LYFREEKS HUISREEKS HOTEL- EN SALONREEKS Essensiële Olies www.ruah.co.za
Sy vertel die winde van die dans En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot. 0 1
ONS STORIE 0 2 Die verhaal van RUAH begin met die eerste lavandula (laventel)- en roosmarynoes wat vroeg in 2007 ryp op die lande van Kasselhoft Landgoed staan. Dit is die verwesenliking van ’n jare lange droom… Om kruie, wat op eie bodem verbou is, te distilleer tot essensiële olies eie aan Suid-Afrika. En so, met die eerste olie wat uit die stoomdistilleerder drup, is RUAH meer as 16 jaar gelede in die hartjie van die Noordwes provinsie in die lewe geroep. Dit is ʼn droom gebore in die hart van Trudi en Rina Kasselman. ʼn Droom gekoester en gegroei tot ʼn suksesvolle en uiters gewilde reeks lyfsorg- en kruieprodukte.
Vir my is RUAH ʼn vrou (eers natuurlik was sy pasgebore, ʼn pienkvoet, toe ʼn tiener vol dinge en geite). Maar nou is sy volwaardig vrou – geplant langs ʼn stroom van lewende water, haar wortels diep en haar gesig verkieslik na die son gedraai! Sy blom waar sy geplant word! Sy word bederf deur almal se entoesiasme, se ondersteuning, se heerlike glimlagte. Sy put haar inspirasie uit die tyd en plek waar sy is! Ons wekroep: “Wees gekoester” is RUAH se kreet vir elke vrou, elke vriendin, elke ma, elke dogter! Ons kan tog te vinnig opgeslurp raak in die alledaagse gejaag na wind. Hier wil ons met elke woord wat jy op ons produkte raak lees vir jou weer rus gee, vrede gee, tyd gee! RUAH glo dat Gees-geïnspireerde woorde die krag het om gedagtes te verander. Gedagtes bepaal ons dade en dade bepaal ons toekoms. Mag jou toekoms, liewe RUAH vriendin, voor jou uitstrek met vreugde, geur en reikhalsende verwagting.” 0 3 - Trudi Kasselman
"Maar nou is sy volwaardig vrou - geplant langs 'n stroom van lewende water.." ONS STORIE 0 2
0 5
RUAH beteken asem en vir baie kliënte wat al deel van die RUAH familie geword het bied die bekende driekruiereeks ʼn lafenis, asemskep en koestering. Die Lavandula en Roosmaryn word op Kasselhoft Landgoed self verbou en twee keer per jaar geoes. Die hele roosmaryn plant word gebruik om olie te vervaardig, terwyl net die blom van die lavandula gedistilleer word tot die baie veelsydige en gewilde lavandula olie. Roosmalva olie word aangekoop by ander kruieboere in Suid-Afrika en op dié manier ondersteun ons ook ander kruie liefhebbers en word daar verseker dat olies plaaslik verbou en natuurlik geëkstraheer word. Soos dit nie anders kan bot 'n boom op die werf dit is asof sy takke wind-wuif na die oorvloed wat kom Wetend ontluik 'n bloeisel afwagtend om te vrug ONS BOER MET KRUIE ONS BOER MET KRUIE 0 6
• Dit het baie kalmerende eienskappe • Help vir slapeloosheid • Lavandula het teenvirale eienskappe • Bevorder selgroei • Help vir brandwonde en verlig sonbrand • Dit verlig hartkloppings en sinus – sit ’n paar druppels suiwer Lavandula olie op ’n snesie en asem dit in EIENSKAPPE VAN LAVANDULA ESSENSIËLE OLIE : LAVANDULA, WILDEVY EN SUURLEMOEN Hierdie unieke reeks beweeg effens weg van die tradisionele kombinasie van Lavandula met blomgeure. Groen vye blare wat kraak tussen jou vingers en die sproei van ’n vars uitgedrukte suurlemoen ontlok herinneringe van ʼn ongekompliseerde “plaaslewe”. Lavandula daarby gevoeg, bied dan die rustige element wat die prentjie voltooi. LAVANDULA | LAVANDULA X INTERMEDIA 0 7
