The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.

GLOmedia.tv is 'n unieke gemeenskap van gelowiges op die internet. Op hierdie videoplatform gesels ons prontuit en reguit oor geloofsake en -vrae. Kom kyk!

Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by idille.bemarking, 2020-01-20 05:08:41

Waarom jy deel moet word van GLOmedia.tv

GLOmedia.tv is 'n unieke gemeenskap van gelowiges op die internet. Op hierdie videoplatform gesels ons prontuit en reguit oor geloofsake en -vrae. Kom kyk!

Keywords: Religion,Geloof,Kerk,Church,Video,Kleuters,Toddlers,Geloofsvrae,Questions of faith

is ʼn tuiste vir gelowiges op die internet

Hier kan jy:
• jou kleuter loslaat om meer te leer oor God en Sy Woord;
• jou geloof- en lewensvrae deel, sodat dit deur ʼn paneel van

deskundiges vanuit die kerk beantwoord word;
• opnuut versterk word deur jou medegelowiges se stories van

hoop en geloof;
• toegerus word vanuit die Bybel om aan elkeen ʼn antwoord te kan

gee oor die hoop wat in jou lewe;
• ʼn Bybelse perspektief kry oor aktuele sake;
• kyk hoe kenners die groot vraagstukke van ons tyd bespreek;
• daagliks geïnspireer word deur dagstukkies;
• en vele meer.

GLOmedia.tv gee vir alle gelowiges ʼn
geleentheid om saam in ons geloof te groei, by
mekaar te leer en mekaar te inspireer op ʼn wyse
wat dien tot die opbou en uitbou van ons geloof.

REDE VIR

Die kerk speel ʼn kritieke rol in die lewens- en wêreldbeskouings van talle
Suid-Afrikaners en is aktief besig om geleenthede te soek om die Christelike

leer en die betekenis daarvan nie net uiteen te sit vir die kerk se eie
gemeentelede nie, maar ook om die Evangelie uit te dra na plekke en mense

wat dit nie ken nie of ʼn gebrekkige kennis daarvan het.

ʼn Belangrike manier om meer mense en plekke te bereik is die skep van
Christelik georiënteerde videomateriaal van uitsaaikwaliteit, wat gelowiges van
jonk tot oud gaan inlig, toerus, bystaan, vermaak, inspireer en fassineer en die

plasing daarvan op ʼn digitale media platform wat maklik bereikbaar is.

So kan die kerke uitreik na mense wat min weet van die Woord van God, maar
ook sy eie gemeentelede en ander Christene op ʼn gebruikersvriendelike manier

versterk in hulle geloof en uitlewing van hulle Christelike lewens en
wêreldbeskouing.

CHRISTELIKE
Kleutervermaak

Ouers sukkel om videoprogramme vir kleuters te vind
wat in lyn is met ons Christelike waardes en norme,
daarom bied GLOmedia.tv aan Christen-ouers ’n
alternatief om aan hulle kleuters te voorsien.

Kleuters is op ’n ouderdom van buitengewone ontdek-
king waar hulle die hoekom vraag ontdek en antwoorde
soek vir soveel dinge in die lewe. Dit skep ʼn moeilike tyd
maar ook ʼn geleentheid. As ons hierdie tydperk kan
gebruik om hulle te stimuleer met goeie Christelike
videoprogramme wat hulle nuuskierigheid prikkel en
ook die groot vrae self antwoord, gebruik ons die
tydperk om ons kleuters positief te lei en te beïnvloed.
As ons hulle gaan los met wêreldse videoprogramme
gaan hulle antwoorde op groot vrae heel moontlik nie
Bybels wees nie. In kort, as ons nie leiding neem oor
ons kleuters se opvoeding nie, gaan die wêreld dit doen.

VRA JOU VRAE
Die Kerk Luister!

Predikante, teoloë en ander gelowiges
uit die kerk het al talle medegelowiges
bygestaan gedurende ʼn worstel tyd, ʼn

soeke na waarheid, nood, groei, ens.
Die kundigheid is van uitsonderlike

waarde vir mense wat nie noodwendig
die kennis of ervaring het nie.

Omdat elke gelowige nie by die kenners soos hulle hulle
insette nodig het kan uitkom nie, het die kerke dit goedgedink

om deur GLOmedia.tv die vrae in die vorm van
besprekings-reekse te beantwoord deur ʼn paneel wat vertroud

is met die onderwerp, en wat weer en weer en dieper en
dieper kan gesels totdat die vraag volledig beantwoord is.

Dit is belangrik dat hierdie inisiatief nie net op een of twee se skouers
val nie, maar dat ons almal deel het in die bediening. Daarom is die
finansiering van hierdie projek om werklik kwaliteit videoprogramme
beskikbaar te maak, so opgestel dat ʼn familie R49 per maand of R550
per jaar vir inskrywing betaal. So deel ons die onkoste van die inisiatief
tussen almal wat daarvan vrugte pluk.
Ons sien uit om jou deel te hê van GLOmedia.tv.

Besoek

www.glomedia.tv

om in te teken


Click to View FlipBook Version