The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by , 2018-05-09 02:45:18

Monnie Gons 14 2018

Monnie Gons 14 2018

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

Uit die kantoor

MNR & MEJ MONNIE INSKRYWINGS

Alle graad 3 en 7 leerders (seuns en dogters) het vanaf Donderdag, 3 Mei tot en met Dinsdag, 8 Mei weer geleentheid om in te skryf vir
die Mnr. en Mej. Monnie geleentheid wat vanjaar plaasvind op 30 Mei. Inskrywingsgeld beloop R2 per inskrywing en inskrywings kan voor
en na skool/gedurende pouse by Tannie Barbara in die kantoor gedoen word. ‘n Onderhoudsrondte met al die finaliste sal plaasvind,
waarna die finaliste bekendgemaak sal word.

VEILIGHEID

Ouers ons versoek u vriendelik om asseblief met ons hande te vat om die veiligheid van ons leerders te verseker, veral soggens en middae
wanneer hulle af- en opgelaai word. Indien u aan die oorkant van die pad parkeer gebruik asseblief SLEGS die voetoorgang om u kind
binne die skoolhekke te bring. Dit is werklik uiters gevaarlik om die pad op enige plek oor te steek, sommige leerders hardloop selfs oor die
pad. Maak u kind ook bewus daarvan om NIE agter ʼn motor verby te beweeg nie. Die bestuurder is nie altyd in ʼn posisie om die klein
leerders agter hulle te sien nie. U kind is vir ons kosbaar en spesiaal en ons wil hom/haar veilig hou. Die Beheerliggaam is tans besig om ‘n
verkeersimpakstudie te doen en hoop om spoedig verbetering aan te bring.

LEERDER AFWESIGHEID & INHAAL VAN HUISWERK

Indien ‘n leerder afwesig is moet uitstaande huiswerk so gou as moontlik ingehaal word. Personeel sal leerders maksimum EEN W EEK
hiervoor toelaat. Moedig asb. u kind aan om sodra hy/sy weer by die skool teenwoordig is met die onderwyser te gesels en seker te maak
dat hy/sy ook alle uitdeelstukke wat dalk in hierdie tyd uitgedeel is, by die onderwyser kry. Sodra die agterstallige werk ingehaal is moet die
skrif na die onderwyser geneem word sodat daar gekontroleer kan word of alle inhoud in die skrif is, huiswerk tot op datum voltooi is en alle
uitdeelstukke/memorandums aan die leerder voorsien is.
Indien ‘n leerder inhoud mis wat met ‘n formele assessering getoets word, word die modereringsproses gebruik om leerders te help in hierdie
verband – inhoud kan heronderrig word of die leerder ontvang ‘n addisionele assesseringsgeleentheid. Elke geval word op meriete en tot
voordeel van die leerder hanteer.
Enige navrae in hierdie verband kan per e-pos gerig word aan Mev A Burns by [email protected]

1

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

GEBRUIK VAN SELFONE OP DIE SKOOLTERREIN

Geen leerder mag ‘n selfoon op die skoolterrein aansit, gebruik of uit sy/haar tas haal nie. Hierdie reël geld vir alle leerders vandat hulle die
skoolterrein betree (let wel nie eers van 7:25 af nie) tot en met 13:40. Indien ‘n leerder oortree sal die selfoon deur ‘n personeellid afgeneem
word en in die kluis gehou word tot aan die einde van die skooldag. Die leerder moet dit self by Mnr v.d. Merwe kom afhaal en sal ‘n debiet
vir hierdie skoolreël-oortreding ontvang.
Tans is daar ‘n toename in leerders wat die selfoonfunksie van hul “slimhorlosies” (Smartwatch) gebruik om, gedurende skoolure, hul ouers
te skakel. Dit is nie toelaatbaar nie en ‘n leerder wat hom/haar hieraan skuldig maak sal onmiddellik ‘n debiet ontvang. Dankie dat ons op u
hulp kan staatmaak.

