Week 1
God nooi my om Jesus te sien
Week 2
God nooi my om Jesus lief te hê en te
gehoorsaam
... want om Week 3
God nooi my om Jesus te aanbid
te lewe, is Week 4
God nooi my om saam met Jesus te sterf en op
vir my te staan
Week 5
Christus, en God nooi my om Jesus te bely
om te Week 6
God nooi my om Jesus te salf
sterwe, is Week 7
God nooi my om Jesus te volg
vir my wins. Week 8
God nooi my om na Jesus te luister
Filippense 1:21
2
Mens tot Hoor hoe dit met
Mens mekaar gaan deur die
vrae te beantwoord.
Mens tot
God Tyd om God te loof
en te prys en sy
God tot Naam groot te maak.
Mens
Mens tot Vind as groep uit
Medemens wat God vir julle sê.
Skriflesing Nou is dit tyd om te
bid en mekaar te seën
vir die week wat
kom.
Tyd om die Woord te
lees. Bid saam dat
God die Woord sal
oopmaak.
Vrae Ons leer die Woord
beter ken deur vrae te
bespreek.
3
God nooi my
om Jesus te sien
Geniet vir ’n paar minute die voorreg om mekaar weer ná ’n
lang ruk te kan sien. Deel met mekaar iets spesiaals wat in
die afgelope tyd in julle lewens gebeur het. Gee nuwe lede
die kans om hulleself voor te stel: naam, van, woonplek,
werkplek en iets oor hul gesin.
Om Jesus te kan sien klink regtig onmoontlik. Ken julle
verhale van mense wat sê dat dit met hulle gebeur het? Wat
dink julle beteken dit dan as daar op verskeie plekke in die
Bybel daarvan gepraat word dat ons in ons elke dag se lewe
“die oë op Jesus” moet hou?
Die Here is aansienlik groter, magtiger en heiliger as wat ons in
ons wildste drome kan droom. Daarom is dit so ’n wonderlike
voorreg om Hom uit een mond te aanbid en te verheerlik. Doen
dit nou met liedere en ’n lofgebed.
Kyk die DVD. In die DVD het dit gegaan oor die waarde van
fokus op die Here. Enige kommentaar wat julle daaroor wil gee?
Lees nou Hebreërs 12:1-3.
1 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons
het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so
maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met
volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en
Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir
4
Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om
vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die reg-
terkant van die troon van God. 3 Hou Hom voor oë wat so ’n
vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal
julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
1. Wat het jou getref in dié gedeelte? Wat lê die Here op jou
hart?
2. Die geloofsgetuies waarvan :1 praat is die gelowiges van
die ou bedeling waarvan hoofstuk 11 vertel. Watter
Bybelkarakter beïnvloed jou verhouding met die Here die
meeste? Vertel ook van mense (dalk alreeds oorlede) wie se
geloofslewe jou beïnvloed het. Wat het jy by hulle geleer?
3. Die geloofswedloop is nie maklik nie! Watter struikelblokke
of weerstande beleef ons volgens :2? Kyk ook na 3:12. Aan
watter ander kan julle dink?
4. In die wedloop is daar ’n belangrike geheim vir sukses. Wat
is dit en hoe doen mens dit volgens die gedeelte (veral :2)?
5
5. Wat is die effek as iemand hierdie geheim ontdek en uitleef
volgens :3? Kyk ook na 12:12.
6. Hoekom het jy dit nodig om hierdie fokus op Jesus gedurig
in jou lewe te beoefen?
7. Skryf hier ’n gebed neer waarin jy die Here antwoord op dit
wat Hy in hierdie sessie vir jou gesê het.
Dink aan iemand vir wie jy hierdie week kan gaan vertel wat
dit vir jou beteken om op Jesus te fokus in die gewone gang
van sake.
6
God nooi my
om Jesus lief te hê en
te gehoorsaam
Hoekom is ons so afhanklik van liefde?
As jy dink oor God se liefde vir jou, hoe sou jy dit beskryf?
Kom ons noem vir mekaar ’n teksvers wat die afgelope tyd vir
jou baie beteken het. Gebruik jou gedagte om ’n lied te kies by
die sing of aanbidding van Jesus.
Kyk die DVD
Lees Efesiërs 3:14-20 twee maal deur en merk die woorde en
gedagtes wat vir jou uitstaan.
14 Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15 aan wie die hele
gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy
bestaan te danke het. 16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die ryk-
dom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik
sterk te word, 17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal
woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te
begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus
strek. 19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe
gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van
God. 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is
om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,...
7
1. Vertel vir mekaar wat vir jou uitstaan in hierdie gebed van
Paulus.
