Ek was my hande!
Sam wil sy kos eet.
“Mamma maak lekker kos,” sê
Sam.
“Was jou hande, Sam,” sê
Mamma.
Sam sê: “Ek sal Mamma.”
Sam gaan was sy hande in die badkamer.
Hy maak die kraan oop. Die water loop stadig.
Sam sit seep op sy hande. Hy was sy hande met
lopende water. Hy was sy hande totdat al die
seep af is.
Sam se hande is nou skoon.
Hy droog sy hande met die geel handdoek af.
“Kyk, Mamma! My hande is nou mooi skoon,” sê
Sam.
Mamma sê: “Nou kan jy jou kos kom eet.” Sam
eet tog te lekker.