Wildevy en suurlemoen GEMENG MET BOTANIESE GEURE: ONS KRUIE 0 8
ROOSMARYN | ROSMARINUS OFFICINALIS • Roosmaryn is ’n immergroen struik waarvan die olie ’n vars en meer delikate kanfergeur bied. Voordele van die olie is dat dit konsentrasie bevorder en sommige studies wys selfs dat dit breinveroudering teen werk. • Dit is ’n stimulerende invryfmiddel vir artritis. • Word gebruik as ’n haartonikum wat groei aanwakker en kleur herstel • Verhoog bloedvloei na bepaalde area wat masseer word. • Anti-inflammatories • Pynstillend • Insekwerend EIENSKAPPE VAN ROOSMARYN ESSENSIËLE OLIE : ROOSMARYN EN AKASIA Man en vrou sal aanklank vind by hierdie vars en skoon geur. Hiermee bring RUAH hulde aan haar direkte omgewing waar baie verskillende spesies akasiabome groei. Een keer per jaar, net na die somer reën, word die bos besprinkel met geel akasia klokkies wat ’n heerlike sagte soet geur versprei. Akasia gemeng met Roosmaryn sal jou verras en jou ontvoer na ’n plek waar Afrika se sonsak jou gaan bederf. 0 9
ONS KRUIE 1 0 Akasia GEMENG MET BOTANIESE GEURE:
• Roosmalva bied verligting vir senupyn en is ʼn wonderlike velsorgmiddel, doeltreffend vir alle veltipes. Die olie het ʼn besonderse blomgeur met ʼn kalmerende effek. • Dit help om die liggaam van gifstowwe te reinig • Bied verligting vir senupyn • Gee jou bloedsomloop ’n hupstoot • Balanseer vetterige afskeiding van die vel • Hou die vel soepel • Dit is ’n goeie reiniger en verlewendig bleek vel EIENSKAPPE VAN ROOSMALVA ESSENSIËLE OLIE: ROOSMALVA | PELARGONIUM GRAVEOLENS ROOSMALVA, BERGAMOT EN TIEMIE Hierdie is die sagste van die drie geure en dit is veral die Roosmalva se kombinasie van sitrus- en roosgeure wat ʼn sagte, warm aroma bied. RUAH het hierdie roosgeur gekomplimenteer met tone van bergamot en tiemie sodat jou lyf sagkens bederf kan word. 1 1
ONS KRUIE 1 2 Bergamot en Tiemie GEMENG MET BOTANIESE GEURE:
Essensiële olies stimuleer jou reuksintuig – ʼn baie kragtige sintuig wat verbind is aan die limbiese stelsel van die brein. Hier word emosies, geheue en verskeie liggaamsfunksies beheer. Geur het dus ʼn groot invloed op hoe ʼn mens voel en essensiële olies word al sedert antieke tye terapeuties gebruik. Die komplekse mengsels van natuurlike aromatiese komponente wat uit plantmateriaal onttrek word, verleen aan ons essensiële olies verskeie genesende eienskappe. Om voordeel te trek uit die olies, moet dit van natuurlike, organiese plantmateriaal gemaak word en by RUAH, waar gehalte hoog op prys gestel word, word alle produkte sorgsaam met landelik verboude kruie vervaardig. Met essensiële olies in die hand en in samewerking met ’n laboratorium in Johannesburg het Trudi en haar span ’n lyfsorg-reeks ontwikkel wat hoofsaaklik verryk is met hulle organiese, landelik- gedistilleerde essensiële olies. Die formules is paraben en alluminium vry. DIE WETENSKAP RUAH BELOFTE: Produkte word nie op diere getoets nie. Kruieboere met integriteit! RUAH is lid van South African Essential Oil Producers Association 1 3
