Handleiding vir
Omgeegroepleiers
Met dank aan die volgende medewerkers van NG Gemeente Witrivier:
Ds. Eddie le Roux
Ds. Jurgens de Jager
Ds. Nati Stander
Lourens van Deventer
Antoinette Bester
Chris Claassens
Sulene Roelofse
Lizl Oosthuizen - NG Vandermerwe, Bonnievale (Grafiese ontwerper)
www.selgroepe.co.za
Facebook: Selgroepe Wat Omgee
Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulering tot
en met 1992 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992.
Gedruk en gebind deur: Colourtech Printers, Rietfontein 21, Bapsfontein,1510
2
COLENGNGWR135 kkkk
1. Saam met en soos Jesus kuier
2. Saam met en soos Jesus bid
3. Saam met en soos Jesus genees
4. Saam met en soos Jesus rus
5. Saam met en soos Jesus leer
6. Saam met en soos Jesus dien
kkkk
3
Week 1 Saam met en
soos Jesus kuier
Mens tot Mens
v Kom ons deel ‘n hoogtepunt en ‘n laagtepunt van die afgelope
tyd met mekaar.
v Ons gaan die volgende 40 dae ‘n kykie kry in die bekende Jesus
van Nasaret se lewenswyse. Hoe voel jy daaroor?
Mens tot God
( Kom ons deel gou met mekaar watter teksvers in die Bybel vir
ons die heel-heel kosbaarste van almal is!
( Kom ons sing nou so paar liedere tot eer van die Here.
God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding en dan deel ons ons gedagtes met
mekaar.
Lees Markus 2:13 -17
13Jesus het weer na die see toe gegaan. ’n Hele menigte mense het
na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. 14Toe Hy by die tolhuis
verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir
hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. 15Daarna het
Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was
saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van
hulle wat Hom gereeld gevolg het. 16Toe die skrifgeleerdes onder
die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het
hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en
sondaars?” 17Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat
gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het
nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar
sondaars.”
4
Saam met en Week 1
soos Jesus kuier
Jesus kuier by mense wat uitgestoot is.
1. Wat gaan deur jou gedagtes by die lees van hierdie verhaal?
COLENGNGWR135 2. Vertel net gou weer die verhaal vir mekaar sonder om dit te lees.
Wat is vir jou besonders van Jesus?
A Jesus het alle mense hooggeag en liefgehad.
A Jesus het nie gemaak soos die samelewing maak nie, maar
ook by mense gaan kuier wat deur die gemeenskap uitge-
stoot was.
A Jesus het hom nie oor die geskinder oor Hom ontstel nie,
maar was altyd gereed om sy optrede te verduidelik.
3. Wat dink jy leer ons uit Jesus se kuiergewoontes?
A Jesus het met ‘n doel voor oë geleef, naamlik om sondaars
op die regte pad te kry.
A Hy het Hom nie gesteur aan wat mense sê nie.
A Hy het spesifieke mense in die oog gehad en hulle genooi
om Hom te volg.
A Hy het oor sosiale grense beweeg.
4. Wanneer kuier ons reg? En verkeerd?
Reg? Mense met respek hanteer, hulle uitvra, die gesprek dieper
lei.
Verkeerd? As ons skinder, negatief is en ons aan oordaad
skuldig maak.
5
Week 1 Saam met en
soos Jesus kuier
Jesus kuier ook by mense by wie Hy ongewild is.
Lees Lukas 14:1-14
Op ’n sabbatdag toe Jesus na die huis van ’n vooraanstaande Fari-
seër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou.
2Reg voor Hom was daar ’n man wat aan water gely het. 3Jesus
praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag ’n mens
iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?” 4Maar hulle het
stilgebly. Toe trek Jesus die sieke nader, maak hom gesond en laat
hom gaan. 5Daarna sê Hy vir hulle: “Sê nou ’n seun of ’n bees van
een van julle val in ’n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is
dit op ’n sabbatdag?” 6Hulle kon daar niks op antwoord nie. 7Toe
Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy
aan die genooides die volgende gelykenis: 8“As iemand jou na ’n
bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit
nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat be-
langriker is as jy. 9Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou
toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan
tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. 10Maar as jy
uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gas-
heer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor’. Dan sal
jy in die agting van al die gaste styg. 11Elkeen wat hoogmoedig is,
sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”
12Hy het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die
aand ’n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie
of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en
jou op dié manier vergoed nie. 13Nee, as jy ’n feesmaal gee, nooi
dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. 14Jy kan jou gelukkig
ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou
vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”
6
Saam met en Week 1
soos Jesus kuier
5. Wat is anders aan Jesus se kuiergewoontes as aan jou
kuiergewoontes?
A Die Here Jesus het nie omgegee om ook by vooraanstaan-
des te gaan kuier en dinge aan te spreek wat verkeerd is
nie.
A Hy het baie gebruik gemaak van gelykenisse in sy gesprek-
ke.
A Hy het altyd gekyk of Hy mense se denkraamwerk tydens
sy kuiers kan skuif.
6. Wat dink jy wil die Here Jesus vir ons met sy kuiergewoontes
sê?
COLENGNGWR135 Mens tot Medemens
Beplan nou saam, en doen as groep (of dalk 3 of 4 uit die groep)
iets soos die volgende:
Reël ʼn aand waar ʼn eenvoudige, smaaklike ete voorberei word.
Nooi ʼn paar mense (so 3 of 4) wat nie in die samelewing hoog
geag word nie of dikwels uitgestoot word. Of ʼn paar mense wat
nogal belangrik geag word, maar nie gewild is nie.
Laat die gesprek sommer net vloei, maar dink ook aan ʼn paar
vrae wat die gesprek in ‘n sinvolle geestelike rigting kan stuur.
Doen dit biddend. Vra die Here om die eregas te wees en om sý
invloed daar uit te oefen.
Bid nou vir hierdie onderneming na vandag se byeenkoms en vir
mense wat gebede en kuiers nodig het.
7
Jesus het gekuier...
Maandag Die gesinnetjie in Betanië
Word eers ʼn bietjie stil – skakel sommer af van alles wat gedoen
was en gedoen moet word.
Bid eers saggies en vra die Heilige Gees om nou met jou te praat.
Lees Lukas 10: 38
Op besoek by Marta en Maria
38Op hulle reis het Jesus in ’n dorp gekom waar ’n vrou, Marta,
Hom as gas ontvang het. 39Sy het ’n suster gehad, Maria, wat aan
die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het.
40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom
toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my
alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” 41Maar die Here
antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie
dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel
gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”
t Lees hierdie gedeelte ‘n paar keer rustig deur en dink dan na
oor taak-georiënteerdheid vs Jesus-georiënteerdheid.
t Skryf die gedagtes wat by jou opkom, neer.
Dinsdag ‘n Tollenaar word gered
Moenie wegspring deur die Skrifgedeelte te lees nie. Raak doel-
bewus eers rustig. Sit ʼn minuut lank stil en fokus op die Here se
teenwoordigheid hier by en in jou.
Lees Lukas 19:1-10
Jesus en Saggeus
19 Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2Daar
was ’n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, ’n ryk man.
3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy
nie, omdat hy te kort was. 4Hy hardloop toe vooruit en klim in ’n
8
COLENGNGWR135 wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan.
5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus,
kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” 6Hy het
toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. 7Almal wat dit
gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by ’n sondige
man tuis!” 8Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê:
“Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar
ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.”
9Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom;
ook hierdie man is ’n kind van Abraham. 10Die Seun van die mens
het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”
t Lees hierdie gebeurtenis weer aandagtig deur en dan vervang jy
Saggeus se naam met jou eie.
t Wat dink jy het gedurende daardie aand se kuier in daardie huis
gebeur?
t Daar is dalk mense in jou lewe met wie jy moet gaan regmaak.
Beplan nou in hierdie stil oomblikke hoe jy dit vandag nog gaan
doen.
Woensdag Jesus kuier by ’n Samaritaanse vrou
Lees hierdie gedeelte eers stil en dan hardop deur en dink dan aan
wat Jesus daarmee in die oog gehad het.
