The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by Ane' Groenewald, 2023-07-23 10:44:05

Lindennuus 21 Junie 2023, Uitgawe 20

Welkom terug Linden! Ons hoop elkeen het lekker uitgerus en is gereed vir die nuwe kwartaal. Kwartaal 3 is 'n kwartaal propvol opwindende geleenthede en sluit groot gebeurtenisse soos ons Veldskool, Lindenfees, Matriekafskeid, MR-verkiesing, Geek Week, Linden Klassiek en nog baie meer in. Ons wens vir elkeen 'n wonderlike kwartaal toe en sien uit na alles wat dit vir ons in hou. Sterkte ook aan ons matrieks wat einde Augustus met hulle rekordeksamen begin, die tyd raak nou min so maak elke geleentheid tel. Mag elkeen elke oomblik van die kwartaal voluit benut en altyd onthou - volhard tot die einde. U ITGAWE 2 0 | 2 1 J U LIE 2 0 2 3 HOËRSKOOL LINDEN @hslinden Welkom by kwartaal 3! KWARTAAL 3 VOL OPWINDENDE GELEENTHEDE 1 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 Dr. Wiehahn


Baie welkom aan ons nuwe personeellede. Mnr Franco Adendorff sluit by ons aan en sal Tegnologie en IGO aanbied, en juffrou Cayla Knacke sal Lewenswetenskappe onderrig. Me Susan Esterhuizen neem ook die plek van me Alicia Taljaard in by administrasie en busvervoer. Ons is opgewonde om julle deel van die familie te hê. Mag u 'n wonderlike tyd by Hoërskool Linden beleef. 2 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 NUWE PERSONEELLEDE SLUIT BY ONS AAN Linden verwelkom nuwe personeel by die familie JUF SCHEEPERS EN BAKKES 'N SEUNTJ IE RYKER Ooievaar kom kuier by Linden Baie geluk aan juffrou Melissa Scheepers en juffrou Marike Alberts wat tydens die vakansie elk 'n seuntjie ryker geword het. Ons is saam met julle baie opgewonde om die twee seuntjies by die Linden-familie te verwelkom. Mag u en u gades 'n geseënde, ryke ouerskap beleef!


Lindenfees 2023 spog die jaar met Spoegwolf en Early B wat op 26 Augustus plaasvind. Die fees se kaartjieverkope het reeds die week geopen via Plankton.mobi. Alle kaartjieverkope sal vanjaar aanlyn via die platform geskied. Volg die skakel na die platform: tinyurl.com/lindenfees23 of besoek Plankton.mobi vir kaartjies. LET WEL - Ouers en leerders van HSL: Vanjaar sal daar die kaartjies ook met die klasse se fondsinsameling gekoppel wees, wat beteken jy kan op die platvorm jou kind se klas met hulle kaartjieverkope ondersteun en hulle klas se fondsinsameling vind dan daarby baat! Dit is baie eenvoudig om hierdie gebaar uit te voer en so ‘n klas te ondersteun, volg net die volgende stappe wanneer u ‘n toegangskaartjie koop: 1. Kies die kaartjie opsie Volwassenes – Klasse Kompetisie / Skoliere – Klasse Kompetisie 2. Klik op ENTER VOUCHER CODE en tik in: Die afkorting “Gr” gevolg deur die leerder se graad, ‘n punt en dan die klas nommer van die leerder BYVOORBEELD: Gr8.1, Gr9.2, Gr10.3, Gr11.4, Gr12.5 ens. 3. Die sisteem sal outomaties dan die kaartjie keuse oopmaak en jou kaartjie by die gekose klas se getalle tel Meer inligting oor die dag is by www.linden.co.za/lindenfees beskikbaar. Ons sien uit vir ‘n onvergeetlike Linden Wildsfees saam! 3 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 KAARTJ IEVERKOPE VIR DIE FEES REEDS OOP Lindenfees 2023 met Spoegwolf en Early B


4 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 M OOISTE SNEEUDAG VERRAS JOHANNESBURG Linden toe onder ' n sneeukombers Op Maandag 10 Julie het Linden onder die mooiste sneeukombers kon lê. DIe matrieks kon op die dag ook op die Astro baljaar toe hulle op die dag ook begin het met hulle Fisiese Wetenskappe Winterskool. Wat 'n spesiale oggend was dit nie! Het jy geweet dit is die eerste sneeudag in Johannesburg sedert 2012? Sneeu wat in Gauteng val - selfs klein hoeveelhede daarvan - is 'n baie seldsame gebeurtenis. Voor vandag was die mees onlangse datums waar sneeu hier voorgekom het: Augustus 2012, Junie 2007, September 1981, Junie 1964, Augustus 1962 en Mei 1956. Die dag was besonders.


