Graad 9
Vakkeuse Inligtingstuk
vir 2020
INHOUD
Algemene inligting: Bl
Verpligte vakke in die VOO-fase 3
Minimum slaagvereistes 3
Keusevakke aangebied deur AHMP 3
Ekstra vakke 4
Vakveranderings 5
Toelating tot Hoër Onderwysinstellings 5
TPT – Toelatingspuntetelling 6/7
Keusevakke: 8
9
English First Additional Language (FAL) 10
English Home Language (HL) 11
Wiskunde 12
Wiskundige Geletterdheid 12
Besigheidstudies 13
Duits 14
Dramatiese Kunste (Drama) 15
Fisiese Wetenskappe 16
Frans 17
Geskiedenis 18
Geografie 19
Inligtingstegnologie (IT) 20
Lewenswetenskappe 21
Musiek 22
Ontwerp 23
Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) 24/25
Rekeningkunde 26
Verbruikerstudies
Visuele Kuns
2
ALGEMENE INLIGTING:
VERPLIGTE VAKKE IN DIE VOO-FASE
Die VOO-fase (Verdere Onderwys en Opleiding) is vanaf graad 10 tot 12.
‘n Leerder is verplig om die volgende vakke te neem in hierdie fase:
1. Afrikaans (Huistaal)
2. Engels (Huistaal OF Eerste Addisionele Taal)
3. Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid
4. Lewensoriëntering
EN enige DRIE keusevakke aangebied deur AHMP.
MINIMUM SLAAGVEREISTES
Leerders skryf aan die einde van hul Graad 12-jaar hul finale eksamens. As hulle dit
suksesvol aflê, word die Nasionale Senior Sertifikaat aan hulle toegeken.
Die minimum slaagvereistes vir matriek is die volgende:
VAKKE MINIMUM SLAAGVEREISTES
HUISTAAL: Afrikaans 40%
Nog twee vakke 40%
Enige drie ander vakke 30%
Die implikasie van bogenoemde is dat ’n dogter slegs EEN vak mag druip.
KEUSEVAKKE AANGEBIED DEUR AHMP:
Let op die volgende:
• Wiskunde is ’n voorvereiste vir die neem van Fisiese Wetenskap,
Inligtingstegnologie en Rekeningkunde.
• Die kombinasie van RTT en IT word nie toegelaat nie, asook die kombinasie van
Visuele Kuns en Ontwerp.
• Toelating tot ’n vak is onderhewig aan die praktiese uitvoerbaarheid daarvan, bv.
rooster en getalle in die vak, asook prestasie daarin aan die einde van graad 9.
• Let asb op dat daar toelatingeksamens in die volgende vakke afgelê moet word:
Wiskunde, Rekeningkunde, English Home Language en Wiskunde. Indien die
dogter nie die vraestel deurkom nie, sal sy nie toegelaat word om die vak in
graad 10 te neem nie.
3
VAKKE AANGEBIED BY AHMP: Voorvereiste:
Geen
Vak: Duits in graad 8 + 9
Besigheidstudies Oudisie
Duits Wiskunde
Dramatiese Kunste (Drama) Frans in graad 8 + 9
Fisiese Wetenskappe Geen
Frans Geen
Geskiedenis Wiskunde
Geografie Geen
Inligtingstegnologie (IT) Sien Bl. 21
Lewenswetenskappe Moontlike keuringsproses
Musiek Geen
Ontwerp Wiskunde
Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) Geen
Rekeningkunde Keuring
Verbruikerstudies
Visuele Kuns
EKSTRA VAKKE:
• ‘n Dogter moet self vasstel waar/by wie sy ‘n betrokke vak as ekstra vak kan neem.
• ‘n Ekstra vak moet oor al drie VOO-jare geneem word. (Gr 10, Gr 11 en Gr 12).
• Kostes vir ekstra vakke is vir u eie rekening.
• Indien ‘n dogter se punte nie na wense is met die neem van hierdie vak(ke) nie,
sal die vergunning teruggetrek kan word.
• Toets- en eksamenroosters word nie opgestel ter wille van ekstra vakke nie en sal
ook nie as gevolg van botsings aangepas word nie. Indien daar wel botsings is,
moet die leerders dit self met die betrokke “ekstra vak” personeellid uitsorteer.
• Indien u dogter dus tydens die eksamen ‘n ongemaklike rooster het, sal sy dit maar
net so moet hanteer.
• Die dogter en die onderwyser wat vir die dogter die klas aanbied, is
verantwoordelik om SELF uit te vind wat die puntestruktuur moet wees vir elke
kwartaal en te sorg dat die punte betyds en in die regte formaat ingehandig is
(Indien hierdie punt nie betyds ingehandig is nie, sal haar punt vir die betrokke vak
nie op haar rapport verskyn nie).
• Indien u dogter nie aansoek deur die regte kanaal doen nie, sal die vak se punte
nie op haar rapport verskyn nie.
• Dokumente wat benodig word vir aansoek, is die volgende: aansoekvorm
(besikbaar by mev. Nel), afskrif van nuutste rapport en ‘n brief van ouer/s wat die
nodige toestemming gee vir die neem van die ekstra vak. Indien u dogter besluit
om die vak te staak, moet die skool skriftelik in kennis gestel word.
4
VAKVERANDERINGS:
Neem kennis dat hierdie regulasies dié van die Nasionale Departement van Basiese
Onderwys is en dat ons skool dit streng moet toepas. GEEN uitsondering kan meer deur
die skoolhoof gemaak word nie.