Lees Johannes 4:5-15
5Hy kom toe by ’n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die
stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. 6Die fontein van
Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis,
sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die
middag. 7Daar kom toe ’n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus
vra vir haar: “Gee My ’n bietjie water om te drink.” 8Sy dissipels
was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 9Die Samaritaan-
se vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ’n Jood is, vir my, ’n Sa-
maritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane
9
gaan immers nie met mekaar om nie. 10Jesus het haar geantwoord:
“As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My
’n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir
jou lewende water gegee het.” 11Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer,
jy het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die
lewende water vandaan kry? 12Jy is tog nie tot meer in staat as ons
voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met
sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?” 13Maar Jesus ant-
woord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
14maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle
ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal
in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewi-
ge lewe gee.” 15Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my
van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te
kom water haal nie.”
t In hierdie verhaal wat by ʼn put afspeel, leer Jesus ons hoe Hy ʼn
aanknopingspunt gebruik om met ‘n kuier te begin. Wat leer jy
hieruit?
t Wat dink jy wil Jesus vir jou in vers 13 en 14 sê?
t Onderstreep gerus vers 15. Bid dit diep in jou hart so sewe keer
eers saggies, dan harder en harder totdat jy in jou hart beleef
hoe jy Jesus wat jou ewige dors nou wil les, ontvang.
Donderdag Kuier en gasvryheid
In die Bybel in Praktyk word hierdie gelykenis wat jy nou gaan lees
as volg verklaar:
Jesus het vir die mense twee lesse in dié gedeelte geleer.
Die eerste was dat ’n gas nooit die ereplek moet probeer kry nie.
Diens en diensbaarheid is in God se koninkryk baie belangriker as
status.
En tweedens het Hy vir die gasheer gesê om nie kieskeurig te wees
oor wie hy uitnooi nie. God se koninkryk staan oop vir almal –
veral vir diegene wat Hom nooit vir die uitnodiging sal kan
10
COLENGNGWR135 vergoed nie. Ons kan slegs deur genade in die koninkryk van God
ingaan. Ons, wat God se genade in ons eie lewens ervaar, moet dit
dan ook met ander deel.
Lees Lukas 14:7-14
Gelykenis oor beskeidenheid en gasvryheid
7Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel
Hy aan die genooides die volgende gelykenis: 8“As iemand jou na ’n
bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit
nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat
belangriker is as jy. 9Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou
toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot
jou skande die agterste plek moet gaan inneem. 10Maar as jy uitge-
nooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer
kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor’. Dan sal jy in
die agting van al die gaste styg. 11Elkeen wat hoogmoedig is, sal
verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.” 12Hy het
ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand ’n maal-
tyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure
uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié
manier vergoed nie. 13Nee, as jy ’n feesmaal gee, nooi dan armes,
kreupeles, verlamdes en blindes. 14Jy kan jou gelukkig ag dat hulle
niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die
opstanding van dié wat reg gedoen het.”
t Dink mooi na oor wat Jesus vir die mense by die bruilof wou
leer.
t Wat dink jy moet jy anders doen as jy mense na ‘n partytjie nooi
of andersins as jy self by ‘n partytjie aankom?
t Onderstreep die woorde van Jesus terwyl jy dit weer ‘n keer nou-
keurig lees.
t Kyk ook spesifiek wie almal by die “kuier” saam was.
t Waar sou jy gesit het en wat sou jy gedink het oor die verskillen-
de sitplekplasings?
11
Vrydag Jesus kuier sondaars in die hemel in
Maak jou hart en gedagtes oop voordat jy begin lees. Vra die
Heilige Gees om deur jou te spoel waar jy nou by Jesus se voete
kom sit.
Lees Matteus 9:9-13
9Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy ’n man met die
naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!”
Hy het toe opgestaan en Hom gevolg. 10Jesus het by hom in sy huis
gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy
dissipels kom eet. 11Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissi-
pels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en
sondaars?” 12Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond
is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. 13Gaan leer wat
dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het
nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar
sondaars.”
t Wie sien jy almal by hierdie kuiergeleentheid?
t Wat leer jy van jouself? En van Jesus?
t Sê vir Jesus nou wat dit vir jou beteken dat Hy juis gekom het
om jóú siel te red.
Saterdag Jesus kuier by die tempel en leer die
geleerdes
Psalm 130 sê: “Wag op die Here…” Doen dit nou eers. Fokus op
sy onsigbare, heerlike, liefdevolle teenwoordigheid hier by jou. Hou
jou belewenis vir ʼn rukkie vas en begin dan lees.
Lees Lukas 2:41-52 en kyk veral na hoe die jong Jesus al mense
om Hom versamel het.
41Jesus se ouers het elke jaar vir die paasfees Jerusalem toe gegaan.
42Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daar-
heen gegaan vir die fees. 43En toe die feesdae verby was, het sy
ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem
gebly sonder dat hulle dit geweet het. 44Omdat hulle gedink het Hy
12
COLENGNGWR135 is by die reisgeselskap, het hulle ’n dag lank gereis voordat hulle
Hom onder die familie en bekendes begin soek het. 45Toe hulle
Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na
Hom. 46Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy
tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. 47Almal
wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde.
48Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir
Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en
ek het met angs na jou gesoek.” 49Maar hy antwoord hulle:
“Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis
van my Vader moet wees nie?” 50Hulle het nie begryp wat Hy daar-
mee bedoel het nie. 51Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe
teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig. Sy moeder het al
hierdie dinge in haar hart bewaar. 52En Jesus het verstandelik en
liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.
t Lees die verhaal weer en dink ‘n bietjie na oor hoe Hy as kind
tussen geleerdes gekuier het.
t Wat dink jy is die boodskap vir jou in hierdie verhaal?
t Skryf ’n gebed daaroor neer:
13
Week 2 Saam met en
soos Jesus bid
Hierdie week se studie het baie vrae. Hou die tyd en die tempo van
die gesprekke dop. As dit lank aanhou, slaan liewers vrae oor of
sluit die gesprek af.
Mens tot Mens
v Vertel vir mekaar waar en hoe julle sinvol kon kuier sedert die
vorige gesprek.
v Wie se gebed het al vir jou baie beteken?
v Wat is vir jou ‘n groot gebedsbehoefte?
Mens tot God
Martin Luther het gesê: “Wie sing, bid twee keer.” Baie van ons lie-
dere is ook gebede! Sing ‘n paar sulke liedere saam en sluit dan met
‘n gebed af.
God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding.
Lees Lukas 11:1-13 eers hardop, dan sag.
Laat 3 verskillende mense die voorlesing hanteer. Die eerste: verse
1-4; die tweede: verse 5-8 en die derde: verse 9-13.
11 Jesus was êrens op ’n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê
een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes
ook sy volgelinge geleer het.” 2En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle
bid, sê dan: Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk
kom. 3Gee ons elke dag ons daaglikse brood; 4en vergeef ons ons
sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat
ons nie in versoeking kom nie.” 5Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou
een van julle het ’n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na
hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, 6want ’n
14
Saam met en Week 2
soos Jesus bid
vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks
om vir hom voor te sit nie.’7En die ander antwoord van binne af:
‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kin-
ders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie
…’ 8Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat
hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy
nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie. 9“Ek sê
vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry.
Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Elkeen wat vra, ontvang,
en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak
word. 11Is daar ’n pa onder julle wat as sy seun vir hom ’n vis vra,
vir hom ’n slang sal gee in plaas van die vis? 12Of as hy ’n eier vra,
vir hom ’n skerpioen sal gee? 13As julle wat sleg is, dan weet om vir
julle kinders goeie dinge te gee - die Vader in die hemel nog baie
meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
1. Wat gryp jou in hierdie 13 verse aan?
Dis ‘n lekker kans vir ‘n algemene gesprek. Hier is dit nie nodig
om te diep in die teks te delf nie.
COLENGNGWR135 2. Daar is 3 hoofgedeeltes in die perikoop. Voltooi:
Y In verse 1 tot 4 leer Jesus ___________________
...ons oor die inhoud van gebed.
Y In verse 5 tot 8 koppel Jesus gebedsverhoring aan die feit
dat Hy_______________________
...ons Vriend is.
Y In verse 9 tot 13 koppel Jesus gebedsverhoring aan die feit
dat God_____________________
...ons Vader is.
15
Week 2 Saam met en
soos Jesus bid
3. Watter troos is daarin vir jou dat jy die grote, almagtige God
Vader kan noem?
