’n unieke
groot formaat gebruik die
soek-en-vind-metode om
kinders van 3-6 jaar oud aan
die wêreld van getalle bekend
te stel.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

Die kinders kan hardop tel en die pragtige illustrasies
verseker ’n vrolike leerervaring.

57

2019 Plak en inkleur

Plak en inkleur:
Op pad in die stad!
Op pad met vakansie!
Op pad werk toe!
Hulp is op pad!
R100,00 elk
Kinders van 2-6 jaar oud gaan
hope pret hê met die oulike
tonele in hierdie boeke wat
hulle kan inkleur en met
plakkers versier. Die boek sluit
100 plakkers in wat spesiaal
vir klein handjies gemaak is.
Só leer kinders speel-speel
meer oor allerhande temas.
• Sagteband
• 16 bladsye elk

KLIK & KOOP

Boonop help die boek kinders om hulle waarnemingsvermoë en fyn motoriese
vaardighede te ontwikkel deur prentjies in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te
plak.

58

2019

KLIK & KOOP

59

2019 Aspoestertjie se balletskoene

Sprokies met lesse:
Aspoestertjie se
balletskoene – ’n storie
oor omgee
R100,00
Sue Nicholson
Aspoestertjie wil baie
graag by die dorp se nuwe
dansskool gaan lesse neem,
maar sy het nie balletskoene
nie. Sal haar droom ooit
waar word? Met hierdie
oorpronklike storie oor
Aspoestertjie kan kinders van
omgee leer.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

In die boek is daar ook waardes om oor te gesels en ’n aktiwiteit om saam met die
kinders te doen.

60

Jan breek die boontjierank 2019

Sprokies met lesse: Jan
breek die boontjierank –
’n storie oor eerlikheid
R100,00
Sue Nicholson
Jan hou baie van boomklim,
maar hy mag nie in die
nuwe boontjierank in hulle
tuin opklim nie. Sal hy die
versoeking kan weerstaan
wanneer die boontjieranke
hoog in die lug op groei? Met
hierdie oorspronklike sprokie
oor Jan kan kinders van
eerlikheid leer.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

In die boek is daar ook waardes om oor te gesels en ’n aktiwiteit om saam met die
kinders te doen.

61

2019 Word wakker, Doringrosie!

Sprokies met lesse: Word
wakker, Doringrosie!
– ’n storie oor
verantwoordelikheid
R100,00
Sue Nicholson
Doringrosie het ’n nuwe
ponie met die naam Prins,
maar dis harde werk om ’n
troeteldier te hê. Doringrosie
is partykeer ’n bietjie lui.
Een nag hardloop Prins weg
en Doringrosie weet nie of
hy gaan terugkom nie. Met
hierdie oorpronklike storie
oor Doringrosie kan kinders
van verantwoordelikheid leer.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

In die boek is daar ook waardes om oor te gesels en ’n aktiwiteit om saam met die
kinders te doen.

62

Sneeuwitjie, die sokkerspeler 2019

Sprokies met lesse:
Sneeuwitjie, die
sokkerspeler – ’n storie
oor spanwerk
R100,00
Sue Nicholson
Sneeuwitjie is een van die
beste spelers in die dorp se
sokkerspan. Maar daar is een
probleem: Sy wil al die doele
self aanteken. Hoe kan sy ’n
beter spanspeler word? Met
hierdie oorpronklike storie
oor Sneeuwitjie kan kinders
van spanwerk leer.
• Sagteband
• 24 bladsye

KLIK & KOOP

In die boek is daar ook waardes om oor te gesels en ’n aktiwiteit om saam met die
kinders te doen.

63

2019 Soek en vind: Ruimte

Soek en vind: Ruimte

R95,00
Hierdie boek bevat
fassinerende ruimtetonele,
met vreemde planete en
interessante ruimtetuie.
• Sagteband
• 48 bladsye

KLIK & KOOP

Die kinders kan meer as 1 000 items in die ruimtetonele soek terwyl hulle telvermoë
ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders van 1-6 jaar oud ure lank besig te
hou!

64

Soek en vind: Diere 2019

Soek en vind: Diere

R95,00
Hierdie boek bevat
fassinerende dieretonele,
met diere uit Afrika, asook
plaasdiere en seediere en nog
vele meer.
• Sagteband
• 48 bladsye

KLIK & KOOP

Die kinders kan meer as 1 000 items in die dieretonele soek terwyl hulle telvermoë
ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders van 1-6 jaar oud ure lank besig te
hou!