VOORKOMSINSPEKSIE

‘n Monnie is trots op sy/haar werk en veral op sy/haar skooldrag en voorkoms. Ons is altyd netjies en korrek (volgens die skoolreëls)
aangetrek. Ons herinner ouers en leerders vriendelik aan die formele voorkomsinspeksie vir kwartaal 2 wat plaasvind op:
Maandag, 7 Mei 2018 en Maandag, 4 Junie 2018
Monnies se voorkoms moet egter te alle tye netjies en korrek wees – nie slegs op dae wanneer formele inspeksie plaasvind nie.
Reëls t.o.v. voorkoms en kleredrag is in die huiswerkboekie vervat. Gaan dit asb. saam met u kind deur.
Enige navrae kan per epos gerig word aan Mev Anet Burns by [email protected]

WINTERSKLEREDRAG

Ons is tans in die oorgangsfase tussen somer en winter. Leerders wat soggens koud kry mag wel reeds hul korrekte wintersdrag aantrek.
Dit is egter nog nie verpligtend nie en u kind kan steeds somersdrag dra. Leerders sal in kennis gestel word wanneer daar formeel na
wintersdrag oorgeskakel word.

VOORKOMS – HARE (SEUNS)

Ouers let asseblief daarop dat geen “punk” of “step” haarstyle toegelaat word nie. (Bl. 8 in die huiswerkboekie) Onder die “step” haarstyle
is ingesluit die sogenaamde “oorkam” (comb over) styl. Dit is die styl waar die hare langs die kant en agter baie kort gesny is en dan bo
langer is. Daar mag geen definitiewe lyn wees tussen die lang en kort hare nie. Dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

2

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

REDENAARS

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan Podiumpret redenaars deelgeneem het op die 21ste en 22ste April, hulle het almal Goud
behaal:
Wilmarie Nolte, Wian Nolte, Jenilee van der Westhuizen en Nika Meiring.
Nika en Jenilee dring ook deur na die finaal wat 15 September in die Paarl plaasvind.
Baie geluk aan die volgende redenaars wat deurdring na die ATKV Semi-finaal wat by Hoërskool Menlopark plaasvind op Vrydag, 18 Mei:
Nieka Visser, Mia Appelcryn, Reinhardt Vermaak

JAKARANDA KINDERKOOR

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die Jakaranda kinderkoor: Gerthyo Ferreira, Jessica Sladé, Karla Burger, Moya Brits
en Wilando Ferreira. Hulle neem deel aan die Wêreld Koorkompetisie, die grootste koorbyeenkoms in die wêreld, wat in Julie in Pretoria
aangebied word asook die Winter Konsertreeks aan die einde van Mei. Baie sterkte vir die jaar.

HOKKIE

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die Northerns hokkiespanne. Die spanne is gister bekend gemaak en Monnies het
baie goed gedoen.

Onder 12 Groep
Luané Janssen - O/12A Dogters
Daniëlle Meiring – O/12B Dogters
Mijeanne Le Roux o- O/12B Dogters
Ruan Alberts – O/12B Seuns
Onder 13 Groep
Ualize Truter – O/13A Dogters
Michelle Lategan – O/13B Dogters
Waldo Brits – O/13A Seuns
Rikus Liebenberg – O/13C Seuns

3

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

4

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

WEEKLIKSE AKTIWITEITSROOSTER

7 - 12 Mei 2018

Datum Dag Aktiwiteit Gebeurtenis Tyd Plek Afrigter /
Organiseerder

Landloop Oefen 06:30 - 07:20 Pawiljoen Tarina Smit
14:30 - 15:30

Rugby Oefening 14:00 - 17:00 Soos per Toep Pieter Petzer
Pieter Petzer
Rugby Bloubul Proewe 14:00 Soos per Toep Shenel Bouwer
Soos per Toep Lize Hattingh
7 Mei Ma Netbal Oefening 14:00 - 17:00 Soos per Toep Bernard Erasmus
8 Mei Soos per Toep Faf van Staden
9 Mei Mini Netbal Oefening 13:45 - 14:45 K D15 Justin Wilken
K D15 Karin Steyn
Bulletjie Rugby Oefen 17:00 - 18:30