Omdat al die chemiese verbindings baie nuut is, volg daar ‘n rypwordingsproses van ongeveer 15 tot 20 dae. Dan is die kwaliteit van die olie op sy beste. Stoomdistillasie is die gewildste metode om essensiële olies te onttrek. Die proses word as volg toegepas: Vry van Parabens, en Aluminium. Slegs vir uitwendige gebruik, vermy sensitiewe areas sou essensiële olies tinteling veroorsaak. Raadpleeg naaste mediese dienste as ongemak ervaar word. DIE WETENSKAP 1 4 Plantmateriaal word goed in ‘n stoomdistillasiepot vasgedruk. Hierdie vloeistof bestaan uit die olie en gegeurde water of die “Hydrosol”. Kondensasie vind plaas en die vloeistof word in ‘n pipet opgevang. Die stoom word dan in die verkoelingselement afgekoel. Die olie word vervolgens van die water geskei. Sowat 4kg plantmateriaal lewer 25ml essensiële olie. Hierdie olie word in ‘n digte, koel en donker plek gestoor. Stoom word gegenereer en teen ‘n sekere druk en temperatuur deur die plantmateriaal gestoot. 3 6 5 4 7 8 9 10 Die proses duur sowat 15 tot 20 minute per 4kg plantmateriaal. 1
LYFREEKS
Vloeibare seep verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit is antibakteries. Reinig en verfris jou hande! Slegs een spuit is nodig om ‘n heerlike skuim op te wek. ‘n Lyfwas verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit is geformuleer met ‘n bevogtiger en bevat ook vitamiene om jou vel te voed. Hierdie gliserien seep is verryk met Ruah se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit bevorder sagte vel omdat gliserien seep ‘n laer pH het, wat die vel help om sy eie vog te behou. ‘n Uitstekende keuse vir mense met besonder droë of sensitiewe vel. Hierdie seep is verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit is ‘n veeldoelige seep wat dien as badskuim, lyfwas of skeermiddel sonder om jou vel uit te droog. OM TE WAS Aqua(Water), Sodium Lauryl Sulphate, Cocamide DEA, Cocamidopropyl Betaine, Sodium Laureth Sulfate, Glycol Distearate, Laureth-10, Alcohol Denat, DMDM Hydantoin, Ruah Aroma Aqua(Water), Sodium Lauryl Sulphate, Butylene Glycol, Synthetic Wax, Lauryl Betaine, Disodium Lauryl Suflosuccinate, Acrylates C10-C30 Alkyl Acrylate Cross Polymer, Sodium hydroxide, Tetrasodium Glutamate Diacetate, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Aroma Sodium Lauryl Sulphate, Aqua(Water), Cocamide DEA, Cocamidopropyl Betaine, PEG-7 Glycerol Cocoate DMDM Hydantoin, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Aroma Stearic Acid triple pressed, Propylene Glycol, Sodium xylene sulphonate, Sodium Laureth sulphate, Palm kernel oil, Cane sugar, Plant-based Glycerine, Aqua, Sodium hydroxide, Ruah Aroma HANDSEEP 200ml 200ml STORTWAS 140g KOEKIESEEP WASOLIE 200ml/250ml 1 7
LYFREEKS
H A N D E N N A E L VIR JOU HANDSAK 75ml Salf hande wat dien, hande wat weet, hande wat vertrou en opbou OM TE BEVOG 1 9
Koester jou hande met hierdie wel geformuleerde salf. Dit is verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit word vinnig geabsorbeer en bevog jou vel doeltreffend. 200ml Aqua(Water), Glycerin, Isopropyl Myristate, Petrolatum, Glyceryl Stearate, PEG-100 Stearate, Cetyl Alcohol, Dimethicone, Carbomer Sodium Hydroxide, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Aroma HAND EN NAEL LYFREEKS 2 0
‘n Lyfbotter verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dis romerig, vol geur en ‘n ware bederf! Formulasie absorbeer doeltreffend met ‘n langdurige nawerking. 50ml / 200ml Petrolatum, Aqua(Water), Vitis Vinifera(Grape) Seed Oil, Helianthus Annuus(Sunflower) Seed Oil, Glycerin, Sorbitan Stearate, Polysorbate-60, Isopropyl Myristate, Carbomer, Polysorbate-20, Sodium Hydroxide, Butylene Glycol, Cetyl Alcohol, Potassium Cetyl Phosphate, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Aroma LYFBOTTER OM TE BEVOG 2 1
Verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Masseer hierdie olie oor jou hele lyf na ‘n warm bad. Bederf ‘n geliefde met sagte streling wanneer ‘n moeë siel gekoester moet word. Gebruik dit ook vir spesifieke sportbesering of sportmasserings. Selfs kinderlyfies kan met vrymoedigheid gevryf word. Maak van badtyd ‘n groot bederf: Gooi ‘n lekker skeut van hierdie badmelk by jou water en sien hoe dit onmiddellik jou badwater verander in ‘n wit wasige bederf! Verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit herstel nie net jou vel se vogbalans nie, dit voed, kalmeer en versterk bovendien. ‘n Wonderlike produk vir dames wat sukkel met infeksie en ekseem! Ruah borrel balle is ’n geurige, jolige, borrelende bad-plesier! Dit is verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Dit help om jou water te versag, jou vel te bevogtig en bovendien te vertroetel. Sien dan ook spesifieke eienskappe van essensiële olies wat gebruik is. 200ml 500ml 68g / 135g Vinifera (Grape) Seed Oil, Ruah Aroma Vitis vinifera (Grape) Seed Oil, C12-13-Pareth 4, Ruah Aroma Bicarbonated Soda, Citric Acid, Corn Flour, Epsom Salt, Sundried Plant Material, Ruah Aroma LYFOLIE BADMELK BORRELBALLE LYFREEKS 2 2
Ek wil saam met jou sewe sakke sout opeet op jou aarde bly en jou soutwerd-menswees deel OM TE BEVOG 12 4 3
BADSOUT LUSMAKERTJIE 1 kg 400g 150g 1 . BADSOUT 2 . 3 . 4 . BADSOUT HESSIANSAK RUAH se badsout is ‘n samestelling wat bestaan uit Kalahari Woestyn sout verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essen- siële olies en botaniese geure. Sodium Chloride, Relevant plant material, Ruah Aroma LYFREEKS 2 4 BADSOUTVLOKKIES 50g
Hierdie lieflike afskilferaar speel klaar met lustelose, dowwe vel. Dit is verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Vryf dit mildelik oor jou hele lyf en fokus veral op die droë dele. Formulasie verbeter bloedsomloop en bevorder so ‘n sagte vel. Sien dan ook spesifieke eienskappe van essensiële olies wat gebruik is. Sodium Chloride, Helianthus Annuus(Sunflower) Seed Oil, Paraffinum Liquidum, Prunus Amygdalus Dulcis(Sweet Almond) Oil, Alpha Tocopheryl Acetate, Simmondsia Chinensis(Jojoba) Seed Oil, Triticum Vulgare(Wheat) Germ Oil, Butylated Hydroxytoluene, Ruah Aroma SOUTSKROP 340ml OM TE SKROP EN SKUUR 2 5
RUAH badtee is ’n mengsel van Epsom sout, son gedroogde kruie, essensiële olie en hawermout. Epsom sout bestaan uit ’n samestelling van magnesium en sulfaat wat vinnig deur die vel geabsorbeer word wanneer jy daarin bad. Epsom sout help jou liggaam ontspan, verlig spierpyn en krampe, bevorder spier- en senuweefunksies en help om stresvlakke te verlaag. Epsom sout help ook om bloedsirkulasie in die liggaam aan te wakker. Ons naelborsel is saamgestel uit beukenhout en sisal. Kan ook op toon naels gebruik word of om droë hakke te eksfolieer. Vir skrop, vir skuur, vir die perfekte manikuur. Epsom salt, Rolled Oats, Sundried Rosemary leaves; Sundried Skrop, skuur en geniet.. Lavender flowers, Ruah Lavandula and Rosemary Essential oil EPSOM BADTEE 260g RUAH NAELBORSEL LYFREEKS 2 6
ESSENSIËLE OLIE 10ml OM TE MASSEER EN TE KUUR 2 7 *Verwys na bladsye 07 - 12 vir ons geure.
