The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by Liezldupl, 2019-12-18 08:18:16

Van Vuuren-Troufees Koerantjie

FOR YOUR EYES ONLY!

E♥L – Trou-uitgawe 13 Junie 2020

Bladsy 2 Bladsy 2 (vervolg) Bladsy 3-5 Bladsy 6
♥Só het hy die JA- Ons gunstelinge!♥ ♥Wense van ons ♥Op die Spyskaart.♥
♥Só verloop die dag…♥
woord gevra…♥ ♥Hoe het sy/hy hartsmense?♥
geweet?♥

Welkom! ♥♥♥Van wyd en suid het julle gereis tot hier, om saam met ons, ons L

BY ONS TROUFEES Emooiste dag te vier. Ons is opreg dankbaar vir die voorreg om mense

soos julle in ons lewens te kan hê! Woorde kan nie beskryf hoeveel
julle teenwoordigheid vir ons beteken nie. Emmersvol liefde en sakke
vol dankies dat julle kom deel het in ons Van Vuuren-vreugde – elkeen
van julle het ‘n spesiale plekkie in ons harte! Baie, baie dankie! ♥♥♥

♥’n Brief aan my Bruid ♥
Aan my liefling, ek kan nie wag om die wees vir die tyd wat ek aan jou sy
kon wees. Maak nie saak hoe ons
res van my lewe saam met jou te lewens uitdraai nie, die grootse seën
spandeer nie en om elke dag langs jou te waarvoor ek kon vra, is vir jou as my
kan wakker raak nie. Jy is my beste vrou en na vandag sal al my drome
maat en my rots. Jy laat my lag en waar geword het. Ek is vir jou meer
wanneer ek ‘n slegte dag gehad het laat lief as wat ek met woorde kan
jy my weer beter voel.Vandag gaan Oom beskryf.
Eugene, ons predikant, sê dat ons een

gaan word, maar ek voel dat ons al PS... Ek weet alreeds dat jy
lankal een is. Ek weet in my hart dat jy beeldskoon gaan lyk
die een is vir my en dat ons vir mekaar wanneer jy na my
bedoel is. toe aangestap
Ek kan nie wag om ‘n gesin met jou te gaan kom…
begin nie en om vir my én jou in ons
kinders se oë te sien nie. Ek sien so baie Al

uit na die herinneringe wat ons nog Al my liefde
saam gaan maak en vir wanneer ek oud xxx
is en ek agteroor kan sit en net dankbaar

♥BLADSY 1♥

E♥L – Trou-uitgawe 13 Junie 2020

♥Só het hy die JA-woord gevra…♥ ♥ Te k s v e r s ♥

Nadat hy ‘n hele paar nagte die wat vir my effens vreemd was, aan-
gesien hy altyd net te gretig is vir
Kaapse vlakte, tussen skote wat klap, ‘n wegbreeknaweek. My ma moes
moes aandurf – tydens spesiale toe noodgedwonge help om aan die
middernagtelike ekspedisies, waarvan groot geheim te beplan, want hy
ek nie geweet het nie, koop hy toe my ken toe glad nie die plek nie en
ring. So ry ek toe ewe onwetend die kom wat wil – dié vraag wou hy
arme man se planne in die wiele. Hy Paasnaweek vra. Na hy toe nog ‘n
het stilletjies met een van my onbeplande kuier van vriende van
jarelange maters, Alae, gekonkel vir my ook moes trotseer op die groot
die gebruik van haar seehuisie (een dag en hy my ‘n paar keer benoud
van ons albei se gunsteling plekke) gevra het hoe lank hul sou kuier,
om die GROOT VRAAG te vra, Paas- het hy my die aand van 20 April
naweek 2019. My ma’le het toe pas 2019 langs die meer by Island
Island Lake, Wildernis toe getrek en Lake op sy knieë, met kerslig en
so sê ek net, jammer ek wil Paas- sjampanje, gevra om sy vrou te
naweek by hulle gaan kuier en hulle word – en soos hulle sê die res is
paradys gaan bekyk. Die arme man geskiedenis! Island Lake is nou ook
het my toe ‘n paar keer gevra of ek een van ons gunsteling plekke en
seker is dat ek juis dié naweek na my vandag sê ons sáám JA vir Ewig en
male wou gaan en aangebied dat ons Altyd!
enige ander naweek ook kon gaan,