Krieket O/9 & O/12 Proewe 15:45 - 17:30

Skaak Seniors Oefen 16:30 - 18:00

Skaak O/9 Oefen 13:45 - 14:45

Landloop Oefen 06:30 - 07:20 Pawiljoen Tarina Smit
14:00 - 15:00

Netbal Liga vs Tygerpoort 14:00 - 18:00 L/S Tygerpoort Shenel Bouwer
Di Rugby Pieter Petzer
Bloubul Proewe 14:00 - 17:00 Soos per Toep Faf van Staden
Soos per Toep Lize Hattingh
Krieket O/9 & O/10 Proewe 15:45 - 17:30 Soos per Toep Pieter Petzer
Saal Lize Hattingh
Mini Netbal Oefen 13:00 - 14:45

Rugby Oefen 14:00 - 17:00

Juniorkoor Oefen 13:30 - 14:30

Landloop Oefen 06:30 - 07:20 Pawiljoen Tarina Smit
14:00 - 15:00

Wo Skaak Liga (w) 14:00 - 17:00 Soos per Toep Karin Steyn
Saal Petro van Aardt
Seniorkoor Oefen 14:30 - 16:30 Nette Faf van Staden
Rugbyveld Bernard Erasmus
Krieket Proewe O/10 & O/12 16:00 - 17:30

Bulletjie Rugby Oefen 17:00 - 18:30

10 Mei Do Hemelvaartdag Geen Sportoefening Organiseerders

Moedersdag Piekniek 07:30 - 09:00 Rugbyveld Petro van Aardt
11 Mei Vry Petro van Aardt
12:30-Vertrek NG Kerk Bernard Erasmus
Seniorkoor Applous Tarina Smit
13:45-Optrede Skuilkrans

Bulletjie Rugby Laerskole Bulletjie 08:00 - 13:00 Midstream
dag 12:00 Ridge
12 Mei Sa TUT Main
Campus
Landloop Pre-Season Liga

13 Mei So Moedersdag

5

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

LAERSKOOLMONNIES FACEBOOK

Laerskool Monumentpark het ‘n Facebook blad, gaan besoek dit en “Like” ons blad asseblief. Stuur dit ook aan u vriende en familie.
https://www.facebook.com/LaerskoolMonnies

D6 CONNECT (voorheen PRINCIPAL TALK+ TOEP)

Die Principal Talk+ Toep se naam het verander na d6 Connect. Dit is nogsteeds Laerskool Monumentpark se hoof
kommunikasiemiddel met u as ouer. Die toep kan afgelaai word op u selfoon vanaf Google Playstore of iStore. Die rekenaar
weergawe van die toep sal binnekort beskikbaar wees. Daar is baie nuwe funksies, dateer u toep gereeld op om die funksies
te kan sien. Maak asb. seker dat u die nuutste weergawe van die toep op u foon het.

MONNIES SNOEPIE

Caroline Linde: 082 495 0274
Nuwe spyskaart is op die Toep gelaai.
Wintersnoepietye: 07:00 – 16:00

MUSIEKSENTRUM

Hannalie Claassen: 082 858-7566 Epos: [email protected],

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL

Winkel tye: Maandag Oggende: 07:00 tot 07:45 en Eerste Maandag van die maand: 16:30 tot 17:00
E-pos: [email protected] vir aandag Talitha Broos

BLINKOOG MONNIES NASKOOLTUISTE

Marlene Pienaar: 071 604-3978 E-pos: [email protected]
Die kontakbesonderhede vir naskool is as volg:
*** SMS’e kan deurlopend van Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 17:30 na 071 604-3978 gestuur word.
*** Telefoniese oproepe en SMS’e word eers vanaf 12:00 beantwoord.

6

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

HELP! EK IS ‘N MA!

