The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by , 2018-11-20 06:03:59

Respek Hoogtyd (Gesins boekie)

IDENTITEITS REEKS
COLENGNGWR094

Keywords: Respek Hoogtyd (Gesins boekie)

Verspot maklike
huisgodsdiens

Gaan julle gesin se huisgodsdiens slaag of
skipbreuk lei? Wil jy weet wat is die enkele
belangrikste faktor wat die deurslag gaan gee? Jou vermoë om vrae te vra!
En nee, jy stel nie jou vrae soos ’n inkwisisie dit sou doen nie! Jou vrae is nie bedoel om
gesinslede te eksamineer nie. Jou vrae het ten doel om gesprek los te maak. As dit by
huisgodsdiens kom, wil jy ten alle koste alleenspraak vermy en eerder bespreking uitlok!

As huisgodsdiens in ’n monoloog ontaard waar iemand voortbabbel terwyl die ander
eintlik wens hulle kan gaan tv kyk, gaan hierdie kosbare gesinstyd in die hek duik. Maar
as jy dit kan inkleur in die vorm van ’n dialoog – ʼn gesprek waaraan al die lede van die
gesin deelneem – gaan dit iets in julle gesinstyd word waarna almal uitsien!
Huisgodsdiens moet so spontaan soos enige ander gesprek rondom die etenstafel wees.
Elkeen moet voel dat hulle ʼn inset kan lewer. Daarom beveel ons aan dat jy ‘n formaat
volg wat natuurlik en maklik vloei – om die waarheid te sê, ons noem dit “Verspot maklike
huisgodsdiens”

Oogmerk vir die ouer

Onder hierdie opskrif sal die ouer elke week bietjie leiding ontvang oor wat die hoofoog-
merk van die betrokke week se huisgodsdiens is. Jy hoef dit nie vir die res van die gesin
voor te lees nie. Dit is net daar om jou te help om ’n geheelindruk te kry.

Vier julle saamwees (2min)

Om een of ander rede is mens geneig om sodra jy huisgodsdiens hou, ietwat strenger
met die kinders te wees. Miskien is dit omdat ons voel dit is ’n ernstige saak. Maar net
omdat ons ernstig oor ons geloof is, beteken dit mos nie dat ons nie met mekaar op ’n
prettige manier kan praat nie! Om dus te keer dat die gesprek supervroom draai, vier ons
eers ons saamwees. Deel met mekaar iets uit julle leefwêreld. Vertel dalk vir mekaar hoe
julle dag was. Wat was ’n hoogtepunt? Wat was ’n laagtepunt? Dit is krities belangrik dat
ouers meer van hulle leefwêreld met hulle kinders deel – sonder natuurlik die spanning
wat daarmee gepaardgaan.

Verken vandag se onderwerp (1min)

Lei byvoorbeeld die gesprek in deur, te sê: “Ons lees mos wat Jesus alles oor geluk
gesê het. Vandag sien ons Hy het gesê: ‘Geseënd is dié wat treur want hulle sal vertroos
word’. Wat dink jy beteken dit?”

Verduidelik die konteks (1min)

Die idee is dat ons elke week se onderwerp sal toelig met ’n toepaslike Bybelverhaal.
Navorsing bewys dat die oorvertel van Bybelverhale, die heel kragtigste manier is om
geloof van een geslag na ’n ander oor te dra. Verhale sluk jou in en voed jou met lewens-
lesse wat nog lank na die tyd jou bybly! Daar is egter ook ʼn leemte aan Bybelstories: Die
verhale wat ons behandel loop nie chronologies nie, maar tematies. Dit beteken dat ons
ietwat gaan rondspring tussen verhale en gaan stilstaan by ’n storie wat die spesifieke
onderwerp dien. Om te keer dat gesinne nie deurmekaar raak met die Chronologiese
verloop van die Bybel nie, gaan ons telkens onder hierdie opskrif vir jou net in ’n sin of
twee die agtergrond van die verhaal gee. Jy kan dit letterlik vir die gesin voorlees en
dan oorgaan na die verhaal.