Datums vir vakveranderings volgens grade:
- Gr 10 : 2 vakke VOOR 30 Junie
- Gr 11 : 2 vakke VOOR 31 Maart
- Gr12 :1 vak in uitsonderlike gevalle, met die voorwaarde dat dit voor 15
Desember van die Gr 11-jaar moet gebeur
LET WEL: ’n Leerder mag slegs EEN keer per fase (VOO –dus van gr 10 tot 12!) ’n vak
verander – dus indien ’n dogter in graad 10 vakke verander, mag sy NIE weer ’n
verandering maak NIE.
TOELATING TOT HOËR ONDERWYSINSTELLINGS
Let asseblief daarop dat toelating tot ‘n spesifieke universiteit of kursus afhang van:
- die vakke wat in Grade 10 - 12 geneem is,
- prestasie in daardie vakke en
- die toelatingsvereistes van die betrokke instelling en bepaalde kursus.
MATRIEK SLAAGVEREISTES:
40% vir Huistaal en twee ander vakke
30% in vier ander vakke
Slegs een vak mag gedruip word.
Vereistes om toelating vir Diploma:
Minimum slaagvereistes EN 4 vakke bo 40%.
Vereistes om toelating tot Graadstudie (Universtiteitstoelating):
Minimum slaagvereistes (soos hierbo) PLUS 4 vakke bo 50%.
Lewensoriëntering tel nie vir Universiteitstoelating nie, maar daar is wel ‘n minimum
slaagvereiste ter sprake vir sekere kursusse.
Die regte vakkeuse is slegs die eerste stap tot uiteindelike universiteitstudie. ‘n Leerder
moet ook op ‘n sekere vlak presteer om die toelatingsvereistes vir die betrokke
kwalifikasie te behaal, bv ’n minimum van 60% in Wiskunde en Fisiese Wetenskap vir
BSc-rigtings en keuring vir bv. Ingenieurswese by meeste universiteite is die afsnypunt
vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap selfs bo 75%.
5
TPT (TOELATINGPUNTETELLING)
Byna al die instellings gebruik ‘n puntestelsel om prestasie in die Graad 12-eksamen te
meet. ’n Puntwaarde word aan elke vak se prestasie gegee na aanleiding van die
onderstaande tabel. Let wel: Lewensoriëntering se prestasievlak word nie in bereking
gebring vir TPT nie – daar is enkele instansies wat wel punte daaraan toeken.
Die NSS se beoordelingspunte:
% NSS-BEOORDELINGS-PUNT
80 – 100 7
70 – 79 6
60 – 69 5
50 – 59 4
40 – 49 3
30 – 39 2
0 – 29 1
Berekening van TPT: Voorbeeld 1
LW: LO word nie in Vakke: % TPT
berekening gebring vir 7
Afrikaans 80% 6
die TP-telling nie 3
Engels 75% -
4
Wiskunde 46% 6
5
Lewensoriëntering 72%
= TPT van 31
Fisiese Wetenskap 53%
Lewenswetenskap 76%
Gasvryheidstudies 67%
Berekening van TPT: Voorbeeld 2 % Bereken TPT
Vakke: 80% 7
Afrikaans 75% 6
Engels 72% 6
Wiskundige Geletterdheid 72% -
Lewensoriëntering 68% 5
RTT 76% 6
Lewenswetenskap 67% 5
Gasvryheidstudies
= TPT van
35
6
Nadat ‘n punt vir prestasie in die NSS-vakke toegeken is, sal instellings dan ‘n algehele TPT
bereken. Die onderskeie instellings sal die algehele TPT op verskillende maniere bereken, deur
byvoorbeeld verskillende relatiewe gewig vir sekere vakke te gebruik (by sommige instellings tel
90% wel 8 punte).‘n Instelling sal dan vir elke program of kursus ‘n minimum TPT vir toelating
bereken. Bykomend hiertoe kan ekstra vakvereistes vir sekere programme gestel word.
Die vereistes vir B.Sc. kan byvoorbeeld ‘n TPT van 35 en ‘n NSS-beoordelingspunt van 5 vir
Wiskunde wees. Toelating tot ’n studierigting by ’n Universiteit behels ook die skryf van NBT-
toetse (National Benchmark Tests). ’n Leerder se prestasie op skool en die NBT-toetse se uitslae
word SAAM gebruik om die leerder se toelating te bepaal. Deelname aan gemeenskapsdiens
kan voordelig wees vir keuring.
Raadpleeg die universiteite se brosjures betyds vir die spesifieke toelatingsvereistes vir
elke kursus!!
Onthou dat die skool se Lewensoriënteringpersoneel en Opvoedkundige Sielkundiges u graag
sal bystaan en u vrae kan beantwoord. (Leerders kan met spesifieke vakpersoneel ook gesels)
BAIE STERKTE MET HIERDIE BELANGRIKE BESLUIT
7
ENGLISH FIRST ADDITIONAL LANGUAGE
(SECOND LANGUAGE)
Voorvereistes The option to study English at the First Additional level is open
Aard en inhoud to all learners from Grades 8 to 12.
The learner’s home language is promoted and developed to
Waarde van die vak provide a sound foundation for learning additional languages.
It may be used as the language of learning and teaching.
Beroepsmoontlikhede Listening and speaking skills are developed and refined, but
en studierigtings the emphasis at this level is on the development of the
Ander inligting learners’ reading and writing skills.
There will be an equal emphasis on the skills of listening,
speaking, reading and writing.
Learning a First Additonal language promotes multilingualism
and intercultural communication. Learning Outcomes for First
Additional Languages provide for levels of language
proficiency that meet the threshold levels necessary for
effective learning across the curriculum as learners may learn
through the medium of their First Additional Language in the
South African context. This includes the abstract cognitive
academic language skills required for thinking and learning.