65

2019 Op liefde se drumpel

Sagteband Op liefde se drumpel
224 bladsye R95,00
Elza Rademeyer
66
Suzanne en Phil is nog nie lank in
’n verhouding nie, maar sy hoop
dat hy haar binnekort sal vra om te
trou. Sy sukkel egter al hoe meer
om nie vergelykings tussen haar
verhouding en haar vriende se
verhoudings te tref nie. Hoekom
kan sy en Phil mekaar net op
sekere dae op spesifieke plekke
sien? Kan een mens régtig so hard
werk? Dan besluit tannie Gertruida
onverwags om by Suzanne in te
trek en Phil is glad nie ingenome
met die idee nie. Tannie Gertruida
is beslis nie op haar mond geval
nie en haar teenwoordigheid
maak Suzanne en Phil se
verhouding nog meer ingewikkeld
– veral wanneer tannie Gertruida
’n hegte vriendskap met hulle jong
buurman, Herman, aanknoop.
Suzanne sien en hoor nou al hoe
meer van haar buurman wie se
hart na sy familieplaas hunker. En
toe sy iets baie onaangenaam oor
Phil te wete kom, sukkel sy om nie
met ander oë na Herman te
kyk nie.

KLIK & KOOP

Tweede kans op liefde 2019
67
Tweede kans op liefde
R95,00
Elza Rademeyer

Mynhard Malan verhuis sak en
pak na die plaas Koppiealleen
nadat hy dit by sy vervreemde
pa geërf het. Terwyl hy tydelik
op ’n nabygeleë kleinhoewe
tuisgaan, word sy voete
letterlik en figuurlik onder hom
uitgeslaan deur Tessa Verwey.
Wat beteken die woelinge in
hom wanneer hy aan Tessa dink?
’n Tartende duiwel op sy skouer
wil vir Mynhard wysmaak dis
iets anders as goeie maniere
wat hom na sy misterieuse
buurvrou toe dwing. Tessa
wil egter niemand naby haar
toelaat nie. Veral nie nóg ’n
aantreklike man nie. Hoekom
is sy so kil en afsydig, en wat
weet sy van Charlotte Basson
se dood? Mynhard sal iets aan
sy muisneste moet doen. Dalk
moet hy haar liefs vermy en
op die plaaswerk konsentreer
voordat hy te betrokke raak
by haar probleme. Boonop
het hy ’n groot uitdaging op
hande toe die beeldskone en
manipulerende Yvette Minnaar
opdaag.

KLIK & KOOP

Sagteband
224 bladsye

2019 Operasie Droomvrou

Sagteband Operasie Droomvrou
224 bladsye R95,00
Jade Mc Menamin
68
Elmien en Riekert is sedert hulle
tienerjare onafskeidbaar. Maar Riekert
het nog nooit enige tekens van
romantiese toenadering getoon nie.
Dan daag hy onverwags met groot
nuus by Elmien se voordeur op – hy
het sy droomvrou gevind. Altans, hy
het haar gesién, te laat besef hy moet
iets doen om haar aandag te trek en
in die proses slegs haar inkopielys in
die hande gekry. Sy droomvrou blyk
’n interessante en avontuurlustige
vrou te wees – die lysie bevat
immers allerlei unieke items. Elmien
moet nou vir die eerste keer die
moontlikheid oorweeg dat Riekert
nie vir altyd net aan háár sy sal wees
nie. Sy hoor ook voortdurend haar
oorlede ouma se stem in haar kop
terwyl sy met haar gevoelens worstel.
Elmien besef gou dat sy op haar
beste vriend verlief is en besluit sy
sal hom help om die droomvrou op
te spoor, al beteken dit sy gaan hom
by iemand anders gelukkig moet
sien. Dinge verloop uiteraard nie soos
die twee vriende beplan het nie en
mettertyd moet albei hulle planne
heroorweeg.

KLIK & KOOP

Vlug na Santorini 2019
69
Vlug na Santorini
R95,00
Malene Breytenbach

Ná ’n traumatiese voorval met
haar eks, verlang Erika na ’n ver
plek waar mense haar veilig
sal laat voel. Sy besluit om rus
vir haar siel by haar familie in
Santorini te gaan soek. Skaars
het sy haar voete op die eiland
gesit, toe sy hom sien: ’n
Griekse god met ’n lenige lyf,
breë skouers en donker oë. Die
mooiste man wat sy nog ooit
in lewende lywe gesien het. Hy
straal sy manlikheid uit. Paul
Michelakis is die kroonprins
van die Atlantisfortuin. Dit
gaan egter meer as geld en
die vooruitsig op ’n volmaakte
toekoms verg om Erika se liefde
en vertroue te wen, want sy
is nou sku vir mans. Boonop
gaan Cristina Vassiliou en dié
se ryk familie ook nie sommer
terugstaan vir ’n onbekende
blondine nie.