♥SÓ HET HULLE GEWEET♥

HY SY
HOEKOM HET EK LIEZL GEKIES? HOEKOM HET EK ESTAU GEKIES?
♥ Hy vergewe so gou en maklik;
♥ Sy is baie mooi van binne en buite; ♥ Hy is lief vir my vir wie ek is en laat
♥ Sy’s my beste maat;
♥ Sy laat my lag; my toe om myself uit te leef;
♥ Ek het net van die begin af geweet dat ♥ By hom kan ek net wees – hy is my

ons perfek pas en sy my vrou sou beste vriend en verstaan my hart en
wees eendag; my kop;
♥ Ek kan nie my lewe sonder haar in ♥ By hom kan ek myself uitwoed as iets
dink nie; my ontstel of die dag net een te veel
♥ Sy inspireer my elke dag; was;
♥ Ek het haar lief met my hele hart ♥ Ons is ‘n span!;
en siel. ♥ ♥ Ek het hom oneindig lief! ♥

♥Sáám is my gunsteling plek
om te wees! ♥

♥ONS GUNSTELINGE♥

SYNE HARE

♥ Kleur: swart ♥ Kleur: Hang af van my bui 
♥ Kos: Pasta ♥ Kos: Koreaans/Indies
♥ Spesiale dis wat Liezl maak: ♥ Spesiale dis wat Estau maak: Bobaasbraaier!
♥ Plek: Enige plek saam met jou!
Hoenderkorma ♥ Tydverdryf: Dans met Estau!
♥ Plek: Alae se see-huisie ♥ Liedjie: Gebore om by jou te wees-Juan
♥ Tydverdryf: Naweke weg saam met
Boucher
Liezl ♥ Herinnering: Toe Estau
♥ Liedjie: Gebore om by jou te wees –
my gevra het om te
Juan Boucher trou!♥
♥ Herinnering: Toe ek Liezl gevra het

om my vrou te word.♥

♥BLADSY 2♥

E♥L – Trou-uitgawe 13 Junie 2020

♥WENSE VAN ONS HARTSMENSE♥

ANNAMARIE & JOHANN, JOZUA & EWANN ♥ die bruid se jonger sussie & gesin

Ons het Estau vir die eerste keer in Desember 2016 ontmoet tydens Kerstyd. Ons

gesin het ‘n Kaapse Kersfees gehou en so het Estau toe sommer eenmalig die HELE gesin
ontmoet. Senutergend vir hom aan die een kant, om almal so op een slag te ontmoet,
goed aan die anderkant, want toe is dit sommer gedane sake! ‘n Mens kon nie anders as
om dadelik van Estau te hou nie, wat ‘n aangename man met ‘n sagte hart wat ons Liezl
omtrent laat straal. Liezl, die organiseerder van formaat, word sag soos ‘n lammetjie
wanneer sy met Estau praat – ‘n ander stemtoon wat ons nog nie van tevore gehoor het
nie, met oë wat opreg skitter vir die nuwe liefde in haar liefde. Hulle liefde en omgee vir
mekaar is tasbaar en dit was heerlik om Estau in ons gesin te verwelkom. Verder is
daar nie ‘n beter Tannie en Oom vir ons 2 seuntjies, Jozua en Ewann nie. Van
sandkastele bou op Jeffreys se strand tot kombershuisies bou in Piet Retief, Jozua en
Ewann is bevoorreg om avonture saam met julle te geniet. Ons is seker julle het genoeg
Mr Beanie gekyk om ‘n leeftyd te vul, dankie vir al julle liefde en saamspeel. Mag julle
huwelikspad besaai wees met hope liefde en geluk, mag julle God se rykste seën ervaar
en saam die mooiste herinneringe maak. Op Mnr & Mev Van Vuuren!