Verlekker julle in God se Woord (3min)

By hierdie punt neem die gesin nou die Bybelverhaal onder oë – of liewer onder ore! Jy
kan op 3 maniere die storie weergee:
Eerstens kan jy besluit om die verhaal bloot te lees. Dalk kies jy om dit vir ’n slag in
’n ander vertaling te lees om sodoende groter impak te verkry. As jy tieners in die gesin
het, kan jy gerus vir húlle vra om die storie te lees – of roteer na elke tweede vers sodat
elke lid van die gesin ʼn beurt kry om die verhaal verder te lees. Dit alles maak die erva-
ring meer interaktief.
Jou tweede manier van aanbieding is deurdat jy die verhaal nie lees nie, maar oorvertel
in jou eie woorde. Dit is groot pret! Sonder veel moeite voel dit gou-gou vir jou aanhoor-
ders asof dit ’n storie is wat met julle eie familie gebeur het. As jy dit dramaties kan
oorvertel, nog beter. Dit sal vir jou lekker wees om te sien hoe die gesinslede aan jou
lippe hang en nie oogkontak met jou wil verloor nie! Kleuters, kinders, tieners en volwas-
senes geniet hierdie metode.
Die derde benadering wat jy kan gebruik, lok net soveel reaksie by jou gesin uit! Jy vertel
aspris die verhaal verkeerd en dan wag jy tot hulle jou fout raaksien en jou korrigeer. Dit
werk veral goed met kleuters en laerskoolkinders. Jy sal byvoorbeeld sê: “Eendag was
daar ’n klein maer mannetjie met die naam Goliat. Hy wou teen Dawid veg. Is ek reg?
Was Goliat klein?”. “Nee!” sê die kinders. “Nou vertel vir my wie was Goliat?”, vra jy. En
so lok jy hulle uit om self die verhaal te vertel. Dit is ook ’n vinnige manier om te bepaal
hoe vertroud jou gesin met die verhaal is of nie.
Die belangrikste ding wat jy hier moet onthou, is dat dit pret moet wees. Dit word nie
verniet “Verlekker julle in God se Woord” genoem nie!

Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)

Nadat julle vir mekaar gesê het wat God se Woord sê, sê julle vir mekaar wat dit vir julle
beteken. En die manier waarop julle dit doen is weereens deur goeie vrae te vra!

Die maklikste flater wat mense begaan nadat hulle as gesin die Bybel saam gelees het,
is om nie te onderskei tussen inhoud en interpretasie nie. As die ouer byvoorbeeld vir die
kinders vra: “Wat onthou julle?” of “Wat het julle gehoor?”, dan is dit ʼn inhoudelike vraag.
Die kinders hoef maar net inligting oor die verhaal te herhaal, maar dit opsigself dra min
transformasiekrag.

Jy wil nie inhoudelike vrae vra nie, maar vrae wat handel oor interpretasie. Jou vrae moet
gemik wees op hoe mens die verhaal kan toepas in jou eie lewe. Die heel beste vraag
wat mens na afloop van die lees van ’n teks kan vra, is iets soos: “Wat dink julle leer hier-
die storie vir ons?” of “Wat dink julle beteken hierdie gedeelte?”.

Laat die kinders toe om te praat – en vra hulle verder uit oor die antwoorde wat hulle gee.
Jou rol is nié om te preek nie. Jou rol is om goeie vrae te vra en gesprek te ontlok.

Die volgende is ook goeie vrae om te vra – hoewel mens nooit almal elke keer gaan vra
nie. Die geheim is immers om die huisgodsdiens kort te hou.
Is daar ’n voorbeeld om te volg?
Is daar ’n sonde om te vermy?
Is daar ’n belofte om op staat te maak?
Is daar ’n gebed om te bid?
Is daar ’n bevel om te gehoorsaam?
Is daar ’n voorwaarde om te bereik?
Is daar ’n vers om te onthou?
Is daar ’n fout om te vermy?
Is daar ’n uitdaging om aan te neem?
Is daar ’n beginsel om raak te sien?

Vat gou die hoofgedagte vas (1min)

Nadat almal iets gesê het oor wat hulle opgeval het in die teks, kry jy nou ’n beurt om
saam te vat. Herhaal in 1 minuut die hoofgedagtes wat uitgekom het en verpak dit in jou
eie interpretasie.