In the highly competitive technological world, access for the
learner is determined by communicative competency.
Language is a gateway subject to a variety of careers.
Literacy is the basis for the completion of daily tasks and
contributes to the life skills the learner needs to deal with the
world. Language is a tool that facilitates meaningful
relationships with the people in the learner’s immediate
community, and the sensitivity with which language is handled
is important.
8
ENGLISH HOME LANGUAGE
Voorvereistes English Home Language is presented from Grade 10 until 12
Aard en inhoud to learners who comply with the standard of achievement set
at the end of Grade 9, that is 80% +.
Learning a First Additional Language promotes multilingualism
and intercultural communication. The skills of listening,
speaking, reading and writing are equally emphasised.
Waarde van die vak English Home Language broaden and deepen language
competencies developed in the GET Band, including the
Beroepsmoontlikhede abstract language skills and the aesthetic appreciation and
en studierigtings enjoyment of text on a HOME LANGUAGE level, so that
learners are able to listen, speak, read/view and write/present
with confidence and high skill. These skills and attitudes form
the basis for life-long learning.
Language is a tool for thought and communication. Learning
to use language effectively enables learners to think and
acquire knowledge, to express their identity, feelings and
ideas, to interact with others, and to manage their world.
The range of literacies needed for effective participation in
society and the workplace of the twenty-first century has
expanded beyond listening, speaking, reading, writing and oral
traditions to include various forms such as media, graphic,
information, computer, cultural and critical literacy. The
Language curriculum prepares learners for the challenges they
will face as South Africans and as members of the global
community.
The study of Home Language can lead to language-oriented
careers such as journalism, translation, language teaching,
marketing, advertising, diplomacy, etc. The development of
entrepreneurship depends on the learner’s language
competency. In the highly competitive technological world,
access for the learner is determined by communicative
competency.
9
WISKUNDE
Voorvereistes ‘n Leerder moet bo 50% vir Wiskunde in graad 9 kry.
Aard en inhoud
Wiskunde is die gewone Wiskunde waar die ou Hoër Graad en
Beroepsmoontlikhede
en studierigtings Standaardgraad as een hanteer word. Die volgende
onderwerpe word behandel: Algebra, getalpatrone, rye en
reekse, funksies, inverses en logaritmes, finansiële wiskunde,
analitiese meetkunde, trigonometrie, differensiasie, statistiek,
meetkunde en waarskynlikheid.
Universiteite vereis sekere prestasievlakke vir spesifieke
studierigtings.
-Vir alle kursusse wat Wiskunde vereis, moet ‘n prestasievlak
van 4 (50-59%) en hoër behaal word.
-Alle B.Com.-kursusse vereis ’n TPT-telling van meer as 24
met Wiskunde ‘n 4 (50-59%) vir gewone B.Com. Ander
B.Com.-rigtings vereis ‘n 5 (60-69%) vir Wiskunde.
-Fakulteit Geneeskunde vereis ‘n 4 (50-59%) vir beide
Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, plus ander keurings-
vereistes.
-Ingenieurswese se minimum vereiste vir Wiskunde is 7 (80%-
100%)
-Argitektuur se minimum vereiste vir Wiskunde is ‘n 4 (50-
59%).
-Alle B.Sc.-kursusse vereis ‘n 4 (50-59%) behalwe die
rekenaar-rigtings en alle wiskunderigtings wat ‘n 5 (60-69%)
vereis.
10
WISKUNDIGE GELETTERDHEID
Aard en inhoud Die vak hanteer Wiskundetoepassing in die normale lewe. Die
volgende onderwerpe word hanteer: finansie-hantering in die
Beroepsmoontlikhede algemene lewe, oppervlakte en volume, statistiek, getal
en studierigtings hantering, grafieke, skaaltekeninge, verhoudings en
eweredighede, trigonometrie en waarskynlikheid. Leerders
geniet die vak en in matriek kan hulle alle nodige wiskundige
berekeninge doen wat nodig is in die normale lewe.
Universiteitskursusse wat gevolg kan word met Wiskundige
Geletterdheid:
- BAdmin (Openbare Bestuur)
- BAdmin (Internasionale Verhoudings)
- BA met spesialisering in Musiek
- BA met spesialisering in Gemeenskapsontwikkeling
- BA met spesialisering in Menslike en Sosiale studies
- BA met spesialisering in Politieke Wetenskappe
- BA met spesialisering in Regte
- BA met spesialisering in Uitgewerswese
- BA (MBK) Menslike Bewegingskunde
- BA (Drama)
- BA (MW) Maatskaplike werk
- Bbibl Biblioteek- en Inligtingskunde
- BA met spesialisering in Beeldende Kunste
- BA (Ed) Opvoedkunde
- BMus Musiek
- LLB (Advokaat, prokureur of aanklaer (Hoë hof),
aanklaer of landdros (Landdroshof)
- BA Teologie
11
BESIGHEIDSTUDIES
Voorvereistes Geen
Aard en inhoud
Daar word gekyk na sake-omgewings en die invloed van
Waarde van die vak
Beroepsmoontlikhede verandering in die omgewing op die sake-omgewingpraktyk.
en studierigtings Die leerders word geleer om sakegeleenthede te identifiseer
met die oog op ‘n eie besigheid. Kennis word opgedoen t.o.v.
konflikhantering, kreatiwiteit en leierskapstyle in ‘n besigheid.
Hulle leer vaardighede aan om sakebedrywighede suksesvol
te kan uitvoer.
