The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.

Ons nooi jou hartlik uit na ons Van Vuuren-Troufees, 13 Junie 2020!

Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by Liezldupl, 2019-12-13 11:06:34

Ons Van Vuuren-Troufees

Ons nooi jou hartlik uit na ons Van Vuuren-Troufees, 13 Junie 2020!

Keywords: Troufees

♥13 Junie 2020♥
15:30

♥ Kom deel in die vreugde van ons móóiste dag &
die begin van ons Vir Ewig en Altyd sáám! ♥

Ons Storie

“Toe ek jou ontmoet het, het ek geen idee gehad hoé baie my

lewe sou verander nie… Min het ek, wat daarvan hou om te
beplan en dan my planne nougeset uit te voer, geweet dat jou
wêreld my sou leer om dag tot dag te lééf! Ek moes leer dat my
enigste keuse dikwels sou wees om op nommer 99 te aanvaar
om bloot ons oomblikke saam (onbeplan) ten volle te benut en
met oorgawe te geniet. Jy is my grootste gawe uit God se Hand,

die één waarvoor ek so lank gebid
en gehoop het, wie ek gedink het net in
my drome bestaan. Ek weet vandag dat
dit wat ek al die jare gedink en geglo het
ware geluk is, nie naastenby vergelyk
kan word met die vreugde en liefde wat
jy my bring nie. Jy is ‘n deel van alles
wat ek dink en doen en voel en met jou
aan my sy glo ek enige iets is moontlik.
Jy is die rede vir my lag en dat ek waag
om te droom. Dankie vir die wonderwerk
wat jy vir my is, ek sien uit na ons lewe saam en is opgewonde

om jou vrou te word. Ek het jou oneindig lief – vir Ewig & Altyd! ”

“ Van die eerste keer wat ek Liezl ontmoet
het, het ek van haar gehou. Sy was
mooi, sprankelend en spontaan. Ons het
lekker gesels en na die eerste kuiertjie
het ek gehoop om haar weer te sien, en
so het ons mekaar toe al meer begin
sien. My gevoelens vir haar het al hoe
sterker geword en ek het vir haar lief
geword vir wie sy is, maar ook vir wie ék
is wanneer ek by haar is. Sy het my
inspirasie geword – en so het ek besluit

om haar te vra om my vrou te word, want ek het geweet dat
sy my sielsgenoot is en dat ons perfek pas. Liezl is die
middelpunt van my bestaan en my wêreld is ‘n beter plek met
haar daarin. Sy is nie net die liefde van my lewe nie, maar

”ook my beste maat en ek sal haar vir ewig lief hê.

♥Sáám is my gunsteling
plek om te wees! ♥

♥My liefde vir jou is oneindig!♥

Sy Strooijonkers

O’Neill LennoHx ofknapiKeobus Du Plessis

♥ Jozua Roodt ♥

Haar Strooimeisies

Wilma Mouton Annemi Marais

Dankie dat julle die pad saam met ons stap!

Hoe om te ry…

♥ Simondium Country Lodge ♥

Paarl/Franschhoek pad, R45
+-4.5km na Babylonstoren
(rigting, vanaf Paarl)
+-24km voor Franschhoek
(rigting, vanaf Paarl)

Waar om te bly…

AIRBNB – OPSIES
www.airbnb.co.za

♥ The Valley Room/Kimi’s Cottage, Simondium –
2.2km vanaf onthaal;

♥ Winelands Tuscan Suit, Simondium – 4.7km vanaf
onthaal;

♥ Babylonstoren Farm Hotel – 5.1km vanaf onthaal;
♥ Simonsberg Silo One – 14km vanaf onthaal;
♥ Natte Valleij Farm – 14km vanaf onthaal.

LEKKESLAAP-OPSIES
www.lekkeslaap.co.za

♥ Station House, Simondium – 2.2km vanaf onthaal;
♥ Lekkerwijn Heritage Country House – 2.6km vanaf

onthaal;
♥ Paddabult, Simondium – 3.7km vanaf onthaal;
♥ Waterside on Le Bonheur – 4.6km vanaf onthaal;
♥ De Villiers Family Farm, Paarl, 11km vanaf

onthaal;
♥ Nuwerus Lodge, Paarl – 13km vanaf onthaal;

Geskenkwenk

WITTEBROOD

RSVP

Laat weet asseblief voor of op

1 April 2020

of jy saam met ons kom feesvier,
♥ 0848999202 ♥

♥Jammer geen kinders. Mammas verdien
ook ‘n blaaskansie so elke nou en dan!♥

♥Ons sien uit om ons mooiste dag
met jou te deel!♥


Click to View FlipBook Version