Vormingsaktiwiteit

Hier kry julle geleentheid om saam as gesin ‘n praktiese aktiwiteit aan te pak. Die doel
hiervan is om seker te maak almal neem deel en het ‘n bydra gelewer om die eindproduk
te behaal. Samewerking en goeie kommunikasie is die sleutel tot sukses met enige
aktiwiteit om sodoende seker te maak almal van groot tot klein voel dat hulle ‘n bydra
gelewe het om dit ‘n sukses te maak.

Verbly julle in die Here (2min)

Nou kan julle saam bid. Weereens is daar natuurlik verskeie maniere hoe mens dit kan
doen. Een persoon kan afsluit met gebed – en daar is niks mee verkeerd nie. Maar
onthou, hoe meer mense jy kan betrek en betrokke hou in die huisgodsdiens, hoe beter.
Mens kan dus in die rondte gaan en vir elkeen kans gee om te bid. Of jy kan ‘n
“pop-corn” gebed hou, waar elke lid van die gesin (in geen volgorde nie) kans kry om een
sinnetjie vir die Here te sê. Die lekker van hierdie tipe afsluiting is dat dit geneig is om
mense se aandag langer te behou omdat dit kort sinne uit verskillende monde is, en nie
een lang gebed nie. Maar daar is baie variasies waaraan ʼn mens kan dink. Een aand kan
julle vir mekaar sê dat ons onsself gaan beperk om niks vir onsself te bid nie en net vir
ander mense. Die volgende keer kan julle ooreenkom dat julle elkeen vir iets dankie gaan
sê. Die idee is om nie afgestomp te raak nie. Ons wil ons gebedslewe kreatief
aanpak sodat ons waarlik ons in die Here kan aanhou verbly!

Maak tyd en neem ‘n “onsie” vir julle
huisgodsdiens boekie en plak hom hier

WEEK 1 – DIE EFFEK VAN RESPEK

VORMING@HUISGELOOF

RUT EN NAOMI

Oogmerk vir die ouer:

Vandag kyk ons hoe lyk dit wanneer mense respek het vir mekaar. Ons sien
hoe Rut ALLES wat vir haar bekend en veilig was, los om saam met haar
skoonma te trek – omdat sy eindelose respek het vir haar skoonma.

Vier julle saamwees:

Deel met mekaar iets wat julle hierdie afgelope week opgewonde gemaak het.

Verduidelik die konteks:

t Die Jode en die Moabiete was nooit goeie vriende nie
t Na Naomi se man en seuns se dood is sy sonder versorging en sonder 'n

toekoms in 'n vreemde land. Sy voel bitter teenoor die Here.

t Rut is nog 'n jong weduwee en sou onder haar eie mense kon regkom,

maar sy laat vaar alles om saam met Naomi na haar mense toe te gaan
en daar swaar lewe met haar te deel.

Verlekker julle in God se Woord:

Lees nou as gesin die verhaal van Rut en Naomi saam.
[Rut 1: 1-18]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Hoekom het Naomi besluit om terug te trek Juda toe?
t Hoekom wou Naomi NIE gehad het dat haar skoondogters saam trek nie?
t Hoe het die skoondogters gereageer?
t Hoekom dink julle het Rut besluit om alles te los en saam met haar

skoonma te trek?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

In Spreuke 16:6DB staan daar “Respek vir mekaar laat ‘n vriendskap blom.”
Liefde en respek loop hand aan hand want liefde keer dat ons ander benadeel
of te nakom. Respek is ’n daad. Dit is ’n “doen” woord. Ons leer dit aan, ons
beoefen dit en ons maak dit deel van ons daaglikse lewe. So maak ons die
koninkryk van God ’n aktiewe koninkryk waarin ons almal deelneem.

A. Kom ons raak besig!
Respek moet daagliks geïmplementeer en beoefen word. Ons moet onsself
daagliks herinner aan die dinge wat ons moet doen om seker te maak ons is
respekvolle kinders van God.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Inkleurpotlode
# Penne & A4 grootte papier
# Prestic of ‘n magneet
# Jou yskas

 So maak ons...

# Vat die A4 papier en skryf die letters van die woord RESPEK onder

mekaar asook wat elke letter verteenwoordig (sien voorbeeld).