PA & MA ♥ Bruid se ouers

Elke klein dogtertjie droom van die dag dat sy aan die hand van haar "prins" in 'n wit

waas van sy, kant en blomme voor die kansel sal staan en hulle trou aan mekaar sal be-
loof en vir ewig en altyd gelukkig saam sal lewe. Seuntjies droom seker ook so af en toe
van die mooiste "prinses" wat eendag sy vrou sal wees, vir wie hy kan liefhê, koester en
beskerm. Vandag word daardie lank gekoesterde droom vir julle altwee waar!
Liefste Ousus, ons is baie lief vir jou en baie geseënd om jou in ons lewens te hê en dank
die Vader elke dag vir so 'n wonderlike dogter waarop ons nog altyd net trots kon wees,
en nou het Hy ook vir jou 'n wonderlike lewensmaat in Estau gegee.
Ons wens vir julle twee is dat julle lewenslank mekaar sal liefhê en ondersteun, mekaar
sal bystaan en help deur die goeie en slegte tye sodat julle al julle drome saam kan waar
maak, maar dat julle dit ook vir mekaar sal gun om elkeen sy eie drome te kan hê en te
kan uitleef. Wees altyd lief vir mekaar, respekteer mekaar, lag saam, huil saam en bid
saam en maak die Here die fondament van julle huwelik, dan sal dit al julle wildste
drome oortref. Mag hierdie dag vir julle die begin wees van die mooiste "Vir Ewig en
Altyd" saam. Liefde Pa en Ma

KOBUS & HELENA ♥ Bruid se kleinboet/Strooijonker/MC & skoonsus

vandag is die begin van julle vir ewig en altyd saam! Liezl, dankie vir die liefdevolle en

ondersteunende ousus en skoonsus wie jy vir ons is. Jy dra ‘n baie spesiale plek in ons
harte en ons is dankbaar dat God jou geseën het met ‘n wonderlike man. Estau, ons
weet sonder twyfel dat jy ‘n wonderlike lewensmaat vir Liezl gaan wees op wie sy kan
vertrou en wie haar sal liefhê en ondersteun deur die goeie en die moeilike tye.
Ons gebed vir julle is dat julle elke dag julle huwelikspad saam met God sal stap, Hom
die bousteen van julle huwelik sal maak, Hy julle sal seën met geloof, liefde, vreugde en
geluk wat julle sal dra deur die goeie en die moeilike tye. Dankie dat ons in julle
troudag kan deel en ons sien uit na al die memories saam met julle wat op ons wag!

OUPA VAN DIE BRUID Hartsmense

Baie geluk Liezl en Estau met jul huwelik mag dit n lewenslange
verbintenis wees, ‘n vennootskap waarin jy Altyd jou vennoot hoër sal ag
as jouself en dat jy vertroue in, en respek vir mekaar sal hê en iets uit die
Woord, Psalm 127 vers 1, “As die Here nie self ‘n huis bou nie, help al die
werk van die bouers niks nie.” En wat daarop volg, DIT IS DIE
FONDASIE VAN JUL HUWELUK. Liefde, groete, Oupa

