The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by lecinda.coetzee, 2021-12-01 01:59:33

'n Dag by die see!

'n Dag by die see!

‘n Dag by die see!

Sus het haar groen emmer vol
water gemaak. Sy wil ‘n
sandkasteel bou.

Sus bou ‘n sandkasteel met
sand. Sy sit ‘n blou vlaggie bo-op
die sandkasteel.

Boet grawe ‘n diep gat in die sand.
Hy wil water in die gat gooi.

Die dogtertjie speel met haar
vlieër in die wind. Die wind laat
die vlieër hoog in die lug vlieg.

Mamma het vir kinders die lekkerste
roomyse gekoop om te eet. Die
meisie eet ‘n oranje roomys.

Die lewensredders pas
die mense op wat swem.

Die seuns speel met ‘n bal en ‘n frisbee op die
sand. Hulle speel tog te lekker.

Van die kinders sit op sonstoele en ontspan.
Hulle is moeg gespeel.

Die seun het in ‘n rotspoel
gespeel. Kyk wat het hy gekry!
‘n Krap! Hy wil nie aan die krap
vat nie.

Baba het ‘n handvol van die seesand geëet.

Na ‘n heerlike dag by die see is almal huis toe. Die
kinders was moeg van al die swem en baljaar op die
strand.


Click to View FlipBook Version