# Elke letter word gekoppel aan ‘n daad wat respek verteenwoordig.
# Versier julle A4 papier met die mooiste kleure en patrone want onthou

julle gaan aan die einde hom teen julle yskas opsit.

# Maak seker julle sit hom waar almal hom kan raaksien.

Verbly julle in die Here:

t Vertel vir mekaar wanneer julle respek van die ander beleef.
t Laat elkeen in 'n eenvoudige gebed die Here dank vir die respek wat

tussen julle as gesin is.



WEEK 2 – GOD: DIE BRON VAN RESPEK

VORMING@HUISGELOOF

DIE TIEN GEBOOIE

Oogmerk vir die ouer:

Die tien gebooie het in die Ou Testamentiese tyd ‘n groot rol gespeel in die
mense se geloofslewe. Vandag speel dit steeds ‘n baie groot rol.

Vier julle saamwees:

Deel as gesin met mekaar watter reël in julle huishouding vir elkeen belangrik
of kosbaar is.

Verduidelik die konteks:

t Dit gaan in die 10 gebooie oor 'n diep respek vir elkeen van die sake

waaroor gepraat word.

t Die eerste 4 gebooie gaan oor ons verhouding met God
t Die laaste 6 gebooie gaan ons verhouding met ons medemens
t Die 10 gebooie is nie 'n voorwaarde vir God se betrokkenheid in ons

lewens nie, maar die gevolg daarvan (sien vers 2 = God het klaar sy kant
gebring en ons reageer nou net daarop)

Verlekker julle in God se Woord:

Lees nou as gesin die tien gebooie saam. Stop by elkeen en dink oor hoe
daardie gebod vandag sal lyk. [Eksodus 20:1-17]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Dink jy die tien gebooie is vandag nog belangrik?
t Wat is die belangrikste gebod?
t Wat is die 2de belangrikste gebod?
t Hoekom dink jy is hierdie die belangrikste 2 gebooie?
t Ons hoor by elke gebod wat ons nie moet doen nie, maar wat moet ons

wel doen by elkeen?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

Die woord ‘jammer” bring ‘n mens vêr in die lewe. Dit bring versoening, dit
wys nederigheid maar dit leer ons ook om verantwoordelikheid te neem vir dit
wat ons verkeerd doen. Ons moet daagliks ons sondes voor God se voete
neer lê sodat ons Sy vergifnis en genade kan ontvang.

A. Kom ons raak besig!
Respek moet daagliks geïmplementeer en beoefen word. Ons moet onsself
daagliks herinner aan die dinge wat ons moet doen om seker te maak ons is
respekvolle kinders van God. Ons moet leer dat om jammer te sê is ‘n goeie
ding en nie ‘n vorm van swakheid nie.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Papier vir elke gesinslid
# Penne of potlode
# Ma of Pa wat leiding gee

 So maak ons...

# Hierdie voorbeeld leer ons om op ‘n eenvoudige manier jammer te sê

met doeltreffende resultate.

# Elkeen in die gesin gaan ‘n stuk papier vat en vir iemand in die gesin

‘n “jammer” skryf vir iets wat hulle gedoen het. Dalk was dit ‘n manier
hoe iemand gereageer het toe ma iets vra, of dalk is dit ‘n geval van
Pa wat nie vir Ma ‘n hand bygesit het in die kombuis nie.

# Nadat elkeen dit neergeskryf het moet dit hardop gelees word vir

daardie spesifieke persoon/persone. Maak seker jy kyk daardie
persoon in die oë en maak seker almal doen dit met respek en uit
liefde.

Verbly julle in die Here:

Laat elkeen in 'n kort gebed sê watter een van die gebooie vir jou uitstaan en
bid daaroor.



WEEK 3 – RESPEK VIR JOUSELF

VORMING@HUISGELOOF

DANIËL EN DIE KONING SE KOS

Oogmerk vir die ouer:

Daniël het homself genoeg gerespekteer om nie kos te eet wat sy liggaam
sou verontreinig nie, hy was nie bekommerd wat die prys sou wees omdat hy
nie na die koning geluister het nie – hy het op die Here vertrou.

Vier julle saamwees:

Deel as gesin met mekaar, dit wat vir julle elkeen belangrik is om as gesin
saam te doen.