Dit maak nie saak wat jy gaan studeer nie, jy sal altyd in ‘n
besigheidsituasie wees. Hierdie vak gee ‘n baie goeie
agtergrond van sakepraktyk.
B.Com; B.Com.Rek, Inligtingsbestuur, Toerisme,
Beleggingsbestuur, Bemarking, Menslike hulpbronne ens.
DUITS
Voorvereistes Duits word reeds in gr. 8 en 9 geneem (flukse leerders kan in
Aard en inhoud
gr. 9 Duits begin neem en inhaal).
Waarde van die vak
Groot klem word op kommunikasie en begrip geplaas.
Beroepsmoontlikhede
en studierigtings Leerders leer om Duits te praat, te verstaan en om hulleself
Ander inligting
ook skriftelik uit te druk. Interaksie met die Duitssprekende
lande maak die vak baie lewendig. Leerders kan aan goed
georganiseerde uitruilskemas na Duitsland deelneem en een
tot drie maande by ‘n Duitse gesin tuisgaan.
Die waarde van die kennis van ‘n vreemde taal in die buiteland
is bekend. Minder bekend is die voorsprong wat Duits aan ’n
werksoeker gee by firmas soos Siemens, Mercedes Benz en
Volkswagen en ander Duitse firmas in Suid-Afrika. Dit geld
veral ook vir ingenieurs en tegnici. In die musiekwêreld is Duits
’n aanbeveling en in die toerisme-bedryf is Duits bykans
onontbeerlik. Duits verbreed ook ‘n mens se horisonne, veral
op kulturele gebied.
Afgesien van toerisme, gasvryheidstudies en vertaling kan
Duits in baie studierigtings addisioneel geneem word, bv. in
Musiek- of Regskursusse. Met ’n taalvaardigheidskwalifikasie
in Duits is dit ook moontlik om aan ’n Duitse Universiteit te
studeer.
Alhoewel Duits nie die grootste wêreldtaal is nie, word dit as ‘n
uiters belangrike taal beskou en staan dit boaan die lys van die
mees invloedryke tale wat die nywerheid en ekonomie betref.
12
DRAMATIESE KUNSTE (DRAMA)
Voorvereistes Drama kan as keusevak in gr. 10 gekies word. Die aanbevole
vereiste daarvoor is 70% vir Afrikaans. Toelating tot die vak is
Aard en inhoud onderhewig aan oudisies om leerders se aanleg in praktiese
toneelspelvaardigheid, wat ’n groot komponent
Waarde van die vak verteenwoordig, te toets.
Beroepsmoontlikhede Aanleg sal die volgende insluit: talent en ‘n aanvoeling vir
drama, die vermoë om te kommunikeer, om met selfvertroue
en studierigtings voor mense op te tree, om ‘n kreatiewe denker,
Ander inligting selfgedissiplineerd en ’n harde werker te wees. Enige vorige
drama-ondervinding (bv.deelname aan redenaarskompetisies,
kunswedstryde, ens.) sal ’n aanbeveling wees, maar is nie ’n
vereiste nie.
Prakties: Drama-vaardighede en drama-speeltegnieke word
ontwikkel. Die bestudering van spraak en die gebruik van die
stem as uitdrukkingsmedium word ontwikkel en klem word
geplaas op kreatiwiteit en kommunikasievaardighede.
Teorie: Begrip, analise, interpretasie en elemente van drama-
tekste en drama-opvoerings in konteks in Suid-Afrika en die
wêreld vorm deel van die kurrikulum.
Selfvertroue, kreatiwiteit en dissipline word ontwikkel.
Grondslag vir vele rigtings, bv. BA-Drama, BA-
Kommunikasiekunde, BA-Regte en beroepe in die
vermaaklikheidswêreld.
Daar sal van die dogters verwag word om ekstra ure te oefen
aan opvoerings en konserte. Leerders sal ook na films en
opvoerings moet gaan kyk. Eksterne drama-eksamens word
ook in gr.10 en 11 afgelê. Graad 12: Voorbereidende – en
Eindeksamen prakties is ook eksterne eksamens
13
FISIESE WETENSKAPPE
Voorvereistes Leerders MOET aan die einde van Gr.9 50% behaal in die
Wetenskap komponent van NW om Fisiese Wetenskappe as
Aard en inhoud keusevak te mag neem. Verder moet leerders Wiskunde as
vak tot in Gr.12 saam met Wetenskap te neem.
Waarde van die vak Fisika en chemie (amper twee verskillende vakke). Heelwat
Beroepsmoontlikhede eksperimente word gedoen, en die dogters moet bereid wees
om hard te leer om goed te presteer.
en studierigtings Basis vir alle wetenskaplike rigtings.
Gesondheidswetenskappe, ingenieurswese, bou-omgewing,
Ander inligting biologiese wetenskappe, wetenskaponderwys, fisiese
wetenskappe, landbou- en voedselwetenskappe,
veeartsenykunde, wiskundige wetenskappe, bv. sterrekunde.
Leerlinge moet sterk wiskundig en taalkundig aangelê wees.
Die vak vereis dat daar goed en noukeurig gelees moet word.
Hulle moet selfdissipline hê en konsekwent kan werk. Moenie
die moeilikheidsgraad onderskat nie. Om die vak in gr10-12 te
neem moet die leerder verkieslik ’n minimum van 65% vir die
Wetenskap komponent in graad 9 handhaaf.
Fisiese wetenskappe is ’n keusevak,
nie ’n verpligte vak nie.
14
FRANS
Voorvereistes Frans in gr. 8 en 9 is noodsaaklik vir gr. 10. ‘n Minimum van
Aard en inhoud
70% moet behaal word in gr. 9.