Al is Hy hóé groot, almagtig en heilig, ék (klein mensie) staan
in ‘n persoonlike verhouding met Hom. Ná ‘n tydjie se goeie
gesprek herinner die groep dan aan Romeine 8:15-17. “Abba”
beteken naastenby “Pappa”.
4. Ons moet eerste oor Sy sake bid! Wat (dink julle) vra ons as
ons bid:
Y Laat u Naam geheilig word?
God moet al die eer kry: Soli Deo Gloria. Dit gaan oor die
kwaliteit van ons lofprysing én van ons lewens. Laat die
groep lekker gesels. (Onthou om baie prakties te wees).
Lees dan Romeine 11:33-36 en 1 Korintiërs 10:31.
Y Laat u koninkryk kom?
Ons bid vir sendingwerk (sendelinge), bekerings, versoe-
ning in verhoudinge, genesing, vrede in die wêreld, goeie
regering, hulp aan armes; trouens, ons bid dat God se wil
en heerskappy orals sal deurbreek. Hierdie dinge is God se
hartsake, sy wil, en ons moet in die eerste plek daarvoor
bid.
5. Dan kom óns sake aan die beurt. Gesels oor die praktiese
implikasies van die volgende 3 bedes:
Y Gee ons elke dag ons daaglikse brood.
Ons verklaar ons totale afhanklikheid van God vir al ons
fisiese behoeftes: kos, klere, gesondheid, versorging. Let wel:
ons vra nie vir luukses nie.
Y Vergeef ons ons sondes want ons vergeef ook elkeen wat
teen ons oortree.
16
Saam met en Week 2
soos Jesus bid
Ons erken daarmee dat ons grootste behoefte ons behoefte
aan vergifnis is. Ons sien terselfdertyd vir Jesus aan die
kruis: God se volmaakte voorsiening vir vergifnis. Ons ver-
klaar ook dat ons duidelik besef dat as óns vergewe is, ons
ook daardie vergifnis aan ons medemens móét deurgee.
Ons neem standpunt in teen alle wrokke en griewe.
Y Laat ons nie in versoeking kom nie.
Ons verklaar dat ons besef hoe swak/broos ons teen die
mag van Satan is. Ons weet ons leef in ‘n geestelike stryd
en daarom neem ons ons toevlug tot die Here en vra ons sy
beskerming.
COLENGNGWR135 6. Hoe graag wil die Here ons gebede verhoor? Gesels oor die
volgende beelde wat in gelykenis voorkom:
Y Die vriend (verse 5-8).
Y Die pa (verse 9-13).
Baie graag!
Y Soos ons nooit lastig is vir ‘n vriend nie, so wil ons beste
Vriend sê: “Kom enige tyd met die geringste versoek, jy is
altyd welkom by My.”
Y Soos ‘n pa altyd die beste vir sy kind gee, so seker kan ons
weet dat ons hemelse Pappa ook graag ons gebede ver-
hoor en vir ons die heel beste gun.
7. Gesels ʼn bietjie oor vers 13. Wat is die beste geskenk wat
God vir ons wil gee? Hoe verskil dit van die behoeftes waar-
voor ons graag bid?
Die beste gawe is die Heilige Gees en sy volle werking in ons
lewens: vervulling, inspirasie, liefde, vrede, geduld, getuienis-
17
Week 2 Saam met en
soos Jesus bid
krag. Bid ons nie dikwels net oor fisiese behoeftes terwyl ons
geestelike behoeftes ons prioriteit behoort te wees nie?
Mens tot Medemens
/ Hoe gaan jou gebedslewe verander in die lig van hierdie week se
fokus op Jesus en sy gebedslewe?
/ Dink aan ten minste 3 mense met wie jy hierdie week rustig kan
gaan sit en die Ons Vader-gebed bid.
18
COLENGNGWR135 Jesus het gebid!
Maandag Vroeg en alleen
Sit eers ‘n paar oomblikke lank rustig. Fokus op jou asemhaling en
fokus dan op God se teenwoordigheid om jou, in jou.
Lees Markus 1:35 drie keer rustig en aandagtig deur.
35Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en
buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid.
Wat lê die Here op jou hart?
Jesus, die Seun van God, was elke oomblik van elke dag in die
allernouste verhouding met sy Vader. Nogtans het Hy dit nodig
geag om ‘n ruimte in sy lewe te skep
t waar Hy en die Vader vir ‘n bepaalde tyd alleen kon gesels, en
t waar dit stil, sonder enige geraas of gewoel was.
Wat sê dit vir jou?
Beplan en besluit op só ‘n tyd en plek in jou lewe. Vra die Heilige
Gees om jou te lei, te inspireer en jou die volharding te gee om
hierdie besluit uit te voer.
Gebruik nou ‘n paar minute om vir God te sê hoe kosbaar hierdie
stil tyd saam met Hom vir jou is.
Dinsdag Gebed en geloof
Moenie dadelik begin lees of bid nie. Gaan eers in jou gedagtes na
‘n mooi plek toe waar jy vrede, veiligheid of selfs verwondering be-
leef het. Vertoef ‘n paar oomblikke. Probeer om Jesus as deel van
die toneel te sien.
Jy gaan Johannes 11:39-44 lees. Agtergrond: Toe sy goeie vriend,
Lasarus, sterf, was Jesus nog ver. Hy vertoef nog ‘n dag of twee en
toe eers stap Hy die trauma van die rou en pyn van die afskeid
19
binne. Drie keer huil Jesus saam met hulle. Dan stap hulle saam na
die rotsgraf toe. Lees nou wat daar gebeur het:
39Jesus sê toe: “Rol die klip weg.” Maar Marta, die suster van die
oorledene, sê vir Hom: “Here, hy ruik al, want dit is al die vierde
dag.” 40Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy
die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?”
41Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en
gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. 42Ek weet dat U
My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier
rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.” 43Nadat
Hy dit gesê het, roep Hy met ’n harde stem: “Lasarus, kom uit!”
44Die oorledene het uitgekom. Sy hande en sy voete was nog toege-
draai met grafdoeke en sy gesig toegebind met ’n kopdoek. Jesus sê
toe vir die mense: “Maak hom los dat hy kan huis toe gaan.”
Lees die hele gebeurtenis weer ‘n slag deur. Probeer in jou gedagtes
sien hoe dit voor jou afspeel. Aangrypend né? Jesus doen ‘n ver-
stommende wonderwerk te midde van mense se twyfel, pyn en
besware.
Kyk mooi na sy gebed: “Vader, Ek dank U dat U my verhoor het.”
En Hy sê dit nog voor die wonderwerk gebeur! Dís geloof… ‘n Ab-
solute rustige vertroue op sy Vader se mag (“wonderbaarlike mag”
sê vers 40) én sy Vader se bereidheid om sy gebed te verhoor.
Onthou ‘n belangrike waarheid: geloof is nie in die eerste plek gerig
op die gebeurtenis nie, maar op die Een wat tegelykertyd almagtig
en liefdevol is: Jesus, ons beste Vriend. Hy sê: “...sodat hulle kan
glo dat U My gestuur het.” (Vers 42)
Vra God om jou te help om met baie meer geloof (vaste vertroue) te
bid: ‘n geloof wat op Jesus fokus.
20
COLENGNGWR135 Woensdag Worstel in gebed
Hierdie paar minute se stilword, ten spyte van baie eise wat wag en
al woel en werskaf en raas dit in die res van die dag is oasetyd!
Geniet dit om net eers te gaan sit, tot bedaring te kom en te ont-
span. Fokus op jou asemhaling (tien keer rustig in- en uitasem) en
fokus dan op die Here. Hy omring jou soos die suurstof om jou.
Lees Hebreërs 5:7 rustig ‘n hele paar keer deur. Graveer die woor-
de in jou gemoed.
7Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood
kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met tra-
ne. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid
aan God.
Ek kan nie anders as om die toneel van Jesus in Getsemane te sien
nie: die Seun van God wat met bloedsweet doodsbenoud pleit dat
die lydensbeker weggevat moet word. Smekinge, harde geroep,
trane…
Was jy al daar? Op dié punt waar jy vir jouself of iemand naby aan
jou só gebid het? Dan moet jy weet jy staan nie net langs Jesus en
kyk hoe Hy bid nie, jy staan, (nee, kniel) sáám met Hom en bid
soos Hy. Hy verstaan.