LYFREEKS 2 8 Essensiële olies stimuleer jou reuksintuig – wat verbind is aan die limbiese stelsel van die brein. Dus word emosies, geheue en verskeie liggaamsfunksies deur geur beïnvloed. Die komplekse mengsels van natuurlike aromatiese komponente wat uit plantmateriaal onttrek word, verleen aan ons essensiële olies verskeie genesende eienskappe.
Hierdie koue kruie kuur bring verligting vir verstuitings en spierpyne. Absorbeer doeltreffend vir vinnige resultate. Roosmaryn help met die inflammasie en bevorder bloedsirkulasie terwyl “Horse Chestnut” help met die behandeling van spatare en bevorder ook bloedsirkulasie. Dit bring verligting van pyn, swelling en vel wat jeuk. VRYFGEL 200ml Aqua(Water), Propylene Glycol, Alcohol Denat, Menthol, Carbomer, Sodium Hydroxide, Aesculus Hippocastanum (Horse, Chestnut) Extract, Disodium EDTA, Benzophenone-3, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Essential Oil OM TE MASSEER EN TE KUUR 2 9 Hierdie wel geformuleerde salf is iets besonders! Om iemand te masseer is om sy mens-wees te vier! RUAH se Lavandula essensiële olie in die formulasie help vir ontspanning terwyl Roosmaryn help vir sirkulasie – ‘n uitstekende kombinasie! Gebruik mildelik oor masseer area, slegs ‘n bietjie dek ‘n groot gedeelte. VRYFSALF 200ml Paraffinum Liquidum, Aqua(Water), Petrolatum, Decyl Oleate, Dicocoyl Pentaerythrityl Distearyl Citrate, Sorbitan, Sesquioleate, Cera Microcristallina, Aluminum Stearates, Propylene Glycol, PEG-12, Cetearyl Alcohol, Ceteareth-20, Stearic Acid, Ceteareth-12, Sodium Hydroxide, Sodium Borate, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Essential Oil
Roosmaryn is antisepties en help met bloedsirkulasie so dit sal veral help met gebarste hakke. Dit is wonderlik vir diabete juis omdat hulle sukkel met swak sirkulasie! Salie in die formule word geassosiëer met langlewendheid, ewe goed om sirkulasie te promoveer. Wend mildelik aan na badsessie saans en voel ‘n duidelike verandering in die oggend! VOETBALM 200ml Aqua(Water), Petrolatum, Cetearyl Alcohol, PEG-20 Stearate, Urea, Paraffinum Liquidum, Cetyl Alcohol, Panthenol, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Aroma LYFREEKS 3 0
3 1 OM TE MASSEER EN TE KUUR Dermatologies getoetste sonskerm, deur RUAH verryk met roosmaryn essensiële olie. Hierdie formulasie verbeter bloed-, suurstof- asook watersirkulasie en is verfermend. Veilig om aan gesig te wend. SONBLOK SBF38 75ml
Gebruik hierdie aanrololie as ‘n natuurlike parfuum en ook ‘n kuur vir spesifieke toestand waarmee essensiële olie kan help. AANROLOLIE 15ml Vinifera (Grape) Seed Oil, Ruah Aroma LYFREEKS 3 2