2. Hoekom dink jy bid Paulus hierdie gebed oor die liefde van
Jesus vir ons? (Lees die vers weer ’n keer, dalk in ander
vertalings ook.)
3. Gesels met mekaar oor wat ons kan doen om te begryp hoe
wyd en ver en hoog en diep die liefde van Jesus strek (:18).
4. Hoekom moet ons saam met ander gelowiges dink oor die
liefde van Jesus Christus?
Lees :18 twee keer stil deur, dink daaroor
en skryf jou eie gebed oor die liefde van
Jesus vir die wêreld.
Sluit af met die lees van jou gebed en vra
iemand om die voorbidding te behartig.
8
God nooi my
om Jesus te aanbid
Vertel van hoe jy die belangrikste persoon wat jy nog
ontmoet het behandel het. As dit nie goed was nie, hoe sou
jy hom graag wóú behandel?
Vertel vir mekaar waarvoor jy Jesus die meeste bewonder. Eer
Hom daarvoor in gebed en sang.
Kyk die DVD
Lees Filippense 2:5-11
5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in
Christus Jesus was: 6 Hy wat in die gestalte van God was, het
sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy
Hom moes vasklem nie,7 maar Hy het Homself verneder deur
die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te
word. En toe Hy as mens verskyn het,8 het Hy Homself verder
verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan
die kruis. 9 Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef
en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,10 sodat in die
Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en on-
der die aarde is, die knie sou buig,11 en elke tong sou erken:
"Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader.
1. Hoe belangrik is Jesus vir jou? (: 10 en 11)
9
2. Vertel mekaar waar jy die volgende van Jesus ervaar:
Sy liefde
Sy vergifnis
Sy almag
Sy nabyheid
3. Skryf almal se insette gesamentlik op ’n groot vel papier
tesame met skrifgedeeltes, liedere ensovoorts.
4. Neem elke punt en doen dit dan as groep deur dit te lees,
te bid, te sing.
Besluit op 'n medegelowige wat jy hierdie
week gaan uitvra oor sy/haar
bewondering vir die Here.
Skryf gebedsversoeke hieronder neer.
Kies iemand om die voorbidding te lei.
10
God nooi my
om saam met Jesus
te sterf en op te staan
Deel met die groep hoe jy tot bekering gekom het?
Wat dink jy is die hoofmomente van ’n “ware” bekering?
As jy die Here Jesus in een sin sou beskryf wat sou dit wees?
Begin jou sinnetjie met: “Die Here Jesus is vir my _____
________________________________________________
Loof en prys Hom in gebed en met liedere.
Kyk die DVD
Lees Kolossense 2:16-3:4
Moenie dat iemand julle mislei nie
16Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat
julle moet eet en drink nie of dat julle die jaarlikse feeste of die
nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. 17Dit is alles
maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is
Christus. 18Moenie dat iemand wat behae skep in danige nede-
righeid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy
allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So
iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink,
19en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus
groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamge-
bind deur die spiere, soos God dit laat groei.
Julle het saam met Christus gesterwe
20Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die
wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe
julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom
11
gehoorsaam julle allerhande voorskrifte 21soos: “Hieraan mag jy
nie vat nie!” “Daaraan mag jy jou mond nie sit nie!” “Daaraan
mag jy nie raak nie!”?22Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is
om gebruik te word en te vergaan, en dit is maar net gebooie en
leerstellings van mense. 23Hierdie leerstellings het wel ’n skyn
van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederig-
heid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen
waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie. Julle is
saam met Christus uit die dood opgewek
3 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is,
moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar
Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die
dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,
3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus
verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy
wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en
in sy heerlikheid deel.
1. Watter gedagte in hierdie paar verse is vir jou aangrypend
en hoekom?
2. Ons het voor ons geboorte alles saam met ons moeders
gedoen. As sy gaan lê het ons ook gaan lê. As sy geloop het,
het ons saam geloop. As sy gaan sit het, het ons saam gaan
sit. Die Bybel leer dat ons saam met Jesus Christus aan die
kruis gesterf en saam met Hom opgestaan het uit die dood.
Hoe dink jy oor jou en Jesus?
12
3. Omdat ons in Jesus is en Hy in ons, is ons, as gelowiges, se
lewes “saam met Christus verborge in God” (3:3). Hoe
voel jy kan die werkwoorde “streef” en “rig in Kolossense
3:1-2 ’n werklikheid in jou besige lewe word?
Hoe gaan jy jou nuwe lewe deel met mense wat nog vas is
aan die aardse lewe?