Is sy gebed verhoor? Dit lyk dalk met die eerste oogopslag nie so
nie – Hy hét mos gely, ís gekruisig en hét gesterf. Maar kyk ‘n
bietjie verder: daar is ‘n oop graf. Daar is die oorwinning van die
opstanding.
Ernstige gebed, in ‘n gees van eerbiedige onderworpenheid, het
gróót krag.
Bid nou. Vra God dat jou gebede Jesusgebede sal wees.
Voel die gebedslas vir iets of iemand wat die Here op jou hart lê.
Bring daardie persoon of saak nou met diepe smeking na God.
21
Donderdag Gebed en besluite
Iemand het eendag gepraat van “pockets of silence in a desert of
noise”. Skep vir jou ‘n stil ruimte waar jy doelbewus jou ore sluit vir
enige geraas, jou hartklop laat bedaar en jou oë ‘n bietjie na Bo en
na binne keer. Stop die gejaag vir ‘n paar oomblikke.
Een van Jesus se belangrikste take op aarde was om die 12 dissipels
te kies. Hulle moes apostels word, sleutelfigure in die nuwe begin
van die nuwe verstaan van God se koninkryk. Wat doen Hy voordat
Hy dié keuse uitoefen?
Lees Lukas 6:12 drie keer rustig deur: 12In daardie tyd het Jesus
uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in
gebed tot God.
Probeer jou indink hoe Jesus daar op die berg in sy Vader se teen-
woordigheid elkeen van die mense wat in sy naby kring beweeg het,
een-vir-een sorgvuldig oorweeg het, hoe Hy toe rustig in God se
teenwoordigheid hierdie belangrike besluite neem.
Jy het al (of gaan nog) lewensbelangrike besluite neem: ‘n lewens-
maat, ‘n beroep, ‘n roepstem van God, gróót besigheidsbesluite, ‘n
nuwe pad met die Here… Gaan “na die berg toe” (eenkant) en bid
“’n hele nag lank” (genoeg tyd) rustig in jou Meester se teenwoor-
digheid. Besluit dan.
Selfs dan impliseer al ons keuses wat ons só uitoefen nie nét maan-
skyn en rose nie. Daar staan dat Hy ook “...Judas Iskariot wat die
verraaier geword het”, uitgekies het (vers 16).
Maar dan kan jy nog steeds weet jy is die naaste aan die sentrum
van God se wil.
t Vra God om jou elke keer te herinner dat wanneer jy groot
besluite moet neem, gebed dié belangrikste komponent in die
proses is.
22
COLENGNGWR135 t Bid nou rustig vir ‘n saak of persoon wat in jou invloedsfeer
beweeg.
Vrydag Gebed en dankbaarheid
Die week staan einde se kant toe. Alles gaan vinniger. Moenie hier-
die tydjie van stilword aanjaag nie. Raak rustig, ontspan eers al jou
spiere, fokus op God – veral op sy vrede en goedheid wat jou
omring. Asem sy teenwoordigheid in.
By die See van Galilea drom duisende mense om Jesus saam. Hulle
is so daarop gefokus om elke woord uit sy mond in te drink dat
hulle skoon van hulle eie behoeftes vergeet. Dis etenstyd en ál kos
is dié van ‘n seuntjie: vyf garsbrode en twee vissies.
Wat doen Jesus?
Lees Johannes 6:11 ‘n paar keer stadig deur.
11Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit
uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel
van die vis as wat hulle wou hê.
Wat my tref, is Jesus se dankgebed.
Hy dank God vir die gewone, alledaagse, klein gawes uit sy hand –
brood en vis.
En Hy dank God vir die wonder wat gáán gebeur. Ons ken die
verstommende afloop van die verhaal: baie meer as 5 000 mense is
gevoed en daar het nog 12 mandjies broodstukke oorgebly.
Sit net ‘n oomblikkie stil en dink aan al die alledaagse, doodgewo-
ne gawes waarvoor jy God kan dank. Goeie kos, heerlike tee of
koffie, vars water, jou organe wat funksioneer, jou sintuie, mooi
musiek, ‘n glasie wyn, positiewe verhoudinge waarin jy beweeg, ‘n
goeie geloofsgemeenskap (gemeente)... ensovoorts, ensovoorts.
Dink ook aan wonderwerke wat (dalk) nog vir jou voorlê, miskien
‘n groot stuk kommer wat tans op jou hart druk waarvoor jy op die
23
oomblik géén uitkoms sien nie.
Bid vandag net ‘n dankgebed. Moenie vir iets vra nie, jy kan dit weer
môre doen. Kyk net op en sê dankie.
Saterdag Jesus in gebed
Dis Saterdag, dalk het jy ‘n paar minute ekstra tyd. Gebruik dit op
die beste manier wat jy kan.
Miskien kan jy ʼn bietjie langer net rustig word, ontspan en fokus op
die wonderlike teenwoordigheid van die Here.
Ek daag jou uit om Johannes 17 (Jesus se gebed vir sy dissipels)
deur te lees. Dis net 26 versies. Lees dit in jou eie Bybel.
Kyk na die hoofmomente in die gebed:
t Vers 1: Verheerliking
Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en ge
sê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun
U kan verheerlik.
t Vers 8: Gelowige dissipels
8want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee.
Hulle het dit aangeneem en tot die oortuiging gekom dat Ek
waarlik van U gekom het, en hulle het geglo dat U My gestuur
het.
t Vers 15: Bewaring
15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar
dat U hulle van die Bose moet bewaar.
t Vers 18: Getuienis
18Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na
die wêreld toe gestuur;
t Vers 21: Eenheid
21Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My
is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld
kan glo dat U My gestuur het.
24
COLENGNGWR135 t Vers 24: Verheerliking
24“Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My
gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid
kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al
voor die skepping van die wêreld liefgehad het.
Jesus het vir jóú gebid! Kyk weer wat sê vers 20: Ek bid nie net
vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in
My sal kom.
Kyk weer na die inhoud van die gebed. Let daarop hoe elke aspek
jou lewe raak.
t Sê dankie vir die dinge waarvoor Jesus vir jou gebid het.
t Is jy deel van die antwoord op sy gebed? Of dwarsboom jy
die uitkoms daarvan?
25
Week 3 Saam met en
soos Jesus genees
Mens tot Mens
Vertel vir die groep van ‘n keer toe jy ernstig siek was en hoe dit
jou laat voel het.
Mens tot God
Laat 2 of 3 lede van die groep hulle gunsteling Psalm biddend
voorlees, en gaan dan voort om die Here te loof en te prys in
gebed.
God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding.
Lees saam Matteus 8:1-4
Jesus het afgekom van die berg af, en ’n groot menigte mense het
saam met Hom gegaan. ’n Melaatse man kom kniel toe voor Hom
en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” Toe steek Jesus
sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy
melaatsheid was onmiddellik weg. Jesus sê toe vir hom: “Jy moet
dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en
bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense
die bewys wees dat jy rein geword het.”
1. Deel met die groep wat jou in hierdie gedeelte tref.
Dalk opper iemand ‘n vraag oor Jesus se versoek dat daar nie
oor die wonderwerk gepraat moes word nie: Die rede hiervoor
was omdat Jesus nie wou hê dat daar ‘n storie oor Hom die
rondte moes begin doen dat Hy maar net ‘n “wonderwerker”
was wat ‘n rewolusie van stapel wou stuur nie. Dit sou mee-
bring dat mense Hom om verkeerde redes begin volg wat pre-
matuur tot sy dood kon lei.
2. Laat jou oog oor die voorafgaande gebeurtenis en ook die
26
Saam met en Week 3
soos Jesus genees
daaropvolgende gebeure gly. Wat verklap die konteks van
hierdie teksgedeelte oor die betekenis daarvan?
Die gebeure vooraf is die Bergpredikasie. Met die afgaan van
die berg ontmoet Jesus ‘n melaatse man. Almal kon nou sien
dat Jesus se woorde nie net by praat bly nie, maar dat Hy dit
lééf.
Die verhale daarna is wonderwerke wat in die lewe van mense
gebeur wat – in die oë van die Jode – onwaarskynlike kandidate
was om genade te ontvang: eers die slaaf van ‘n Romeinse offi-
sier en toe ‘n vrou (Petrus se skoonma). Jesus se genade van
genesing ken geen perke nie.