Waarde van die vak
Frans word aangebied volgens die kommunikatiewe metode
Beroepsmoontlikhede
en studierigtings met die uiteindelike doel om te kan kommunikeer. Begrips-,
skryf, lees- en praatvaardighede asook taalstrukture word
aangeleer en vasgelê. Letterkunde en poësie word binne die
kommunikatiewe, kulturele, maar ook filosofiese konteks
aangeraak. Frans word binne die groter kultuurkonteks
aangeleer.
Die aanleer van enige vreemde taal ontwikkel die brein en die
vermoë tot probleemoplossing. Frans is nie bloot van
akademiese belang nie. As gevolg van globalisering het Frans
die nuwe ‘moet hê-taal’ vir kommunikasie in die beroepswêreld
geword. Binne die volgende drie dekades gaan 80% van die
wêreld se Franssprekendes in Afrika woon. Vir ‘n Suid-
Afrikaner is dit dus van groot waarde om Frans te leer. Frans
is ‘n plus punt by keuring en vergemaklik die aanleer van
mediese terme.
‘n Simultane tolk se werk is baie interessant en intellektueel
uitdagend. Frans op sigself is nie ‘n beroep nie, maar as gevolg
van globalisering is Frans ‘n paspoort tot die internasionale
wêreld. Om Frans te ken maak ‘n professionele persoon meer
aanwendbaar.
15
GESKIEDENIS
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Aard en inhoud Geskiedenis is ‘n studie van gebeure uit die verlede wat ‘n rol
speel in die moderne wêreld. Dit bestudeer die geskiedenis
Waarde van die vak
van wêreldgebeure, maar fokus ook op moderne
Beroepsmoontlikhede wêreldtendense. Daar word gekyk na Afrika – sy geskiedenis
en studierigtings en hedendaagse uitdagings. SA se geskiedenis word ook
Ander inligting
bestudeer en hoe dit binne globalisering pas en daardeur
geraak word. Europa en die VSA asook China en Viёtnam se
geskiedenis verbreed die leerder se begrip van haar
leefwêreld. Die doel is om ingeligte mense (leerders) te hê wat
die toekoms sinvol kan beïnvloed. Die studie raak onderwerpe
uit die politieke, sosiale en ekonomiese leefwêreld aan.
Ons oefen ingeligte meningvorming, navorsingsvaardighede
en analitiese denke in rondom die wêreld waarin die kind
vandag lewe. Hedendaagse begrippe en gebeure word deur
die gebeure uit die verlede belig. Een van die belangrikste
vaardighede van geskiedenis is juis om te leer om
argumenterende opstelle te skryf. Hierdie vaardigheid is uiters
belangrik op tersiêre vlak. Die vak het groot vormingswaarde.
Dit is ‘n vak wat aan die leerder universiteitstoelating verleen.
Indien die leerder ‘n argivaris of historikus wil word, is dit
verpligtend. Dit is ook ‘n voorvereiste by sommige ander lande
se universiteite (indien u dogter in die buiteland gaan studeer).
Dit word sterk aanbeveel indien verdere studies in joernalistiek,
regswese en dramawêreld beoog word.
Geskiedenis word deesdae in baie studierigtings aanbeveel
juis omdat leerlinge leer om groot volumes werk te hanteer en
leer om langvrae te skryf. Mediese fakulteite beveel dit ten
sterkste aan omdat leerlinge ook leer om verslae te skryf en
opinies te vorm. Hierdie is ’n vak wat baie vaardighede
ontwikkel.
16
GEOGRAFIE
Voorvereistes Geen, behalwe baie entoesiasme!!
Aard en inhoud
Alhoewel Sosiale Wetenskap, wat in gr. 8 en 9 aangebied
word, grotendeels aandag skenk aan die menslike komponent
van die vak, word die kurrikulum effens uitgebrei om aan die
leerders ‘n idee te gee van die groot natuurlike (fisiese)
komponent. Dit is die enigste vak wat as’t ware wydsbeen
staan in die sosiale en natuurwetenskaplike rigting.
Dit is ‘n studie van die aarde en sy bewoners. Die dissipline
ondersoek natuurlike en menslike prosesse en ruimtelike
patrone op aarde. Leerders bestudeer die ruimtelike
verspreiding van mense en hulle aktiwiteite, natuurlike en
mensgemaakte verskynsels, ekostelsels en interaksie tussen
mense asook mense en die omgewing.
Menslike komponent: Bevolkings- en Ontwikkelingstudies,
Ekonomiese liggingsanalise, landelike- en stedelike
grondgebruike. Hulpbrongebruike, Beplanningsbeginsels.
Fisiese komponent: Basiese geologie en ontwikkeling van
landskappe (geomorfologie), Grond, Klimaat en weer,
Watervoorsiening en hidrologie, Natuurlike hulpbronne.
Waarde van die vak Wat is die doel van Geografie? Dit het ten doel om ons
houding teenoor, en interaksie met ons omgewing te
interpreteer en te beïnvloed. Dit moedig leerders aan om:
- geografiese kennis, vaardighede en waardes as grondslag
te gebruik vir verdere studie in verwante vakke op tersiêre
vlak en vir lewenslange leerervaring;
- ‘n sin vir verantwoordelikheid vir hulle omgewing te
ontwikkel;
- die verband te verstaan tussen die fokus van Geografie en
dié van ander vakke en te begryp hoe Geografie vakke kan
integreer;
- denkvaardighede en strategieë vir probleemoplossing te
ontwikkel in die toepassing van geografiese kennis op
relevante, werklike gebeure;
- selfvervulling te geniet deur meer sin te maak van die
omgewing waarin hulle woon;
- meer bewus te raak van verskillende loopbaan-geleenthede
waarvoor die studie van Geografie hulle kan toerus.