♥BLADSY 3♥

E♥L – Trou-uitgawe 13 Junie 2020

♥WENSE VAN ONS HARTSMENSE - vervolg♥

OOM EUGENE/OOM DOMINEE & TANNIE MAGRIET ♥ hartsmense

Oom Dominee: Dis vir my so ʼn voorreg om julle twee te ken. Elkeen van julle het op jul
eie unieke manier in ons lewens ingekom, en elkeen verryk ons met julle menswees. Dis
ʼn groot geleentheid wat voorlê, baie groter as wat meeste mense besef. In ons kits-alles
samelewing is min dinge standhoudend en het min dinge meer waarde as die oomblik en
die oppervlak. My wens vir julle is dat julle ʼn uitstaande en sigbare voorbeeld sal wees,
waar julle ookal gaan van God se genade en liefde, deur mekaar in alles te ondersteun
en by te staan, hoe moeilik dit ookal by tye mag wees. Mag julle liefde vir mekaar in julle
liefde vir ons Vader geanker wees, en mag julle jul krag en hoop in Hom vind om te
volhard tot dit tyd is om na Sy woning te vertrek. Baie sterkte, seën en liefde.
Tannie Magriet: Liewe Estau en Liezl, baie dankie dat ons die afgelope jare kon deel in
julle pad van ken mekaar en verhouding bou. Dankie dat ons saam met julle 'n deeltjie
van julle pad saam kan stap. Mag die toekoms vir julle oorspoel wees met spesiale
oomblikke elke nou en dan en mag julle altyd langs mekaar die lewenspad saam
aandurf. Mooi loop! Liefde Tannie Magriet ❤

RIAN/”Wedding singer” & NESTÉ ♥ Familie is nie altyd bloed nie - hartsmensies

Book of love – Peter Gabriel

Ons ken vir Liezl al baie jare en ons is soos kinders in haar huis. Ons het soveel
kosbare, groot oomblikke saam gedeel. Liezl is die ousus wat vir ons al deur soveel jare
ondersteun en bystaan. Toe Estau in die prentjie kom moes ons eers die man goed
uitkyk, want die man moet 'n ongelooflike vrou kan bystaan en aanvul. Estau vervul die
rol perfek. Hy laat Liezl lag, soos net sy kan. Hy het haar kom lief hê, bederf en dra haar
op sy hande. Net soos sy verdien.Ons wens vir julle is dat jul huwelik gevul sal wees met
geluk, liefde en seëninge in oorvloed. Mag jul elke dag mekaar met nuwe oë bewonder en
die pad wat Jesus vir jul uitgelê het hand aan hand saam stap.Ons is so bevoorreg om
die spesiale dag saam met julle te deel. Ons sien uit daarna om elke nuwe fase in jul
lewe saam met jul te vier. Al ons liefde, Rian en Nes

LALLIE & JOHAN, RUAN & MARKO ♥ Bruidegom se sus & gesin

Jul huweliksbevestiging is 'n dag van beloftes en

trou.'n Huwelik is meer as net 'n ja. Dit is 'n ven-
nootskap tussen twee baie spesiale mense. Mag die
liefde wat julle deel altyd in jul lewens teenwoordig
wees en sorg vir 'n toekoms vol vreugde en geluk.
God se rykste Seën vir julle. Mag die Heer jul
Huwelik Seën en jul nog vir jare vir mekaar spaar.
Hartlike Gelukwense,
Liefde van Lallie, Johan en Seuns

MARLENE ♥ Bruidegom se ousus

Vandag is die begin van 'n opwindende lewe wat jul saam

as man en vrou betree. Mag elke dag as man en vrou gevul
wees met ware geluk. Ons wens jul baie vreugde toe. Mag al
jul drome waar word. Baie geluk en mooiste wense. God se
rykste seën vir jul albei. Liefde Marlene

Familie & hartsvriende is een van God se grootste gawes ,
ONS IS SKATRYK!

♥BLADSY 4♥

E♥L – Trou-uitgawe 13 Junie 2020

♥WENSE VAN ONS HARTSMENSE - vervolg♥

JUAN & MARINDA ♥ Bruidegom se neef & sy vrou

Ek wil regtig ietsie vol inspirasie vir julle gee, iets waarop julle twee kan vertrou
vir die res van julle lewe. Hulle noem dit die, ˝Marriage Box.˝ Meeste mense trou
en glo in die bygeloof van die huwelik, dis ‘n pragtige boks vol van vriendskap;
intimiteit en liefde. Die waarheid is dat daai boks eintlik leeg is, dit begin by julle