Saterdag 22 Julie Rugby: Goue Leeus Finale (HS Florida); Hokkie: Dogters -Pullen & Howell-toernooi (Tuis en weg) Maandag 24 Julie Krieket: Krieketproewe 14:30-16:00 Dinsdag 25 Julie Krieket: Krieketproewe 14:30-16:00; Hokkie: o/16 en 1ste-span hokkiedogters: Pullen & Howell Woensdag 26 Julie ------ Donderdag 27 Julie Koor: San Serino Optrede; Krieket: Krieketproewe 14:30-16:00; Hokkie: o/16 en 1ste-span hokkiedogters: Pullen & Howell Vrydag 28 Julie Tennis: Seuns A Tennisliga weg vs Randburg; Hokkie: Noordvaal - 1ste-span hokkieseuns Saterdag 29 Julie Hokkie: Noordvaal - 1ste-span hokkieseuns & o/16 en 1ste-span hokkiedogters: Pullen & Howell 5 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 Belangrike datums: 22 Julie tot 29 Julie


#LindenAlumni Jean Kleyn het Saterdag 8 Julie as deel van die begin span vir die Springbokke uitgedraf. Wat ‘n ongelooflike prestasie en voorreg was dit nie om hom op die veld te kon sien. Jean was 2011 in matriek en het op Louwtjies sy laerskool loopbaan voltooi. Hy is die tweede Lindeniet om die groen en goud oor sy kop te trek, Thinus Delport het in 2000 die voorreg gehad. Dit was beslis hoendervleis mooi om die oomblik met hom te deel en ons leerders het selfs op Loftus hulle ondersteuning vir hom gaan bied. Ons sien uit na nog baie wedstryde waar hy vir die Bokke sal uitdraf. Baie baie geluk Jean, Hoërskool Linden is só trots op jou! 6 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 OUD-LINDENIET JEAN KLEYN TWEEDE SPRINGBOK DEBUT VIR LINDEN Linden spog met tweede Springbok-rugbyspeler Duanaé Lessingh vertrek die naweek om as deel van die Gauteng Tricolour-atletiekspan aan die Tricolour Games in Italië te gaan deelneem. Hier sal sy Gauteng, Suid-Afrika en Hoërskool Linden ook as kaptein van hierdie atletiekspan verteenwoordig - 'n uitsonderlike prestasie. Daar is meer as 1000 atlete vanaf 20 lande afkomstig wat by hierdie gesogte byeenkoms gaan kragte meet en die byeenkoms vind ook slegs elke 4 jaar plaas. Baie sterkte Duanaé, ons is baie trots op jou en weet dit sal goed gaan. LINDENIET NEE M DEEL AAN TRICOLOUR GA M ES Duanaé op pad Italië toe vir atletiek


Ons krieketdogters het vanaf 12 – 15 Julie as ‘n onafhanklike span na Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier gereis om aan ‘n nuutgestigde toernooi, die Rob Legacy-toernooi deel te neem. Hierdie dogters kwyt hulself onsettend goed van hul taak deur 3 uit die 4 gespeelde wedstryde te wen: • Wen met 8 paaltjies vs Bosbok Ridge • Wen met 9 paaltjies vs Noordheuwel 2 • Wen met 9 paaltjies vs Rob Ferreira 1 • Verloor met 127 lopies vs Jeppe Girls High Livia de Jager word ook na afloop van die toernooi as die algehele beste kolwer aangewys. Baie geluk aan elkeen van hierdie dogters, ons sien uit om julle tydens die opkomende liga dop te hou! 7 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 LINDEN SPOG M ET TOP KOLWER BY DOGTERS-TOERNOOI Krieketdogters beïndruk op toer Euané Theart en Carla van Westing het die vakansie aan die Telkom Netbal Kampioenskappe in Kaapstad deelneem en uitstekend gevaar. Carla se o/17- Lambda-Gautengspan het eerste gekom in die toernooi en Euané se o/18-Deltaspan 4de. Euané was ook deel van die squad waaruit die SA Top 35-span verkies was. Ons is baie trots op die twee dames, welgedaan! LINDENIETE VERTEENWOORDIG GAUTENG IN KAAPSTAD Carla en Euané blink uit by Netbal Telkom challenge