Verduidelik die konteks:

t Daniël is grootgemaak volgens die Here se beginsels.
t Selfs in 'n vreemde land, baie groter as die een waarvandaan hy kom, het

hy vasgehou aan dit wat hy baie die Here geleer het.

t Integriteit is oral geweldig kragtig. Sy wysheid is was veel meer as die

van die beste in Nebukadneser se koninkryk.

Verlekker julle in God se Woord:

[Daniël 1:1-17]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Hoekom dink jy wou Daniël nie die koning se kos geëet het nie?
t Wat het Daniël en sy vriende toe geëet?
t Was hulle beter of slegter af as die ander (wat die koning se kos geëet

het) na die 10 dae?

t Hoe sou jy ‘n ongemaklike situasie hanteer, byvoorbeeld wanneer jy

bang is dat jy in die moeilikheid sal kom as jy opstaan vir wat reg is?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

Om respek vir jouself te hê is om lief te wees vir jouself. God het elkeen van
ons uniek gemaak met soveel gawes en talente. Respek vir jouself toon
respek vir God se handewerk.

A. Kom ons raak besig!
Baie kere voel ons dat mense ons nie hoor nie. En omrede ons deursigtig
voel ervaar ons verwerping of selfs eensaamheid. Wanneer ons onsself ken
en weet wie ons is in God besef ons, ons waarde en kan ons meer vir ander
beteken.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Papier vir elke gesinslid
# Penne of potlode
# Prestic of magnete
# Yskas
# Ma of Pa wat leiding gee

 So maak ons...

# Elke lid van die gesin moet ‘n lysie invul (sien voorbeeld).
# Hierdie lysies moet teen die yskas opgesit word vir die week sodat

elke gesinslid dit kan sien.

# Met hierdie oefening gaan ons respek begin aanleer vir mekaar se

deursigtige sye wat ons soms voel ander niks van weet of dalk
raaksien nie.

Verbly julle in die Here:

Dank die Here dat ons die waardes wat ons by Hom geleer het kan vertrou.



WEEK 4 – RESPEK VIR DIE RANDFIGURE

VORMING@HUISGELOOF

JESUS EET SAAM MET DIE TOLLENAARS EN SONDAARS

Oogmerk vir die ouer:

Vanuit hierdie gedeelte leer ons dat Jesus lief was vir ALLE mense. Hy het
tyd saam met die mense spandeer wat Hom werklik nodig gehad het, Hy het
nie sy rug op sondaars gedraai soos wat die wêreldse beskouing sou wees
nie.

Vier julle saamwees:

Vertel vir mekaar wat jou hierdie week vies gemaak het en hoekom.

Verduidelik die konteks:

t Tollenaars was regtig baie slegte mense. Hulle het nie omgegee om

misbruik van hulle mede-Jode te maak om hulleself te bevoordeel nie.

t Hulle is voortdurend gewalg deur hulle volksgenote en opsy geskuif.

Jode is van kleins-af geleer hom hulle te haat.

t Jesus was gewoond daaraan om tyd te spandeer met mense wat deur

ander uitgestoot is.

t Daarvoor is ook Jesus gehaat deur die leiers onder die Jode.

Verlekker julle in God se Woord:

[Markus 2: 13-17]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Watter werk het Levi gedoen?
t Hoekom het mense nie van Levi en sy vriende gehou nie?
t Dink jy dit was reg dat Jesus saam met die tollenaars gaan eet het?
t Wat beteken vers 17 vir jou?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

Daar is vele “maniere” om probleme op te los dis net ‘n kwessie van of ons
goeie “maniere” het wanneer ons dit doen. Maniere kan nie gekoop word nie
maar wel aangeleer word en maniere is nie opsioneel nie dis verpligtend.
Respek verg maniere en maniere toon respek.

A. Kom ons raak besig!
Jesus het met almal gemeng. Hy was nie selektief nie maar wel aktief. Sy
karakter en sy hart was oop vir alles en almal. Hoe wil ons Jesus se lig wees
en ‘n verskil maak as ons selektief kies met wie ons ordentlik wil wees en
met wie ons kort af of ongeskik is. Sonde is in ons almal maar so ook respek.
Alles loop uit op ‘n keuse.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Die voorbeeld wat gegee is
# Pen
# Ma of Pa wat leiding gee

 So maak ons...