Geformuleer as ‘n haarmasker, kan hierdie formulasie op verskeie maniere voordeel inhou. In klein hoeveelhede is dit geskik om dit as ‘n in-los opknapper te gebruik. In winter tye of as jou hare baie droog is kan opknapper mildelik oor nat hare aangewend word, kam dit vir ‘n tyd deur, spoel af en droog normaal. Aqua(Water), Butylene Glycol, Glycerin, Cetyl Alcohol, Behentrimonium Methosulfate, Cetearyl, Octanoate, Cetearyl Ethylhexanoate, Isopropyl, Myristate, Ceteareth-6, Stearyl Alcohol, Panthenol, Lanolin, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Ruah Aroma. SULFAATVRYE OPKNAPPER 200ml Verfris ’n moeë lyf onder die stort. Ervaar hoe hierdie kopwas jou hare en kopvel koester en die verfrissende krag van water jou van kop tot tone laat tintel en jou van nuuts af opkikker. Geskik veral vir die donkerkoppe onder ons wie se hare eers blink in die son na so ’n stortsessie! Reinig jou hare en skuim baie lekker. Roosmaryn vermeerder bloed toevoer dus bevorder dit haargroei en voorkom haarverlies! Vry van Parabens, aluminium en petrolatum Aqua (water), Sodium C14-16 Olefin Sulfonate, Cocamide DEA, Guar Hydroxypropyltrimonium Chloride, PEG-7 Glyceryl Cocoate, Rosmarinus Officinalis Leaf Oil, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin, Limonene, Ruah Aroma SULFAATVRYE KOPWAS 200ml HAARSORG 3 3
KOPLUIS BEHANDELING – KOPWAS KOPLUISBEHANDELING KOPLUIS BEHANDELING – OPKNAPPER RUAH Kopluis Kopwas is gewapen met essensiële olies wat kopluise en neute doodmaak. Roosmaryn – bevog en beveg droë kopvel en bevorder gesonde hare. Roosmalva – Bevog kopvel en versterk hare. Lavandula – Beveg en maak kopluise dood en bevorder groei. Bloekom – Beveg kopluise, voorkom jeuk en verbeter haar gesondheid. RUAH Kopluis Opknapper is gewapen met essensiële olies wat kopluise en neute doodmaak. Roosmaryn–bevog en beveg droë kopvel en bevorder gesonde hare. Roosmalva–Bevog kopvel en versterk hare. Lavandula–Beveg en maak kopluise dood en bevorder groei. Bloekom–Beveg kopluise, voorkom jeuk en verbeter haar gesondheid. Neem (in opknapper)– maak kopluise dood, bevorder gesonde hare en help met skilfers en droë kopvel. Was jou hare deeglik en herhaal indien nodig. Volg behandeling op met Ruah Kopluis Opknapper sproei. Verdeel die hare met spesiale kam vir luise en spuit produk aan. Kam goed deur. Werk produk deur al die hare. Trek ‘n plastiek stortkappie oor hare en los produk 10-15 minute in of slaap daarmee. 200ml 200ml Sodium Lauryl Sulphate, Aqua(Water), Cocamide, MEA, Glycol Distearate, Cocamide DEA, PEG-7, Glyceryl Cocoate, Guar Hydroxypropyl Trimonium, Chloride, Eucalyptus Globulus(Eucalyptus) Oil, Lavandula Officinalis(Lavender) Oil, Rosmarinus Officinalis(Rosemary) Oil, Pelargonium Graveolens(Geranium) Oil, Butylene Glycol, Sodium, Chloride, 5 Bromo-5 Nitro-1.3 Dioxane. Aqua (water), Alcohol Denat, Eucalyptus, Globulus (Eucalyptus) Oil, Lavandula, Officinalis(Lavender) Oil, Rosmarinus Officinalis(Rosemary) Oil, Pelargonium Graveolens(Geranium) Oil, Benzyl Alcohol, Triclosan, Sodium Ascorbyl Phosphate, Tetrasodium Glutamate, Diacetate, Allantoin, Melia Azadirachta(Neem) Seed Oil, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin. LYFREEKS 3 4
HUISREEKS
Verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Die aroma skep natuurlik ‘n ontspanne atmosfeer vir daardie kuiertjies om ‘n braaivleis vuur of na lang dag terwyl jy heerlik ontspan in ‘n warm bad water. Natural wax, Plant Material, Ruah Aroma KRUIE KERS 125g RUIMTESPROEI Hierdie ruimtesproei is verryk met RUAH se unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. ‘n Veeldoellige produk wat gebruik kan word op jou linne en gordyne vir langdurige varsheid. As ‘n lugverfrisser om jou gemoed en vertrek op te kikker. ‘n Spoelmiddel vir jou “ jammer lappies” vir gaste om hul hande en mond te verfris na ‘n heerlike maaltyd. 200ml Aqua(Water), Alcohol Denat, Propylene Glycol, Distilled Water H2O Denatonium Benzoate, Other, Denaturants, Ruah Aroma OM TE RUIK 3 7
Hierdie formulasie is spesiaal gedoen vir jou kopkussing! Sprei dit mildelik oor jou sagte linne voor jy in die bed klim. Lavandula gaan jou heerlik laat slaap. Dit help ook met sinus vir aande wanneer jy sukkel met ‘n toe neus. Dit kan ‘n verrassende bederf ook wees in jou gastekamer. Aqua(Water), Alcohol Denat, Propylene Glycol, PEG-40 Hydrogenated Castor Oil, Polysorbate-20, Phenoxyethanol, Ethylhexylglycerin SLAAPSAG 50ml 3 8 HUISREEKS
GROWWE KRUIE SOUT GEMENGDE KRUIE ‘n Geurige mengsel van sout, lourierblare, knoffel en roosmaryn. Maak jou bobotie hiermee. Dit is ook heerlik saam met enige stysel gereg soos aartappels en pampoen. Hierdie mengsel is heerlik saam met rooivleis, slaai, hoender, vis of selfs ‘n lamsboud. 125g/350g (hervul) 125g/400g (hervul) Sodium, Bay Leaf Garlic, Rosemary A herbal mix of Basil, Parsley, Salt, Cayenne pepper, Garlic flakes, Origanum, Rosemary, Lavender PLAASKOMBUIS 3 9 Gesondheid uit die grond uit..
GROWWE KRUIE SOUT HERVUL GEMENGDE KRUIE HERVUL HIMALAYAN SOUT HERVUL HIMALAYAN SOUT Heerlik vir enige dis wat voorberei word in die kombuis. Perfek vir ‘n gesonde leefstyl. Hierdie sout hou menigte voordele vir jou gesondheid in. Wanneer in voedsel gebruik: • Ondersteun skildklier funksies en gesonde metabolisme • Help met nutriente absorbeer • Help gifstowwe illimineer • Help met genesing van hormoon probleme in mans en vroue • Verruil gewone tafelsout met Himalayan growwe sout vir ‘n gesonder jy. 125g/400g (hervul) 95-96% Sodium, 2-3% Polyhalite 4 0 HUISREEKS
RUAH GEBAK – LAVANDULA KOEKIES RUAH GEBAK – GEMMER KOEKIES RUAH GEBAK – BESKUIT Gebak vir die hart en natuurlik die maag!! Dit is heerlik saam met ‘n koppie tee en natuurlik goeie geselskap. Koekies soos wat jou ouma gebak het! Kraakvars verslawing vir die soettand! Heerlik met ‘n kuiertjie om ‘n koppie lafenis. Gesondheidsbeskuit gevul met heerlike gesondheidsade. Heilsaam en vullend vir daardie “on-the-go” oggende of rustige kuiertjie rondom ‘n koppie boeretroos! 280g 280g 280g Butter, Sugar, Vanilla Essence, Wheat Cake Flour, Corn Flour, Salt Butter, Eggs, Ginger, Cream of Tartar, Baking Soda, Salt, Syrup, Sugar, Wheat Cake Flour Buttermilk, Eggs, Margarine, All Bran Flakes, Mixed Seeds, Oats, Brown Sugar, Baking Powder, Self Raising Wheat Flour Vry van kleurmiddels, preserveermiddels, MSG en nie bestraalde kruie. PLAASKOMBUIS 4 1