KLIK & KOOP

Sagteband
224 bladsye

2019 Geliefde heler

Sagteband Geliefde heler
224 bladsye R95,00
Malene Breytenbach
70
Die briljante chirurg Geert
Bouwman gaan locum ’n paar
maande op Stellenbosch. Maar
dié Nederlander is nie ’n maklike
mens nie en teatersuster Naomi
Roux is nie op haar mond geval
wanneer sy dink iemand tree
onredelik op nie. Dis ook nie haar
verantwoordelikheid om na hom
om te sien terwyl hy in sy tante se
huis woon nie. Sy huur tog net die
woonstel en ateljee by tant Merel.
Hy het immers gekies om sy ouers
en moeilike verloofde saam te
bring. Boonop het ondervinding
haar allergies gemaak vir sulke
gevaarlik aantreklike mans soos
Geert Bouwman. Naomi is uiters
versigtig ná die seer wat sy moes
oorkom toe haar verhouding met
Charl op die rotse beland het.
Maar Geert en Naomi is gedurig in
mekaar se geselskap en hulle werk
goed saam. Hoe kan sy onbetrokke
staan teenoor ’n man soos dokter
Geert Bouwman? Boonop gooi die
charismatiese kunstenaar David
Schonfeld behoorlik sy flikkers
vir Naomi en Geert se verloofde,
Daphne, is gevaarlik jaloers en
besitlik.

KLIK & KOOP

Droomkrans se engelman 2019
71
Droomkrans se
engelman
R95,00
Moryn Hanzen

Zoetstroom is ’n klein dorpie en
dis presies wat die kunstenaar
Dia Malan wil hê: ’n stil plekkie
om rus vir haar siel te vind. Sy
besef egter gou dat die plaas
Droomkrans waarskynlik nie
die oase gaan wees waarop sy
gehoop het nie. Dia het immers
nie nét ’n plaas geërf nie; daar is
ook twee koddige huismaats én
’n geheimsinnige huurder in die
kothuis. Boonop is die huurder,
Han Gericke, ’n soort befoeterd
wat ’n mens nie aldag teëkom
nie. ’n Verbode ondersoek
by dié aantreklike man se
woning lewer ook meer vrae
as antwoorde op. Dia en Han
sukkel aanvanklik om mekaar
se geite en giere te verstaan
en albei se hardkoppigheid
vergemaklik nie juis die situasie
nie. Net toe dinge mooi in
mekaar begin pas, arriveer
twee stadsjapies. Nou moet Dia
besluit: Gaan sy haar geheime
onthul of moet sy wéér elders
oorbegin?

KLIK & KOOP

Sagteband
224 bladsye

2019 Pad na geluk

Sagteband Pad na geluk
224 bladsye R95,00
Moryn Hanzen
72
Nina vat ’n blaaskans van haar
besige lewe as haarkapper en
stilis in Pretoria om haar ouma
Anita Kalahari toe te neem, waar
sy by haar jarelange vriend, oom
Chris, wil gaan kuier. Maar Nina
sou nooit kon raai dat die pad
na die plaas Geluk haar ook na
oom Chris se kleinseun, Ian, sou
neem nie – die aantreklikste man
wat sy nog ooit gesien het. Vir
die eerste keer in haar lewe kry
’n man dit reg om haar voete
onder haar uit te slaan. Maar
’n verhouding tussen hulle sal
tog nooit werk nie. Nina is ’n
stadsmeisie en Ian is ’n boer in
murg en been. Sy sal nooit op ’n
plaas in die halfwoestyn aard nie.
Nina moet maar liewer teruggaan
na die standvastige Carl wat haar
gesoen het voordat sy uit Pretoria
weg is – al is hy so koel en korrek.
Buitendien blyk dit dat Ian steeds
vir sy vriendin Zanelle gevoelens
het. Watter ander rede kan daar
tog wees dat Zanelle se verloofde
agterdogtig is oor hom?

KLIK & KOOP

Sophia se beskermengel 2019
73
Sophia se beskermengel
R95,00

Malene Breytenbach
Sophia Joubert en haar
skoonfamilie is ná die Anglo-
Boereoorlog vry om terug
te keer na die verwoeste
familieplaas – sonder vee en
sonder kos. Geoffrey Doubell
help die Jouberts om weer
op hulle voete te kom. Dié
samaritaan is wel ’n halwe
Engelsman, maar elke keer
wanneer Geoffrey na haar kyk,
bruis Sophia se bloed en word
haar wange warm. Haar eerste
liefde lê egter begrawe in die
grond van Natal en Sophia is
diep seergemaak. Sy sien ook
in Geoffrey se oë ’n hartseer
wat nie wyk nie. Dié man ken
ook verlies. Durf sy nou hoop
op ’n tweede liefde? Op geluk
by ’n man wat haar kan aanvul
en verstaan? Daar heers egter
onheilspellende spanning
tussen die Jouberts en die
inwoners van die buurplaas.
Boonop wonder Sophia of
Geoffrey werklik sy lewe met
slegs een vrou kan deel, want sy
is beslis nie die enigste een wat
in hom belangstel nie.