# Lees die aktiwiteit deur en kies watter stelling pas by watter sin.
# Verbind dan die korrekte stelling met die korrekte sin en maak ‘n punt

daarvan om by elkeen vir ‘n paar minute stil te staan en dit bietjie te
bespreek.

Verbly julle in die Here:

Vra die Here om julle 'n hart te gee vir mense wat deur ander verstoot word.



WEEK 5 – RESPEK VIR MY NABYMENSE

VORMING@HUISGELOOF

JESUS WORD GEKRUISIG

Oogmerk vir die ouer:

Jesus was so lief vir sy ma dat Hy in Sy eie diepste seer tyd gevind het om
haar in die sorg van sy liefling dissipel te laat.

Vier julle saamwees:

Wat waardeer julle as gesin van mekaar? Noem elkeen by die naam en sê
wat jy van hom/haar waardeer.

Verduidelik die konteks:

t Dit was die verantwoordelikheid van 'n kind om vir sy ma tot haar dood te

sorg wanneer haar man oorlede was. Hieruit kan ons aflei dat Josef
(Jesus se aardse pa) reeds oorlede was.

t Jesus het geweet dat hy vir sy ma moes sorg, maar sou dit nie meer kon

doen wanneer Hy dood is nie.

t Hy reël dus aan die kruis dat Johannes in sy plek na sy ma sal omsien.

Verlekker julle in God se Woord:

[Johannes 19: 25-27]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Hoekom dink jy het Jesus dit nodig geag om Sy ma en sy dissipel aan

mekaar te bind as moeder en seun?

t Wat dink julle beteken hierdie stuk?
t Wat ervaar julle van Jesus se liefde teenoor Sy nabymense?
t Wie sien jy as jou nabymense?
t Hoeveel respek het jy vir jou nabymense?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

Ons nabymense is ons gesin, familie en vriende. Nabymense is daar vir
mekaar om mekaar te ondersteun, lief te hê en na mekaar te luister. Soms
vergeet ons om vir die wat naby aan ons is opregte dankbaarheid te toon
want ons raak so gewoond aan hulle teenwoordigheid.

A. Kom ons raak besig!
Respek vir ons nabymense is daagliks nodig. Ons moet aanleer om dank-
baarheid te verbaliseer sonder om ‘n rede te soek soos verjaarsdae of
Kersfees om ons dankbaarheid te spreek. Ons moet saam staan en mekaar
dra en ondersteun.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Boksie Smarties of M&M’s

 So maak ons...

# Gooi die lekkers uit op die tafel.
# Indien jy nie die gespesifiseerde kleure in jou boksie het nie, vervang

net die kleur op die voorbeeld met ‘n kleur wat in jou pakkie lekkers
dalk voorkom.

# Die doel van die aktiwiteit is om net opreg en sonder pretensies vir

mekaar te verbaliseer wat ons dink en voel.

Verbly julle in die Here:

Dank die Here vir die voorreg dat julle gesin so heg aan mekaar verbind is.



WEEK 6 – RESPEK VIR MY VYANDE

VORMING@HUISGELOOF

NAÄMAN EN DIE DIENSMEISIE

Oogmerk vir die ouer:

Vertel die verhaal, maar beklemtoon veral hoe erg dit moes gewees het om
gevange geneem te word en toe nog as dienskneg moes werk. Kyk dan na
die meisie se optrede teenoor die persoon verantwoordelik vir haar inhegte-
nisname…

Vier julle saamwees:

Elkeen deel wat hulle sover hierdie kwartaal van respek geleer het.

Verduidelik die konteks:

t Naäman was die generaal van die koning van Aram.
t Daardie selfde leër was wreedaards wat sommer na 'n vreemde land sou

gaan en na hartelus mense as slawe weggevoer het sonder om hulle
families te spaar of in ag te neem.

t So is 'n dogtertjie uit Israel weggeneem van haar ouers en moes sy in 'n

vreemde land in die hoof van leër se huis werk.

t Naäman se siekte kon die weerwraak van die Here wees waarop sy

gehoop het.