Beroepsmoontlikhede Sal aan leerders beskikbaar gestel word in die Geografie
en studierigtings klasse.
17
INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)
Voorvereistes - ‘n Goeie aanleg vir Wiskunde is baie belangrik, dus moet
leerders ‘n Wiskunde punt van meer as 70% in Gr.9 behaal.
Aard en inhoud
- Moet beskik oor die vermoë om ‘n probleem met logiese
Waarde van die vak stappe op te los.
Beroepsmoontlikhede
- Leerder moet Wiskunde in Gr.10 neem. Geen leerder wat
en studierigtings Wiskundige Geletterdheid neem sal toegelaat word om die
Ander inligting vak te neem nie. Dit het dan ook die gevolg dat ‘n leerder
wat Wiskunde los, IT met ‘n ander vak moet vervang.
Die fokus word geplaas op programontwikkeling, met ander
woorde om programme te skep wat enige persoon kan gebruik.
In Gr.11 en 12, word die rekenaartaal “Delphi” meestal gebruik
om baie programmeringsvaardighede te leer en met
databasisse te werk. Nadat jy IT tot Gr.12 geneem het, sal jy
vir die res van jou lewe die bank, hospitaal en winkel se
rekenaarstelsels beter verstaan. ‘n Klein afdeling van die
sillabus behels dat leerders met databasisse werk, maar daar
word weereens gefokus op die gebruik van formules en die
koppeling met ‘n programmeertaal.
Daar is ook ‘n teoriekomponent waar leerders meer leer oor die
werking van netwerke, tegniese aspekte van ‘n rekenaar en
verskillende komponente waaruit ‘n rekenaar bestaan.
Leerders leer om probleme logies op te los. Die bevrediging
van aanhou probeer en dan sukses behaal, is van onskatbare
waarde. Dit ontwikkel ook kreatiewe denke.
Ingenieurswese, B.Com en B.Sc grade.
Daar word van leerders verwag om elke jaar ‘n Praktiese
Assesseringstaak in te dien, wat ‘n kwart van die jaar se punt
sal uitmaak. Hier skep elke leerder haar eie program wat dan
deur ‘n gebruiker gebruik kan word. Dit verg kreatiwiteit en
deursettingsvermoë, maar is uiters bevredigend indien die
projek met sukses afgehandel word. Leerders geniet gewoonlik
die vak.
18
LEWENSWETENSKAPPE
Aard en inhoud Lewenswetenskappe het voorheen bekend gestaan as
Biologie. Leerders se werk behels ’n breë raamwerk van teorie
Waarde van die vak asook ‘hands on’- prakties. Die kurrikuluminhoud word in vier
Beroepsmoontlikhede hoofgroepe verdeel:
en studierigtings i) Weefsels, selle en molekulêre studies
ii) Lewensprosesse by plante, diere en mense
iii) Omgewingstudies
iv) Diversiteit, verandering en kontinuïteit
Navorsingsopdragte is uiters prakties en sluit ’n
verskeidenheid in – van die kweek van plante tot by die
ondersoek van persoonlike dieet.
Leerders kry geleentheid om verskeie vaardighede te
ontwikkel soos
hoe om data te versamel en dit met verskeie metodes aan te
teken (grafieke, aanbiedings, ens.) en verslag te doen.
Lewenswetenskap is nie meer net ’n leervak soos in die
verlede nie.
BAIE BELANGRIK: Leerders moet ’n wetenskaplike
ingesteldheid en aanleg hê om die moeilikheidsgraad en
volume werk te bemeester. Leerders moet ook belangstel
in die natuur en sy lewende organismes.
Die vak vorm leerders om beter en meer bewuste individue van
die samelewing te wees wat die behoud en instandhouding van
ons planeet help verseker. Leerders kry geleentheid om
analities en ondersoekend te werk, maar ook probleme
holisties op te los.
’n Groot verskeidenheid rigtings in die mediese wetenskappe,
plant- en dierkundeomgewings, ekologie, ekotoerisme,
biotegnologie, forensiese wetenskappe, fisioterapie,
arbeidsterapie, optometrie, sportwetenskappe, tuinboukunde,
skoonheidstegnologie en dieetkunde. Lewenswetenskappe
kan ook as goeie agtergrondkennis dien in beroepe soos
joernalistiek, regte, stads- en streeksbeplanning,
landskapsargitektuur.
19
MUSIEK
Voorvereistes Leerders moet ’n instrument of sang aanbied en aan die einde
Aard en inhoud van graad 9 ’n standaard gelykstaande aan
Waarde van die vak UNISA/Trinity/ABRSM Gr 3 bereik het.
Dieselfde geld vir die teoriestandaard. Daar word ‘n oudisie
Beroepsmoontlikhede
en studierigtings afgelê vir Musiek aan die einde van graad 9.
Ander inligting Leerders word aan ‘n wye spektrum vaardighede blootgestel.
Benewens die praktiese werk doen hulle ook improvisasie,
komposisie en verwerking van musiek. Feitlik alle style in
musiek word bestudeer – maar die sillabus van die Westerse
kunsmusiek word gevolg. Ensemble-werk vorm deel van die
praktiese sillabus. ‘n Basis vir musiektegnologie word gelê
deur bv. musiekverwerkings op die rekenaar te doen.