Donderdagoggend word ek wakker met ‘n dreigende opgewondenheid. Dis ‘n gevoel wat ek baie goed ken. Dis wanneer my limbiese
sisteem in my brein snuf in die neus kry van n 5-dag naweek - of enige iets opwindends – en ‘n spul goedvoel-hormone afskei. Ek gaan
deur my oggendroetine met ‘n effense huppel en verdra die verkeer ‘n bietjie beter. Ek soen sommer my hoërskoolseun voor die skoolhek
en giggel vir sy geïrriteerde reaksie. Ek kies die Happy-song en sit dit ‘n paar stellings harder as gewoonlik. Gedagtes aan my hangmat, ‘n
nuwe boek en ‘n glas (of 2) Merlot vul my verbeelding. 5 Dae. Happy, happy, happy, happy…

My foon pieng teen 9 uur reeds met die eerste Whatsapp. “mom kn Bhard Strdag km kyer?” Direk daarna: “Wl ga flk en iets eet. En Mgn
hou Mndag and ‘n kuir.” Ongeveer 12 minute later laat hoor my jongste ook van hom: “Mom, kn mom ons Satdag yskts toe vt. Dn kn ons
Sndag an my Xpo tk wrk.”

Ek vertaal graag. 1) Ma, kan Bernard Saterdag kom kuier? 2) Ons wil gaan fliek en iets eet en Megan hou Maandagaand ‘n kuier. 3) Ma,
kan ma ons Saterdag ysskaats toe vat? Dan kan ons Sondagaand aan my Ekspo-taak werk.

Ek stoei om die reeds dowwe idilliese prentjie van hangmatte en rooiwyn tot sy volle helderheid te herstel. Maar helaas…
Ek is n ma.

In my ontnugterde toestand, soek ek naarstiglik na voordele van ma-wees. ‘n Effens histeriese tong-in-die-kies neem besit van my en ek
kom op die volgende voordele af:

1. Omdat ek die ma is en more-oggend 4 uur moet opstaan, mag ek 9 uur al in die bed wees.
2. Toegang tot ‘n eindelose voorraad lekkergoed. Of dit nou paaseiers of oorskiet “partypacks” is, vir jouself hoef jy nooit weer

voorraad aan te koop nie.
3. ‘n Tydige verskoning as jy nie lus is om ‘n geleentheid by te woon nie. Wie het nog nie slaaproetine of ‘n olike kleinding as

verskoning gebruik nie?
4. ‘n Selfs nog beter verskoning vir laat opdaag.
5. Jou bloedjie is jou toegang tot kinderflieks! Jy kan natuurlik alleen gaan, maar dit sal waarskynlik een of twee wenkbroue laat lig.
6. Geen haan kraai na ‘n ma wat haar kinders se borde leeg eet nie. Dis jou goue kaartjie na ‘n tweede of selfs derde porsie sou jy

die behoefte hê.

7

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

7. Die voordeel van ‘n bewonderaarsklub. Totdat jou kinders tienerstadium bereik is ma die mooiste, beste, oulikste, slimste wese in
die wêreld (naas juffrou natuurlik)!

Dinsdag-namiddag sak ek uiteindelik in my hangmat weg. Ag vrek! My boek lê nog op die kombuiskabinet. Nie lus vir die opstaan of geroep
na enige iemand om my die gunsie te bewys nie, tik ek ‘n vinnige Whatsapp: Ec, brng asb my bk op die kmbskas. En sowaar, binne ‘n paar
minute is my boek in my hande en my gedagtes begin reeds te beplan aan die volgende boodskappie... Ek verruil ma-wees vir NIKS!

Mag elke mamma hierdie voorreg besef gedurende Mamma-Maand.

Geskryf deur Marilise Gullan – Ondersteuningspan

Vriendelike groete

SJ Kritzinger
HOOF

8

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

9

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

10

Uitgawe: 14 van 2018 | Tydperk: 4 – 10 Mei 2018

11


Click to View FlipBook Version