JUhuAwNeli&k. MJy AmRoeItNeDersAie♥tsBdrauariidnekgaonmsitsoemnweeeefr &ietssydavaruoiut te kan haal. Die

liefde is in mense en mense sit die liefde in die huwelik. Daar is nie romanse in ‘n
huwelik nie. Jy moet dit inspireer. Jy moet daardie vonkel insit. ‘n Paartjie moet
leer om die kuns van liefde gee, dien, prys, al daardie dinge in te sit om daardie
boksie van jou huwelik vol te hou. Dit hou daardie huweliksboksie vol. As jy
meer uithaal as wat jy insit sal die boksie altyd leeg bly.Mag julle huwelik groot
geluk, liefde en passie inhou. Vandag, môre en vir altyd. Ons wens God sal julle
seën met ‘n wonderlik huwelik en gelukkige lewenslange soene elke dag. ‘n BAIE
groot geluk vir die wonderlike geleentheid waarvan ons deel kan wees; julle twee
“lovebirds” moet vir altyd so oulik en liefdevol bly. Liefde Marinda, Juan &Whyatt

MARKIE & LOLLIES ♥ Bruidegom se Ouboet en skoonsus

Ons wens aan julle is dat julle altyd die VADER sal ken in goeie en slegte tye.

Mag die liewe VADER elke dag saam met julle wees in jul huwelik, mag HY julle
seën en julle drome vervul as een. Mag julle ‘n sin vir humor hê veral as dit met
tye voel of die wêreld julle onder kry. ‘n Huweliksbevestiging is ‘n dag van beloftes
en trou. ‘n Dag van drome wat bewaarheid word. ‘n Huwelik is egter ook meer as
net ‘n JA voor getuies. Dis ‘n vennootskap tussen twee spesiale mense, ‘n heilige
instelling met die VADER aan die stuur.‘n Huwelik bring ook verwagting van ‘n
wonderlike toekoms saam waar lief en leed met mekaar gedeel word. Mag julle
altyd so gelukkig wees. Liefde groete, Markie en lollies

PETER & KASHIEFA ♥ Bruidegom se Broer en skoonsus

Liezl, jy is so welkom in ons familie. Jy het klaar jou merk in ons almal se harte

gelos. Jy en Estau voltooi mekaar regtig. Ons is so dankbaar dat julle mekaar kan
ondersteun in alle opsigte. Julle vul mekaar aan en ons weet dat julle nog baie ver
gaan kom in die lewe. As mens van buite na julle verhouding kyk kan mens sien dit
is baie sterk en liefdevol. Ons wens vir julle net voorspoed en so baie kinders. Estau,
ons is baie gelukkig saam met jou, jy verdien soveel geluk saam met Liezl. Mag julle
pad vorentoe geseën wees met God se genade.

STROOIJONKERS = O’NEILL & KOBUS

Ek ken vir Estau al ‘n hele klompie jare. Ons het ontmoet en vriende geword op die

skepe waar ons albei gewerk het. Estau is ‘n hardwerkende persoon met hoë werks-
etiek. As daar iets aan hom gegee word om te doen, dan doen hy dit voluit en met 100%
toegewydheid. Mens kan altyd op Estau staatmaak. Hy is ‘n persoon wat weet wat hy in
die lewe wil hê, so sy keuse vir sy bruid was nie net sommer so nie, hy sou sy keuse
goed deur dink het. Julle twee pas perfek bymekaar en vul mekaar aan waar elkeen sy
tekortkominge het. Ek wens julle alle voorspoed toe vir die toekoms en hoop en bid dat
die Here julle tweetjies goed sal bewaar. Baie baie geluk.

Ek het vir Estau leer ken as ‘n eerlike, opregte en hardwerkende

persoon wie passievol is oor sy werk en lief is en omgee vir sy
familie en vriende. Hy is iemand wat sonder twyfel die ekstra myl
sal stap saam met die mense waarvoor hy lief is en omgee. Estau,
vandag is die begin van jou en my ousus se lewe saam. Dankie dat
ek kan weet dat jy vir haar ‘n man sal wees wie haar met liefdie,
omgee, eerlikheid en opregtheid sal hanteer. Mag God julle huwelik
seën met baie liefdie, vreugde, geluk en tonne memories saam!