Verlekker julle in God se Woord:

[2 Konings 5: 1-14]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Wanneer het ‘n mens vyande?
t Wie dink jy is jou vyande?
t Wat sou met Naäman gebeur het as die diensmeisie nie gepraat het nie?
t Dink jy sy het reg opgetree?

t As jy in haar skoene was, sou jy dieselfde gedoen het?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

Min van ons het respek vir ons vyande. Baie keer is ons optrede teenoor ons
vyande koud, disrespekvol en dalk selfs aggressief. Om op te tree in liefde
nadat ons vyande ons te nagekom het vat baie maar is altyd die regte ding
om te doen.

A. Kom ons raak besig!
Daar is altyd ‘n reg en ‘n verkeerd maar ons kan nie ‘n verkeerd met ‘n ver-
keerd regmaak nie. Ons optrede en gedrag teenoor ons vyande moet nie deur
ons emosies bepaal word nie maar wel deur respekvol op te tree ten spyte
van wat aan jou gedoen of gesê is.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Voorbeeld wat gegee word

 So maak ons...

# Vat elke stelling en bespreek dit in gesinsverband met mekaar.
# Die doel van hierdie aktiwiteit is om ‘n verkeerd met ‘n reg te vervang.

Verbly julle in die Here:

Laat iemand Matteus 5:44 lees en vra die Here om dáárdie gesindheid in julle
harte te plaas.



WEEK 7 – KOM ONS VIER WAARDIGHEID!

VORMING@HUISGELOOF

‘N NUWE LEWE IN CHRISTUS JESUS

Oogmerk vir die ouer:

Deur Christus Jesus se dood en opstanding is ons nuwe mense. Deur Sy
offer, het Hy aan ons die NUWE lewe geskenk. Dus is ons waardig om met
respek behandel te word en so ook om onsself en ander met respek te
behandel.

Vier julle saamwees:

Deel met mekaar dié eienskappe van die Here wat vir jou die mooiste is.

Verduidelik die konteks:

t Dit is nie die sonde wat ons doen nie, maar ons sondige natuur wat ons

probleem is, daardie sondige ingesteldheid wat heeltyd wag om te wys
waartoe hy in staat is.

t Daardie sondige natuur was die bose se greep op ons en het ons vir ewig

van God vervreem.

t Toe kom Jesus en breek die mag van die bose deurdat Hy ons sondige

natuur weggeneem het. Wat God betref het ons aan die kruis gehang en
die volle prys vir ons skuld betaal.

t Nou was ons werklik VRY!!

Verlekker julle in God se Woord:

[Kolossense 2:11-15]

Vra goeie vrae – ontlok gesprek:

t Waaruit bestaan die besnydenis van Christus?
t Wat beteken dit vir jou?
t Wat ervaar jy as jy lees dat jou sonde jou dood gemaak het?
t Wat ervaar jy as jy lees jy is weer lewendig deur Christus?

t Voel jy soos ‘n nuwe mens in Christus?

Vat gou die hoofgedagte vas:

Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief.

Vormingsaktiwiteit:

God is liefde. Aan Sy liefde vir ons as Sy kinders is daar net geen einde nie.
Ons moet elke dag meer en meer soos Jesus word en Sy lig wees in ’n seer
en donker wêreld.

A. Kom ons raak besig!
Ons moet daagliks onsself herinner aan wie en wat die Here vir ons is. Sy
eienskappe en karakter is dit waarna ons moet streef.

B. Hoe maak ons?
 Benodigdhede vir hierdie aktiwiteit.

# Voorbeeld wat gegee word
# Skêr

 So maak ons...

# Vat hierdie laaste bladsy van hierdie boekie en skeur hom uit.
# Vat dan die skêr en knip die afskeur strokies op die lyntjies een vir

een om sodoende “tags” te maak.

# Sit hom op teen julle yskas.
# Hierdie laaste aktiwiteit is ‘n “vat een vir jouself” strokie.
# Elke oggend aan die ontbyt tafel moet daar ‘n strokie gevat word en

as gesin bespreek word.

Verbly julle in die Here:

Laat elkeen die Here in sy eie woorde in 'n gebed dank vir die nuwe lewe!!




Click to View FlipBook Version