3. Kom ons besin eers ‘n oomblik by die tema van melaatsheid.
As ons nie weet hoe erg melaatsheid was nie, gaan ons nie
besef hoe groot hierdie wonderwerk was nie. Vertel vir mekaar
wat julle van melaatsheid weet.
Die melaatse persoon word uit die gemeenskap verban en word
gedwing om buite in die veld te bly. Dit was om te verhoed dat
ander persone sou aansteek. Die persoon mag nie naby iemand
anders gekom het nie. As hulle iemand in die veld sou teëkom,
het die wet vereis dat hulle die persoon moes waarsku deur
reeds van ver af te roep: “Onrein! Onrein!” Hulle was dus
mense wat geen kontak met enige iemand anders gehad het nie
en totaal en al van die samelewing geïsoleer was.
COLENGNGWR135 4. Die man met melaatsheid toon besonderse geestelike insig.
Waaruit kan ‘n mens dit aflei?
Hy kniel – in die Joodse konteks was dit ‘n gebaar wat net
gepas was as dit vir God gedoen is. Die man verklap dus sy
27
Week 3 Saam met en
soos Jesus genees
opinie van Jesus. Verder vra hy nie in die tradisionele sin dat
Jesus hom moet genees nie. Hy rig net ‘n appél op die “wil van
God” en berus daarby.
5. Ken jy iemand wat lank siek was by wie jy geestelike diepte
beleef het? Vertel vir die groep van die persoon en wat jy by
hom/haar geleer het.
Hierdie is ʼn kernvraag waar moosite getuienisse na vore kan
kom.
6. Die teks sê dat Jesus die man aangeraak het. Omkring die
woord, “raak”, in jou Bybel. Waarom dink jy is dit betekenis-
vol?
Die man het reeds van ver af vir Jesus geskree dat hy onrein is.
Tog besluit Jesus om nader te kom. “Raak” impliseer dat Jesus
die tyd gemaak het om by hom te gaan stilstaan. Hy het dit nie
sommer in die verbygaan gedoen nie. Die man se lyf is vol
swere en etter, maar tog sit dit Jesus nie af nie. Jesus gril nie
daarvoor nie. Hy raak met teerheid aan die man se aangetaste
liggaam. Dit was nie nodig dat Jesus aan hom raak nie, want
die genesing van die offisier se slaaf wys vir ons dat Jesus hom
net met ‘n woord kon genees. Tog kies Jesus om aan hierdie
persoon te “raak” omdat niemand etlike jare lank aan hom
“geraak” het nie. Dit moes ‘n aandoenlike gesig gewees het.
7. Jesus het vir die melaatse man gesê dat hy hom vir die priester
moet gaan wys (vers 4). Die priester was die enigste persoon
wat kon toelaat dat die man weer in die samelewing heropge-
neem word. Watter ander genesing / heling / herstel het Jesus
28
Saam met en Week 3
soos Jesus genees
COLENGNGWR135 dus vir hierdie man bewerk?
Jesus se genesing is baie meer as net die fisiese verwydering
van siekte. Jesus se eintlike besorgdheid is dat die man weer in
’n gesonde verhouding met ander mense moet kan beleef.
Jesus bring dus ook sosiale genesing.
Mens tot Medemens
/ Jesus help die melaatse man nie net om gesond te word nie,
maar ook om in die samelewing heropgeneem te word. Op
watter manier kan ons randfigure ‘n “sosiale genesing” laat
beleef?
Dit gaan oor baie meer as net om vir iemand geld te gee. Dit
gaan daaroor om vir iemand waardigheid terug te gee: ‘n
werk, infrastruktuur, ‘n higiëniese leefwyse, gesonde verhou-
dings waar liefde en aanvaarding beleef word. Jy bied vir die
persoon die voorreg om ‘n sinvolle bydrae tot die gemeenskap
en die ekonomie te maak. Dit op sigself gee selfwaarde aan
die persoon terug.
/ Jesus het die man met melaatsheid aangeraak en daardeur
waarde aan hom gegee. Hoe kan ons in vandag se tyd
“waarde” aan mense gee?
Jesus vra nie van ons kitsoplossings nie. Hy vra van ons tyd
om as ’t ware by mense stil te staan.
/ Vra die Here om ons te help om randfigure in die samelewing
raak te sien en hulle met respek en waardigheid te behandel.
29
Jesus het genees
Maandag Soekers wat vind.
Hierdie week kyk ons na 6 vrae wat Jesus gestel het en ons dink na
oor hoe ons daarop sou antwoord as Hy dit vir ons sou vra.
Word stil en dink aan alles waarvoor en almal vir wie jy in jou lewe
dankbaar is. Dank nou die Here.
Lees Johannes 1:35-39
35Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, met twee van
sy volgelinge by hom. 36Toe Jesus verbyloop, het Johannes stip na
Hom gekyk en gesê: “Dáár is die Lam van God!” 37Die twee het
hom dit hoor sê en hulle het Jesus gevolg. 38Toe Jesus omkyk en
sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: “Wat soek julle?” en hul-
le het Hom geantwoord: “Rabbi” – dit beteken leermeester – “waar
gaan U tuis?” 39Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.”
t Wat sou jy Jesus antwoord as Hy vir jou sou vra: “Wat soek
jy?”
t Watter uitdagings hou jou week in? Praat nou met die Here
daaroor.
Dinsdag Soek Jesus
Dink vir ‘n oomblik na oor wat jou vandag die meeste bekommer.
Gee dit dan vir Here en voel hoe jy rustig raak.
Lees Lukas 2:41-49
41Jesus se ouers het elke jaar vir die paasfees Jerusalem toe gegaan.
42Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daar-
heen gegaan vir die fees. 43En toe die feesdae verby was, het sy
ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem
gebly sonder dat hulle dit geweet het. 44Omdat hulle gedink het Hy
is by die reisgeselskap, het hulle ’n dag lank gereis voordat hulle
30
COLENGNGWR135 Hom onder die familie en bekendes begin soek het. 45Toe hulle Hom
nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom.
46Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die
geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. 47Almal wat Hom
gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. 48Toe sy
ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind,
waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met
angs na jou gesoek.” 49Maar hy antwoord hulle: “Waarom het u na
My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet
wees nie?”
t In hierdie stuk vra Jesus vir sy ouers: “Waarom soek u na My?”.
Stel jou voor Jesus vra daardie vraag vir jou. Wat sal jy Hom
antwoord?
t Word vir ‘n oomblik weer bewus van alles rondom jou. Wat is
die geluide wat jy hoor? Hoe lyk die omgewing waarin jy jou
bevind? Watter mense is in die omtrek? Praat met die Here oor
wat in jou hart opkom.
Woensdag Jesus kán dit doen
Visualiseer weer vandag die troonkamer van die hemel: Oral rond-
om jou is daar engele wat lof en hulde bring. Jy sien ook ‘n reuse
troon waarop die Here sit. Jy kan nog nie sien hoe lyk die Here nie,
maar jy sien wel die glansende lig wat uit die troon straal. Almal in
die troonkamer kniel uit eerbied. Wat wil jy vandag vir Hóm sê?
Lees Markus 10:46-51
46Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en sy dissipels en
’n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar ’n
blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad. 47Toe
hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: “Jesus,
Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” 48Baie mense het met
hom geraas en gesê hy moet stilbly. Maar hy het al hoe harder
uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” 49Jesus het
31
gaan staan en gesê: “Roep hom nader.” Hulle roep toe die blinde
man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy roep jou.” 50Hy het
sy bokleed net daar gelos en opgespring en na Jesus toe gegaan.
51Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
“Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.”
t As Jesus vir jóú sou vra: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?”
Wat sou jy Hom antwoord? Wat leef baie diep in jou hart?
t Maak jou oë toe. Dink aan mense wat jou lewenspad kruis.
Sien hulle gesigte in jou gedagtes. Praat met die Here oor hulle.
Donderdag Téén Jesus?
Hou jou Bybel vir ‘n oomblik net vas en dink weer vandag oor die
wonderwerk van God se Woord wat in jou hande lê. Wat wil jy
vandag vir die Here hieroor sê?