LAVANDULA HEUNING LAVANDULA SUIKER Ons het hoë gehalte rou heuning gebruik en dit met RUAH se Lavandula blomme gegeur. Baie heuningkenners beskou Lavender-heuning om die beste heuning ter wêreld te wees. Benewens sy kulinêre gebruike kan Lavender-heuning ook medisinaal gebruik word. Dit is ryk aan talle gesondheidsverbeterende verbindings bv. tyrosien en swamdoders, flavonoiede en fenoliese sure soos naringenien, luteolien, galiensuur en kafeiensuur. Hierdie suiker is heerlik om mee te bak. Bestaan uit bruinsuiker en Lavandula sade. Maak jou gebak iets besonders! 340ml 340ml Organic Honey and Sundried Lavandula Flower seeds Brown Sugar and Sundried Lavandula Flower seeds 4 2 HUISREEKS
SKOENKUSSING SKOENSAK Vir lekkerruik binne-in jou skoen. Vir die tas, vir die langpad, vir sommer net! Beskerm selfs daardie delikate paar skoene terwyl RUAH Aroma jou skoene deurentyd vars hou. Organiseer jou reistas gerieflik of hou jou skoene stofbestand in jou kas. Spesiaal handgemaak van 100% katoen en gegeurde bederf met RUAH Aroma om ongewensde reuke weg te hou. AROMATIESE HAND- EN LAPWERK 4 3 GEGEURDE BEDERF Elegant en ‘n luukse manier om jou klere en linne heerlik vars te laat ruik. Verweef met RUAH Aroma, bied hierdie bederf ‘n kalmerende en ontspanne geur in jou kaste, badkamer en gastekamer. L E K K E R R U I K B E D E R F Elegant en ‘n luukse manier om jou klere en linne heerlik vars te laat ruik. Verweef met RUAH Aroma, bied hierdie bederf ‘n kalmerende en ontspanne geur in jou kaste, badkamer en gastekamer.
4 4 HUISREEKS
HANDGEMAAKTE LAPGOED 4 5 KATOEN WASLAP BADKAMER SAKKIE KATOEN SKROPLAPPIE RUAH LEER HANDSAKKIE Hekel handwerk, spesiaal gemaak van 100% katoen om jou vel sagkens te reinig en verkwik te laat. Hekel handwerk spesiaal gemaak van katoen garing om jou vel sagkens te eksfolieer en gesonde vel te bevorder. Handgemaak van egte leer en 100% katoen voering met ‘n bykomstige band wat aan of af geknip kan word om te pas by enige okasie. Die band se lengte is 120cm. Al die stiksels op die leer is per hand gedoen om ons leersakkie ekstra spesiaal te maak! Handgemaak van duursame katoen en uitgevoer met waterbestande materiaal. Spesiaal gemaak vir jou gunsteling RUAH produkte om jou op jou reise te vergesel!
RUAH HEKEL MANDJIE Handgemaak van 100% katoen en leer handvatsels wat dien as ‘n geskenkmandjie. Maak die mandjie vol met Ruah produkte en bederf daardie spesiale persoon. HANDGEMAAKTE KOPDOEK Die ontwerp is spesiaal gevorm om maklik om jou kop te bind en jou hare in plek te hou. Gemaak van 100% handdoekstof wat vog vinnig absorbeer en hare afdroog. Morsbestand vir wanneer jy jou hare wil voed met RUAH opknapper wat dien as ‘n haarmasker. 4 6 HUISREEKS
4 7 GEUROLIES BLOM DIFFUSERS Handgemaakte blom diffuser met RUAH se geurolie. Slegs ‘n paar druppels op die blom sal jou gunsteling leefarea opkikker. Met elke asemteug sal sy herinner word daaraan hoe geliefd en dierbaar sy is! * Kies geurolie apart HIBUSKUS PAPAWER ORGIDIEË WOESTYNROOS
GEUROLIES 10ml HUISREEKS 4 8 RUAH geurolie is ’n samestelling van RUAH essensiële olies en botaniese geure. Beskikbaar in 3 geur samestellings nl: - Lavandula, Suurlemoen & Wildevy - Roosmalva, Bergamot & Tiemie - Roosmayn & Akasia