KLIK & KOOP

Sagteband
224 bladsye

2019 Omdat jy jy is

Sagteband Omdat jy jy is
224 bladsye R95,00
Elsa Winckler
74
Kathleen en haar twee susters
erf elk vyf miljoen rand ná hulle
geliefde tant Peet se afsterwe,
mits hulle ’n vreemde bepaling
nakom: Hulle elkeen moet ’n
maand lank in tant Peet se huis
op Greyton gaan bly. In hulle
gejaagde lewens het nie een
van dié drie werklik hiervoor tyd
nie, maar Kathleen stem in om
eerste te gaan, want sy moet in
elk geval aan ’n sakeplan vir haar
aanlyn onderneming werk. Sy
het egter nie daarmee rekening
gehou dat iemand die kothuis
agter tant Peet se huis sou huur
nie. Beslis nie ’n aantreklike
man met viooltjieblou oë nie.
Sakekonsultant Steyn Erasmus
se arm is in ’n hangverband
en Kathleen ontferm haar oor
hom. Maar wat tussen hulle
broei, is veel meer as net goeie
buurmanskap …

KLIK & KOOP

Onverwags myne 2019
75
Onverwags myne
R95,00
Susan Pienaar

Die suksesvolle Kaapse sakeman
Leonardo Anderson word onverwags
as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel
aangewys. Hy besluit om eerder in
die noorde te gaan wegkruip – ’n
onvleiende nuwe haarstyl en lelike
klere behoort mense se belangstelling
af te weer. Amanda Toerien hou
nie van aantreklike mans nie, want
sy weet alte goed – ’n mooi man is
almal se man. Haar nuwe buurman
is egter ’n regte bleeksiel en sy het
’n sterk behoefte om hom uit sy
kluisenaarsbestaan te red. Leonardo
weet hy moet wegbly van die mooie
Amanda af, maar daar begin ’n
pragtige vriendskap tussen hulle
ontwikkel. En mettertyd kan hulle
hulle oë en hande nie van mekaar
afhou nie. Hy leef ’n leuen en die
waarheid kan dinge tussen hulle
lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog
aan ’n ooreenkoms dink wat hulle
albei tot voordeel sal strek? Dit blyk
dat Amanda se eks nie wil aanvaar
dat dinge tussen hulle verby is
nie. Boonop beweeg Leonardo in
eksklusiewe kringe: Sal Amanda kan
aard tussen die Kaapse elite?

KLIK & KOOP

Sagteband
224 bladsye

2019 Soek en vind 3D: Boek 1
76
Soek en vind 3D: Boek 1
R50,00
3D-bril ingesluit
Hierdie prettige reeks
kom saam met ’n 3D-bril
waardeur kinders van 1-8
jaar oud na ongelooflike
3D-tonele kan kyk wat van
die bladsy af spring. In die
tonele propvol interessante
dinge soek die kinders na
elemente en karakters wat
aan die onderkant van die
bladsy verskyn terwyl hulle
ongelooflike avonture ervaar
asof hulle regtig daar is.
• Sagteband
• 32 bladsye

KLIK & KOOP

Soek en vind 3D: Boek 2 2019
77
Soek en vind 3D: Boek 2
R50,00
3D-bril ingesluit
Hierdie prettige reeks
kom saam met ’n 3D-bril
waardeur kinders van 1-8
jaar oud na ongelooflike
3D-tonele kan kyk wat van
die bladsy af spring. In die
tonele propvol interessante
dinge soek die kinders na
elemente en karakters wat
aan die onderkant van die
bladsy verskyn terwyl hulle
ongelooflike avonture ervaar
asof hulle regtig daar is.
• Sagteband
• 32 bladsye

KLIK & KOOP

2019 Die Smurfies: Aktiwiteitsboek 1

Die Smurfies:
Aktiwiteitsboek 1

R45,00
Ook in Engels beskikbaar
In hierdie prettige
aktiwiteitsboek met plakkers
kan kinders van 1-8 jaar oud
deel word van avonture in
die nuwe Smurfs and the
Lost Village-fliek. Die kinders
versier die tonele met mooi
plakkers, kyk wie pas in en
wie nie, soek en vind verskille,
loop deur doolhowe en leer
allerhande vaardighede aan,
soos om fyn op te let, te teken
en in te kleur. En dit alles in
hierdie boek vol opwindende
Smurfie-aktiwiteite.
• Sagteband
• 16 bladsye