8 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 Juan Oosthuizen het tydens die vakansie as deel van die Southerns o/18C-seunsokkiespan, aan die Regional o/18 IPT-kompetisie by Kearsney College deelgeneem. Sy span het die eerste plek in die toernooi behaal en Juan het die tweede meeste doele aangeteken tydens die toernooi, 'n indrukwekkende 6 doele. Baie geluk aan Megan Muller wat ook die vakansie deelgeneem het aan die SAHA Nasionale Toernooi in Bloemfontein as deel van die o/16B Southerns-span. Megan was ook die kaptein van die span. Baie geluk Joshua Stevens (o/14) wat die vakansie in die onder 14- seuns Northern Regional Tournament deelgeneem het as deel van die o/14D Southern Gauteng-span. Sy span het 5de geeindig in die B-afdeling van die toernooi. Baie geluk aan ons Hoof van Hokkie, mnr. Leon Keulder en Christo de Lange (o/14) wat aan die begin van jullie in die onder 14-seuns Northern Regional Tournament, as deel van die o/14B Southern Gauteng-span, met die silwer medalje van die toernooi af weggestap het. Christo was deel van die span wat mnr Keulder afgerig het. Die span het uitstekend gevaar en alle A-spanne in die toernooi gewen. Hulle het ongelukkig in die finaal teen die Southern Gauteng A-span verloor maar het so die silwer medalje verower. Welgedaan Juan, Megan, Christo, Joshua en meneer Keulder. Ons is baie trots op julle! LINDEN SPOG M ET TALLE HOKKIE STERRE EN AFRIGTER Linden-hokkie verteenwoordig uitstekend by Southerns Eric Beyl en Zané Du Plessis is gekies om in Augusts 2023 in hulle onderskeie gewigs- en klasgroepe vir die Suid-Afrikaanse span aan die Commonwealth Judo Kampioenskappe deel te neem. Eric het ook gekwalifiseer om aan die Suid Afrikaanse Ope Kampioenskappe deel te neem wat aan die begin van Julie 2023 gehou was. Daar was onder andere ook deelnemers van Namibië, Angola en DRK. Eric het ‘n algehele 4de plek losgeveg. Eric verwerf vol Protea-kleure, terwyl Zané Judo Suid-Afrika kleure vir hulle verkiesing tot die Commonwealth-span verwerf. LINDENIETE VERTEENWOORDIG BY JUDO SA Judo: Protea kleure vir Eric en Zané


9 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 Die Suid-Afrikaanse Skole Netbal "All Ages"-toernooi het vanaf 26-28 Junie in Boksburg by Dr EG Jansen plaasgevind. Juffrou Magriet Nel se 0/15 Gauteng Gamma-span wat sy afgerig het, het tweede in die All Ages-netbaltoernooi geeindig. Die Gauteng Lambdaspan waarvan Une van den Berg (o/16) deel was het derde gekom en die o/16 Gauteng Delta-span waarvan juffrou Lizee Janse van Rensburg die besturende skeidsregter was, het tweede geeindig. Juffrou Lizee het ook haar SA-skeidsregter gradering tydens die toernooi gekry. Welgedaan dames, ons is ongelooflik trots op julle. NETBAL-SPANNE, SPELERS EN AFRIGTERS BEÏNDRUK Netbal: Lindeniete en Gauteng-spanne beïndruk Tjaart Steyn en Siénne Scullard het vanaf die 3de tot die 7de Julie aan die Nasionale Skaakkampioenskappe in Benoni deelgeneem. Hier het hulle Linden in die o/15- Gautengspanne verteenwoordig waar beide die hulle spanne, seuns en dogters, dié skaakkampioenskap gewen het! Siénne het ook 'n algehele 15de nasionale plek onder die o/15-dogters behaal. Tjaart het nasionaal in die 22ste plek vir o/15-seuns geëindig. Ons is trots op julle! LINDENIETE BLINK UIT BY SKAAKKA M PIOENSKAPPE Tjaart en Siénne tops by SA-skaak