Lees Handelinge 9:1-5
9 Intussen het Saulus soos ’n besetene voortgegaan om die volge-
linge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester
toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in
Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer
van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te
neem en na Jerusalem toe te bring. 3Toe hy op reis naby Damaskus
kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het
op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul,
waarom vervolg jy My?” 5“Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is
Jesus,” antwoord Hy.
t Vandag se vraag is vreemder. Jesus vra vir Saul, “Waarom ver-
volg jy my?” Veronderstel Jesus vra dieselfde vraag vandag vir
jou. Waar sou jy sê is jy besig om vir Hom teenkanting te bied
of teen Hom te werk?
t As Jesus nóú onverwags aan jou sou verskyn, wat sou jy vir
Hom vra? Vra dit nou in gebed.
32
COLENGNGWR135 Vrydag Genees van kommer
Maak jou oë toe en word bewus daarvan dat Jesus saam met jou in
die kamer is. Moenie begin Bybellees voordat jy oortuig is dat Hy
deur sy Heilige Gees teenwoordig is nie.
Lees Matteus 6:28.
28En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veld-
lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.
t Jesus vra sy volgelinge waarom hulle oor die materiële begaan is.
Hoe sou jy Hom daarop antwoord? Wat hoor jy Jesus jou terug
antwoord?
t Bly nog ‘n oomblik sit en geniet net die stilte. Die kans is goed jy
gaan gejaagd voel om met iets anders aan te gaan, maar moenie
nou te gou stop nie. Vra die Here of daar nog iets is wat Hy vir
jou wil sê. Sit in die stilte en toets die gedagtes wat by jou
opkom.
Saterdag My twyfel en angs
Dink aan die heel mooiste ding wat jy hierdie week gesien of beleef
het. Dank die Here daarvoor.
Lees Lukas 24:36-39
36Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens
daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” 37Hulle het gewel-
dig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ’n gees. 38Hy sê toe
vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel
in julle harte? 39Kyk na my hande en my voete: dit is tog Ek self.
t Praat met die Here oor die vraag waarom jy soms twyfel en
verskrik word.
t Reflekteer oor die week se stukke wat jy gelees het en praat met
die Here daaroor. Watter een staan vir jou uit? Hoekom? Is daar
‘n tema wat dalk herhalend voorkom wanneer jy stiltetyd hou?
Wat dink jy sê die Here vir jou?
33
Week 4 Saam met en
soos Jesus rus
Mens tot Mens
v Deel met ons wát van die vorige weke se temas oor Jesus se
gewoontes vir jou baie beteken.
v Ons gesels vandag oor Jesus se gewoonte van rus. Stelling:
Mense spog eerder oor hoe verskriklik besig hulle is en hoe
ontsettend moeg hulle is as oor hoe rustig hulle is.
v Hoe skakel jy van “besig wees” af?
Mens tot God
Jesus het die volgende uitdaging aan ons gerig: “Kom na My toe,
almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my
juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van
hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.” (Matteus 11:28-29).
Antwoord die Here op wat hierdie teks vir jou beteken óf in gebed
óf met ʼn lied.
Het jy al iets van daardie rus in Hom beleef en indien wel, wan-
neer?
God tot Mens
Kyk die DVD-inleiding. Gesels met mekaar wat jy dink van ‘n dag
wat in drie 8 uur-periodes ingedeel word.
Lees Markus 6:30-34. Ons gaan oor Jesus se siening oor rus na
‘n besige dag gesels.
Die twaalf apostels kom terug
30Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel
wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. 31Daar was
baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy
dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir
34
Saam met en Week 4
soos Jesus rus
COLENGNGWR135 hulle: “Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.”
32Hulle het met ’n skuit na ’n stil plek toe vertrek waar hulle alleen
kon wees. 33Baie mense het hulle egter gesien en agtergekom waar-
heen hulle gaan. Hulle het vinnig van al die dorpe af te voet daar-
heen gegaan en nog voor Jesus en sy dissipels daar aangekom. 34-
Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy ’n groot menigte mense daar
gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos
skape wat nie ’n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig be-
gin leer. 35Toe dit al baie laat was, het Jesus se dissipels vir Hom
kom sê: “Dit is ’n afgeleë plek hierdie en dit is al baie laat. 36Stuur
die mense terug sodat hulle op die plase in die omtrek en in die
dorpies vir hulle iets te ete kan koop.” 37Maar Hy sê vir hulle: “Gee
julle vir hulle iets om te eet.” Hulle antwoord Hom: “Moet ons met
twee honderd mense se dagloon brood gaan koop om vir hulle iets
te ete te gee?” 38Hy vra vir hulle: “Hoeveel brood het julle? Gaan
kyk.” Nadat hulle gaan kyk het, sê hulle: “Vyf, en twee visse.” 39Hy
het hulle opdrag gegee om al die mense klompies-klompies op die
groen gras te laat sit om te eet. 40Die mense het in groepe van hon-
derd en in groepe van vyftig gaan sit. 41Toe het Hy die vyf brode en
die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra.
Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee om
aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder hulle
almal verdeel. 42Al die mense het geëet en genoeg gekry. 43Hulle het
nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood en
die vis. 44Van dié wat van die brood geëet het, was net die mans vyf
duisend.
1. Hoekom dink jy het Jesus besluit om die dissipels weg te vat
van die werk waarmee hulle besig was?
Hulle was aanhoudend besig om die mense te bedien en het
35
Week 4 Saam met en
soos Jesus rus
selfs nie geëet nie. Jesus het besef dat hulle nie net honger was
nie, maar ook moeg en dat hulle rus nodig het.
2. Hoekom dink julle is dit vir ʼn mens belangrik om
A fisies en
A emosioneel te rus?
In die voorafgaande skrifgedeelte word die dood van Johannes
die Doper beskryf. Vir Jesus was dit ʼn tyd van erge trauma.
3. Rus het gewoonlik 3 aspekte: ontspan, vermaak en verkwik.
Gesels ‘n bietjie oor hoe mens kan vakansie hou sodat dié 3 in
balans is. Hoe kan ʼn mens sorg dat jy die volgende sake goed
kan benut om voldoende te kan rus?
A ʼn Vakansie
A ʼn Stokperdjie beoefen
A ʼn Afdag
A Sport
A ʼn Nagrus
A ʼn Uiltjie knip
A Ander
As ons kyk met hoeveel passie Jesus net weer begin dien het
toe hulle aan die ander kant van die meer gekom het, moes
Jesus beslis die tydjie op die boot gebruik het om te rus. Stem
julle saam?
In sommige lande is daar siestatye waar mense etenstye kry
om te rus. Elke mens het ‘n eie manier van rus nodig en ons
moet beplan om ʼn verposing te neem veral in tye wanneer dit
baie druk gaan.
36
Saam met en Week 4
soos Jesus rus
4. In party kerklike tradisies is ʼn “retreat” normale praktyk. Jy
sonder jou vir ʼn oggend of ʼn naweek af sonder enige gesprek-
ke of musiek of sosiale media – dis net jy en die Here (die
Woord en gebed). Hoe dink jy kan ʼn mens so ʼn persoonlike
“retreat” inrig?
5. Wat het gebeur toe die dissipels besluit het om te gaan rus
(vers 33)?
Die mense het hulle nie die rus gegun nie en hulle in gaan wag
aan anderkant die see waar hulle later aan wal gegaan het.
6. Hoe het die mense en die dissipels verskil wat hulle behoeftes
betref? Hoe het Jesus daarop reageer? Wat leer ons daaruit?
A Die dissipels het moeg geword vir die mense en wou baie
ernstig gaan rus, maar Jesus het die mense se behoeftes hoër
geag as sy eie behoeftes.
A Ons moet ook soms ter wille van hoër prioriteite bereid wees
om rus prys te gee.
COLENGNGWR135 7. Lees weer vers 37. Watter emosies dink jy sou die dissipels dalk
hier beleef het? Hoe sou jy in hierdie situasie opgetree het?
Baie emosies soos: geïrriteerdheid, ongeduld, gejaagdheid,
ongeskiktheid of dalk sommer net ergernis omdat hulle nie kon
gaan rus het nie.
Gee die groep kans tot introspeksie oor eie gesindhede en wat
die gevolge daarvan kan wees.
8. Wat dink jy leer hierdie verhaal vir ons oor Jesus se doel en hart
vir mense?
37
Week 4 Saam met en
soos Jesus rus
Jesus se doel is om mense se behoeftes aan te spreek, hetsy dit
lering of honger is.
Mens tot Medemens
/ Hoe gaan ons maak om meer balans in ons besige programme
te skep? Hoe kan ons mekaar help om “te besig wees” te sien
as ‘n beginselfout?