♥BLADSY 5♥

E♥L – Trou-uitgawe 13 Junie 2020

♥WENSE VAN ONS HARTSMENSE - vervolg♥

♥ STROOIMEISIES = WILMA & ANNEMI ♥

My eerste Kakamas-maaitjie in St.1, saam was ons vreemd in ‘n nuwe skool,
vandaar het ons vriendskap gegroei en nooit ophou groei nie. Ons paaie het

geskei na matriek, maar elke vakansie het ons met deurnag kuiertjies opgevang

en net elke keer aangegaan waar die laaste totsiens opgehou het. In jou Suid-

(Kuoitrdeeiandjaerliek)heent afstand ons ook nie gekeer nie, vandag is ons in een provinsie
ek koester ons vriendskap! Jy inspireer my met al jou kennis en

liefde vir jou medemens en jy is die persoon wat ek dag of nag sal bel in ‘n krisis

en ek weet jy sal daar wees vir my. 26 Jaar se vriendskap waarvoor ek elke dag

SO dankbaar is, en ek kan nie wag om saam met jou hierdie nuwe fase as

Mevrou te deel nie!

O ns ken mekaar al 27 jaar lank. As `n klein vierjarige dogtertjie het ek orals

agter my rol model aangeloop. Ons was bure en sy het altyd mooi na my gekyk,
my beskerm, my liefgehad en my baie geleer oor die lewe, en ook my beste
maatjie geword vir 27 jaar al. Waar om te begin… Middagetes het ons 2 minute
noodles geëet (100de pakkies as kind); Ons het musiek gemaak en dan opge-
neem met `n bandspeler; Ure lank geswem tot ons ouers ons uit die huis
uitgesluit het; Barbie gespeel in die tuin; Fietse in die straat gery…

My gunsteling storie was definitief toe ons One & Only Hotel toe was terwyl
ons na `n trou venue vir my troue gesoek het . Natuurlik was dit omdat ons meer

nuuskierig was oor hoe dit binne lyk. Ons was soos “royals” behandel. Die
vroutjie wat vir ons die toer gegee het, het honderde vrae gehad wat jy heel kalm
kon beantwoord… sy het ons na die kamers geneem waar elke gas sou oornag.
(al ons gaste sou in die hotel geslaap het, wat ons sou betaal het ook ), sy het
vir ons champagne en snacks gebring om oor die groot keuse van die One &
Only te besluit. Dit was soveel sports. Ons het een vir een uitgeglip, was nie
seker of daar `n rekening sou volg nie.

Ek kan boeke skryf oor al ons herin-neringe saam, maar wat die meeste
uitstaan is ons vriendskap oor al die jare. Maak nie saak waar ons was in die
wêreld nie… ons was altyd in kontak. Die dae wat “WhatsApp`s” nog nie bestaan
het nie… het ons ge-”Skype” toe jy in die land van skewe ogies skool gegee het,
voor jy moes gaan slaap het en my dag begin het. Ons kon nog altyd oor enige
iets gepraat het, enige raad gevra het of sommer net saam gelag en gehuil het.
Dit was en is net nog altyd maklik om met jou te praat, en dit voel nooit of ek
iets nie vir jou kan vertel nie.

Ons vriendskap is vir my soos `n lappieskombers. Ons verskil, maar tog is ons
vasgewerk aan mekaar met dieselfde draad. Of dit nou die draad van liefde,
trane, hartseer, pyn, blydskap of geloof is, ons kan nie sonder mekaar nie!
Dankie dat jy deel is van my kombersie. Dit is vir my `n voorreg om vandag
saam jou die mooiste dag te kan deel. My wens vir jou en Estau: Mag die liefde
wat julle vandag deel altyd in jul lewens teenwoordig wees en sorg vir `n toekoms
vol vreugde en geluk. Ek is baie lief vir julle.

♥Só verloop die dag…♥

♥BLADSY 6♥


Click to View FlipBook Version