KLIK & KOOP

78

Die Smurfies: Aktiwiteitsboek 2 2019

Die Smurfies:
Aktiwiteitsboek 2

R45,00
Ook in Engels beskikbaar
In hierdie prettige
aktiwiteitsboek met plakkers
kan kinders van 1-8 jaar oud
deel word van avonture in
die nuwe Smurfs and the
Lost Village-fliek. Die kinders
versier die tonele met mooi
plakkers, kyk wie pas in en
wie nie, soek en vind verskille,
loop deur doolhowe en leer
allerhande vaardighede aan,
soos om fyn op te let, te teken
en in te kleur. En dit alles in
hierdie boek vol opwindende
Smurfie-aktiwiteite.
• Sagteband
• 16 bladsye

KLIK & KOOP

79

2019 Die Dinosourusse

Die Dinosourusse

R50,00
3D-dinosourusse ingesluit
om self te bou
Kinders van 1-8 jaar oud kan
hierdie boek soos ’n tydskrif
lees en die aktiwiteite geniet
wat oor dinosourusse gaan.
Daar is ’n vasvra, speletjies,
legkaarte, fassinerende
feite, grappe, snaakse
strokiesprente en ’n boeiende
storie oor Superdino’s.
• Sagteband
• 32 bladsye

KLIK & KOOP

Kinders kan ook hulle eie 3D-dinosourus bou.

80

Plaaskos 2019

Plaaskos
R90,00
Arina du Plessis
Arina du Plessis deel haar
resepte eie aan haar heimat,
die plaas in Ceres. Daar is
geregte vir elke seisoen:
wintersop, bredies en brood;
vars slaaie en piekniekkos
vir warmer dae, en natuurlik
smullekker nageregte en
heerlike gebak vir teetyd.
• Hardeband
• 224 bladsye

KLIK & KOOP

Arina is die geliefde kosredakteur van Landbouweekblad en ken die behoeftes van die
moderne man of vrou, of jy nou op ’n plaas in die platteland of in die stad woon.

81

2019 Carmen se beste resepte

Carmen se
beste resepte
R90,00
Carmen Niehaus
Carmen Niehaus is een van
Suid-Afrika se mees geliefde
kosredakteurs. Haar dekade
lange ervaring by Suid-
Afrika se grootste tydskrifte
maak haar dié plaaslike
koskenner, in voeling met wat
ons mense graag eet. Sy is
bekend vir haar praktiese dog
inspirerende trefferdisse.
• Hardeband
• 240 bladsye

KLIK & KOOP

Vir die eerste keer het Carmen nou al haar gunstelingresepte uitgekies en in een boek
saamgevoeg – van die wortel-en-beetkoek wat sy vir die TV-program Koekedoor gebak
het, die Banoffeetert, tot haar heerlikste bobotie en banting lasagne.

82

Geskenksak 2019

Geskenksak

R20,00
Haal die kopseer uit geskenke toedraai.
Geen geskenkpapier om te koop,
te knip of te meet-en-pas nie. Geen
kleeflint wat oral vassit nie. Gebruik
liewer hierdie pragtige geskenksakke!
Dit is die perfekte toevoeging en sal
jou geskenk nog meer spesiaal maak.
Daar is drie kleure beskikbaar: turkoois,
donkerblou en rooi.

KLIK & KOOP

Elke sak het ʼn unieke Bybelvers daarop gedruk. 83

KLIK & KOOP

Donkerblou: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun
gegee het sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die
ewige lewe sal hê.”
Grys: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste
hiervan is die liefde!”
Rooi: “I can do all things through Christ who strengthens me.”

2019 Kinderpret: Ou Testament

Kinderpret: Speelleer-
aktiwiteitsboek oor die
Ou Testament

R50,00
Hierdie speelleer-
aktiwiteitsboek bevat 50
selfdoen-aktiwiteite oor
belangrike tekste in die Ou
Testament van die Bybel.
Deur hierdie aktiwiteite
ontdek kinders van 0-7 jaar
oud op ʼn prettige manier die
50 belangrikste verhale in die
Ou Testament.
• Sagteband
• 56 bladsye

KLIK & KOOP

Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-
volgens-die-nommers-in. Speel-speel leer ken kleuters en kinders baie van die verhale
wat deel van ons geloof vorm.

84

Kinderpret: Nuwe Testament 2019

Kinderpret: Speelleer-
aktiwiteitsboek oor die
Nuwe Testament
R50,00
Hierdie speelleer-
aktiwiteitsboek bevat 50
selfdoen-aktiwiteite oor
belangrike tekste in die Nuwe
Testament van die Bybel.
Deur hierdie aktiwiteite
ontdek kinders van 0-7 jaar
oud op ʼn prettige manier die
50 belangrikste verhale in die
Nuwe Testament.
• Sagteband
• 56 bladsye

KLIK & KOOP

Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-
volgens-die-nommers-in. Speel-speel leer ken kleuters en kinders baie van die verhale
wat deel van ons geloof vorm.