Kom ons bid vir sake wat die Here op ons hart lê. Gebruik
gerus ook die gebedsbrief van die gemeente
13
God nooi my
om Jesus te bely
Op watter maniere (dink jy) beïnvloed jou siening van Jesus
jou lewe?
Kyk hoeveel mooi liedere oor Jesus julle kan sing. Probeer die
skrywer van die lied se siening oor Jesus raaksien.
Kyk na die DVD-inleiding en gesels bietjie oor wat dit vir jou
sê.
Lees nou Matteus 16:13-23.
13 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy
dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”
14 Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia,
party Jeremia of een van die profete.” 15 “Maar julle,” het Hy
gevra, “wie, sê julle, is Ek?” 16 Simon Petrus het geantwoord:
“U is die Christus, die Seun van die lewende God.” 17 “Gelukkig
is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie
’n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat
in die hemel is. 18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie
rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie
oorweldig nie. 19 Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk
van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die
hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die
hemel oopgesluit bly.” 20 Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir
niemand te sê dat Hy die Christus is nie. 21 Van toe af het Jesus
14
dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet
gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde
en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die
derde dag uit die dood opgewek moet word. 22 Petrus het Hom
toe opsy geneem en Hom begin berispe: “Mag God dit verhoed,
Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.” 23 Maar Jesus het na
Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan
nie, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, want jy dink nie aan wat
God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”
1. Vertel wat jou die meeste getref het in dié gedeelte.
2. Hoekom (dink julle) het Jesus begin deur hulle eers te vra
wat die ander mense se opinie oor Hom is? (:13)
3. Wat dink julle sit alles agter Jesus se vraag in :15? Hoekom
wou Hy by die dissipels hulle mening hoor? Wat wil Hy
vandag by ons hoor?
4. Dink na oor Petrus se antwoord in :16. Wat beteken al die
woorde (titels) wat hy oor Jesus gebruik?
15
5. Iemand maak jou in die nag wakker en vra jou: “Wat sê jy
van Jesus?” Wat sal jy hom antwoord?
6. Petrus moes gou sien dat sy belydenis van Jesus nie beteken
het dat hy “grootkop” kon kry sodat hy selfs vir Jesus kon
berispe nie (sic!), sien :22. Dis soveel meer waar van ons.
Wat doen daardie belydenis aan jou en my vandag?
7. Skryf jou eie belydenis oor Jesus hier neer:
Kyk hierdie week hoeveel geleenthede jy
kry om iets van jou siening van en respek
vir Jesus te kan uitspreek. Veral buite die
kerk of die groep waarin jy is.
16
God nooi my
om Jesus te salf
Watter hulp aan ander mense is nie jou tipe “ding” nie?
Vertel mekaar wat die Here al alles vir jou gedoen het. Dank die
Here vir die dinge wat julle nou net genoem het in gebed en
sang.
Kyk die DVD
Lees Matteus 25:31-46
31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die
engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.
32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal
die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die
bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom
laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê:
‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van
die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as
erfenis in besit, 35 want Ek was honger, en julle het My iets
gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te
drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36 Ek
was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle
het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal
dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer
het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee
om te drink? 38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en
U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer
het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die
17
Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover
julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My
gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41 “Dan sal die Koning
vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle ver-
vloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy
engele voorberei is, 42 want Ek was honger, en julle het My niks
gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee
om te drink nie; 43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie
gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie;
siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal
hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors
of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien
en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker
Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie
gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En
hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil
van God gedoen het, die ewige lewe.”
1. Waaroor het die lees van hierdie gedeelte julle elkeen aan
die dink gesit?
2. Sê iets oor elkeen van die voorbeelde van diens wat die
gedeelte vir ons noem:
a
________________________________________________
b
________________________________________________
c
________________________________________________
18
d
________________________________________________
e
________________________________________________
f
________________________________________________
3. Wat sou die Bybel bedoel met “geringstes” in :45?
4. Hoe werk ons aan ons gesindheid wanneer ons iets wat ons
nie gewoond is nie aan iemand moet doen wat ons voel dit
nie verdien nie?
5. Watter verskil maak dit as jy besef: Hierdie (moeilike)
dienswerk doen ek nie aan mense nie, maar aan Jesus?
Watter dienswerk lê die Here op jou hart?
Gee die persoon verantwoordelik vir
voorbidding om ons hier te lei.
19
God nooi my
om Jesus te volg
Ons het net een begeerte: om al meer te groei sodat ons meer
en meer soos Jesus kan wees... Verlede keer het ons gepraat
oor hoe om Jesus te dien deur ander mense te versorg. Vertel
bietjie daarvan.
Op watter terreine van jou lewe sal jy graag meer eienskappe
van Jesus se lewe wou uitleef? Wat bewonder jy die meeste
van Hom?