‘n Totaal van dertig Linden-rugbyspelers is in hul onderskeie oudersomsgroepe by die SentraalWesspanne ingesluit! Hierdie seuns het vanaf 27 Junie – 1 Julie deelgeneem aan die jaarlikse Rhino-week, wat by die VUT-sportgronde in Vanderbijlpark paasvind teen menigde streek- en provinsiale spanne deel. Mnr. Basson is ook as die hoofafrigter van die o/15-span aangestel. • o/14: Sybrand Strauss, Strauss van der Merwe, Wilhelm Lombard, Benjamin van Zyl en Jandré Pienaar. • o/15: Keanu Thomas, Andile Mati, Kyle Kotzé en Heinrich Bothma. • o/16: Dylan Pieterse, Eric Beyl, William Joubert, Roeloff Smit, Nathan van Aswegen, Xander Oelofse, Dirk van den Berg, Gerrie Grové en Wikus Fouché. • o/17: Gustave Voster, Juan Venter, Aiden Davel, Keano Baatjies, Francois Steyn, Jeandré Müller, Zacky Crowe en Ethan Maritz. • o/19: Keatin Carlse, Jean-Pierre Nortier, Nicolas Meintjes en Chris van der Sandt. Die o/19-span tree ook as alghele wenners uit die stryd. Baie geluk aan elkeen van hierdie seuns, ons is trots op julle! 1 0 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 LINDEN SPELERS BEÏNDRUK BY RHINO-WEEK IN VANDERBI JL 30 Rugby-spelers verteenwoordig Linden by Rhino-week


1 1 LINDENNUUS UITGAWE 2 0 Die Noord-Gauteng Ope het die ook die afgelope naweek by Club Zanandi in Hartbeespoort plaasgevind en ons skuts presteer as volg: Sunè Boshoff kry 1ste-plek in o/21 Presisie Totaal-afdeling. Sy verower ook: •1ste-plek vir o/21 Presisie 3P1 •1ste-plek vir o/21 Presisie 3P2 •1ste-plek vir o/21 Presisie 10m Sy skiet ook op albei van haar 3P lê Posisies 200-kaarte Sy skiet ook op haar 3P2 Kniel 'n 100-kaart sabella Cilliers kry 1ste-plek in die o/16 Totaal-afdeling •1ste-plek vir o/16 Presisie 3P1 •1ste-plek vir o/16 Presisie 3P2 •2de-plek vir o/16 Presisie 10m. Sy skiet ook 2 half-volkaarte op albei van haar 3P lê-posisies. Baie geluk aan al ons skuts! NOORD-GAUTENG OPE GROOT SUKSES VIR LINDENIETE Linden Skyfskiet vaar uitstekend Ettiene Pieterse is onlangs verkies tot die mans Suid-Afrikaanse o/21-kanopolo span. Hy sal Suid-Afrika by die Afrika-spele verteenwoordig. Baie geluk Etienne, ons is baie trots op jou. LINDENIET IN SA-SPAN SA-Kanopolo span aangekondig


Die Lindenkoor het Saterdag 24 Junie vertrek op hulle jaarlikse Kaap-koortoer. Die groep het regoor die Suidelike deel van die Wes-Kaap opgetree, harte gewen en gehore betower. Die koor het in George, Knysna, Plettenberg Baai en Mosselbaai opgetree. Hulle het ook talle besienswaardighede in die kaap besoek en onder andere 'n optrede in die Kango-grotte gelewer, tot groot vermaak van die toeriste in die grotte. Die groep het ook oral oor talle komplimente ontvang en herinneringe gemaak wat hulle veraltyd sal koester. Wat 'n besonderse toer was dit nie, die groep se sukses is sigbaar en ons is opgewonde vir dit wat die kwartaal ook vir hulle in hou. Welgedaan en geluk met 'n uiters suksesvolle toer, ons is baie trots op julle. 1 3 LINDENNUUS UITGAWE 1 9 LINDENKOOR SE TOER EEN VIR DIE BOEKE Lindenkoor se toer in die Kaap ' n reuse sukses


Click to View FlipBook Version