85

2019 Kleuterpret – My Bybelmense

• Sagteband Kleuterpret –
• 56 bladsye My Bybelmense-inkleurboek

86 R50,00
Ontvang Kleuterpret Snap-
kaarte gratis
My Bybelmense-inkleurboek is ʼn
prettige manier om kleuters en
kinders van 0-7 jaar oud aan 49
belangrike mense in die Bybel
bekend te stel. Sonder dat hulle
dit besef, leer ken hulle die name
en identiteit van Bybelmense wat
ʼn belangrike rol in die Christelike
geloof speel. Hierdie inkleurboek
bevat 48 inkleurprente van
Bybelmense en een van Jesus. By
elke prent verskyn die betrokke
Bybelmens se naam, ʼn kort
beskrywing van hom of haar en ʼn
gepaste Bybelgedeelte. Dan stel
die Bybelkarakters hulleself aan
die kinders bekend deur meer
oor hulle lewe te vertel. Hierdie
inkleurboek kan as ʼn interaktiewe
Kinderbybel of as ʼn selfleesboek
(vir ouer kinders) gebruik word.

KLIK & KOOP

2019

Kleuterpret Snap-kaarte is ʼn prettige manier om deur
speel kleuters en kinders van 0-7 jaar oud aan 49
belangrike mense in die Bybel bekend te spel. Speel-
speel leer ken hulle die mense wat ʼn belangrike rol
BinyKobLneIlsKmg&eenloKsoeOfeOsnpPJeeesl.uDs.ieDpieakkakaaraterties bestaan uit 48
spesiaal gemaak
om snap daarmee te kan speel. Hulle is van 0 tot 12
genommer. Die spelreëls en ʼn kaart met die Ons Vader
en ons Geloofsbelydenis is by die pak kaarte ingesluit.

87

2019 Huisgenoot Groot Blokraaiselboek

Huisgenoot Groot
Blokraaiselboek 12
R45,00
Duisende toegewyde
aanhangers van Huisgenoot
se gewilde weeklikse
blokraaisels sal baie bly wees
oor hierdie splinternuwe
keuse van 60 grootformaat-
blokraaisels.
• Sagteband
• 64 bladsye

KLIK & KOOP
88

Corli se kombuis 2019

Corli se kombuis
R90,00
Die Koekedoor-wenner van
2016 gee haar smaaklike
gunstelingresepte onder
hoofstukke soos “Lank, lank
gelede”, “Binne ’n uur”, “So ’n
bietjie Frankryk”, “Kook saam
met vriende”, “Suid-Afrikaans”,
“Klein en fyn”“Meesterstukke”
en “Lekker vir oulaas”.
• Hardeband
• 182 bladsye

KLIK & KOOP

Heerlike resepte wat deeglik beproef en geskik is vir beginners. Ook vir die ervare kokke
is daar ’n paar uitdagings.

89

2019 Bitter + soet

Dié verhaal gee ’n kykie terug, Bitter + soet
maar ook vorentoe, waar die
toekoms met hoop gevul is. R90,00
• Hardeband Niel Stemmet
• 336 bladsye Bitter + soet vertel die verhaal
van Mietha Klaaste wat op
die plaas Langverwacht in
die omgewing van Robertson
grootgeword het, soos
oorvertel deur Niël Stemmet.
Dié verhaal vat ons terug
na daar waar Mietha se ma,
Sarah, Oumies en Oubaas se
huis skoonmaak en haar pa
die voorman op die plaas is.
Oumies en Oubaas se oudste
seun, Johan, trou met sy nooi
Susan en kort voor lank maak
klein Daniël sy verskyning.
Mietha word uit die skool
gehaal om na hom om te sien
– en daarmee begin ’n hegte
verbintenis wat oor jare heen
sou strek.
Die lief en leed van Mietha en
Daniël word op kleurryke wyse
vertel, met gedigte, rympies
en liedjies toegelig, terwyl
vergange dae se lekker resepte
deel daarvan uitmaak.

KLIK & KOOP

Met meer as 60 resepte wat wissel van vetkoek, hoenderpastei, snoektert en
tamatiebredie tot melktert en sagopoeding is hierdie ’n boek vir lekkerlees maar ook vir
byderhand hou in die kombuis.