Musiekreg word ook bestudeer.
a) A.g.v. die eise wat die praktiese werk aan leerders stel,
ontwikkel albei die breinhemisfere.
b) Abstrakte sowel as kreatiewe denke word gestimuleer.
c) As ‘n Universiteitstoelatingsvak dra dit dieselfde gewig in
punte as Wiskunde.
d) In studierigtings waar vooraf keuring plaasvind, bv. Medies
en Ingenieurswese, word leerders wat musiek as vak het,
bevoordeel.
Musiektegnologie, musiekterapie, musiekonderwyser,
uitvoerende musikant.
Leerders wat baie graag die vak wil neem, maar nooit die
geleentheid gehad het om onderrig te ontvang nie, sal
toegelaat word tot die vak op voorwaarde:
a) dat ‘n blaasinstrument aangebied word, en
b) dat hulle hulself binne een kwartaal sal bewys as toegewyde
musikant en leerder.
20
ONTWERP
Voorvereistes Visuele Kuns is nie ‘n voorvereiste nie, maar leerders MOET
Aard en inhoud
oor die volgende vaardighede beskik: goeie selfbestuur en
stiptelikheid, netheid, analitiese denke en
probleemoplossingsvaardighede. Die vak het ’n teoretiese en
praktiese komponent.
• Waar Visuele Kuns handel oor selfuitdrukking en die
manifestasie van sosiale kwessies in kuns, handel Ontwerp
oor probleemoplossing en die skep van kuns volgens ’n kliënt
se voorskrifte, behoeftes en smaak (dus minder oor gevoel,
maar meer gestruktureerd en professioneel).
• Ontwerp sluit 4 dissiplines in:
➢ Grafies: logo’s, advertensies, plakkate, ens.
➢ Omgewingskuns: Argitektuur, landskap.
➢ 2-D: tekstielontwerp, oppervlakpatrone.
➢ 3-D: mode-ontwerp, ontwerp van meubels,
interieurware, ens.
Toonwaarde-tekeninge vorm ook ’n integrale deel. Die
basis is dus nie afgeskeep nie.
Die bestudering van ontwerpers en ontwerpstyle vorm ‘n
integrale deel van die kurrikulum. Ontwerpers is ook betrokke
by die oplossings vir sosiale/omgewings- en volhoubare
kwessies.
Waarde van die vak Visuele kuns, grafiese ontwerp, advertensiewese, illustrasie,
Beroepsmoontlikhede
mode-ontwerp, juweliersware-ontwerp, meubelontwerp,
en studierigtings
fotografie, tekstielontwerp, binnenshuise versiering,
Ander inligting
argitektuur. Beroepe in visuele
kommunikasie/inligtingsontwerp, bv. Animasie en digitale
ontwerp, webbladontwerp, film- en televisiebedryf, visuele
voorraadverkope.
Leerders moet ’n praktiese eksamen, portefeulje en ’n stewige
teoretiese vraestel slaag.
21
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (RTT)
Voorvereistes *Rekenaarvaardighede is nie ‘n voorvereistes nie.
Aard en inhoud
Waarde van die vak *Die klem is op vaardige, professionele gebruik van die
pakkette/programme – nie die insleutel van data nie.
Beroepsmoontlikhede Die vak bestaan uit ’n teoretiese en ’n praktiese komponent:
en studierigtings
Ander inligting -Basiese kennis van Inligting en Kommunikasie-tegnologie (IKT).
-Geïntegreerde eindgebruiker rekenaartoepassingsvaardighede
en kennis van probleemoplossing – die verwerking, aanbieding
en uitstuur van inligting.
-Inligtingsbestuur – toepas van vaardighede deur die gebruik van
die volgende eindgebruiker rekenaartoepassings : Word, Excel,
Access, Powerpoint en basiese webbladontwerp.
i) RTT integreer met Wiskunde, Tale, Natuurwetenskap en Kuns en Kultuur.
RTT stel leerders in staat om as eindgebruiker toepassingskennis en –
vaardighede oor te dra na ander velde en vakke.
ii) Dit rus die leerder toe met kennis, vaardighede, waardes en benaderings
tot die ontwerp, ontwikkeling en uitstuur van inligting in verskillende formate.
RTT maak dit ook vir leerders moontlik om data te versamel, te analiseer
en te korrigeer en dit dan weer te manupileer en te verwerk om dit na
verskillende sektore te versprei.
iii) Op tersiêre instellings word alle take en navorsing elektronies gedoen in
alle studierigtings. Leerders wat reeds blootstelling hieraan gehad het,
ondervind minder spanning. Die tempo en werkslading is reeds ‘n groot
aanpassing vir leerders vanaf skool na universiteit.
iv) Elke universiteit vereis dat ‘n rekenaarvaardigheidstoets afgelê word aan
die begin van die eerste studiejaar. Indien jy dit slaag, word jy van die vak
vrygestel. Andersins moet ‘n verpligte rekenaarvaardigheidsvak geneem
word. Dit dra tot nog hoër studiekostes by.
v) Die meeste B.Com.-studierigtigtings het Statistiek as verpligte vak. Hulle
gebruik ’n sigbladprogram, nl. Excel. Hierin het jy dan al wel bietjie
vaardigheid aangeleer met die neem van RTT.
Alle instansies vereis rekenaarvaardighede. Dit is dus ‘n vak wat
jou reeds toerus om basiese kantoorwerk te doen deur
verskillende pakkette te gebruik.
RTT sal leerders in staat stel om hul verdere studies te verbreed
in ‘n verskeidenheid velde (bv. onderwys, rekenaarwetenskappe,
ekonomie, tegnologie, ingenieurswese en toerisme). Hierdie vak
komplementeer alle ander vakke in die Verdere Onderwys en
Opleiding Fase.