Bewondering, verwondering, respek, liefde, waardering... Al dié
woorde beskryf ons verhouding met Jesus. Kom ons dra daardie
gesindheid aan Hom oor in liedere en gebede.
Kyk die DVD en lewer enige kommentaar oor wat julle gehoor
het.
Lees nou 1 Pet 2:18-25. In die tyd toe hierdie brief geskryf is
was bediendes (slawe) dikwels baie magteloos, uitgelewer aan
werkgewers wat hulle in sommige gevalle uitgebuit, verneder
en verontreg het. As jy dan nog boonop ’n Christen was wat vir
‘n heiden-baas gewerk het, was dit nog soveel erger. Hulle het
sommer hulle wantroue en woede op jou uitgehaal.
18 Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle
werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onrede-
lik. 19 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding
verduur omdat hy aan God getrou wil wees. 20 As julle gestraf
20
word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as
julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed
doen, dit is genade van God. 21 Juis hiervoor is julle ook geroep,
omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ’n voorbeeld
gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22 “Hy het geen
sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ’n leuen gekom
nie.” 23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy
gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom
wat regverdig oordeel. 24 Hy het self ons sondes in sy liggaam
aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan
ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy
wonde is julle genees. 25 Julle het immers soos skape rondge-
dwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die
Bewaker van julle lewe.
1. Wat tref jou in die deurlees van die gedeelte? Wat lê die
Here op jou hart?
2. Vir ‘n Christen-werker wat vir ‘n onredelike, moeilike baas
gewerk het sou dit natuurlik gewees het om vanuit sy ou
mens te reageer. Hoe sou hy dan opgetree het?
21
3. Het jy ook al iets van dié soort verontregting self beleef of
gesien? Vertel...
4. Wat verwag Jesus van hom in sulke omstandighede? Kyk
veral na :18 & 20.
5. Om so op te tree is nie eie aan ons nie en kan nie deur ons
eie pogings bereik word nie. Watter praktiese raad gee
Petrus vir Christen-werkers oor hoe om dit te kan regkry?
Kyk veral na :21- 23.
6. Aan watter ander aspekte van Jesus se aardse lewe kan julle
dink wat jy ook graag sou wou navolg (“in sy voetspore
volg”)?
7. Jesus gee nie net die volmaakte voorbeeld van hoe mens
behoort op te tree nie, Hy gee ons ook die krag om dit te
kan doen. Hoe gebeur dit? Kyk veral na :24.
22
8. Sê vir Jesus dat jy Hom graag wil volg. Skryf só ‘n gebed
hier neer:
Jy gaan hierdie week baie voorbeelde sien van mense wat uit
die ou mens, die sondige natuur optree. Doen moeite om ‘n
mede-Christen te help om die raad van 1 Pet 2:21 te verstaan
en uit te leef.
23
God nooi my
om na Jesus te luister
Waaroor is jy onrealisties sentimenteel? (iets waaroor ander
mense net hulle koppe kan skud, dat jy soveel geld en tyd
dááraan sou uitgee)
Vertel vir mekaar wat die Here in die laaste tyd vir julle gesê het.
Vra die Here in gebed dat Hy duidelik met ons sal praat vandag.
Kyk die DVD. Watter gedagtes het die DVD by julle wakker
gemaak?
Lees Filippense 3:7-14
7 Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos
ter wille van Christus, 8 ja, nog meer: ek beskou alles as waarde-
loos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in
waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek
dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry
9 en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet
onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die
vryspraak wat God gee omdat ’n mens in Hom glo. 10 Al wat
ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te
ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te
word in sy dood, 11 in die verwagting dat ek self deel sal hê aan
die opstanding uit die dood. 12 Ek sê nie dat ek dit alles al het of
24
die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne
te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.
13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een
ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit
na wat voor is. 14 Ek span my in om by die wenstreep te kom,
sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep
het in Christus Jesus.
1. Watter eienskap van Jesus is vir jou die kosbaarste?
2. Wat sou anders gewees het in jou lewe as jy nie ’n Christen
was nie?
3. Wat moes jy prysgee om ’n Christen te wees?
4. Hoe kan ons die krag van Jesus se opstanding ondervind?
(:10)
25
5. Hoe kry ons deel aan Jesus se lyding? (:10)
6. Wat hoor jy nou dat Jesus vir jou sê?
Besluit op 'n spesiale plek waar jy hierdie week gaan sit
en net lekker na die Here luister.
En nou is dit tyd vir voorbidding.
26
Skryf 'n dankbrief of gedig aan Jesus
oor jou verhouding met Hom.
27
84