90

Vroue na aan my hart 2019

Vroue na aan my hart
R80,00
Hannes van Wyk
Hannes van Wyk, ’n bekende
in mediakringe en aanbieder
van die gewilde Kwêla op
kykNET, laat val die kollig
op dié vroue wat sy lewe
aangeraak het en wat hom
aangryp en inspireer. Dit
sluit talle “celebs” in, sowel
as Hannes se hartsvroue – sy
ma, oumas, vriendinne, die
vroue wat hom grootgemaak
het en só deel vorm van wie
hy vandag is. Staaltjies en
humoristiese vertellings –
soms selfs lekker stout – en
talle foto’s maak Vroue na aan
my hart ’n heerlike boek vir
opkrul en weer lees.
• Sagteband
• 176 bladsye

KLIK & KOOP

Onder die bekendes tel Shaleen Surtie-Richards, Christine Basson, Lizz Meiring, Zanne 91
Stapelberg, Anet Pienaar-Vosloo, Wilna Snyman, Marga van Rooy, Corine du Toit,
Rina Hugo, Sarah Theron, Amanda Strydom, Sonja Herholdt, Sandra Prinsloo, Karen
Meiring, Margot Luyt, Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Emsie
Schoeman, Ingrid Jones, Michélle van Breda, Brümilda van Rensburg, Elsabé Daneel en
tannie Evita.

2019 Padmaker

• Sagteband Padmaker
• 252 bladsye R65,00
Christine Barkhuizen
92 ’n Sensitiewe roman oor die
ingewikkelde verhouding
tussen ouer en kind en die
afdruk wat een geslag op
’n volgende laat. Wanneer
haar bejaarde ma verdwyn,
besluit Katrien om die paaie
van haar kinderjare na te ry.
Haar reis neem haar terug na
die padkampe waar haar pa,
’n padskraper-operateur, met
sy stories oor die padwerke
die lewe vir haar uitgelê het,
en waar haar ma se verbete
stryd teen die armoede
van die kampe begin het.
Katrien se reis is meer as
’n herinneringstog. Op die
oop pad onthou sy weer
haar pa se woorde: “Om te
weet waarheen jy op pad is,
moet ’n mens onthou waar jy
vandaan kom.”

KLIK & KOOP

God se troos as jy swaar kry 2019
93
God se troos
as jy swaar kry
R55,00
Nina Smit
Die geliefde en vertroude
Nina Smit se troosboek vir
almal wat swaarkry. Ons almal
ervaar soms dat die seer en
swaarkry van die lewe ons
voete onder ons laat uitgly.
Daar gebeur dinge met ons
wat ons selfs laat twyfel
aan God se liefde vir ons –
onverklaarbare rampe wat
ons nie met God se liefde vir
ons kan laat rym nie. Veral
wanneer hierdie seerkry en
swaarkry lank aanhou, is dit
baie moeilik om te bly glo
en steeds op God te vertrou.
God staan jou egter ook in jou
swaarkrytye getrou by – Hy is
altyd daar vir jou, gereed om
jou regop te hou as jou voete
wil gly.

KLIK & KOOP

• Sagteband
• 252 bladsye

2019 Sonligdroom
94
Sonligdroom
R50,00
Annetjie van Tonder
Marcella aanvaar ’n pos as
medeleraar op die dorp
Skoonstroom in ’n poging
om die herinneringe aan ’n
pynlike verlede agter te laat.
Op Skoonstroom beleef sy
andersoortige probleme
wat net so knaend aan haar
vreet soos die dinge uit
haar verlede. Daar is darem
ook ligter oomblikke met
Ollie van die kerkkantoor
en haar medeleraar, Theuns
Verwey en sy vrou. Namate
Marcella die lief en leed van
haar gemeentelede leer ken,
word haar droom van ’n lewe
vol sonskyn geleidelik ’n
werklikheid.
• Sagteband
• 224 bladsye

KLIK & KOOP

Van Pollsmoor tot prediker 2019

Van Pollsmoor
tot prediker

R55,00
Jaun Truter
Jaun Truter was ’n gangster
in die ergste graad: dwelms,
aanranding, afpersing,
betrokkenheid by die
Russiese mafia in Kaapstad,
noem maar op. Toe God
gryp in sy lewe in op ’n baie
tasbare en hoorbare manier
en Jaun gaan tronk toe. Hier
leer hy om van voor af te
begin …
• Sagteband
• 176 bladsye

KLIK & KOOP

’n Aangrypende verhaal van God se beskermende hand
en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.

95

2019 Eet reg

Eet reg

R75,00
Zelda Ackerman
Nóg ’n dieet is nie die
antwoord op die wêreldwye
vetsugepidemie nie. Wat ons
en ons kinders nodig het, is
genesing van emosionele
eet. Eet reg sal jou help om
te sien waar jy kos onvanpas
gebruik, sodat jy die aanleer
van emosionele en “eksterne”
eetgewoontes in jou kinders
kan voorkom.