/ Wie in jou omgewing werk te hard en rus te min? En wat
behoort jy daaromtrent te doen?
/ Kom ons sluit met gebed oor hierdie saak af.
38
COLENGNGWR135 Jesus het gerus
Ons leer by die Here Jesus dat rus baie belangrik is en dat jy dit
ook moet gun vir hulle wat vir jou werk. Dis baie interessant dat
Jesus eenmaal toe hulle op die see was, aan die slaap geraak het
terwyl daar ’n storm gewoed het.
Maandag Botsende behoeftes
Kry ʼn plek en tyd waar jy jou gedagtes so ʼn bietjie kan afskakel en
op die Here kan fokus. Gaan sit nou rustig by Sy voete.
Lees Markus 6:30-34 twee maal deur.
30Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel
wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. 31Daar was
baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy
dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir
hulle: “Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.”
32Hulle het met ’n skuit na ’n stil plek toe vertrek waar hulle alleen
kon wees. 33Baie mense het hulle egter gesien en agtergekom
waarheen hulle gaan. Hulle het vinnig van al die dorpe af te voet
daarheen gegaan en nog voor Jesus en sy dissipels daar aangekom.
34Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy ’n groot menigte mense daar
gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos
skape wat nie ’n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig
begin leer.
t Wat is vir jou besonders in die woorde en optrede van die Here
Jesus in verband met werk en rus?
t Is daar aanpassings wat jy aan jou program of lewenswyse sal
moet maak? Skryf jou voorneme hier neer en bid dan daaroor.
39
My voorneme is:
Dinsdag: ‘n Uiltjie helder oordag knip
Geniet die stilword met die Woord en gebed. Soek doelbewus eers
Sy spesiale teenwoordigheid op voordat jy begin lees.
Lees Matteus 8:23-27 en kyk veral na die storm op die see, die
storm in die dissipels se harte en die rustige slapie wat die Here
Jesus te midde van alles gehad het.
23Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. 24Skielik
het daar ’n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor
die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap. 25Hulle kom toe en
maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!” 26Hy sê vir
hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” Daarna het Hy
opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het
doodstil geword. 27Die mense het hulle verwonder en gesê: “Watter
soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?”
t Dink ‘n bietjie na oor Jesus se “diep slaap” terwyl daar ‘n vrees-
aanjaende storm op see was.
t Wat leer jy hieruit?
Woensdag Rus is vir God ook belangrik
Dalk is die grootste probleem hoekom ons nie regtig rustig en stil
kan word nie die feit dat ons so ver die toekoms in lewe. En ons
bekommer ons. Besluit om nóú, hier, teenwoordig te wees. Kom rus
by die Here.
40
COLENGNGWR135 Lees Genesis 2:1-3
Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daar-
op. 2Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppings-
werk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. 3Hy het
die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag
het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.
t Wat dink jy het God se rus alles beteken nadat Hy sy ontsaglike
skeppingswerk voltooi het?
t Wat sê dit vir jou?
Jesus gee nuwe betekenis aan sabbat en rus.
ʼn Mens het nie net fisiese (liggaamlike) rus nodig nie. Waarvan
laat Jesus se koms en bevryding ons ook in die lig van die
volgende skrifgedeeltes rus?
Lees Kolossense 2:16-19
Moenie dat iemand julle mislei nie
16Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle
moet eet en drink nie of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwe-
maansfees of die sabbatdag moet vier nie. 17Dit is alles maar net die
skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. 18Moenie
dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbid-
ding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien
het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in
eiewaan van homself dink, 19en hy hou nie aan die hoof, aan Chris-
tus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur
die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat
groei.
Lees net gou weer die twee gedeeltes en let op wat met die Sabbat
gebeur het toe Jesus gekom het.
Ware rus is net te vinde in .......
Skryf vir Jesus ‘n briefie oor die rus wat Hy bring (Matteus
11:28-30) en wat Hy vir jou innerlike rus beteken.
41
Donderdag Te veel rus
Die week is aan die hardloop! Kom rus eers. Sit, ontspan, haal rustig
asem. Jy is in die teenwoordigheid van die beste Vriend wat jy ooit
kan hê.
t Geniet nou die gesprek met Hom.
Lees Spreuke 6
10Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie handevou
en bly lê, 11en daar oorval die armoede jou soos ’n rower, daar oor-
rompel die gebrek jou soos ’n inbreker.
t Lees die verse ‘n paar maal deur en probeer dit dan uit jou kop
uit opsê.
t As ‘n dag 24 uur het en ons 8 ure behoort te werk, dink vir ‘n
oomblik hoe jy jou dag kan inrig om meer geestelike, intellek-
tuele, emosionele en fisiese rus in te pas sonder om lui te wees.
Skryf jou voorneme hoe jy so ‘n nuwe “rustigheid” in jou lewe kan
inbou, hier neer.
42
COLENGNGWR135 Vrydag Rus is ‘n tyd van emosionele pyn
Probeer jou in die dissipels en ander volgelinge van Jesus se posi-
sie indink:
t Hulle sien Hom in Getsemane in gebed worstel, bloed sweet.
t Hoe weerloos was Hy toe hulle Hom vang!
t Onreg by sy verhoor, ʼn haan wat kraai.
t Die géseling, bloed wat vrylik vloei. Spykers deur sy hande en
voete.
t Die laaste asem, hulle beste Vriend sterf.
Dié aand breek die sabbat aan. Wat doen hulle? Vers 56 sê:
“.. hulle het gerus, soos die gebed bepaal.”
Lees Lukas 23:50- 24:3
Die dag nadat Jesus begrawe is, het Jesus se volgelinge gerus.
50–51Daar was ’n man met die naam Josef, afkomstig van ’n Joodse
dorpie Arimatea. Hy was ’n goeie en opregte man en het die koms
van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse
Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie.
52Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus
gevra. 53Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne
toegedraai en in ’n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore
iemand begrawe was nie. 54Dit was Vrydag, en die sabbat het al
begin aanbreek. 55Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af
gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy
liggaam neergelê word. 56Daarna het hulle huis toe gegaan en
reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos
die gebod bepaal. 24 Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na
die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.
2Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af;
3en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus
gekry nie.
t Dink aan die respek wat hulle vir die sabbatdag gehad het en
oor jou respek vir ‘n rusdag in die week.
43
Saterdag Kom rus nou eers ʼn bietjie
Hoe voel jy na ʼn lang, besige, vol week? Lekker rustig? Geniet die
rus hier by Jesus se voete.
Lees Romeine 15:23-33
23Maar nou is daar vir my in hierdie streke nie meer ’n nuwe
arbeidsveld nie, en ek koester al baie jare die begeerte om julle te
besoek 24as ek na Spanje toe gaan. Ek hoop om julle dan op my
deurreis te sien; trouens, ek sou graag ook eers ’n tydjie by julle
wou deurbring en dan met julle hulp verder na Spanje toe reis.
25Maar nou is ek eers op pad Jerusalem toe met geldelike hulp vir
die gelowiges daar. 26Die gemeentes in Masedonië en Agaje het dit
naamlik goedgedink om iets by te dra vir die armes onder die
gelowiges in Jerusalem. 27Hulle het self so besluit, en hulle is dit
buitendien ook verskuldig, want as die gelowiges uit die Jode hulle
geestelike rykdom met die heidennasies gedeel het, is die gelowiges
uit die heidene dit aan die gelowiges uit die Jode verskuldig om
hulle met stoflike hulp by te staan. 28As ek daarmee klaar is en die
volle bedrag wat ingesamel is, veilig aan hulle besorg het, sal ek by
julle langs na Spanje toe reis. 29Ek weet dat as ek na julle toe kom,
dit met die volle seën van Christus sal wees. 30Ek versoek julle dan
dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op
grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met
my deur vir my te bid 31dat God my veilig mag hou tussen al die
ongelowiges in Judea en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar
mag wees vir die gelowiges daar. 32En as dit die wil van God is, sal
ek vol blydskap na julle toe kom om ’n tydjie by julle te rus. 33God
wat vrede gee, sal by julle almal wees! Amen.
t Kyk ‘n bietjie hoeveel planne en hoeveel werk Paulus gehad het
aan die einde van sy derde sendingreis. Maak ʼn lys daarvan.
