Skattejag in Wurmland!
Waar is my Waar is my Waar is my
blom? appel? strik?
Die wurms in Wurmland het ‘n probleem.
Van hulle kosbare skatte het weggeraak.
San se strik is weg, Lin se blom is weg en An se appels is
weg. Sal julle asseblief help om die skatte te soek?
San het haar strik by die rivier
gaan soek. Sy het vir Krokkodil
gevra of hy nie haar strik
gesien het nie?
Nee, ek het
nie jou strik
gesien nie.
An het haar appels in die tuin gaan soek. Sy het vir Apie
gevra of hy nie haar appels gesien het nie.
Nee, ek het
nie jou appels
gesien nie.
Lin het haar blom in die dam gaan soek. Lin het vir Luiperd
gevra of sy nie haar blom gesien het nie.
Nee, ek het
nie jou blom
gesien nie.
Die wurms was moedeloos. Hulle het oral gesoek!
Waar kan hulle nog soek?
Krokkodil, Luiperd en Aap het besluit om vir die wurms te
help soek na hulle verlore skatte.
Hulle het by die rivier gaan soek, maar het hulle niks
gekry nie.
Luiperd, Krokkodil en Aap het by die dam gesoek,
maar hulle het niks gekry nie!
Hulle het oral in die tuin gesoek, maar kon die skatte
nêrens kry nie. Ewe skielik spring Aap in die lug op!
Ek het gesien Olifant
dra ‘n sak. Kom ons
gaan soek hom!
Hulle sien van ver af vir Olifant. Kyk wat het hy op sy
kop, kyk wat eet hy en kyk wat is op sy lyf.
Kyk wat het Stoute Olifant gedoen! Hy het sowaar
die wurms se goed gevat.
Luiperd raas met Olifant. Olifant begin huil. “Ek wil
ook so mooi soos die wurms lyk.”
Aap sê: “Jy moes vir die wurms gevra het of jy van hulle
goed kan kry. Ons sal die skatte vir die wurms moet
terugneem.
Olifant het die wurms se skatte
teruggegee. Hulle was nie vir hom
kwaad nie. Hulle het vir hom genooi
om saam met hulle partytjie te hou.
Hy was tog te bly.
Die wurms het vir Olifant opgemaak
met van hulle skatte. Hulle het
heerlik partytjie gehou!
Die drie vriende is baie bly hulle
soektog was suksesvol!