KLIK & KOOP

Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele etery. Gesond eet is lekker eet.

96

Omvattende swangerskapgids 2019

Omvattende
swangerskapgids

R80,00
Suster Lilian
In dié omvattende gids gesels
suster Lilian oor wat op jou
wag vanaf die oomblik dat
jou swangerskap bevestig is
totdat jou peuter op sy eie in
die gang af waggel. Die vrae
wat alle nuwe ouers kwel
word eerlik en met begrip
beantwoord en met praktiese
raad aangevul.
• Hardeband
• 176 bladsye

KLIK & KOOP

Suster Lilian, Suid-Afrika se bekendste babasorgkenner, het meer as 30 jaar ervaring 97
en haar raad is gerusstellend dog realisties. Talle kwessies – van jou keuses vir die
bevalling, die pa se rol, kinderkwale en siektes, nagvoedings en slapelose nagte, tot hoe
werkende ouers hulle lewe makliker kan inrig – word met gesag en deernis bespreek.

2019 Keer jou (familie)lewe om

Keer jou (familie)lewe om
met die 10 gebooie
R70,00
Ewald van Rensburg
Families is die hoeksteen van
’n gesonde samelewing. As
families verbrokkel, verkrummel
die samelewing ook. Hierdie
boek is ’n poging om families te
help om ’n gesonde familielewe
te geniet, maar dit wil ook die
individue ín die families help
om hulle lewe reg en goed
te leef. Ewald van Rensburg
kyk in hierdie boek na die tien
gebooie, maar vanuit ’n heel
ander hoek as gewoonlik. Hy
vra: Wat wil elke gebod prakties
vir vandag se gelowige families
vandag sê sodat ons (weer)
God se spesiale UITstaan-
mense in die samelewing kan
wees? Want die tien gebooie
is inderdaad God se beste
geopenbaarde geheime vir die
lewe, én die familielewe.

KLIK & KOOP

Die boek bevat nadink-oomblikke vir ma’s en pa’s en aktiwiteite wat die familie saam
kan doen om God se waardes opnuut in die familie te vestig.
• Sagteband
• 157 bladsye

98

Ouerskap 2019

Ouerskap
R70,00
DVD ingesluit
In hierdie gids word daar
vanuit verskillende hoeke na
families (gesinne) gekyk. Met
die simbole van ’n wipplank,
’n kruietuin, ’n koffiewinkel, ’n
roeiboot en ’n speelgoedkis
word die werking van ’n
familie verduidelik. Hierdie
vyf simbole en vyf videosnitte
sal elke pa en ma help om
verhoudings te bou en by
hulle kinders ’n geloof te
kweek wat sal hou. Op die
DVD is daar 5 videosnitte wat
saam met die saampraat-
sessies oor familie-wees julle
familie aan die praat sal kry
en aan die praat hou. Om as
familie saam deur onbekende
gebiede te reis is die
uitdaging wat ouers vandag
moet aanpak.
• Sagteband
• 48 bladsye

KLIK & KOOP

Hierdie boek en DVD sal ouers help raaksien wat hulle reeds reg doen met hulle kinders. 99
In die proses sal ouers ontdek hoe God bedoel het families móét werk, hoe God families
“vergroot”, en hoe Hy vreemdelinge laat tuiskom in families en hulle deel van families
maak.

2019 Die liefde van Christus dring my

Die liefde van Christus dring
my
R55,00
Jaco Thom
Min mense het die vroeë kerk
so diep beïnvloed soos Paulus.
Met sy onvermoeide ywer vir die
uitbreiding van die evangelie
het hy ’n hele klompie nuwe
gemeentes gestig, en uit sy pen
het ’n hele aantal sendbriewe
gekom – ’n onmisbare skat in
die Bybel wat tot vandag toe vir
ons leiding in ons geloof gee.
Dink net hoeveel armer sou die
Christelike kerk gewees het as
ons Bybel nie Paulus se briewe
bevat het nie! Hierdie belangrike
rol kon Paulus speel omdat hy ’n
goed opgeleide teoloog was. Hy
was eintlik die enigste teoloog
in die vroeë kerk wat in staat was
om die implikasie van Jesus se
kruisdood en opstanding vir die
gelowige te deurdink.
• Sagteband
• 72 bladsye

KLIK & KOOP

100 In hierdie Bybelstudie sal jy Paulus van nader leer ken deur hom op sy reise deur die
Antieke Wêreld te vergesel. Mag hierdie tien studies jou inspireer om radikaal anders
en met ’n totaal nuwe gesindheid in hierdie wêreld te leef – gedring deur die liefde van
Christus.


Click to View FlipBook Version