The words you are searching are inside this book. To get more targeted content, please make full-text search by clicking here.
Discover the best professional documents and content resources in AnyFlip Document Base.
Search
Published by lecinda.coetzee, 2021-12-02 23:40:15

Ons gaan kamp!

Ons gaan kamp!

Ons gaan
kamp!

Lida en Sam het besluit om langs die rivier te gaan kamp.
Hulle het ‘n lys gemaak van alles wat hulle moes inpak.

lamp flits rugsak
koffiefles
eetgerei
noodhulp tent

insekdoder

Die kinders het die bootjie geneem en op die rivier gaan
roei. Sam het geroei en Lida het in die boot gesit.

Sam het ‘n groot vuur gemaak sodat hulle die worsies
kon braai om vir hulle worsbroodjies te maak. Hulle het
heerlik gesmul aan die worsbroodjies.

Lida en Sam het besluit om ‘n ent te gaan stap. Hulle het
hulle pette opgesit en ‘n ver ent gaan stap.

Toe dit aand raak het Sam hulle tente opgeslaan en hulle
het die slaapsakke binne-in die tente gesit. Hulle het
elkeen ‘n lamp gehad sodat hulle kon sien waar hulle loop.

Hulle het om die vuur gesit en malvalekkers gebraai. Die
kinders het heerlik gelag en gesels.

Lida en Sam was baie moeg. Hulle het in hulle tente gaan
lê. Sam het gegaap en Lida het gesug en gesê: “Dit was
een van die lekkerste dae van my lewe!”

Lida en Sam het alles opgepak. Hulle het vir oulaas ‘n draai
in die woud gestap. Hulle sal beslis weer kom kamp!


Click to View FlipBook Version