Uit die RTT-geledere is daar meisies wat onder andere mediese,
fisioterapie-, spraakterapie-, ingenieurs- en B.Com.-grade volg.
22
REKENINGKUNDE
Voorvereistes Gr.8 en 9 se Rekeningkunde is baie belangrik, want die grondslag
Aard en inhoud word dan reeds gelê. In Gr.8 konsentreer ons baie op
Waarde van die vak
terminologie, teorie en basiese transaksies. Gr. 9 behels meestal
Beroepsmoontlikhede
en studierigtings die Joernale met die oorboeking. Indien dogters nie die basiese
kennis het nie, ondervind ons later in Gr.10, 11 en 12 baie
probleme. Ons aanvaar dat ‘n dogter in Gr.10, 11 en 12 se
grondslag sodanig is, dat ons voortdurend daarop voortbou en
uitbrei.
Rekeningkunde is die vak wat ten alle tye iewers ‘n impak op ‘n
mens se lewe het. Of jy ‘n huisvrou is of ‘n prokureur – ‘n mens
moet jou finansies beplan, begroot en ordentlik boekhou daarvan.
Daarom is Rekeningkunde vir elke mens van onskatbare waarde,
ongeag die beroep wat jy beoefen.
Alle B.Com.-rigtings. LW, Rekeningkunde as skoolvak is nie ’n
voorvereiste vir toelating tot die B.Com.-rigtings nie, maar dit word
wel aanbeveel. Studente wat byvoorbeeld minder as 60% in
matriek behaal in Rekeningkunde, moet weer die vak in hul eerste
studiejaar op universiteit neem. Ervaring wys ook dat goeie
prestasie in Wiskunde ’n belangrike komponent van sukses in die
B.Com.-rigtings is.
‘n 60% en hoër prestasie in Gr. 9 vir Rekeningkunde verseker dat
‘n leerder in Gr. 10, 11 en 12 die nuwe inhoud sal bemeester.
Wiskunde is ‘n vereiste om Rekeningkunde te neem. Indien
Wiskunde as vak gestaak word, moet Rekeningkunde ook
gestaak word.
23
VERBRUIKERSTUDIES
Voorvereistes Geen, maar dit sal bonus wees indien Gasvryheidsverryking in
Aard en inhoud graad 8 en 9 geneem is, omdat die vaardighede en
snytegnieke tot jou voordeel kan wees.
Die vak Verbruikerstudies fokus op die ontwikkeling van
leerders om:
- Verantwoordelike en ingeligte verbruikers van voedsel,
kleding, behuising en huishoudelike apparaat te word;
- Ingeligte besluite te neem;
- Optimale gebruik van hulpbronne te maak; en dit sluit
ook entrepreneurskap en die produksie en bemarking
van kwaliteit produkte in.
Formele assessering:
Kwartaal 1:
Toets (50%), projek (25%), prakties (25%) = 100%
Kwartaal 2:
Toets (50%), Junie-Eksamen (50%), prakties (25%) = 100%
Kwartaal 3:
Toets (50%), Toets (25%), prakties (25%) =100%
Waarde van die vak Kwartaal 4: Kwartaal 1+2+3 = 300/3
PAT 1+2 =50 +50 =100
November-eksamen = 200
TOTAAL = 400/4 = 100
Lewensverrykend, bemeestering van vaardighede, ontwikkel
selfvertroue, kreatiewe en artistieke denke word gestimuleer
deur die vak en daar word finansiële bestuur aangeleer.
24
VERBRUIKERSTUDIES
Beroepsmoontlikhede B.Verbruikerstudie (kleding: Kleinhandel bestuur)
en studierigtings Modeontwerp en koördinering
Stilleerders
Tekstiel bewaring
Patroon tegnologie
B.Verbruikerstudie (Voedsel: Kleinhandel bestuur)
Voedsel joernaliste/ stilleerders
Voedselveiligheid, Navorsing, Bemarking
Resepontwikkeling
B.Verbruikerstudie (Gasvryheidstudiesbestuur)
Voedsel-en drank bestuurders
Voedsel veiligheid en kwaliteitskontrole
Banket bestuurders
Kullinêre spesialiste
Voedsel joernalistiek en stilleerders
Voedseldiensbestuurders
B.Sc (Kullinêre Wetenskappe) vervang B.Sc
Voedseldiensbestuur.
Kullinêre wetenskaplike
Voedselkundige
Sensoriese analiste
Navorsing
Produk ontwikkeling
Voedseldiens bestuurders
Voedselveiligheid en kwaliteitskontrole
25
VISUELE KUNS
Voorvereistes Kunsaanvoeling, konsentrasie en die vermoë om hard te werk.
Aard en inhoud Liefde vir die vak.
Prakties: leer tegniese vaardigheid soos teken, skilder, ens.
asook waarneming en interpretasie van jou omgewing
(konseptualisering).
Waarde van die vak Teorie: die sillabus leer jou om deur kunsgeskiedenis te
verstaan en te bevraagteken; hoe om jou eie opinies te vorm
Beroepsmoontlikhede oor kuns; denkwyses en filosofieë oor die mens en sy
en studierigtings omgewing.
Ander inligting Gee jou vaardighede om jou omgewing op kreatiewe wyses te
interpreteer.
Visuele kuns, grafiese ontwerp, argitektuur, fotografie,
tekstielontwerp, binnehuisversiering, ens.
Kleiner projekte bestudeer fotografie, beeldhou en grafiese
drukkuns.
ONTHOU: VISUELE KUNS VERSKIL VAN ONTWERP
26