A
A
A
44
COLENGNGWR135 t Aan die einde van al dié aktiwiteite is daar iets waarna hy baie
uitsien. Wat is dit volgens vers 32?
t Wat beteken dié gedagte vir jou? Dink jy ‘n mens kan dit met
‘n vakansie in verband bring?
45
Week 5 Saam met en
soos Jesus leer
Mens tot Mens
Deel met die groep watter persoon – anders as jou pa of ma – ‘n
reuse invloed op jou lewe gehad het. Wie was soos ‘n mentor vir
jou?
Mens tot God
Kom ons dank die Here vir die mense wat Hy in ons lewens plaas.
God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding.
Lees saam Lukas 22:24-30
Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die
belangrikste beskou moet word. Maar Jesus sê vir hulle: “By die
nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag
afdwing, laat hulleself weldoeners noem. Maar by julle moet dit nie
so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die
geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.
Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is, of die een wat
bedien? Tog hy wat aan tafel is, nie waar nie? Maar Ek is in julle
kring soos die een wat dien. “Julle is die mense wat in my beproe-
wings altyddeur by My gebly het. Net soos my Vader ’n koninkryk
aan My bemaak het, so bemaak Ek ’n koninkryk aan julle, sodat
julle in my koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan
sit om oor die twaalf stamme van Israel te regeer.”
1. Deel met mekaar wat jou in hierdie gedeelte opval.
46
Saam met en Week 5
soos Jesus leer
COLENGNGWR135 2. Jesus gebruik die onenigheid wat onder hulle ontstaan het as
‘n leermoment. Watter beginsel kan ons vir onsself daaruit
neem?
Jesus is hierdie dissipels se Leermeester, maar Hy het nie ‘n
vaste “kurrikulum” wat Hy volg nie. Hy laat toe dat die pro-
bleme van die lewe geleenthede vir leer wees. Hy speel in op
hulle vrae, konflik, twyfel en gebruik dit om hulle lewe te beïn-
vloed. Ons kan ook gewone ervarings van die lewe gebruik en
saam met mense op ‘n geestelike manier daaroor reflekteer.
3. Iemand wat altyd oor alles sterk menings uitspreek, loop die
gevaar om beterweterig oor te kom. In Engels word dit
“opinionated” genoem. Hoe kan ons dit regkry om ‘n invloed
in mense se lewens te hê sonder om beterweterig te wees?
Wees versigtig om altyd of gou jou mening uit te spreek. Jy
kán! Soms word dit van jou vereis. Ander kere kan jy deur ʼn
vraag te stel mense aan die dink sit. Of wag dat jou mening
gevra word. Antwoord altyd versigtig. (1 Petrus 3:15 en 16)
4. Die korporatiewe wêreld beskou vandag nog Jesus as die ver-
persoonliking van wat genoem word “dienskneg-leierskap”.
Deel met die groep wat julle onder “dienskneg-leierskap”
verstaan en hoe dink julle dit in die praktyk uitkristalliseer.
“Dienskneg-leierskap” is wanneer jy as leier of mentor, níe
van bo af onder toe leiding gee nie, maar van onder af boon-
toe. Niemand het getwyfel dat Jesus iemand fenomenaal is
nie – tog het Hy mense se voete gewas. Dit spreek van ‘n
persoonlikheid wat deur nederigheid gekenmerk word.
47
Week 5 Saam met en
soos Jesus leer
5. Jesus deel geredelik oor sy eie lewe en gee Homself as voor-
beeld. Watter gevaar lê daarin as ons dit doen?
Ons kan aanstellerig of beterweterig oorkom en dit kan ‘n weer-
sin by mense wek. Daarom is dit aan te beveel dat ons vanuit
ons foute/ervarings/kennis met mense deel. Dit vra groter
broosheid van ons omdat ons onsself weerloos oopstel vir ander,
maar dit verhoed dat ons die indruk skep van iemand wat alles
weet en alles reg doen. Jy mag natuurlik ook grepe uit jou lewe
deel wat jy wel reg gedoen het, maar dan moet jy dit met ekstra
beskeidenheid doen.
6. Laat jou oog gly oor die verhale wat hierdie gebeurtenis vooraf-
gaan en opvolg. Wat verklap die konteks van hierdie teksgedeel-
te verder oor die betekenis daarvan vir ons vandag?
Hierdie insident speel direk voor Jesus se kruisiging af. Die
aand voordat God sy grootste heilsdaad in die geskiedenis van
die mensdom verrig, raak hulle aan die stry met mekaar oor
hulle eie belangrikheid. Hulle ego’s kom in die pad! Ons kan
ook vanweë selfbeheptheid uit voeling raak met die dinge waar-
mee die Here besig is. Ons oë moet wég van onsself gerig wees
en net op Jesus gefokus wees.
Mens tot Medemens
/ Word ‘n rukkie stil en vra die Heilige Gees om vir jou te laat
dink aan iemand in jou lewe met wie jy meer intensioneel ‘n
mentors-verhouding kan hê.
/ ‘n Dissipel is nie ‘n dissipel as hy of sy nie iemand anders op
die pad van dissipelskap vat nie. Kom ons vra die Here dat Hy
ons kragtig in iemand anders se lewe sal gebruik en stel onsself
daarvoor beskikbaar. 48
COLENGNGWR135 Jesus het geleer
In hierdie week kyk ons na 6 stellings wat Jesus gemaak het met
die woorde, “Dit verseker ek julle.” Dit is dus sake waaroor Jesus
groot sekerheid het en baie ernstig voel.
Maandag Soek Jesus vir die régte rede
ʼn Dankbare hart is ook ontvanklik vir die Here. Dink aan mense
vir wie en dinge waarvoor jy dankbaar is. Sê dit nou vir die Here.
Lees Johannes 6:26-27
26Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie
omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van
die brood geëet en versadig geword het. 27Julle moet nie werk vir
die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan
nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle
gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.”
t Na watter “brood” verwys Jesus? Wat beteken dit vir jou as
Jesus sê dat ons vir voedsel wat nie vergaan nie, moet werk?
t Watter uitdagings hou jou week in? Praat nou met die Here
daaroor.
Dinsdag Is jy vry?
Moenie toelaat dat kommer jou verhinder om naby die Here te
kom nie. Waaroor is jy bekommerd? Gee dit vir die Here en voel
hoe jy rustig raak.
Lees Johannes 8:34-36
34Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde
doen, is ’n slaaf van die sonde. 35’n Slaaf bly nie vir altyd by ’n
huisgesin nie; ’n seun bly vir altyd. 36Eers as die Seun julle vry
maak, sal julle werklik vry wees.
t Ons dink partykeer ons is “vry” as ons kan doen wat ons wil,
49
maar Jesus sê iemand wat hom/haar oorgee aan hulle sonde, is
eintlik ‘n slaaf. Wat beteken dit vir jou?
t Word vir ‘n oomblik weer bewus van alles rondom jou. Wat is
die geluide wat jy hoor? Hoe lyk die omgewing waarin jy jou
bevind? Watter mense is in die omtrek?
t Praat met die Here oor wat in jou hart opkom.
Woensdag Dís kwaliteit, ewige lewe
Sien in jou geestesoog die hemel: engele, kore, lof, musiek, kleur,
lig... Val in eerbetoon voor die troon van God néér. Praat nou met
Hom.
Lees Johannes 5:24
24“Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat
My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie,
maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.
t Dikwels dink ons die ewige lewe is net ‘n plek waarheen ons
gaan wanneer ons doodgaan. Vandag sien ons dit is ʼn manier
van lewe – reeds nou terwyl ons hier op aarde is. Wat beteken
Jesus se woorde vir jou?
t Maak jou oë toe. Dink aan mense wat jou lewenspad kruis. Sien
hulle gesigte in jou gedagtes. Praat met die Here oor die spesifie-
ke mense aan wie jy vandag dink.
Donderdag Vreemde emosies
Het jy al gedink wat die Bybel vir jou beteken? Hou dit in jou hande
en dank God vir sy Woord.
Lees Johannes 16:20
20Dít verseker Ek julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly
wees. Julle sal bedroef word, maar julle droefheid sal in blydskap
verander.
t Jesus sê dit wat wêreldlinge gelukkig maak, verskil van wat vir sy
volgelinge geluk gee. Hoe verskil jou waardesisteem van dié van
50